Herman, ek het gou gaan fotos neem, ek plaas dit hier.
@ Leon, jammer, ek gaan ook nou jou hulp hier vra, ek voel nou soos krismis vrugte koek in tuimeldroer
My kar se bande is elk 850kg
Penta se twee bande is elk 900kg.
Goed Johan
Jy kan in jou karavaan 260kg laai, dit gekry deur GVM - Tara = Vrag.(1380kg - 1120kg = 260)
Die KIA kan 2000kg trek, dit gekry deur GCM - GVM = Sleep vermoë. (4890 - 2890 = 2000)
Die aste van die Kia kan 3040kg dra met 'n GVM van 2890kg is dit 100% reg.
Gewig wat jy in die Kia kan laai is 637kg, gekry deur GVM - Tara = Vrag (2890 - 2253 = 637) onthou dit sluit mense, brandstof en spaarwiel se gewig in.
So tussen die karavaan (260kg) se laai vermoë en die van die Kia(637kg) het jy amper 900kg se laai vermoë. Trek 350kg af vir mense en brandstof, kan jy basies 'n half ton(550kg) pak tussen die Karavaan en die Kia. Maak net seker jy oorskry nie die 260kg van die karavaan nie. (Selfs 260kg aan kos en klere is vrek baie, uitgeluit water in die tenk)
Leon, gcm is nie noodwendig gcm - gvm = sleepvermoe nie..jy moet spesifiek kyk na sleepvermoe...
Vat bv ons tipiese bakkies... die manual en auto het beide kamma dieselfde gcm en gvm, maar een se sleepvermoe word spesifiek as 1800kg en ander 3350kg genoem...
Dit het nie net te doen metsleepstang nie, ekt dieselfde een as auto op... dit gaan ook oor die hele drivetrain van voertuig...
Dankie Lein, ja ek onthou daarvan.
Ek gaan nie meer my kop breek oor hierdie saak nie, gaan maar die pad aanpak en kyk wat gebeur - trouens, ek is sommer gatvol vir die hele ou spulletjie - hoekom moet 'n mens so sukkel om wettig te wees net omdat jou woonwa vervaardiger verkies om vanweë 'n beter bemarkingsaanbod aan minder geskikte sleepvoertuie, die meerderheid kliënte in 'n ongemaklike posisie te plaas ?
Ek vermoed die Sensations is reg, die tweeling broers wat hulle bou is perfectionists.
Ek gaan ook nie nou my kop breek oor die gewig storie nie, as ons terug kom van die Kaap af, gaan ek die prosses om my wa reg te kry begin.
Dit sal nog steeds as Jurgens op die E-Natis registrasie form lees, maar die model "Penta" word met "Unknown" vervang. Dit gaan my nie pla nie.
Leon, gcm is nie noodwendig gcm - gvm = sleepvermoe nie..jy moet spesifiek kyk na sleepvermoe...
Vat bv ons tipiese bakkies... die manual en auto het beide kamma dieselfde gcm en gvm, maar een se sleepvermoe word spesifiek as 1800kg en ander 3350kg genoem...
Dit het nie net te doen metsleepstang nie, ekt dieselfde een as auto op... dit gaan ook oor die hele drivetrain van voertuig...
Dit wat jy sê is seker waar. Punt is wanneer jy by 'n weegbrug op die skaal getrek word. Gebruik die beampte die informasie op die identifikasie plaatjie om sy werk te doen.
As die plaatjie sê ek kan 2,1ton trek bly ek dood stil en los hom dat hy sy ding doen.
Die info wat ek hier verskaf is wat die weegbrug beampte tussen Middelburg en Witbank vir my gesê het.
Ek het gisteraand bv op 'n Isuzu se plaatjie gekyk met 'n 3liter dteck enjin. Hy kan maar 1250kg volgens die plaatjie sleep. En ek het al Isuzu's gesien wat Exclusive karavane sleep.
So, die info hier is beskikbaar gemaak deur my vanaf die mense wat ons in 'n blik kan druk. Duidelik kan elke ou met dit maak soos hy goed dink.
Weereens is dit hoe elke individu dit wil vertolk. Die weegbrug beamptes het almal opleiding gekry oor hoe moet hulle die uitrusting gebruik. Maar daar is so baie voertuig modelle en veranderlikes dat as ONS ALMAL HIER OP DIE FORUM nie tenminste dieselfde taal praat nie hoe gaan ons met doelgerigtheid mekaar kan ondersteun daar buite.
Vraag.................... Watter mense sleep karavane? ..................Watter mense doen die weeg werk? Tenminste het ons nou 'n idee van hoe hulle werk en kan ons onself inlyn kry daarmee.
Leon
Watter plaatjie sê wat is die gewig wat jy kan sleep ?
Willem, Leon moet maar self antwoord, maar ek vermoed hy verwys na die sleepvoertuig se plaatjie se GCM (Gross Vehicle Mass) . Volgens jou pos hierbo is die Territory s'n 4850kg en my Pathfinder s'n is 5880kg. Die P/Finder plaatjie het ook nie 'n omskrywing nie, maar die 5880kg werk presies uit : 5880 - 2880 (GVM volgens lisensieskyfie) = 3000kg (presies wat die P/Finder handleiding sê ek mag sleep). Ek is dus seker die 5880kg is my GCM en dit gaan die syfer wees wat die weegbrug-beampte heelwaarskynlik gaan gebruik.
Leon, baie dankie vir jou hulp, ek het nou aandagtig van bo af deur gelees. Wat jy sê, maak vir my sin, en ek voel baie meer gerus om Saterdag Kaap toe te sleep.
As die beampte vir my sê, ek is te swaar op die wa, gaan ek maar net mooi om verskoning vra, en vra kan ek maar nog ietsie na my sleep voertuig toe skuif. Ek glo hoflikheid gaan beter vrugte af werp. Nie nodig om kruiperag te wees nie, net beskaafde vriendelikheid.
Volgens my vin plaaitjies is ek nie erg oorlaai op die wa nie, maar ek gaan steeds met terug koms, Frans se advies vat, en my gvm reg maak, om toe te laat vir die movers en battery, asook die domkrag en pale deel om die tarra en gvm reg te kry.
Johann, Leon; jammer lang storie maar ek het afgelope ruk die hele bespreking deurgelees. Ek is ook lekker deurmekaar. Het intussen my eie goed na gegaan en geweeg, baie interessante goed agtergekom. Eerstens ja ons het dalk bietjie baie goed in karavaan maar nog nie bo die as massa nie (1600 kg). Ek sleep n Jurgens Fleetline laat 2002-2003 model, met skuins bed en 200l yskas. Het hom geweeg (op twee verksillende brue op sy eie afgehaak) met die kamp goed in, sonder kos, sonder tent, met pale, sonder klere, slegs slaapgoed and handdoeke ens plus al die goedjies van glase tot swart potjie. Die gewig was amper 300 kg te veel as vergelyk met my lisensie skyfie BVM = 1150 kg. Ek het toe self ALLES in karavaan geweeg en kan die massas laat klop indien ek nie die bed matras en kussings en Jurgens breekware en gasbottel as deel van Tarra neem nie, maar wel bytel bo-op tarra..!? Ek kon nog net nie spaarwiel (agterop karavaan op 50mmx50mm staal raam) en agterste trekstang raamwerk weeg nie. hulle maar geskat as 25 + 28 +28 kg)
So nogal n skok (maar moet seker bietjie goed uithaal ook). Gelukkig kan die Kombi tot BVM = 3000 kg gaan en sleep kapasiteit van 2500 kg. GCM van kombi is 5200 kg. My probleem verder is soos ander mense ook al genoem het dat my Karavaan plaat wys Tare = 995 kg en BVM = 1190 kg en As = 1600 kg. So lisensie skyfie en Plaat stem nie ooreen nie (1150kg vs 1190kg). Jurgens het my nog nie geantwoord op die vraag nie (fout op eNatis dalk?). Ek het ook ou data van die Jurgens advertensies gekry vir 2002-2004, daar wys dit dat die Fleetline met skuins bed se syfers is: Tare = 1085 kg en BVM = 1390 kg (dus allemuntige 305 kg laai vermoee!). Dus dit is ook nie dieselfde nie as myne nie, maar behoort te wees. Dalk is my wa as n ou Fleetline L gerigstreer wat wel BVM = 1150 kg het? Maar hoe om dit reg te maak? of ek moet ook maar her-registreer...of iets, weet nie of Jurgens dit sal kan regstel...?
My vraag ook eintlik is kyk hulle na die plaatjies en lisensie skyfie, of slegs na wiele en aste en GCM van sleep voertuig by weeg brug?
Johann1, Baie welkom op die forum, gesêls meer gereeld saam. (Wat van ons stig 'n "Vaalpark Karavavaan Bende ") ons is nou so vier of so Vaalparkers op forum.
Ok, ek het my Penta hier by Bothma's geweeg en gevind ek weeg 220kg teveel.
My roete wat ek gaan volg as ons terug kom end van April het ek reeds vroeër genoem, lesensie owerheid het reeds bevestig dat dit gedoen kan word.
Wat Jurgens CI betref, vergeet van hulle broer, hulle vee hulle g@@/^ aan ons af, hul gaan nie terug dateer nie, maar ek dink daai koppe, tanne en tonge raas nou in die raadsaal van die pad vorentoe.
Ja dankie Johann, ek was ook by Bothma's. Laat weet hoe gaan dit met jou proses, sal wil weet wat gebeur, dink dis enigste manier om stress te spaar, as die wa verkoop word se vir volgende eienaar dis sodat mens iets kan inlaai...
Ja Vaalpark trek mooi saam...
Omdat die my laaste karavaan is, en ek geen planne het om ooit in te ruil nie, gee ek nie om wat hulle dit noem op e-natis nie.
Solank dit net onnodige stress en boetes voorkom, maar die vrou by Sasol lisensie het gesê dit bly:
Make = Jurgens
Model = Unknown, waar Model = Penta was.
Baie van die voertuie en S/waens se data is klaar op die weegbrug se stelsel. Hulle kyk na die plaatjies van Sleepvoertuig en die S/wa om seker te maak dit klop.
As jy volgend hulle oorlaai is vra vir 'n uitdruk en verduideliking van wat waar staan en vergelyk dit met jou voertuig en wa. Maak seker dit wat op plaatjie staan is dit wat op die uitdruk is. Blystil as daar 'n fout in jou guns is.
Johann, dankie ek sal dophou hoe jou goed vorder...
Leon hopelik is ons nuwe gewigte dan op die stelsel as oor registreer...
Johann1
Welkom hier al sê jy jy leës baie.
Hou ons ook ophoogte van jou verwikkelings, miskien moet ek 'n week siek verlof vat en die gewig en toets / registrasie by die horings vat en klaar kry
As jy jou wa oor weeg en die nuwe gewigte laat registreer moet jy seker maak die beampte kies unknown op sy stelsel wanneer jy hom die lisensie skyfie wys. Dit sal hom toelaat om die plaatjiese van voertuig en karavaan se info op stelsel in te lees dan kan hy jou weeg.
Onthou net om nuwe plaatjie aantebring met die nuwe data.
Nou waar weeg mens jou wa in Pta?
By Roto Mills in Mitchell straat. Daar waar jy van die "Kop" Hospitaal oor die treinbrug ry agter die Leer Hoof Kwartier. Ek weet net nie of daai skaal toegerus is om aste afsonderlik te weeg nie.
Dan het Nissan hulle spec's verlaag. Want my 2007 model Navara kon 3000kg sleep. Van daar die advertensie dat Navara alles kan sleep tot die laaste ou betonmengertjie. Ding dit was die eerste voertuig wat so baie gewig kon sleep.
Onthou Herman as die BVM 2200kg is beteken dit nie die wa is so swaar gelaai nie. Hy kan die gewig beheer deur net baie min in die Sensation te laai. Hy moet dan net nie die laai gewig van die Navara oorskry nie. So hy kan nog steeds binne die wet sleep.
Leon,
Jy maak my nou deurmekaar (seker nie moeilik nie).
Ek het verstaan jy mag nie oor BVM sleep nie ongeag of jy tot dit laai of nie.
Dis juis waaroor ek nou bekommer - die Slipstream is netto 200 kg en bruto 750 kg - dws ek kan 550 kg laai wat ek glo sal nooit gebeur nie. 750 kg is te swaar vir my kar van 1200 kg. Ek wou die BVM af bring na 550/600 kg om wettig te kan sleep.
Wat ek nou verstaan by jou laaste kommentaar is dat ek nie hoef te bekommer nie - moet net nie laai nie.
My strategie by 'n weegbrug as ek afgetrek word en oorgewig bevind word is die volgende :-
Dit kan werk maar is moeite en tyds beslommernis, Len.
Dit mag dalk 'n beslommernis wees, maar dis 'n baie erger beslommernis om nou al vir jare oor hierdie onderwerp jou kop te breek en te debatteer sonder 'n ware, beslommernis-vry oplossing !
En die kanse is skraal dat jy wel afgetrek gaan word !
Dit is hoe ek dit het, Johan.
Lennie is seker nie ernstig nie.
My Hoofbestuurder het vir die Afdelingsbestuurders vinnig gese, "moenie jou aap op my skouer plaas nie".
Dit is wat ek kon kry vir Gauteng Vehicle Testing Stations dit is 'n lang lys, weet nie wie het 'n weegbrug nie.
Lein
Tx, ek het 'n toets grond hier in Pta. gebel en soos iemand reeds genoem het dkan jy net by twee plekke wettig laat weeg en die een naaste aan my is Supreme Flour, ek het vir hulle 'n e-pos gestuur en wag nou om te hoor wat is hulle prosedure en koste, hulle is in Pta. Wes.
Heng maar Pretoria is duur, hier in Vaalpark doen Bothma en Seun dit als vir R50.00, hulle stempel ook die Massa veranderings vorm wat jy vooraf by lisensie kantoor moet kry. Weegbrug druk stuk word daaraan geheg.
Sal bietjie wa uitpak en gaan weeg..
Leon,
Jy maak my nou deurmekaar (seker nie moeilik nie).
Ek het verstaan jy mag nie oor BVM sleep nie ongeag of jy tot dit laai of nie.
Dis juis waaroor ek nou bekommer - die Slipstream is netto 200 kg en bruto 750 kg - dws ek kan 550 kg laai wat ek glo sal nooit gebeur nie. 750 kg is te swaar vir my kar van 1200 kg. Ek wou die BVM af bring na 550/600 kg om wettig te kan sleep.
Wat ek nou verstaan by jou laaste kommentaar is dat ek nie hoef te bekommer nie - moet net nie laai nie.
Dit is korrek David. Die onus lê by die beampte om tebewys jy is oorlaai. Dit kan hy net doen deur jou "Rig" op n skaal te sit.
Netso kan hulle jou nie beboet as jy n groot dubbel as S/wa LEEG met n Klein voertuig sleep nie.
Waar is die plekmin vaalpark om wa te laat weeg. Ek wil my wa se gewig kry en indien nodig gvm verhoog nie lus vir sukkel op die pad nie
I cannot find it Ranger. Can you please copy and paste the link. Will be interesting.
Iets wat my pla oor die her-registrasie van die woonwa.
Gaan voornemende kopers finansiering kry vir 'n "rebuild"? Gaan dalk die verkoop van die wa bemoeilik as die banke weier om te finansier.
I could only find the Westen Cape Weighbridges
Then there is a TRAFFIC LAW ENFORCEMENT OFFENCE CODE BOOK WESTERN CAPE that is of interest.
Iets wat my pla oor die her-registrasie van die woonwa.
Gaan voornemende kopers finansiering kry vir 'n "rebuild"? Gaan dalk die verkoop van die wa bemoeilik as die banke weier om te finansier.
Iets wat my pla oor die her-registrasie van die woonwa.
Gaan voornemende kopers finansiering kry vir 'n "rebuild"? Gaan dalk die verkoop van die wa bemoeilik as die banke weier om te finansier.
Julle moet nie spoke op jaag en julle self benadeel nie. As ek dit moet doen maak ek net van die oorspronklikke regestrasie dokument 'n afskrif mo saam te gaan. Of wag vir die veranderings op die nuwer modelle en sorg dan dat als is soos jy dit wil hê voor jy koop.
Thanks for the effort Basil. Will be quite a formidable task to avoid a weighbridge.
Julle moet nie spoke op jaag en julle self benadeel nie. As ek dit moet doen maak ek net van die oorspronklikke regestrasie dokument 'n afskrif mo saam te gaan. Of wag vir die veranderings op die nuwer modelle en sorg dan dat als is soos jy dit wil hê voor jy koop.
Nie met jou nie Wilsur?? Na watter spoke verwys jy.
Die bank vereis die oorspronklike registrasie dokument vir bewaring wanneer hulle finansier. Hulle gaan dan sien dis 'n "rebuild". Om die ou dokumente voor te le tydens die aansoek om finansiering is bedrog.
As die wa ingeruil word gaan die handelaar dit ook sien en dalk nie jou prys gee nie.
Dit bring my nou by 'n ander punt. Kan jy die wa se besonderhede verander (GWM) terwyl dit nog ge-finansier is? Dit is immers nog die bank se eindom.
Hendrik
Ek glo nie terwyl dit die bank se eiendom is nie.
Vir die dokumente wonder ek hoeveel gaan werklik die het klasifikasie doen. Ek het ook nooit gesê die ou dokumente moet as dokumente voor gelê word nie. Ek het bloot gesê hou 'n afskrif van die huidige dokumentasie en al hoe jy dit kan hê is as die karavaan klaar betaal is. As jy dan her klasifiseer en die nuwe dokumentasie sê "Herbou" wys jy net vir die nuwe eienaar die oorspronklike dokumentasie en verduidelik hoekom dit gedoen was.
Waar is die plekmin vaalpark om wa te laat weeg. Ek wil my wa se gewig kry en indien nodig gvm verhoog nie lus vir sukkel op die pad nie
Nico,dit is by Bothma & Seun. Wonderfontein pad tussen Vaalpark en Sasolburg.
As jy van Vaalpark se kant af ry, loop die pad basies dood by hulle, van Sasol af,draai regs vanaf R59, T aansluiting, links, hoou aan tot hulle kantoor op regterkant.
Die stuk by die weegbrug is lelik, jy moet maar pasap vir die jockey wiel daar.
Wilsur.
Ek verstaan nou wat jou bona fide intensies met die ou dokumentasie is. Ek glo dit sal die voornemende koper gerus stel. Maar gaan 'n bank 'n affidavit van die werklike rede vir her-registrasie aanvaar en 'n lening toestaan.
Ek kry niks oor die sienings van SA banke oor die onderwerp nie, maar dit wil voorkom of die banke in die eerste wereld nogal taai is wanneer dit kom by finansiering van "rebuilds".
Dalk moet mens maar ook die handelaars toets oor hul bereidwilligheid om 'n "rebuild" in te ruil en of hulle probleme voorsien met her-finansiering van die woonwa.
Johan, nee. My wa was 1992 model, Jurgens Esprit, en word nie in die databasis genoem nie. Ek het nie meer papiere nie, maar daar waar model normaalweg staan, het OTHER gestaan. Dit was geen gesukkel, net die vereistes soos ek genoem het, en het destyds net die weegbrug kostes en so R100.oo of so gekos, is nie meer seker nie, maar was nie "arm en been" nie!!!! Vorige een wass 1984 Eksklusief B wat ek verander het.
Dit was "daardie" jare maar die fabriek se "gebruik" om sekere plaatjies te gebruik op ander modelle ook, en wa model was op sekere stadium geweeg en geklasifiseer. Op sekere modelle het yskaste, uittrek-breekware kontrepsie gevolg, ensovoorts!!!! Hierdie bewering staaf ek op "hoorsê" van "binnekringe"!!!!, en vertel dit in daardie trant!!!!! Glo dit, of nie!!!!!
Johann, kan jy nog die draad onthou uit "WilSur se 2011 Exclusive" skakel oor her registrasie. Ek dink nie dat sal sommer net rebuild wees nie, seker maar other of unknown soos jy se, ek glo nie finanasiering salsukkel soos met karre wat dalk kode 2 of 3 herbouings of skrapings was nie..??
Enige iemand nog inligting dalk?
Ek stem saam, dit is hoekom ek gesê het
Go for it!
At least the readers are now aware there are risks involved after re-registering the caravan.
So far no one with authority can contradict my concerns.
Ek het nog iets interressants vandag gesien, my 2002-2003 Fleetline en 'n ander 2002-2003 Fleetline se chassis plate is nie dieselfde nie, sien fotos ook. Die karavane lyk dieselfde van buite, myne het net gruis bekleedsel en die ander een ek dink die bietjie afrika tipe matras, maar die bed is skuins in altwee. Die tarras is nie dieselfde 995 vs 1085 kg en die ander een se GVM 1390 kg is amper by die as maks van 1400 kg ?? Maar myne is GVM 1190 kg en as maks is 1600 kg?? Sal maar vir Jurgens vra hoe nou...
Dit is verskillende modelle.
Laai als uit jou karavaan soos wat hy volgens Jurgens verkoop word en gaan weeg hom en doen dan die vergelyking met joune.
Johann1. Siende dat die uitleg en ls dieslfde is kan die gewig van die mure nie so verkil maak as dit van ander materiaal is nie.
Die is n spreek woordelike voorbeeld wat wys Jugens maak soos hulle wil.
Ek wil voorstel dat almal wat sulke voobeelde het, dit met bewyse na 'n sentrale persoon toe stuur. Dit kan dan vir AA of Wegsleep makliker verskaf word. Ons moet nou iemand kry wat die "VAAIT" vir ons kan baklei.
Dalk die persoon wat reeds met Wegsleep Tydskrif gesels het. As hy bereid is natuurlik. Die is dan klagtes dwars oor die land.
Om net hier te praat elk op sy eie gaan niks help nie. Info, bewyse, data van weegbrûe en kontras voorbeelde moet nou by mekaar kom.
Als skietgoed vir die Vaait
Ek het reeds begin veg, as julle wil, e-mail my die bewysse en ek sal dit aan Wegsleep stuur. Moet net niks sê wat jou later in die keel kan byt nie.
johannlock13 by gmail. Punt com
Ek sê nie ek gaan JCI om dop nie, maar gaan kyk wat ek uitgerug kan kry om ten minste toekomstige kopers te waarsku, en moontlik huidige karavane wettig en reg te kry.
Geen beloftes nie.
Piet
Dankie weereens vir hoe jy dit uiteen gesit het, ek stem heelhartig saam, moontlik is die iemand tussen ons kamper wat ook geraak word maar wat die regte kennis het om ook in sy/haar belang dit namens die kamp gemeenskap aan te vat.
Piet, ek stem met jou stelling saam, die wet was bedoel vir die swaar voertuie, maar, ons oorlaai oningelig, ons woonwaens te veel. Dit kom neer op gevaar vir ons self, ons passasiers, en mede pad gebruikers.
Hierby bedoel ek, Jan besit 'n voertuig met genoeg krag, tarra, en sleep vermoë om 'n woonwa met. BVM van X te sleep, nou gaan koop hy die ding, (volgens Jurgens se inligting) net om by die weegbrug agter te kom hy was toetaal verkeerd, en hopelik kom hy dit by die weegbrug agter, en nie as hy in 'n nood situasie beland nie.
Ek het alreeds inligting begin stuur aan Neels van Heerden. Hy skryf ook vir wegsleep. Ek stem saam met julle dat ons nie n gevaar op die pad mag wees nie. Dit bly net vreemd dat twee waens wat basies dieselfde is so verskillend gelaai kan word, 195 kg vs 305 kg. So laat ons kyk of iemand die probleem reg kan takel.
Piet jy slaan die spyker op sy kop. So as 'n persoon enige bydrae wil maak tot die data basis van gewigte en bewyse. Moet hy seker maak van sy saak en nie net blindelings iets aanstuur nie.
Ek het nie tans 'n wa nie maar as ek gehad het sou ek ten minste prosedures gevolg het en die wa se huidige Tara gaan bepaal het. Dan ook wat hy weeg as ek my ou paarkamp goedjies ingelaai het.
Al wat ek aan my wa verander het, wat die Tarra kon beinvloed, is movers en groter yskas. Die movers, ja dit kan paar kg weeg, maar hoeveel is die verskil tussen ou yskas, en die nuwe groeter yskas volgens my, kan yskas maks 5kg bydra. Saam is daar geen manier dat dit 220kg, (meer as BVM) of meer, kon verander het nie.
My Penta se tarra volgens J CI is 1120kg, volgens weegbrug by Sasolburg, 1520kg, toe gegee, ek het twee vol gasbottels, een batery, my ongeveer 5kg tent penne, die elektriese sker domkrag en ook pale in gehad.
As gevolg dat ek nou so beperk is met die kg wat ek mag sleep met die Isuzu, gaan ons more kyk na 'n paar SUV's wat my nader aan die wet gaan bring, Ek kyk na Kia Sorento en ook die Mahindra. Ek verkies die Sorento ek het vroer jare die Sportage gery en hou baie van die "extras" wat standaard kom met Kia produkte.
Met die Isuzu mag ek net 1100kg sleep, en die Sorento 2000kg.
As gevolg dat ek nou so beperk is met die kg wat ek mag sleep met die Isuzu, gaan ons more kyk na 'n paar SUV's wat my nader aan die wet gaan bring, Ek kyk na Kia Sorento en ook die Mahindra. Ek verkies die Sorento ek het vroer jare die Sportage gery en hou baie van die "extras" wat standaard kom met Kia produkte.
Met die Isuzu mag ek net 1100kg sleep, en die Sorento 2000kg.
Hierdie saak is nou al holruggery en nou vra ek nog vrae. Ek gaan my 11 jaar oue wa laat weeg en herregistreer, "rebuild" of te not. Ek hou my Pathfinder se TARE, GVM en GCM ingedagte, maar wonder oor die volgende :-
Help asb met die besluit.
Len
Ek dink die belangrikste is om vas te stel hoe hulle die GVM bepaal.
Volgen die inligting wat ek van Jurgens gekry het is dit die Tare plus 15% wat jou die GVM gee.
So as ek myne leeg (met air-con, mover, spaar wiel,en rally en sy pale) weeg en ek kom op 1,700kg (1,750) en ek tel dan 15% by behoort die GVM by 2,000kg te wees. Dit is binne die aste se maksumum dra vermoë (1,200kg per as) en ook die bande se gesaamentlike dra vermoë.
Dit sal ook binne die fors se Tare van 2,065kg wees en die totale train binne die totale sleep gewig van die Ford wat 4,850kg is.
Dis seker goed as dit binne die Ford se Tara ook is maar dra geen water as jy by 'n weegbrug kom nie.
Ek hoop net die geite is uitgesorteer teen die tyd ek my nuwe wa einde Mei gaan haal.
Leon
Verstaan jou nie "maar dra geen water as jy by 'n weegbrug kom nie"
Willem, Leon bedoel seker dat jou watertenks leeg moet wees. In my geval is dit 150L water (150kg).
Janus
Ek ry nooit met water in die kasravaan se tenk nie en dit is maar iets soos 70 L
Ek weet ek is huidiglik nie reg gewig gewys nie maar soos ek gesê is dit wat ek wil doen en dan as ek daarvolgens pak behoort ek nie 'n probleem te hê nie.
Brommer 'n ou sou so dink, maar met my bakkie mag ek net 1100kg sleep dit se ek mag net 100kg in my wa laai(die nuwe Isuzu bakkies het 'n beter sleep toelaating). maar die Sorento mag 2000 sleep,my wa se GVM is 1225 en as drae vermooe is 1400 ek kan die wa se GVM dan herrigestreer tot so 1350. Dit sal my toelaat om al ek en Janet se goedies in die wa te laai, dan kan ek nog ietsie agter in die SUV laai.
Askies Willem wat ek bedoel het is dat die weegbrug glad nie die Tara gebruik om te bepaal wat jy mag sleep nie. Die tara is maar net jou sleepvoertuig se "leë" gewig.
Het gehoor Jurgens het 'n brief op fb se Sleep Saam blad gelaai ?
Het iemand dit gesien, indien plaas dit vir ons wat nie aan die groep mag behoort nie hier asb.
Ek stem Johan, ek mag net 75 kg in my wa laai, wat neem jy saam, en wat los jy?
As my gewig van die karavaan reg is, het ek darem nog so 204kg grasie. Ons pak ook gewoonlik die minste.
Daar is al gesels hieroor, Johan vind net by jou asuransie uit of hulle probleeme het met 'n sleep stang agter op jou wa. Myne se reguit hulle sal my nie dek as ek dit doen en daar is 'n ongeluk.
Kaptein Johan
Vra admin en stuur vir my 'n e-pos.
Dit kan ook jou gewig oor die grens stoot, het dit ook oorweeg.
Ek en Janet het gister besluit om eerder die bakkie te hou en af te skaal met die wa. Ons gaan binnekort begun soek na 'n sprite swift. Ons sal dan 200kg in die wa kan laai en dan nog 800 vir die bakkie.
Ek en Janet het gister besluit om eerder die bakkie te hou en af te skaal met die wa. Ons gaan binnekort begun soek na 'n sprite swift. Ons sal dan 200kg in die wa kan laai en dan nog 800 vir die bakkie.
Die dravermoë van 'n SUV moenie te min geskat word nie. My Patfinder se TARE is 1945kg en sy GVM is 2880kg. Dit beteken hy kan 'n vrag van 935kg laai. Glad nie te versmaai nie !
Ja, maar nie alles suvs is op bakkies gebasseer nie
By Roto Mills in Mitchell straat. Daar waar jy van die "Kop" Hospitaal oor die treinbrug ry agter die Leer Hoof Kwartier. Ek weet net nie of daai skaal toegerus is om aste afsonderlik te weeg nie.
Theo
Hier is die inligting. Ek het geskakel en die dame sê daar is nie 'n beste dag of tyd nie. Geen kontant, net kaart R220.00. Betaal by die 2 dames en hulle sal jou sê hoe en waar heen. Ek moet nou net die karavaan uit pak en hoop hy is nie te lig nie, dan gaan weeg.
Ruto Mills Pta/W
6 President Burgers St.
Pretoria Wes
012 308 300
Hulle weeg net een op 'n slag en jy moet jou karavaan daarop terug stoot (teen 'n "ramp" op), hulle weeg nie die aste nie.
Hier kan jy sien waar die weegbrug is, j gaan by die hek regs is as jy klaar betaal het en dan moet jy jou karavaan terug stoot op die weegbrug. Glo my jy sal hom nie daarop kan stoot nie, tensy jy 'n paar hande saam gevat het.
Basil
Yes, the licensing office referred us to them as they are the only accredited weighbridge that provide you with a valid certificate.
Hulle weeg net een op 'n slag en jy moet jou karavaan daarop terug stoot (teen 'n "ramp" op), hulle weeg nie die aste nie.
Hier kan jy sien waar die weegbrug is, j gaan by die hek regs is as jy klaar betaal het en dan moet jy jou karavaan terug stoot op die weegbrug. Glo my jy sal hom nie daarop kan stoot nie, tensy jy 'n paar hande saam gevat het.
Dit lyk moeilik om daar te weeg. Hoe weeg die trokke? Moet hulle ook daai selfde manier inkom? Kan dit darem nie dink nie.
Daai skaal se nommer is 6, so ek glo daar is dalk ander vir trokke maar vir die voertuie en karavaane is dit dié een.
Daai skaal se nommer is 6, so ek glo daar is dalk ander vir trokke maar vir die voertuie en karavaane is dit dié een.
Dit maak sin. Ek sien op die foto dit lyk of daar 'n groter skaal net langs die een is met duidelik uitgetrapte teer na ander hek regs bo. Dis seker waar trokke inkom en weeg.
Ek moes my Penta ook af haak hier in Sasol, maar die weegbrug hier is 'n "drive through" , dus ry op, haak af en ry jou sleep voertuig net af, dan weer terug stoot en haak.
Ai ai ai...
Nie dat dit die probleem ter sprake oplos nie, maar ek is verlede week 'n paar keer heen en weer by die Rustenburg/Brits weegbrug verby en kon geen karavaan sien wat geweeg word nie. Is ook verlede Maandag (laaste dag van langnaweek met honderde terugkerende kampeerders van Buffelspoort op die pad) met my Exclusive daar verby en net trokke is daar geweeg. Ek sit op die oomblik 2000km van ons huis in Kaapstad en het by talle weegbrue verby gery en het nêrens gevind dat karavane afgetrek word nie.
Dalk steek daar tog iets in Grumphy se vermoede.
Jy kan nie n jurgebs expo laai tot by tarra van 2.1ton voertuig nie, so daai kan nie werk nie. ?n karavaan is n baie gevaarlike ding met baie ernstige gevolge as hy oorlaai word
Dit gaan oor doe onderstel, sleepstang, ratkas en die hele drive train ontwerp van voertuig..
Hy mag dalk dieselfde laai maar hy wys duidelik dat hy nie ontwerp is om meer te sleep agter hom as 750kg nie...
Bv ford ecosport, weeg iets soos tare 1700kg, maar mag net 600kg sleep...
Ek kan nou nie gaan en se, ok, ek laai niks in my kar, so ek mag nou swaarder sleep as 1800kg nie