English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 730
topics: 137
replies: 2 120
views: 48 572
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Sprite Swing airconditioner

replies: 15
views: 200
10 Oct 2019 @ 11:13:43 am
Marius.L
New Member
81% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 17 Aug 2016
Experience: 47 years

Hi, ek het aircon wat ek self wil insit, maar eks nie seker hoe word die binnenste gedeelte ingestalleer nie, ek wil hom insit in die kassie bo die eiland bed, advies en fotos sal waardeer word

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 11:15:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum.

Die met die kennis sal jou netnou help.

Hulle werk nog......

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 12:55:04 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2025
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Marius welkom. Nog nie 'n binne eenheid gesien wat in die Swing se kassie bokant die bed sal pas nie. Sal modifikasie aan die kas moet maak. Meeste van ons installeer die binne eenheid net onder die dak as hy afgeslaan is bokant een van die kant vensters by die bed. Die hangkas deur kan nog oopmaak en jy verloor geen kas spasie nie. Die spasie tussen die bed en kant van die wa is in elk geval so klein jy kan nie regtig daar loop nie. 

Myne so geinstalleer en pla glad nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:10:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal ook Jan se posisie van instalasie aanbeveel.

Dan kan die Aircon se krag draad en pype ook in die kassie naaste daaraan afloop tot deur die vloer.  Net 'n klein stukkie duckting is nodig tussen die aircon en die kassie dan.

Die aircons kom met hulle brackets en kort pype. Jy sal dalk addisionele pype moet gaan koop vir die afstand verskil want dit wat verskaf word is net genoeg vir basiese "back to back" instalasies.

Moenie onnodige lasse maak nie. Gebruik een lengte pyp dwars deur verkieslik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:16:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hulle haal die een deurtjie af. Weet nie of jy gat dan bietjie groter moet maak of nie. Jy sal hom maar bokant jou slaapkant moet insit want vrou gaan seker pakspasie aan haar kant benodig. Oorweeg egter Leon se pisisie....sien baie keer bo die wasbak.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:21:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Voor ek vergeet,  gebruik maar meer monteer skroewe as wat verskaf word want die binne unit word aan beweeging blootgestel. En ons paaie is nie meer wat dit altyd was nie.  Skroef dit in die kant muur van die wa en teen die onder kant van die "ROOF SUPPORT RIDGE" waarop die dak lê as hy toe is.

Dan as jy kan plaas die pomp gedeelte so vêr as moontlik weg van die Eiland bed af.  As jy hom in die neuskas sit lig hom hoog genoeg daar binne dat die warm lug geen sins teen die kant of voorkant van die neuskas vas blaas nie.

 

Terloops welkom hier op die forum.  Hoop jy gaan nog baie saam met ons kuier.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:37:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nie my wa nie......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 13:47:02 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kan nou sien hoekom almal nie die binne eenheid bo die venster sit nie.  Die arstand tussen die venster se bokant tot by die "Roof Support Ridge" is baie minder as by die jurgens karavane.

Mens gaan bv 'n gordyn kappie moet maak en die monteer en dan die unit op die gordyn kap vas sit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 14:19:01 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2025
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Met myne het ek 'n plank regoor die venster vasgesit en dan die plaat op hom vasgesit. Het die plank bo-oor die gordyn gesit sodat jy dit nie van buite af kan sien nie. My gordyn werk nog en het so 100mm venster aan die bokant verloor. Het net die indruk knippies wat die gordyn bo hou laer geskuif en verder werk dit normaal. 

Verkies die venster want nou kan jy die klappies stel dat die koue lug na die yskas toe blaas en daar is nie 'n trek oor jou nie.  

As die uitlaat dalk verstop gaan jy ook nie met koue water wakker gemaak word nie.  laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 15:11:14 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nie my wa nie......

Ook nie my wa nie........

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 16:57:35 pm
Marius.L
New Member
81% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 17 Aug 2016
Experience: 47 years

Baie dankie vir die terugvoer, ek wil die aircon(buite gedeelte) aan die agterkant sit en nie in neus kas nie, my vrou hoor tot as 'n mier haar bekruip en ek vermoed as die unit in die neus kas is gaan dit vir my probleme veroorsaak๐Ÿ˜๐Ÿ˜. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 17:07:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Baie dankie vir die terugvoer, ek wil die aircon(buite gedeelte) aan die agterkant sit en nie in neus kas nie, my vrou hoor tot as 'n mier haar bekruip en ek vermoed as die unit in die neus kas is gaan dit vir my probleme veroorsaak๐Ÿ˜๐Ÿ˜. 

Lekker lag ek.

Het vir die Girl dit gelees want jou vrou is nie die enigste een nie.

laughing

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 17:25:48 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2025
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Marius is waar want as die vrouens gelukkig is, is kamp lekkerder. laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 20:39:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Click op onderstaande link....dis n persoon wat aircon agter in Swing monteer het. Weet nie hoe dit die stabiliteit van jou wa gaan beinvloed nie. Weet ook nie of dit in almal se smaak val nie.....

https://www.caravanparks.com/212.For-sale-2004-JURGENS-SWING-Jurgens-Caravans-Gauteng-JOHANNESBURG.htm?&classSecID=92&classCatID=93&itemID=28425#classified_item

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 20:59:42 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Puik gedagte om die kompressor-eenheid agter te monteer  -  absoluut GEEN nadelige gevolge nie, net voordele en 'n beter werkverrigting.  Jy sal nie spyt wees nie.

Myne is bo die nommerplaat gemonteer terwyl die meerderheid installasies heelwat laer is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 06:52:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Met myne het ek 'n plank regoor die venster vasgesit en dan die plaat op hom vasgesit. Het die plank bo-oor die gordyn gesit sodat jy dit nie van buite af kan sien nie. My gordyn werk nog en het so 100mm venster aan die bokant verloor. Het net die indruk knippies wat die gordyn bo hou laer geskuif en verder werk dit normaal. 

Verkies die venster want nou kan jy die klappies stel dat die koue lug na die yskas toe blaas en daar is nie 'n trek oor jou nie.  

As die uitlaat dalk verstop gaan jy ook nie met koue water wakker gemaak word nie.  laughing

Ja dis nogal iets om aan te dink Jan! ! ! ! ! !  Die Aircon moet mooi waterpas gemonteer word sodat die kondensasie water na die regte kant toe kan loop en weggelei word.

As daai aircon bo jou kop is en die wa staan dalk effe skeef kan jy met 'n paar druppels in jou tanne sit gedurende die nag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required