English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 984
Total Replies: 243 327
Total Views: 82 945 264
topics: 11 229
replies: 132 871
views: 39 170 630
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vriende maak tydens kampeer

replies: 11
views: 621
01 Aug 2018 @ 08:03:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15621
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wie van julle het vriende gemaak met mense wat julle ontmoet het tydens kamp....vriende waarmee julle nog na die tyd mee kontak het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 09:40:35 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5698
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Hlo.

Ek doen gereeld. Toe ons nou by Riverside Kimberley was, het ek weer n paar by gekry. 

Kampers is altyd oulike mense,  n anderse soort mens as die gewone.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 10:48:55 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ons het al van die wonderlikste vriende gemaak met mede-kampeerders. Maar ongelukkig het ek ook ouens raakgekamp waarmee ek nie kan dink dat ek ooit vriende kan wees nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 11:14:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Vir paar jaar vriende gehad wat elke jaar saam met ons by Dolphin gaan kamp het. Toe die kampe daar tot 'n einde gekom het het die kuiers ook minder geraak.

Ons sien mekaar nog so af en toe in die winkels en praat dalk op selfoon.

So ja hulle is vriende solank mens maar dieselfde belangstelling in gemeen het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 17:56:04 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2072
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Miskien is ons net gelukkig. Ek en Susan het baie getroue en ware vriende tydens ons kampeer lewe gemaak. Van hulle kan ons nie eers meer onthou hoeveel jare nie. Ons skakel mekaar nog gereeld en behou kontak. Deur die hele land is daar min dorpe waar ons nie kampvriende het nie. Ons gaan middel van hierdie maand blomme kyk. Van die vriende langs die pad het reeds aangedui dat hulle saam kom kamp wanneer ons in daardie omgewing is. 

Daar is ook die slegter gedeelte. Ons moes ongelukkig al van daardie getroue vriende aan die dood afstaan. Die man of vrou wat agtergebly het kamp nou nie meer nie maar ons ry hulle nooit verby nie en as hulle kans kry en in hierdie rigting kom dan kuier ons hier by ons aan huis saam.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 18:33:55 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Het ook vriende gemaak met die SAWA kampe is nog steets vriende.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Aug 2018 @ 21:02:15 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Ja, goeie vriende wat steeds deur dik en dun  mekaar bystaan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 07:02:57 am
Dolf
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 08 Jul 2013
Experience: 38 years

Ons maak nog elke keer baie goeie vriende as ons gaan kamp.

Ons kamp nou nog gereeld saam met mense wat ons in 2000 naby Hammanskraal ontmoet het en was selfs laas jaar saam met hulle op 'n toer deur Namibië en Botswana vir 40 dae. Ek kan net byvoeg dat hulle on Gauteng bly en ons in Kaapstad. Ons is juis nou op pad na hulle toe om bietjie te kuier.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2018 @ 07:02:59 am
Dolf
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 08 Jul 2013
Experience: 38 years

Ons maak nog elke keer baie goeie vriende as ons gaan kamp.

Ons kamp nou nog gereeld saam met mense wat ons in 2000 naby Hammanskraal ontmoet het en was selfs laas jaar saam met hulle op 'n toer deur Namibië en Botswana vir 40 dae. Ek kan net byvoeg dat hulle on Gauteng bly en ons in Kaapstad. Ons is juis nou op pad na hulle toe om bietjie te kuier.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2018 @ 13:35:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8972
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jip hulle is daar.

Phalaborwa 

Middelburg

Witbank

Pietersburg

Potties

Ermelo

Piet Retief

Bloemfontein

Oudtshoorn

Grahamstown

Nelspruit

Komatipoort

En nog n paar.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2018 @ 21:11:43 pm
Anonymous

Hang maar af.. 2 bure van ons Desember by kamp was nou meer in ons ouderdoms groep toevallig aan beide kante en ons gesels nog so af en toe. Het al hier in Pretoria ook saam gekuier en beplan 'n kuierkamp in die lente. 

As 'n reël is ons eintlik maar op ons eie, en kuier maar by kamp met bure so nou en dan maar na kampe gaan ons almal maar ons verkeie paaie in, maar gewoonlik probeer ons kamp waar daar minder mense is en dan is daar nie juis veel bure ens nie. Ons probeer juis bietjie tydjie alleen saam geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2018 @ 14:26:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15621
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons is ook nie mense wat daarop uit is om vriende te gaan maak nie, maar daar is somtyds sulke vriendelike en aangename mense wat lekker saam gesels dat jy nie kan help om bevriend te raak nie. Ons het nou juis paas naweek by Weesgerus sulke aangename bure gehad....ons is kortkort in kontak met mekaar. Kinders hou ook kontak met vriende wat hulle gemaak het.....hul WhatsApp groep gesels hulle reeds weer wie wanneer Desember kom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First