Ek gebruik 'n 12V elektriese Jack onder die as om die karavaan van links na regs te "level" sou ons bv by n dam staan met afdraande water toe.
Dan draai ek die hoekstutte ook af met 'n ou B&D koordlose boor. Neem my so minuut en 'n half dan is al 4 die hoekstutte op die grond.
Die boor is nou al oud maar makeer niks. Net die battery het nie meer so lekker gelaai nie. Het gelukkig 2 weke terug by Black & Decker/Stanley 2 nuwe batterye gekry vir R607. Bargain teenoor R2700 vir dieselfde tipe wring krag 18V boor splinter nuut. Boor hardloop dat dit klap met die twee nuwe batterye.
Die grootste deel van die jaar sit ek ook agter my tikmasjien, so die spiere is maar stomperig.
Maar ek sien weer die lekker oefening wat gepaard gaan met die jaarlikse kampeer as my jaarliks opknappingskursus in fiksheid. Vandat ons die Wa uittrek uit die Waenhuis uit so drie weke voor die tyd sodat dit bietjie lug en son kan kry totdat ons vetrek is ek so besig om alles, veral binne, na te sien, en die trappies op en af te klim en die staibiliseerders te laat sak dat teen die tyd dat ons vertrek dan is die skouerspiere lekker soepel weer.
Miskien sou ek ook 'n boor gebruik het, of dalk gaan ek nog eendag as ek oud is, maar vir nou - ek slinger hom boetie en waar ek nie meer kan nie, veral as mens toer soos wat ons jaarliks doen, dan help Kampmaat - en sy sien dit eers as oefening!
Ek dink Kampman,
dat die probleme begin as mens een of twee van die stabiliseerders te hoog moet opdraai om die Wa wat skuins staan, waterpas te kry? - dan raak die geslinger te taai.
Ek gebruik egter houtblokkies waarop ek eers die laer wiel van die Wa ry sodat ek hoogte wen an dan ander houtblokkies wat ek onder die stabiliseerders plaas sodat ek nie my stabiliseerders te ver hoef uit te draai nie.
Die houtblokkie waarop ek die wiel ry het ek aan die een kan ook skuins afgesaag sodat die wiel maklik kan opry.
Mens kan natuurlik sulke stutte koop ook - dit word "Chocks" genoem sien ek.
Ek het die ander dag die foto by een van ons gewaardeerde mede-Forumlede gekry, en dit nogal behulpsaam gevind in die maak van my eie. Dankie aan die mede-Forumlid.
Soos Saad gebruik ek nog die slinger, en soos oom Koos het ek ook daardie geel plastiek "ramps" wat help as mens die een wiel moet lig op 'n skuinste. Sal dalk moet begun kyk na 'n boor, want ek kan nie meer so lekker voor oor buk nie(pens in die pad en rug will nie meer buig nie) en kan glad nie lekker kniel met my kuns knieg nie,
Ek gebruik ook 'n koordlose De Walt, het so 'n lang "socket" by Campworld aangeskaf. Werk goed. Waar plaas julle die waterpassie - ek sukkel op die SP Tourer, vloer nie lekker level nie en yskas skuif uit. Enige raad is welkom.
Gerhard ek het klein waterpasse op elke hoek van my wa geplak, en dan ook een voor en een agter. Ek gebruik glad nie die wat mens op die vloer neur sit nie. die wat geplak is is so klein mens sien hulle nie as jy nie weet hulle is daar nei. en dit is baie maklik en vinnig om na te kykterwyl jy die wa waterpas kry.
Morning campman welcome...
Never lift wheels off the ground with the stabilisers, they are stabilisers not jacks. and not designed to take the weight of the van, as is the axle/s
So, use wooden / plastic (bought) levellers on the low side to more or less level sideways
Then jockey to level front to back
Then drop stabilisers on the "high" ground side (front & back)
then drop the stabilisers on the "low" ground side then tweak level.. Should be not more than 1 - 2 turns on the stabilisers.
With practice, you can do it by eye... So get camping fella!
Chordless screwdrivers work well, the rest is all gimmicks that add horrible weight & deadly cost....
Nothing like a good eye... Comes free-issue 'an ya got's 2 of them
Regards Warren
Now I'm gonna sit back, pop up some popcorn and watch everybody yell at me.... again....
Gebruik die geel plastiek "leveling block" met die chock, en level eers dwars, dan met die jockey oor die lengte. Gebruik 'n Bosch koordlose boor vir die hoek stutte. Ouderdom is nie vir sussies nie.
Het eers lengte gelevel, net om agter te kom, dat jy dan sukkel om die geel blok in te kry,
Meeste hardeware winkels verkoop daai halfduim adaptor wat in die sokket pas, en dan in die boor, Tork Craft maak dit.
Ek gebruik ook 'n koordlose De Walt, het so 'n lang "socket" by Campworld aangeskaf. Werk goed. Waar plaas julle die waterpassie - ek sukkel op die SP Tourer, vloer nie lekker level nie en yskas skuif uit. Enige raad is welkom.
Gerhard in jou geval moet jy net die wa so maak staan dat jy net nie kop ondertoe moet lê nie. Is ek reg as ek sê jou yskas werk met 'n kompressor? Dan is die waterpas nie vir jou wa nodig nie jy kan hom maar net so met die oog skat.
As jy 'n persoon is soos ek wat daarvan hou dat als REG moet wees, moet jy maar die waterpas op die belangrikste deel binne die karavaan sit. Hom so "level" en dan kyk water lyn gedeelte van die buitekant is naaste aan dieselfde.
Ek moet nog daai oefening doen met die Sensation.
Willie's bit.
As Warren (Sitnievasnie) says, DO NOT try to lift the caravan with the four steadies. they are NOT jacks, but steadies.
Use a levelling block. VERY quick and efficient.
Remember one thing. DO NOT reverse your caravan onto the levelling block. Get your caravan more or less where you want it and TOW FORWARD onto the levelling block. Use the jockey wheel to level front to back.
I have come across campers whose van brakes have jamed after reversing the van onto the levelling blocks, then applying the handbrake.
Just my 10cents worth.