English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 237
Total Replies: 248 893
Total Views: 83 115 505
topics: 11 387
replies: 136 614
views: 39 268 220
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ru-olie

replies: 15
views: 254
22 Apr 2020 @ 10:08:38 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die afgelope paar dae op die brandstof-oliefront is vir my netso verrassend en onverstaanbaar as alles wat met die Covis-19 gepaard gaan.  Stel jou voor dat mense betaal word, en baie ook, om ru-olie te neem.  In die VSA is tot tot $40 per vat betaal om aseblief net die olie te neem.  Brent waarvan ons meestal afhanklik is, is onder $20.  Dit was al oor $120.  Hoe oorleef die lande wat hoofsaaklik van olieverkope afhanklik is soos Nigerië en die Arabiese lande.  As ons dink ons kry swaar, dink ek ons is nog in 'n voordelige posisie.  'n Plek soos Dubai leef op olie en toerisme-inkomste, en vir alle praktiese doeleindes het beide nou opgedroog.  Die emiraat produseer bitter min en beslis nie voedsel nie en die kan waarskynlik op die oomblik nie maklik internasionaal bekom word nie.  Hoe oorleef hulle?

Dis net baie jammer dat ons nie van die uiters lae oliepryse kan gebruikmaak nie.  Dink net hoe goedkoop sou ons nou lang reise kon onderneem!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 15:24:03 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Interessant hoe ru-olie van swartgoud na niks verander het en hoe toiletpapier na witgoud verander het. Hoe gaan SASOL dit oorleef? 

Fred, jy is reg, hier sit ons met n kommoditeit wat almal nodig het. En nou dat dit so goedkoop is, is daar niks wat ons daarmee kan doen want ons moet by die huis sit. 

Waar kan ons baie stoorblek kry? Baie baie stoorplek. Want as die wereld eers weer in rat kom gaan die prys dalk duurder wees as wat hy 4 weke terug was (vraag en aanbod) . Dalk moet ons ou olie tenkers erens kry en op die see erns anker met duisende liter brandstofundecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 15:42:16 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Olietenkers, sogenaamde drywende reservoirs, word blykbaar alreeds gebruik  om ru-olie te stoor, maar daar is seker ook nie genoeg vir die hoeveelheid olie wat beskikbaar is nie.  Ek hoop ons groot reservoir by Saldanha is wel vol. 

Een van die probleme is blykbaar dat raffinaderye nie net afgeskakel en ge'mothball' kan word nie.  Jou idee, Piet, om brandstof in skepe te stoor, hou daarom sekerlik steek.  Ek dink dit sal egter 'n uiters gevaarlike situasie wees, want geraffineerde brandstof soos petrol, is seker heelwat meer vlambaar as ru-olie self.  En dink net aan die ekologiese risiko as 'n groot aantal skepe met die gevaarlike vragte voor anker lê en begin  lek of erger nog, in 'n storm sink.  Om nie eers van die lewens wat op die spel sal wees te praat nie.  Bemanning wat vir maande op 'n geankerde skip gekluister is, kan net begin droogmaak wat die risiko verder sal verhoog.

Oor die ironie van die toiletpapier en olie het ek gehoor, ek dink amper dit was 'n storie op TV nuus, van Australiërs, wat groot hoeveelhede toiletpapier opgepot het en nou tot die besef kom dat dit nie soos hulle verwag het, skaars gaan word nie.  Nou sit hulle met die kleinhuisies, of liewer huise vol van die kommoditeit wat hulle nie gaan nodig kry nie en ook nie kan verkoop nie.  Een ou het blykbaar sy voorraad van iets soos 'n duisend pakke aan die winkel aangebied teen 30% afslag, maar natuurlik stel die winkel nie belang nie.  Ek wonder of daar ook van ons mense is wat so met 'n duur verleentheid gaan sit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 15:54:19 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1176
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Tydens ons (opgeskorte vakansie, weens die virus) het ons heerlike droë vrugte - teen uiters goeie pryse - in Montague gekoop .... sommer 'n hele paar pakke vol. Ek dink ons kan, as Suid Afrikaners, miskien goed wins maak deur van ons droë vrugte uit te voer Australië toe. Kyk as jy nou 'n goeie gebruik vir al daardie toiletpapier wil hê, eet Montague se gedroogte vrugte!!  coollaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 16:00:17 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Goeie idee Nico! wink

Montagu se droeëvrugte en veral neute is 'n wenner.  Ons gaan ons gewoonlik te buite met die aankoop as ons daar kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 16:06:46 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dis waar Fred, dit is n groot gevaar vir die omgewing. Gelukkig is daar baie streng maatreels in plek om dit te beheer.  

Daar is al reeds tenkers (drywende resorvoirs) wat gebruik word vir bunkering (verskaf diesel aan skepe wat verwys word na as "foreign going vessels"). Hulle sit net buite Port Elizabeth en Durban. Wonder wat maak hulle, want op die oomblik mag jy nie goed invoer (behalwe essential goods) en dit word meestal per lugvrag ingevoer.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 09:40:06 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek hou die ding mooi dop.  Sien dat media praat van $1 per vat maar ons nuus praat van $20 plus.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 09:59:23 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is verskillende soorte ru-olie waarvan ek nie die detail ken nie. Ons koop blykbaar meestal die Brent-tipe aan wat onder andere uit die Noordsee olievelde en Arabiese lande kom.  Die olie wat so laag gedaal het, is Texas-olie wat ek aanvaar word hoofsaaklik in Amerika gebruik.  Ek het in die verlede soms ook na dié se pryse gaan kyk en dit was altyd heelwat goedkoper as Brent.  Die oorskot Amerikaanse olie trek sekerlik ook die res van die wêreld se pryse af maar dit het nie tot minus-pryse gelei soos met Amerikaanse olie nie.

'n Ding wat jammer is, is dat die uiters lae pryse die ontwikkeling van elektriese voertuie seker nou met jare sal vertaag want kopers sal net in die alternatrioef belangstel as dit meer ekonomies as vloeibare brandstof is.  Ons steur ons nie juis aan omgewingsfaktore nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:10:37 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My Skoon Seun is n voorman by die parafien fabriek in Saudi Arabia.

Hy was eers by die olive fabriek.

Hulle produseer op n lae skaal op die oomblik aangesien die aanvraag laag is.

Tans is daar n oorskot wat nie die land verlaat nie, weeks die nie ry van voertuie.

Dis hoekom petrol goedkoop is.

Hulle kan nie die olie plant afsit nie want dit werk met hitte, van daai pype is so groot dat jy met n Yaris kar in hulle kan ry en vuur warm.

Die olie wat parafien word werk soos by n mampoer stokery wat deur die pype sirkuleer en dan afkoel.

Met n oorskot van..........iets gaan daar êrens baie van wees.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 11:42:12 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jin, Is die moontlike stolling van die olie in die pype die rede waarom 'n raffinadery nie kan afskakel nie?  Ek het gelees hulle moet in bedryf bly maar ek het nie 'n verduideliking gesien waarom nie.  'n Raffinadery moet tog soms tot stilstand kom vir onderhoud.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 12:07:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jin, Is die moontlike stolling van die olie in die pype die rede waarom 'n raffinadery nie kan afskakel nie?  Ek het gelees hulle moet in bedryf bly maar ek het nie 'n verduideliking gesien waarom nie.  'n Raffinadery moet tog soms tot stilstand kom vir onderhoud.

Soos hy my vertel reguleer hulle die olie na n ander kanaal/pyp.

Dis hoekom jy sal sien daar is twee of drie pype langs mekaar, net een word gebruik en die ander is reserwe/backup.

Dis as hul onderhoud doen is die pyp leeg en afgekoel.

Hulle skakel nooit heeltemal af nie.

Hy sê hulle het al groot aard bewings gehad dat daai pype skeur en olie of parafien lêk.

Die arabiere maak reg.... Lol.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 15:39:01 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 15:59:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is verskillende soorte ru-olie waarvan ek nie die detail ken nie. Ons koop blykbaar meestal die Brent-tipe aan wat onder andere uit die Noordsee olievelde en Arabiese lande kom.  Die olie wat so laag gedaal het, is Texas-olie wat ek aanvaar word hoofsaaklik in Amerika gebruik.  Ek het in die verlede soms ook na dié se pryse gaan kyk en dit was altyd heelwat goedkoper as Brent.  Die oorskot Amerikaanse olie trek sekerlik ook die res van die wêreld se pryse af maar dit het nie tot minus-pryse gelei soos met Amerikaanse olie nie.

'n Ding wat jammer is, is dat die uiters lae pryse die ontwikkeling van elektriese voertuie seker nou met jare sal vertaag want kopers sal net in die alternatrioef belangstel as dit meer ekonomies as vloeibare brandstof is.  Ons steur ons nie juis aan omgewingsfaktore nie.

So hierdie is waar?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 16:09:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

So hierdie is waar?

Dit was Geert maar net vir n paar minute.

Toe spring hy na 19.00 toe.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 16:30:31 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
Brent het nooit so laag as Texas olie gedaal nie.  Hierdie is die nuutste pryse wat ek kon kry. WTI is die Texas olie
 
Oil Price Charts
Futures & Indexes Last Last Updated
WTI Crude 25.80 (-31794 seconds delay)
Brent Crude 21.84 (-31780 seconds delay)
Mars US 12.28 (8 Minutes Delay)
Opec Basket 14.63
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2020 @ 17:56:08 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat help die goedkoop pryse. Dit wat ek by die pomp betaal is vir my belangrik. En ek wil ry, tot my kar raak krapperig en wil pad vat.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za