English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 421
Total Replies: 232 816
Total Views: 82 449 693
topics: 10 893
replies: 126 481
views: 38 916 387
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat het al in die nag binne jou tent kom kuier

replies: 47
views: 837
01 Sep 2019 @ 18:28:18 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Met die laaste langnaweek wat verby is het ek bietjie by Sionsbergh gekuier. Bokke het gespeel, lyne nog in die water en ek het so 4 karavane van my die wedstryd gekyk. Vroutjie slaap al alles doodstil by die karavaan se ek myself laat ek net check of alles by die stokke reg is. 

Ek kon my oë nie glo en moes twee keer kyk toe jakkals se kind binne my tent staan, toe hy sien ek kom nader glip hy weg en het hom nie weer gesien. 

Jakkals van alle dinge het ek nie daar verwag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2019 @ 19:10:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14206
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

By Tshikwalo lodge in Dinokeng het Njala al sy kop deur die karavaan deur gedruk. 

By Manyane het rooibokke onder my awn gekuier....terwyl ek daar sit. 

My broer se kinders het by Merry Pebbles in n Sahara tent geslaap toe n knaap, seker van die lokasie, by hul tent inkom en hul selfone steel.....2am die oggend Hoop maar so iets kom my nooit oor nie...dink ek sal n ander siening oor kamp begin kry

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2019 @ 20:30:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8232
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

By Krok brug het n Olifant een aand rustig langs ons wa gestaan en die takke bo die tent af geskeur. 

Hy was so naby dat toe ek uit gaan omte sien wat dit is amper teen hom gedruk het soos hy oor die draad was. 

Almal weer die draad daar is baie laag. 

Wel my broek het skoon gebly en het hy stadig weg beweeg. 

My meer gekos om die Girl stil te hou. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2019 @ 21:31:54 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 921
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

🤣🤣🤣By Lake Saint Bernard in die Swartberg het ‘n eland by ons huisie ingestap. Nee , ek was nie gesuip nie!

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 06:47:46 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 151
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Het een jaar by Berg en Dal gekamp. Het so gesit langs die vuur en in die donker het dit gelyk of die vloer beweeg. Ligte aangesit en tot ons skok het dit gewemel van die klien skerpioene. Gelukkig nie in die tent nie, maar toe ons die volgende dag opslaan was daar weer n klomp van hulle onder die grondseil.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 07:03:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14534
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nog net 'n lekker groot bobejaan spinnekop in my seun en sy skool maat se tjopper tent by ATKV Buffelspoort.

Die tent deur was so 50cm oop gezip gewees ............................... al wat ons gehoor het was flap flap woep woep toe staan albei buite kant die tent ........................ tent deur steeds net 50cm groot oopgezip.

Het toe maar die meneer gesoek en hom terug in die omligende veld ingejaag met 'n besem.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 08:02:35 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 36 years

In Addo Olifantpark het 'n ystervark my in die middel van die nag lekker laat skrik terwyl hy heerlik homself aan my beskuit in my tent gehelp het en dan het ek weer 'n groot skrik gekry by Rivierzight buite Robertson to 'n jong kobra hom gemaklik kom maak het onder my tent.

Ons het ook al so paar muise en n skerpion as gaste gehad maar hulle was nie so interresant as die ystervark & kobra nie 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 08:10:16 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 691
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Die ou het vir my kom kuier by Klein Kariba in desember, een oggend vroeg.  En by Mabelingwe het die bosvark ons asblikkie kom besoek.  Daar was gerookte vark rib beentjies in wat hy gesteel het.

As long as everything goes my way...I'm totally flexible
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 09:36:48 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Nou nie sulke dramatiese gaste gehad nie, maar by Baden naby Montagu het ons 'n bloukransvoël gehad wat tot onder ons afdaktent gekom het terwyl ons daar sit.  'n Mens besef eers hoe groot die voëls is as jy hulle omtrent in die oog kyk.  By Hartenbos het ons elke aand 'n dikkop gehad wat stil soos 'n standbeeld in die nag voor ons karavaan gestaan het.  As ons hom krummels aangebied het, het hy dit opgepik, maar baie langtand, amper om ons nie in die gesig te vat nie.  Gee jy egter vir hom 'n bietjie maalvleis, verorber hy dit baie ywerig.  By Forever Plet was daar verskeie lepelaars wat eintlik 'n oorlas van hulleself gemaak het. Maar dis 'n voël wat nie so volop is nie en om hulle so naby te sien dat jy aan hom sou kon vat- as hy dit sou toelaat, is 'n voorreg.

Ek weet mense gaan my kritiseer oor die voer van die dikkoppe terwyl ek myself ook al teen die voer van wilde diere uitgespreek het, maar dis darem nie dieselfde as om by apies te voer nie.  Jy maak nie regtig nie voëls afhanklik nie- dis maar net vir hulle 'n klein bonussie en hulle gaan ook nie doodgeskiet word omdat hulle 'n probleem geword het nie. Ons sit ook tuis saad uit vir 'n swerm frette en op Stilbaai vir 'n swerm rooibors  sysies.  Maar in beide gevalle is dit maar net 'n ekstratjie vir hulle- dis nie genoeg om hulle te onderhou nie, so hulle leer nie af om self kos te soek nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 15:57:42 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6417
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ons sit in die Wildetuin en braai vleis teen die draad ,gooi die bene oor die draad kom daar n Serwetkat oor die draad, ek weet nie wie het die grootste geskrik nie maar dit was mooi.

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Sep 2019 @ 20:47:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14206
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Manyane

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 07:49:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14206
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My buurman by Weesgerus.....Sirkel 1

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 15:40:51 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

'n Dronk ou... zzzzZZZZ

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Sep 2019 @ 18:36:48 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

My buurman by Weesgerus.....Sirkel 1

Ek verkoop sommer my karavaan 😲

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2019 @ 06:31:54 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

My buurman by Weesgerus.....Sirkel 1

As vroulief dit moet sien, is ons kampeerdery op 'n einde...

 

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2019 @ 06:36:20 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years

Het jare terug by Bergkwagga Nasionale Park amper my voet in my skoen gedruk waarin 'n skerpioen gekruip het... gelukkig na daai klein stemmetjie geluister wat my gesê het om eers te kyk. Sidder nou nog...

A happy life doesn't just happen, it's something you create yourself...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2019 @ 08:33:08 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Joe. Golden rule! Ek check altyd my skoene al staan dit vir oomblik alleen. 

Het in die weermag in die bos wakker geword met n brand pyn soos jy nie kan beskryf. Meneer het dit reg gekry om onder my brown hemp in te kom terwyl ek slaap. Klits my op my bors en ek het myself amper beskyt. 

Kom van Namibië en net oor die grens aan ons kant stop ons laatnag by n lodge om te rus. Net gestort en in die bed geduik. Volgende more kry ons so n meter van slang se kind wat saam ons geslaap het. 

Ek check alles en dan weer alles. Is maar vrek versigtig met dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Sep 2019 @ 17:27:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Nou wel nie in die tent nie maar baie naby.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2019 @ 20:25:58 pm
LEEN
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 9 years

Nee nee julle !    ek gn nou dadelik vir my een van di biker leather suits en boots koop vir die volgende camping trip !     

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:31:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8232
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

My buurman by Weesgerus.....Sirkel 1

Die Girl k😠k haar toe. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:32:03 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Nou wel nie in die tent nie maar baie naby.

Wow Hendrik, that photo reminds me of our camp at Shonolanga Resort on the Olifants river in the Balule Reserve. We had hippo come out of the water right next to our tent, was rather hair raising. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 10:40:18 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

These guys kept us inside the tent for a long time while they were browsing. Pity we can't place video clips. Have a nice one where they checked our braaier out.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 11:25:37 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Here is the pic of the hippo on the left side is the corner of the caravan it had just walked past us. There were two of them but as soon as the second one saw us it bolted back to the river.

 

Hippo at Shonolonga

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 12:08:17 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Awesome!

I don't want to bump into one of them at night.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 13:11:29 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Gedurende 'n kamp by Rustenburgkloof in die laat 1980's het 'n uitgegroeide bobbejaanmannetjie die tent binne gekom terwyl my vrou in die wa besig was.  Hulle het mekaar in die oë gekyk en die volgende oomblik het hy 'n blik met koekies wat op die Tafel by die deur in die tent gestaan het, gegryp en laat spaander.

Dit het so amper teen die einde van ons vakansie gebeur en my jongste dogter….nou 35 jaar oud, word vandag nog die vieste in omdat huulle al die lekkerste koekies vir laaste gebêre het en toe nie die voorreg gehad het om dit te geniet nie.

So 3 jaar terug het ons by Richardsbaai gekamp. Daar het ons een aand 'n besoek ontvang van 'n Groot Bos Nagaap . Daar was 'n geseelde sak hondekos in die tent wat y besig was om oop te skeur toe die alarm in die tent af gegaan het. Ek het ook 'n aap daar betrap net toe hy by die deur van die tent in gegaan het. 

Verder het ons al 'n paar maal paddas in die tent gehad.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:42:29 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ons het by klein kariba in een van die woonstelle gekuier. Vrou staan en kook in die kombuis met haar rug na die deur. Klein kinders speel ook in en om die woonstel. Vrou staan ingedagte en hoor iets langs haar en vra. Jayde give ouma the tamato's in the fridge.  Ouma draai toe maar om omdat Jayde nie reageer om self die tamaties te kry en kyk binne in kees vas wat net so groot soos sy is. Weet tot vandag nie wie eerste uit daai deur was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2019 @ 19:54:21 pm
Johan Stander
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 03 Sep 2019
Experience: 25 years

Ek sou nou nog gehardloop het as ek met Kees te die kry. 

Ek het al 'n slegte ervaring met 'n skerpioen in my klere sak gehad op Vals Baai. Dit het gevoel of daar 'n stuk warm charcoal onder my vel ingedruk was.

Ek kyk nou maar altyd eers voor ek my hand in sakke indruk. Of dit nou skerpioen wereld is of nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:24:11 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Net vanoggend het die ape in ons tent ingekom en die hele houer met beskuit leeg gemaak.

Toe ek uit die wa kom en hulle sien my, het een darem uit ordentlikheid vir my een beskuit gelos en laat spaander. Gelukkig het niemand stink merkers gelos van die skrik nie.

Danie (Dansan), as julle by Eiland kom staan, bewapen jou teen die ape. Hier is dit baie droog en min kos in die veld. So hulle raid die karavane en rondawels. Probleem verder is dat hier tans min kampers is en die ape kom nou oral kyk vir kos.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 14:43:20 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Pottie jy moes bietjie tee met brooklax aangebied het. Hulle moet vir die remainder van kamp net geskyt het. 

Bly maar n probleem met min antwoorde 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 18:01:24 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het 'n tyd gelede die Monkey and Baboon afskrik-masjien gekoop.

Het dit gister, na die ape skoongemaak het by ons , die apperaat opgestel en net een speaker aangeskakel.

Die ape loop 'n draai om ons tent. Ek het oopgesnyde avokadopeer op ons tafel in die tent gelos vir die ape. Hulle het nie eers probeer nie.

Het ook nou gesit en kyk hoe loop hulle verby, op 'n afstand, en kyk heeltyd hierheen.

Die ding werk!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 18:56:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14206
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het 'n tyd gelede die Monkey and Baboon afskrik-masjien gekoop.

Het dit gister, na die ape skoongemaak het by ons , die apperaat opgestel en net een speaker aangeskakel.

Die ape loop 'n draai om ons tent. Ek het oopgesnyde avokadopeer op ons tafel in die tent gelos vir die ape. Hulle het nie eers probeer nie.

Het ook nou gesit en kyk hoe loop hulle verby, op 'n afstand, en kyk heeltyd hierheen.

Die ding werk!

Het u miskien detail waar ons kan kry. Ek sien mens kan van dit oorsee ook online koop, maar weet nie hoe hulle sin werk nie....sal lekker wees om iets te koop wat reeds getoets is deur n forum lid.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 22:40:26 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Pottie. Nou het jy vir my nuuskierig. Wat is dit, hoe lyk dit, hoe werk dit, waar koop ons dit, wat kos dit.

Gesels met ons Pottie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 23:00:15 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Pottie. Nou het jy vir my nuuskierig. Wat is dit, hoe lyk dit, hoe werk dit, waar koop ons dit, wat kos dit.

Gesels met ons Pottie.

link to discussion 

 

and this thread

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 23:11:30 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Here is a link to an article on the unit.

LINK

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 23:13:20 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 23:26:11 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wie smous die goete in Gauteng

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 10:07:56 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Sien die link en verwysing na die draad wat BrianB bo geplaas het om 23:00:15 gister.

Daar is als bespreek.

Dis die een wat George en ek gekoop het. George het voorheen laat weet syne werk. Ek kan dit bevestig.

Sal kyk of ek 'n foto kan plaas.

 

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 14:54:14 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die installasie is tydelik gedoen om die toestel te toets. Hy werk verseker.

Die elektrisiteit was vir 'n tyd af vanoggend en so ook die toestel. Die ape was so hans, hulle het in ons tent ingestap terwyl ons hier sit.

Dis 'n bewys dat die toestel werk. Gister het die ape draaie om ons kamp geloop.

Ek plaas foto van my tydelike installasie.

 

 

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 15:03:12 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Vergeet om te laat weet.

Die toestel met 'n ekstra speaker en die transformer het R1,150 gekos begin van hierdie jaar.

Hy werk op 12v en is die tranformatortjie sekerlik nie nodig nie. Dit bring prys af na net onder R1,000.

Dit lyk my die moeite werd, want die ape los ons plek uit.

Die toestel gee 'n baie hoë frekwensie toon wat die ape (en bobbejane volgens die pamflet) irriteer. Daar is 'n skakelaar waarmee mens die frekwensie kan verstel indien die diere gewoond raak aan die een frekwensie. 

Jy moet net self verleng koord verskaf (0,75mm) asook lank genoeg draad vir kragvoorsiening.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 15:40:00 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Pottie, that one looks much more compact than the one on the website link I posted would rather get one like yours.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 18:56:17 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het die persoon opgespoor wat die ding ontwerp het. Douglas Reid en hy is woonagtig in die suide van Johannesburg. Beplan om hom te besoek en na die stelsel te kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 22:31:09 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ek het die persoon opgespoor wat die ding ontwerp het. Douglas Reid en hy is woonagtig in die suide van Johannesburg. Beplan om hom te besoek en na die stelsel te kyk.

Give feedback once you have more info please.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 22:41:28 pm
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

This baboon really was enjoying his spaghetti at a cape restaurant

Click here

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 14:35:47 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het die persoon opgespoor wat die ding ontwerp het. Douglas Reid en hy is woonagtig in die suide van Johannesburg. Beplan om hom te besoek en na die stelsel te kyk.

Ek het direk by Douglas Reid gekoop. Per EFT betaal en binne 3 dae was my aapskrikmaker by postnet in Malelane.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:02:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14534
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

This baboon really was enjoying his spaghetti at a cape restaurant

Click here

 

Al daai mense moes die dem ding weggejaag het.  Maar dis mos frieken olik.

Nou word hy 'n probleem dier.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:44:26 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al daai mense moes die dem ding weggejaag het.  Maar dis mos frieken olik.

Nou word hy 'n probleem dier.

Die probleem met so 'n groot mannetjie, is hy storm onmiddelik met sy tande ontbloot as jy hom konfronteer. Dis wanneer jan en alleman webhardloop en bojaan wen.

Die enigste manier hier is om hom te storm met een van daardie stoele in jou hand. Dit verg egter 'n bietjie balhorigheid en brawery aan die kant van die ou wat storm met die stoel. As bojaan sien jy skrik nie vir hom nie, dan skrik hy vir jou en gee pad.

Het dit self beleef in die wildtuin by Mkuhlu piekniekplek. Bobbejaan het mense links en regs beroof. Almal hardloop as hy tande wys. Hy het my ook bestorm met die terugkomslag toe ek die koelsak uit die motor gaan haal. My neef was dadelik byderhand met 'n opvoustoel en kees is vinnig daar weg. Moet sê ons het hom beide gestorm, maar hy het heeltyd my neef met die stoel dopgehou.

Of dit die stoel of my neef se baard was wat die verskil gemaak het, sal ek nie kan sê nie. Sekerlik dink/weet hy 'n koelsak slaan nie so seer nie.

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 22:53:27 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Die installasie is tydelik gedoen om die toestel te toets. Hy werk verseker.

Die elektrisiteit was vir 'n tyd af vanoggend en so ook die toestel. Die ape was so hans, hulle het in ons tent ingestap terwyl ons hier sit.

Dis 'n bewys dat die toestel werk. Gister het die ape draaie om ons kamp geloop.

Ek plaas foto van my tydelike installasie.

 

 

 

Hi Pottie. Het jy die ding dalk weer gebruik. Enige updates oor hoe dit werk

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2019 @ 15:29:35 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hi Pottie. Het jy die ding dalk weer gebruik. Enige updates oor hoe dit werk

 

John

Ek het die toestel gebruik tot einde September wanneer ons kamp afgeslaan het by Eiland.

Uiteraard soos tyd aanloop het die medekampeerders al minder geword en die ape, 3 troppe het daaglikks verby ons kampie beweeg.

Hulle het 'n wye draai omdie voorkant van die tent beweeg. Dis die rigting waarin die toestel gewys het. Hulle het ook heeltyd na ons rigtig gekeyk, maar nie nader gekom nie.

So, die toetstel werk verseker. Ek moet egter nog 'n beter installasiemetode uitdink wat darem vir 5 of 6 maande sal staan wanneer ons weer lank kamp. Andersins sommer tydelik met cableties vasmaak.

Ek het nog nie geleentheid gehad om die toestel met bobbejane te toets nie.

Ek kan bevestig hy werk wel vir ape.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required