English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 250
Total Replies: 229 801
Total Views: 82 366 039
topics: 921
replies: 12 353
views: 3 196 949
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Stewige kamp stoel

replies: 28
views: 381
18 Sep 2019 @ 00:39:12 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek is opsoek na stewige kamp stoele. Ek het hierdie een op foto in gedagte, maar kon nog nie n handelaar opspoor wat my kan help nie. Weet julle miskien wie kan my help? Hulle noem hom die Moonstone. 

Of as julle ander stewige stoele kan aanbeveel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 00:41:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Wil vir my voorkom of dit n produk is van Checkpoint. Waar is hulle vandaan?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:16:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis reg Geert. Check point het hulle op die mark.

Ek het myne by Campworld in Boksburg gekoop. Was toe op 'n "Special" daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:21:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis reg Geert. Check point het hulle op die mark.

Ek het myne by Campworld in Boksburg gekoop. Was toe op 'n "Special" daar.

Nou weet jy ek het nie vir jou gelieg toe ek vir jou gesê het jou stoele sit lekker nie😜

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:24:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hulle is chapperig net die vervaardiger het probeer geld spaar op die dra sakke waar in hulle kom.  

Hulle pas net net net daarin.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 07:25:47 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Weet iemand wie of waar Checkpoint is?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:53:34 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years

Geert, ek gebruik die Meerkat direkteur stoel. R1 199 by Makro. Nogal groot en swaar, kan tot 200kg hanteer, baie stewig.

MEERKAT Directors Chair

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:06:36 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2464
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Geert, wat kampstoele betref, lyk dit vir my of die groter Checkers winkels met kamp-afdelings die billikste is met ook die grootste verskeidenheid.  As ek 'n kampstoel benodig, sit-toets ek almal tot ek een kry wat my perfek pas.   Makro het ook 'n redelike verskeidenheid teen pryse wat nie te sleg is nie maar Game is duur en hulle verskeidenheid is beperk. Selfs sekere lanbou kooperasies het soms goeie aanbiedings. Ek het nog nie by die kampeer en sportwinkels gekyk nie, want ek vermoed hulle sal aan die duur kant wees.

Daar is ook verskillende dikte pyp wat in die stoele gebruik word so wat die etiket ookal oor gewig sê, ek koop nie die stoele met die dun pyp nie. Die een op jou foto se pyp lyk vir my maar dun, maar dis moeilik om presies van die foto af te lei.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:34:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Volgens my eie obsevasie en opinie is Base Camp stoele en Meerkat stoele die wat die stewigste aanmekaar gesit is.

Dit gaan maar oor die dikte materiaal en pype wat gebruik word wat my dit laat sê.

Daar is ook 'n merkwaardige gewig verskil in Base Camp en Alpha Camp se stoele wat die selfde lyk.

Base Camp sin is heelwat swaarder wat beter pype en materiaal beteken.  Die is Base Camp se produk.

Base Camp Chair

Baie goeie kwaliteit en sterk.  Farm City is die hoof verskaffer van Base camp produkte.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:05:39 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Leon, het jy al Tents Direct probeer.   Hulle is in Highway Business park en is deel van Canvas and Tent wat ook die RCS produkte aan die weermag lewer.

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:20:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Leon, het jy al Tents Direct probeer.   Hulle is in Highway Business park en is deel van Canvas and Tent wat ook die RCS produkte aan die weermag lewer.

groete

Hulle het getrek....hulle is nou langs Denel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:25:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hulle het getrek....hulle is nou langs Denel

Ja hulle is nou langs Denel Hoofkantoor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:26:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Volgens my eie obsevasie en opinie is Base Camp stoele en Meerkat stoele die wat die stewigste aanmekaar gesit is.

Dit gaan maar oor die dikte materiaal en pype wat gebruik word wat my dit laat sê.

Daar is ook 'n merkwaardige gewig verskil in Base Camp en Alpha Camp se stoele wat die selfde lyk.

Base Camp sin is heelwat swaarder wat beter pype en materiaal beteken.  Die is Base Camp se produk.

Base Camp Chair

Baie goeie kwaliteit en sterk.  Farm City is die hoof verskaffer van Base camp produkte.

 

Waar is die naaste Farm City? Die een hier in Pretoria Oos het toegemaak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:27:58 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1594
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Praat met John by  RT Gear sy stoele is gewaarborg vir 200KG 0823248602

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:31:10 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, wat kampstoele betref, lyk dit vir my of die groter Checkers winkels met kamp-afdelings die billikste is met ook die grootste verskeidenheid.  As ek 'n kampstoel benodig, sit-toets ek almal tot ek een kry wat my perfek pas.   Makro het ook 'n redelike verskeidenheid teen pryse wat nie te sleg is nie maar Game is duur en hulle verskeidenheid is beperk. Selfs sekere lanbou kooperasies het soms goeie aanbiedings. Ek het nog nie by die kampeer en sportwinkels gekyk nie, want ek vermoed hulle sal aan die duur kant wees.

Daar is ook verskillende dikte pyp wat in die stoele gebruik word so wat die etiket ookal oor gewig sê, ek koop nie die stoele met die dun pyp nie. Die een op jou foto se pyp lyk vir my maar dun, maar dis moeilik om presies van die foto af te lei.

Dankie....ek hou ook van Checkers se buitelug produkte. Hulle Bush Baby reeks is vir my gewoonlik goeie waarde. Ek het soortgelyke stoel daar gesien, maar is ongelukkig die "recliner" weergawe. Ek soek gewone stoel wag mens lekker om vuur kan sit....met recliners jan mens nie lekker regop sit nie....voetgedeelte verhoed dat jy bene lekker agtertoe kan beweeg onder stoel in.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 12:44:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Terugvoering vanaf Comet karavane rakende stoele:

Good Morning

We would like to use this opportunity to thank you for the enquiry forwarded to us and the interest shown with regards to the above mentioned subject , it is greatly appreciated

With reference to the above mentioned – XH404 –CHECK POINT MOONSTONE CHAIR    PRICE  R 699-00  ( V.A.T. inclusive )

Unfortunately this item has been discontinued ,,and we do not have stock of this item

Should you require any additional information ,, please do not hesitate to contact us ..

Kind Regards

Tel: 011 826 6241

cometcaravans.co.za

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 15:51:07 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek was ook by Waterkloof se Campworld. Hulle noem dat Checkpoint n handelsnaam was wat JurgensCi destyds ingevoer het. Toe hulle basies "toegemaak " het, is sl die Checkpoint produkte versend na Sunseeker in Alberton. Hulle voorraad is ook uit....so dis tyd om te loer na iets anders.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 05:50:16 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert, ek gebruik die Meerkat direkteur stoel. R1 199 by Makro. Nogal groot en swaar, kan tot 200kg hanteer, baie stewig.

MEERKAT Directors Chair

Dankie Gerhard. Ek het nou na hul reeks gaan kyk, lyk of Meerkat stewige stoele maak....hulle selfs stoele wat 250kg kan hanteer.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 05:51:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Praat met John by  RT Gear sy stoele is gewaarborg vir 200KG 0823248602

Dankie Nico.....ek sal bietjie op hul website loer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 05:55:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Het iemand so n stoel? Hou daai tou waarmee sitvlak aan raam vasgemaak word of slyt dit deur? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 06:39:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Geert my broer is so lank soos jy en hy het twee sulke stoele (Groen) nou al vir baie lank.  Dis nogal 'n gemaklike stoel vir net rustig sit en dalk so effe agter oor om boek te lees of 'n uiltjie te knip.

Maar as jy regop wil sit en eet, of vooroor sit om iets te doen dan is jou natuur om jou voete onder jou in te trek en met die stoel kan jy dit nie doen nie.

So in sommige gevalle is hy nie so gebruikers vriendelik nie maar die feit dat jy nie jou voete onder die stoel kan intrek nie is seker iets wat mens aan gewoond kan raak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 08:52:50 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Het iemand so n stoel? Hou daai tou waarmee sitvlak aan raam vasgemaak word of slyt dit deur? 

My vrou het `n Checkers een en hy hou.

Vriende het op `n ander plek gekoop en die rekkies wat die material aan die raam hou sluit deur. (by gesê die twee stoele lyk effens verskillend.)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 08:54:24 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek is opsoek na stewige kamp stoele. Ek het hierdie een op foto in gedagte, maar kon nog nie n handelaar opspoor wat my kan help nie. Weet julle miskien wie kan my help? Hulle noem hom die Moonstone. 

Of as julle ander stewige stoele kan aanbeveel?

Het so tipe stoel wat van Mr.Price sport af kom, maar hou nie van hom nie, is te regop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 08:55:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

My vrou het `n Checkers een en hy hou.

Vriende het op `n ander plek gekoop en die rekkies wat die material aan die raam hou sluit deur. (by gesê die twee stoele lyk effens verskillend.)

Dis  waarvoor ek bang is. Hulle sê waarborg op stoel is 5jaar....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2019 @ 17:02:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13710
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hulle maak hierdie stoel van Duralite tube. Getoets vir 250kg. Weeg met sy dra sak maar 3kg....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 07:01:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja kyk daar is baie stoel produkte op die mark en by almal is die swak plek eintlik maar die stiksel in die materiaale en nate.

Ek het nog nooit gekry dat die stoel se pype self buig nie maar die "fittings", rivets, skroefies en materiaal  gee mee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:10:01 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7813
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie Gerhard. Ek het nou na hul reeks gaan kyk, lyk of Meerkat stewige stoele maak....hulle selfs stoele wat 250kg kan hanteer.

Kaufmann is ook sterk stoele.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:38:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7813
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek is opsoek na stewige kamp stoele. Ek het hierdie een op foto in gedagte, maar kon nog nie n handelaar opspoor wat my kan help nie. Weet julle miskien wie kan my help? Hulle noem hom die Moonstone. 

Of as julle ander stewige stoele kan aanbeveel?

My aanbeveling is,  n baksteen.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 17:07:49 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Ek kuier nou in Duitsland en hier by my suster is die stoel waaarin belangstel. Dis nie tou nie maar oorgetrekte rubber   Jammer jy kan dit nie kry in SA nie want dit sit en lê  heel gemaklik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required