English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 643
Total Replies: 236 936
Total Views: 82 692 655
topics: 412
replies: 4 014
views: 1 480 183
Talk about the current road conditions throughout the country

Weegbrug tussen Rustenburg en Brits

replies: 269
views: 56408
page 6 of 6
22 Apr 2016 @ 22:11:23 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ja, maar nie alles suvs is op bakkies gebasseer nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2016 @ 19:06:53 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

By Roto Mills in Mitchell straat. Daar waar jy van die "Kop" Hospitaal oor die treinbrug ry agter die Leer Hoof Kwartier.  Ek weet net nie of daai skaal toegerus is om aste afsonderlik te weeg nie.

dankie Leon, ek gaan maar probeer om kar en wa te weeg, afsonderlik... kan dan kyk wat gaan vir wat

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 15:45:32 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Theo

Hier is die inligting.  Ek het geskakel en die dame sê daar is nie 'n beste dag of tyd nie.  Geen kontant, net kaart R220.00.  Betaal by die 2 dames en hulle sal jou sê hoe en waar heen.  Ek moet nou net die karavaan uit pak en hoop hy is nie te lig nie, dan gaan weeg.

Ruto Mills Pta/W
6 President Burgers St.
Pretoria Wes
012 308 300

 

Hulle weeg net een op 'n slag en jy moet jou karavaan daarop terug stoot (teen 'n "ramp" op), hulle weeg nie die aste nie.

Hier kan jy sien waar die weegbrug is, j gaan by die hek regs is as jy klaar betaal het en dan moet jy jou karavaan terug stoot op die weegbrug.  Glo my jy sal hom nie daarop kan stoot nie, tensy jy 'n paar hande saam gevat het.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 17:00:08 pm
Ranger
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 25 Jun 2013
Experience: 35 years
HI WilSur, Do they give you a document, and will the licence office accept that.
Thanks, will follow your progress, we are in the same boat !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 17:20:25 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Basil

Yes, the licensing office referred us to them as they are the only accredited weighbridge that provide you with a valid certificate.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 18:46:15 pm
Ranger
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 25 Jun 2013
Experience: 35 years
Thanks, will watch your progress, all the best.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 06:43:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14695
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Wonder hoe sal ander fabrikate soos Sensation se syfers lyk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 07:26:24 am
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

 

Hulle weeg net een op 'n slag en jy moet jou karavaan daarop terug stoot (teen 'n "ramp" op), hulle weeg nie die aste nie.

Hier kan jy sien waar die weegbrug is, j gaan by die hek regs is as jy klaar betaal het en dan moet jy jou karavaan terug stoot op die weegbrug.  Glo my jy sal hom nie daarop kan stoot nie, tensy jy 'n paar hande saam gevat het.

Dit lyk moeilik om daar te weeg. Hoe weeg die trokke? Moet hulle ook daai selfde manier inkom? Kan dit darem nie dink nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 07:29:17 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Daai skaal se nommer is 6, so ek glo daar is dalk ander vir trokke maar vir die voertuie en karavaane is dit dié een.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 07:33:20 am
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 18 years

Daai skaal se nommer is 6, so ek glo daar is dalk ander vir trokke maar vir die voertuie en karavaane is dit dié een.

Dit maak sin. Ek sien op die foto dit lyk of daar 'n groter skaal net langs die een is met duidelik uitgetrapte teer na ander hek regs bo. Dis seker waar trokke inkom en weeg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 08:09:30 am
Anonymous

Ek moes my Penta ook af haak hier in Sasol, maar die weegbrug hier is 'n "drive through" , dus ry op, haak af en ry jou sleep voertuig net af, dan weer terug stoot en haak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 19:50:41 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ai ai ai...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:38:27 pm
Gumphy
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 08 May 2016
Ek het 'n ingevoerde karavaan wat ek self gerigistreer het by die owerhede. Met die weeg proses was ek by Watloo in Pretoria, asook by SABS en die SAPS. Met die registarsie proses merk ek op dat my Tarra en BVM presies dieselfde is. Ek doen toe navraag aangesien die waarde aandui dat ek geen vrag in die karavaan mag laai nie. Ek word toe ingelig dat die "nuwe" wetgewing in werking is rakend karavane. "n Karavaan word nie as een van die 5 voertuie geklassifiseer wat 'n beperking het op die gewig wat jy mag laai nie, solank die BVM nie die voertuig se Tarra oorskry nie. Die 5 wat aan die wetgewing moet voldoen is 'n gewone passasiers voertuig, 'n LAW (bakkie), 'n trok, 'n sleepwa en 'n minibus. Die 5 voertuie word geklassifiseerd as voertuie wat gebruik kan word om vrag te dra teen vergoeding en word streng beheer. "n Karavaan word nie gebruik om vrag te dra teen vergoeding nie.
Hoop die inligting is korrek en word so toegepas by die owerhede ander het ek BAIE groot probleme.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:57:48 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1837
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Nie dat dit die probleem ter sprake oplos nie, maar ek is verlede week 'n paar keer heen en weer by die Rustenburg/Brits weegbrug verby en kon geen karavaan sien wat geweeg word nie.  Is ook verlede Maandag (laaste dag van langnaweek met honderde terugkerende kampeerders van Buffelspoort op die pad) met my Exclusive daar verby en net trokke is daar geweeg.  Ek sit op die oomblik 2000km van ons huis in Kaapstad en het by talle weegbrue verby gery en het nêrens gevind dat karavane afgetrek word nie.

Dalk steek daar tog iets in Grumphy se vermoede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 19:59:00 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Jy kan nie n jurgebs expo laai tot by tarra van 2.1ton voertuig nie, so daai kan nie werk nie. ?n karavaan is n baie gevaarlike ding met baie ernstige gevolge as hy oorlaai word

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 15:12:55 pm
Bloubaard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Feb 2016
Ek het 'n bietjie rond gekrap oor 'n ding wat my hinder. Ek het die Tata Xenon XT 4x4 vergelyk met die Mahindra Scorpio 2.2 4x4 (S/C's). Volgens die Tata se specs kan jy 2200 kg sleep ongeag die gewig wat jy op jou bak laai (GCM 5300kg). Die Mahindra kan jy net 750kg sleep. Nou het ek gedink dit klink nie reg nie en tot die volgende konklusie gekom. (Ek het Mahindra se customer care ge-email maar nog nie 'n antwoord gekry nie.)

Die fabrieks spec's is as volg.

Mahindra:
GCM 3900 kg
GVM 3150 kg
Tare 1985 kg
Payload 1250 kg
Tata:
GCM 5300 kg
GVM 3100 kg
Tare 1965 kg
Payload 1135 kg

Vir my lyk dit of die Tata se GCM met 'n maksimum gelaaide bakkie en die Mahindra leeg is. Ek wonder of die Tata oor die 5 ton sal kan beheer en baasraak. As jy die Mahindra se TARE van sy GCM af trek kry jy 1915 kg wat dan, as jy ongeveer, 400 kg op die bakkie dra, vir jou 'n sleep gewig van 1500 kg gee. Dit is vir my meer logies en veilig as die Tata se gegewens.

Wonder maar net of daar nie ook sulke tegniese misverstande tussen ander motor vervaardigers is nie. Ek mag verkeerd wees maar dit is my gevolgtrekking, immers totdat ek van Mahindra self hoor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2016 @ 17:17:43 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Dit gaan oor doe onderstel, sleepstang, ratkas en die hele drive train ontwerp van voertuig..

 

Hy mag dalk dieselfde laai maar hy wys duidelik dat hy nie ontwerp is om meer te sleep agter hom as 750kg nie...

 

Bv ford ecosport, weeg iets soos tare 1700kg, maar mag net 600kg sleep...

 

Ek kan nou nie gaan en se, ok, ek laai niks in my kar, so ek mag nou swaarder sleep as 1800kg nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 01:32:46 am
Bloubaard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Feb 2016
Point taken Brommer. Ek sal egter die waarheid uit Mahindra wurg. Haha.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2016 @ 10:31:53 am
Bloubaard
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Feb 2016
Het vanoggend terugvoer vanaf Mahindra gekry. Mens moet maar nooit 'n boek op sy cover takseer nie. Baie teleurstellend.

Good Day Mr Hugo

Thank you for your enquiry.

The legal towing capacity for the Scorpio 2.2 is 750kg, for both braked and un-braked, as per homologation specifications.

Regards

Jolene Barun
Customer Care Manager
Mahindra & Mahindra SA (Pty) Ltd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 6 of 6
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First