English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 990
replies: 14 011
views: 3 254 149
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Resorts with prepaid electrical meters

replies: 50
views: 861
22 Aug 2018 @ 12:10:37 pm
Mikeap
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 28 Jul 2018

Can anyone forward me a list of  Resorts  that have prepaid electrical meters installed. Many Thanks 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 12:29:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

I do not know of any as yet.

Keeping an eye on this topic. Could be interesting.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 13:14:17 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Hi Michael

Wellcome to the forum.

I doubt whether such a list exists as the electrical cost issue at parks is a fairly recent issue.

Will be interesting though if such a list pops up. Then one can see what happened to costs of a stand where you pay for your own electrical use.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 14:39:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek weet net van oorde wat addisionele fooi vra as jy n aircon het...ook nog nie gehoor van pre-paid nie....maar dis welkom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 15:51:45 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Sal interressant wees om te sien watse effek dit op kamppryse en tendense gaan hê. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 17:59:39 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years

Michael, welcome to the forum

Camping Forever, enjoy
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 18:30:00 pm
Anonymous

My opinie, dit gaan elkgeval deur kampeerders betaal word, en in stand gehou moet word// So kampkostes gaan nie sak nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 18:40:26 pm
CaravanParks.com
Administrator
88% Profile Strength
Posts: 2806
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 47 years

I don't know of any resorts that offer pre-paid meters.  I am a big fan of pre-paid meters for permanent living tenants. 

But in my opinion, I don't think campers will be as happy with this idea compared to permanent living people without knowing how much they really need for that actual visit.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 20:34:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom hier.

Sal ook die draad saam ry.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 20:37:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sal interressant wees om te sien watse effek dit op kamppryse en tendense gaan hê. 

Ek dink nie dit sal kamp pryse afbring nie.....dit sal meer net n addisionele fooi wees wat jy betaal. Ek glo in die meeste gevalle is n kampeerder se elektrisiteits verbruik bitter min.....meeste gebruik maar net n yskas en paar liggies. Aircons, stowe ens maak dit seker n ander storie. 

By permanent kamp met pryse van R1500 kan ek verstaan dat daar ernstig gekyk moet word na elektrisiteits verbruik, want om R50 se krag te gebruik per dag hoef nie moeilik te wees nie......en waar is dan die oord se profyt?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 21:30:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1819
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Kragverbruik is reeds gemeet en op 'n soortgelyke draad geplaas en breedvoerig bespreek.

As ek reg onthou, was die gemete verbruik, ongeag dat dit by 1 park was, insiggewend en was meeste van ons verbaas oor die volume verbruik.

As ek kyk hoeveel addisionele buiteligte hier in die kamp snags brand, dit lyk soos 'n dorp, kan die gebruik nie so min wees as wat ons graag wil glo nie.

Terloops, dit is so helder in my wa snags dat ons sukkel om behoorlik te slaap. En ek het gekyk, grootliks addisionele ligte wat kampers in die nag buite hulle waens laat brand.

Ek vermoed mense is oor die algemeen bang. Nou slaap hy lekker met sy lig aan wat bydra om my wa lig te maak binne en ek moet wakker lê en nog vir sy elektrisiteit betaal ook.

NEE! Ek het nie eers 'n buitelig nie.

Ek is ten gunste van betaal vir eie verbruik. Prepaid of watter sisteem ookal sal werk.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 22:16:38 pm
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 498
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 11 years

The cost of electricity has always been an overhead taken into account when park owners determine their tarrifs - why would they need to now install ( also at a hefty price ) pre-paid meters? 
If they needed to charge each campsite for their individual electricity useage it would be more manageable to rather install a useage-meter per site with the customer paying Rx per KWH on departure.
With pre-paid meters they would need to have a system where one could purchase electricity 24/7 as it would be difficult to correctly determine the exact number of KWH you may need.

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2018 @ 22:23:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Met die huidige pryse wat ordentlike kampe vra per dag is dit al reeds net vir die bo gemiddelde inkomste groep. As daar nou nog prepaid krag op dit gelaai word is kamp kostes net nie meer die moeite werd. Dit is al reeds belaglik. Sou dit n norm word sal my karavaan op n permanente basis gestoor word tot die bose seer hom self uit woed. Daar is nie n manier dat huidiglike pryse sin maak. Kan net sowel vir n paar rand meer op safari gaan gepaard met n lekker bederf. Of selfs die Ooste besoek met net die beste bederf denkbaar. Ek is oortuig dat karavaan kampe kort voor lank hul self uit die bedryf gaan prys. 

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 05:03:39 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Die bestuurder van die Eiland het ons langblyers meegedeel dat sy elektrisiteitrekening tussen R350k en R500k per maand is. Dan gebruik hy nog tussen 2 en 3 vragte kole van 30 ton elk per maand. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 05:39:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My opinie is dat as 'n oord die meters gaan gebruik moet hy sy oorspronklike kamp kostes verlaag.

Sou hy dit nie doen nie gaan hy homself heel uit die mark uit prys. Die huidig tariewe plus dan nog krag of jy nou min of baie gebruik dis beter dan om by ander oord sonder meters te staan.

Die meter moet daadwerklik gebruik word om krag en dan gevolglik tariewe te bespaar. As dit gebruik word om addisionele winste genereer sal net tyd vertel of dit werk in 'n oord.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:07:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

As hulle meters onsit, moet hulle seker dieselfde doen met hulle chalets. Daar gaan mens dieselfde probleme kry....een ou los byvoorbeeld  sy aircon 24/7 aan en die ander het geen behoefte om dit te gebruik nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:31:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As hulle meters onsit, moet hulle seker dieselfde doen met hulle chalets. Daar gaan mens dieselfde probleme kry....een ou los byvoorbeeld  sy aircon 24/7 aan en die ander het geen behoefte om dit te gebruik nie

Dis soos jy sê Geert.  My wa het 'n Aircon in maar ons gebruik dit nie. Nou moet ek maar die ekstra geldtjie opdok want hou beheer die oord eienaar dit anders as ek sê ek gebruik hom nie.

Enigste manier is om hom heeltemal te ontkoppel of uit te haal.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:33:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is 'n voorstander van die prepaid meters selfs vir kamp. Maar dan moet dit gebruik word ter bevordering van besparing. Nie verrykking nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:52:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek 'n oord sou hê sou ek verseker die meters geinstaleer het. Net meters nie eers prepaid nie.

Staanplek se tariewe word gekwoteer sonder krag en dan die krag tarief per Watt of KW se gebruik.  Jy betaal dan ook 'n gepasde krag deposito (sekere bedrag per dag).

Wanneer jy as kampeerder op die staanplek in trek word die meter op daai staanplek se lesing neergeskryf. Met jou vertrek word dit weer gedoen en die kostes word van die deposito verhaal en die res gee ek terug.

Die werk soos "prepaid" maar op so manier kan ek jou teruggee wat jy nie gebruik het nie.

As mens volwaardige prepaid meters gebruik koop kampeerders by die Oord winkel krag en lees dit op die meter in. Bietjie moeiliker om reeds ingeleesde "credits" terug te betaal.

Wat nou van die nuwe kampeerder hoe verduidelik jy vir hom hy moet nou betaal vir "credits" wat reeds op die meter is. En en en en................

Maat van my het huise wat hy verhuur op die plot waar my karavaan staan.  Mense het ligte bv buite deurnag laat brand en die krag rekening het regtig buite beheer geraak want aanvanklik was die krag ingesluit by die huur. Hy verminder die huur en sit gewone meters in die huise wat baie goedkoper is as Prepaid meters. Skielik brand geen ligte nie en mense sit in die donker op hulle stoepe en kuier in die aand.

Die is vir my 'n voorbeeld dat meters kan verseker werk by kamp omgewing.  Dit moet net reg gebruik word en ja dit het nou 'n ekstra logistieke las van meterlesings maar soos die tyd gaan raak dit 'n gewoonte en oord bestuur sal maklike metodes kry om dit te bestuur.

So bespaar ons die land se krag en geld in jou sak. Sou 'n ou besluit sy Aircon is aan van hy daar aan kom tot hy ry is dit sy sak wat geraak word nie die ou wat kamp sonder enige krag nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 06:56:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Enigste huis werk wat ons as kampeerders moet doen is om op datum te bly ten opsigte van die eenheids kostes van elektrisiteit. Net so vir ingeval 'n oord homself wil verryk met due verskaffing van krag.

Ja die Tarief per watt of Kw sal effe hoër wees om te kompenseer vir die ligte in die ablusie en langs die paaie. Maar dit behoort merkwaardig klein te wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 07:05:33 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 959
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Daar is 'n nuwe oord buite Bela-Bela met die naam Shammah, en die het blykbaar 'n meter op elke staanplek.

"Prys, is R1600 per maand plus elektriese verbruik, meter op jou staanplek, tarief per eenheid is soos Eskom tarief."

Ek het bogenoemde aangehaal van iemand anders se plasing "elsewhere"

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 07:07:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wel daar is die eerste Oord naam vir die lys. Shammah

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 08:36:21 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Soos Lennie altyd gesê het, askuus maar ek dink anders oor die saak. Ons sit allerhande "duur verbeterings" in ons waens. Party lugversorgers, ander het groot earns, geysers en so aan wat alles krag verbruik.

Ons is baie gelukkig dat ek enige rigting kan ry en binne 100Km verskeie parke het met elkeen uniek in sy eie reg. Die keuse is by my watter een ek wil gebruik. Somtyds wil ons by een park bly wat miskien duurder is en dan 'n ander keer weer by een wat goedkoper is. 

Ons moet versigtig wees dat ons nie begin om goedkoper tariewe te eis en dan sodoende die parke wat daar vir ons gerief is te ondermyn nie. Parke is 'n besigheid soos enige ander wat moet oorleef deur die jaar anders gaan hy nie volhoubaar kan opereer nie. 

Is nog altyd bereid om te betaal wat ons nodig het en sal nie ophou kamp nie. Dit bly 'n bargain.   

   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 09:26:28 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink, behalwe die verhaling van die koste van die installasies, gaan die administrasie van die meters die kampkoste heelwat opjaag.  Iemand sal moet rondhardloop om meters te gaan lees, dit gaan vertragings by vertrek veroorsaak en kampeerders kwaad maak.  Ek is ten gunste van besparing maar ek dink nie hierdie gaan werk nie.  Ons, dit is ek en my vrou, mors geen krag as ons kamp nie en 'n meter op ons perseel gaan dus geen verskil aan ons verbruik maak nie.  Mense in 'n kamp wat heelnag 'n buitelig aanhou, is selfsugtige bliksems wat aangespreek behoort te word, en ek weet nie of die koste van hulle ligte enige verskil gaan maak nie.  Hoewel ons werklik net gebruik wat nodig is, het ek nie beswaar om, soos tans seker die geval is, 'n gemiddelde koste te betaal wat waarskynlik hoër is as ons verbruik nie.  Enige installasie het ook onderhoud nodig en dit gaan dus 'n aanhoudende uitgawe en kopseer vir die kampbestuur wees.  Dit sou goed werk vir langstaan-kampeerders soos die Swaeltjies, maar dis sekerlik nie prakties om slegs sommige staanplekke toe te rus nie, tensy daar 'n spesiale deel vir langstaners is.  Dit het weer sy eie probleme as dit soos 'n permanente kamp begin voel, waar vakansiekampeerders nie wil wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 13:13:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Soos Lennie altyd gesê het, askuus maar ek dink anders oor die saak. Ons sit allerhande "duur verbeterings" in ons waens. Party lugversorgers, ander het groot earns, geysers en so aan wat alles krag verbruik.

Ons is baie gelukkig dat ek enige rigting kan ry en binne 100Km verskeie parke het met elkeen uniek in sy eie reg. Die keuse is by my watter een ek wil gebruik. Somtyds wil ons by een park bly wat miskien duurder is en dan 'n ander keer weer by een wat goedkoper is. 

Ons moet versigtig wees dat ons nie begin om goedkoper tariewe te eis en dan sodoende die parke wat daar vir ons gerief is te ondermyn nie. Parke is 'n besigheid soos enige ander wat moet oorleef deur die jaar anders gaan hy nie volhoubaar kan opereer nie. 

Is nog altyd bereid om te betaal wat ons nodig het en sal nie ophou kamp nie. Dit bly 'n bargain.   

   

Jan ek stem saam met jou. Die groot ding is dat elektiriese krag 'n groot koste drywer is.

So ek sien dit dan dat almal kan teen 'n redelike goedkoop tarief kamp as jy glad nie of net bietjie krag gebruik. En die ou wat alles wat oop en toemaak by sy kamp op 220V sit, kan dan so maak hy as enkel hoë verbruiker betaal dan duur tariewe.

Die prepaid meters is seker 'n aansienlike bedrag. Die gewone meter wat net krag op 'n punt meet is goedkoper.  Maar ja hulle kostes gaan verseker van die kampeerder verhaal word.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 20:39:06 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

So van buiteligte gepraat, ek het al my buiteligte nou met LEDs vervang. Ek hou in elk geval nie ligte deurnag aan nie, lok net onnodig goggas en vermors elektrisiteit. Die topic “Damme” is treffend met hoe mense wie gedruk gaan oor water beperkings ons daarop wys hoe nodig besparing is, dieselfde geld ook vir elektrisiteit - enige vermorsing is ... wel ‘n vermorsing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2018 @ 20:51:38 pm
Anonymous

Solank mense bereid is om te betaal wat ek of jy nie bereid is om te betaal nie sal die kamp oorde bly. Ek stem elke ou moet sy geld maak. As ek nie meer kan bekostig om te kamp nie, beteken dit nie hul prys hulself uit die mark nie. Kampe is baie naweke maar vol en mense geniet die plekke steeds.. Almal gaan kamp maar waar hul kan bekostig of dan vir hoe lank hul kan bekostig.. Maar die meter ding is nie prakties nie, want nou koop ek bietjie krag en gaan swem, en buurman besluit hy plug gou sy kabels by my in en steel my krag.........

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 06:11:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die metertjie wat mens gebruik om die krag verbruik per punt te bepaal kos R535 vat ingesluit. So 20 staanplekke is so R11000.

Klink na 'n redelike uitgawe maar as mens die inset kostes versprei oor 'n seker tydperk of die installsies versprei oor 'n jaar of wat is dit haal baar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 10:16:02 am
Mikeap
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 28 Jul 2018

Thanks to all the caravaner and campers that provided valuable feedback to my post.

Much appreciated.

 

Baie dankie aan al die karavaners en kampeerders wat waardevolle terugvoer aan my pos gegee het.

Baie waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 10:53:20 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Meters of nie meters. Bottom line is staan plekke is al reeds te duur, karavane is ver te duur. Die @&@ ding het nie eens n engin, gearbox of diff nie. Assuransie, duur petrol pryse, die risiko van sleep met hedendaagse kamakazi pilots op ons paaie. Wetgewing wat kop uit steek. Wat nou nog. Ek kom terug na wat ek baie lank terug op die forum gesê het dat kampers moet n unie stig om die goed onder beheer te hou. Ons is besig om ons self in die voet te skiet deur net alles te aanvaar. 

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 10:56:17 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Michael. Ek sal ook graag daai lys van oorde wil sien om seker te maak ek vermy dit.

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 12:04:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Meters of nie meters. Bottom line is staan plekke is al reeds te duur, karavane is ver te duur. Die @&@ ding het nie eens n engin, gearbox of diff nie. Assuransie, duur petrol pryse, die risiko van sleep met hedendaagse kamakazi pilots op ons paaie. Wetgewing wat kop uit steek. Wat nou nog. Ek kom terug na wat ek baie lank terug op die forum gesê het dat kampers moet n unie stig om die goed onder beheer te hou. Ons is besig om ons self in die voet te skiet deur net alles te aanvaar. 

Dit is so waar wat jy sê. Probleem is net ons is maar 'n handjie vol wat deel het aan die forum.

Net as voorbeeld het ons so jaar of wat terug hier op die forum gemoan en groan oor toe reeds hoër tariewe veral aan die Natal se kus.  Daar was selfs 'n artikel in een van die kamp tydskrifte oor dit.

Tenspyte van die kla en 'n artikel is die uitgangspunt van die kampeerders wat nie op ons forum is nie. As jy nie die staanplek vat nie vat ek hom. Met die gevolg, as die oord vol is, is die tarief mos nog OK.

Al wat ek maar deesdae doen is om die oorde te vermy wat tariewe het waarmee ek myself nie kan vereenselwig nie. Ek verkies steeds om te kamp waar die tariewe onder R350 per nag is.

Ek self sal by 'n oord met meters vir krag kamp. Solank die gewone kamp tarief dan so verminder is want die krag word mos nie dan saam met die tarief verhaal nie. As ek dan baie krag gebruik moet ek maar opdok.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 12:24:54 pm
JAV
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 11 years

Ek is dan een van daai selfsugtige bliksems wat n lig buite my tent laat brand, heelnag, elke nag terwyl ek kamp! Tye het verander, ek wil in die nag kan sien wat om my aangaan as ek iets hoor.

Die sotte wat so steel en inbreek takel die donker gate eerste en dink 2 keer voor hulle probeer waar daar lig is glo ek.

Ek gebruik n 5 watt led gloeilamp, gebruik bitter min krag, en maak genoeg lig om te kan sien, nie flood lights nie. 

Soos my lig dalk jou pla, pla jou tv my, of jou radio, of jou gryswater wat jy netso onder jou karavaan uitloop!

Leef en laat leef

En die prepaid krag of metertjies is ek van mening dit gaan nie koste afbring nie, inteendeel, dit sal dit opjaag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 12:29:11 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek is dan een van daai selfsugtige bliksems wat n lig buite my tent laat brand, heelnag, elke nag terwyl ek kamp! Tye het verander, ek wil in die nag kan sien wat om my aangaan as ek iets hoor.

Die sotte wat so steel en inbreek takel die donker gate eerste en dink 2 keer voor hulle probeer waar daar lig is glo ek.

Ek gebruik n 5 watt led gloeilamp, gebruik bitter min krag, en maak genoeg lig om te kan sien, nie flood lights nie. 

Soos my lig dalk jou pla, pla jou tv my, of jou radio, of jou gryswater wat jy netso onder jou karavaan uitloop!

Leef en laat leef

En die prepaid krag of metertjies is ek van mening dit gaan nie koste afbring nie, inteendeel, dit sal dit opjaag.

Ek doen ook die lig ding wat aan is buite heel nag. Dis 'n geel Enegysaver globe.

En dan het ek beweeg sensor alams ook. Net seker maak iemand stap nie onnodig onder my tent in nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 13:07:57 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Bakoor, ek weet nie of jy afgetree is of nie, maar as jy is, of selfs as jy nie is nie, probeer buite spitstye kampeer dan is die kampkoste bekostigbaar.  Dis die manier wat ons nog kan bekostig om uit te kamp.

Johan en andere, my gryswater, TV of radio pla niemand anders nie want ek is nie selfsugtig nie.  Om die hele nag ander se kampplek te verlig terwyl daar ligte in meeste kampe is, is niks anders as selfsugtig nie en daar is geen verskoning voor nie.  Ek dink sommige kampeerders wil die stad saamneem na hulle kamp toe in plaas van in die natuur te ontspan.  Ons kamp al meer as dertig jaar met 'n karavaan en het nog maar een maal jare gelede 'n paar klein items verloor deur diefstal, so altans wat ons betref, loop of slaap ons nie in vrees en bewing nie.  Kampplekke is meerendeels heeltemal veilig, veral in die Kruger wildtuin waar dit snags donker en rustig is behalwe as daar diegene is wat besluit om almal se lewe te vergal met hulle ligte in die nag.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 13:30:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek hou ook n lig deurnag aan....ook n flourige geel energy saver. By my huis los ons ook buiteligte deurnag aan...is maar oor sekuriteits redes. Miskien help dit niks nie, maar ek voel meer gerus. Tye het oor 30 jaar baie verander. Beteken nie dat daar nog nie iets ernstigs gebeur het nie, dit sal nooit gebeur nie....tref voorsorg.  Ek was ook nog nooit in n groot ongeluk gewees nie....beteken nie dat ek nie veiligheids gordels nodig het nie...daar is altyd n eerste keer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 13:32:05 pm
JAV
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 09 Jun 2014
Experience: 11 years

My lig, lig nie ander se kamp plek op nie, maar MY kamp plek, of staanplek, waarvoor ek betaal.

Ek dink eerder diegene wat n probleem het met ander kampeerders wat vir redes n sagte lig laat brand deur die nag op hul eie staanplek, is selfsugtig - dink net aan hulle self! Omdat sekeres pik donker verkies in nag, is ander sommer selfsugtig omdat hul dit anders verkies!

As jy absoluute stilte en of donkerte wil he, gaan kamp in die bos, off the grid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 13:46:54 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Beligting hang af van kamp tot kamp. As die kamp goeie beligting het is die vir my beter om uit n donker karavaan en tent uit na die lig te kyk en beweging word beter opgemerk, terselfde tyd kan jy binne moeilik gesien word. Anners sit ek my ligte aan klaar. My en my familie se veiligheid plus beskerming van my besittings kom eerste. Daarom kamp ek nie by goedkoop kampeerplekke maklik en soek n besige plek met ordentlike sekuriteit plus ek doen navraag ten opsigte diefstal. Net gisteraand kyk ek na n advertensie op TV waar die man lekker buite in die natuur stoksielalleen vuurtjie maak en kamp. Ek dink by myself, hoe lekker. Werlikheid is ek bly in SA en hier word jou keel afgesny vir jou ongewasde kouse. As jy wil kamp op stil plekke moet jy laer trek soos om Piet gedoen het en jou skiet goete ma reg kry

 Jammer manne as dit nodig is dan brand my ligte. Kerstyd brand my x mas ligte.

πŸŒͺ️ Worry ends where faith begins πŸŒͺ️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Aug 2018 @ 18:48:24 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Fred, ek het duidelik in my kommentaar gesê dat ek nie ligte deurnag aan hou nie, maar net dat ek my ligte met LEDs vervang het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2018 @ 08:00:41 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Johan, Jammer, ek moes JAV getik het, net 'n oomblik se swak konsentrasie. 

LED's maak absolute sin.  Met ons vorige Sprite, het ek al die buisligte met LED's vervang. Dit het tot gevolg gehad dat ek kon wegdoen met die swaar battery en in plaas daarvan slegs 'n 7.2AH batterytjie gebruik.  Dit was eintlik maar net nodig vir krag langs die pad om die waterpomp te dryf.  Ons het wel eenmaal vir twee dae by Tietiesbaai gekamp waar daar nie elektrisiteit is nie, en die batterytjie was voldoende om die ligte vir die tyd te dra.  Met die vorige buisligte het ons altyd 'n groter battery nodig gehad omdat die ligte meer stroom getrek het as wat die krageenheid kon lewer en die battery dus moes aanvul.  Ons huis is grootliks ook met LED's toegerus.  Ons het geen mneer gloeilampe nie- vir etlike jare al. Soos die laeverbruik buisliggies ingee, vervang ek hulle met LED's, selfs die buiteligte wat as gevolg van die son mettertyd ingee.  Die pryse het so afgekom dat dit ekonomies raak.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Aug 2018 @ 21:16:25 pm
clive joyce
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 20 Apr 2007
Experience: 17 years

Ifafa caravan park on the KZN South coast has installed  pre paid meters to all sites.

You can check it out on their website

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2018 @ 11:26:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ifafa caravan park on the KZN South coast has installed  pre paid meters to all sites.

You can check it out on their website

The fact that it is prepaid meters would be intersting how the manage the units left on the meter when a camper leaves.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Aug 2018 @ 22:32:46 pm
CaravanParks.com
Administrator
88% Profile Strength
Posts: 2806
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 47 years

That's my thoughts exactly.....

For permanents I can understand, but temporarily holiday period, a more little tricky. 

Unless someone awesome designed something else that offers a little management system, for example...

You caravan has aircon and, and, and... you should buy so many units per day on average... and 

You seem to to have a smaller camper van, so you need less units on average...

Then what about, the resort owner being able to "reset" the meter and "score" the additional credits that became surplus... the resort  can use these credits to run the Ablutions or communal areas,  assisting in reducing those costs.

Interesting...

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 02:46:56 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 15 years

Tugela Mouth Karavaan park het ook 'n meter by elke staanplek. Ek het vooruit bespreek toe sit hulle R 10.00 per nag vir elektrieseteit by die rekening. Het hulle laat weet ons vat die lesing met aankoms en vertrek en betaal wat ons gebruik het teen die huidige Eskom tarief.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 05:58:17 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Tugela Mouth Karavaan park het ook 'n meter by elke staanplek. Ek het vooruit bespreek toe sit hulle R 10.00 per nag vir elektrieseteit by die rekening. Het hulle laat weet ons vat die lesing met aankoms en vertrek en betaal wat ons gebruik het teen die huidige Eskom tarief.

 

Interesant Hennie. Laat weet ons hoe dit afgeloop het na die tyd....of hulle sê jy moes nog inbetaal of gedeeltelike terugbetaling gedoen het. Baie van die kusoorde vertrek die mense in die vroeë oggend ure....3am. Wonder wat is die planne vir dit.....glo nie oord bestuur is lus om op te staan vir admin daai tyd van oggend nie. Hulle sal ook ongebruikte kragbokse gesluit moet hou

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 06:12:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Thats why I was thinking a normal "usage meter" would work best.

  • Electicity deposit to be paid up front.
  • Take meter readings on arrival and departure.
  • Pay back unused deposit at time of departure.
  • Normal munisipality rates or Escom rates should apply.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 06:13:04 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Maybe add a bit on the rate to cater for the ablusions and so on.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 06:43:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Thats why I was thinking a normal "usage meter" would work best.

  • Electicity deposit to be paid up front.
  • Take meter readings on arrival and departure.
  • Pay back unused deposit at time of departure.
  • Normal munisipality rates or Escom rates should apply.

Dink ook dit sal die beste werk....betaal liewer ekstra voorraf en kry dan refund na die tyd. Ek dink niemand sal nog lus wees om n fooi te betaal by vertrek nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 07:51:29 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink die logistieke aspekte van meters sal sulke veranderings so onprakties maak dat dit nie algemene byval sal vind nie en waar dit ingestel word, waarskynlik weer verwyder sal word.  Ek glo nie kampeerders kla baie oor die tariewe wat hulle nou betaal nie en oord-eienaars sal nie lus hê virdie klomp administrasie nie.  Ek voorspel dus dat ons nie juis sulke verandedrings by veel kampe gaan sien nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Aug 2018 @ 08:54:10 am
Anonymous

Ons gaan een van die dae langer tyd spandeer op nonsens soos krag kostes ens op 'n naweek as wat jy werklik gaan kamp en die naweek geniet... Alles net oor suinigheid op die ou einde...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2018 @ 08:36:06 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 15 years

Interesant Hennie. Laat weet ons hoe dit afgeloop het na die tyd....of hulle sê jy moes nog inbetaal of gedeeltelike terugbetaling gedoen het. Baie van die kusoorde vertrek die mense in die vroeë oggend ure....3am. Wonder wat is die planne vir dit.....glo nie oord bestuur is lus om op te staan vir admin daai tyd van oggend nie. Hulle sal ook ongebruikte kragbokse gesluit moet hou

Die knaap by ontvangs het geen lesings gevat nie, toe ons inboek het ek genoem dat ek nie eletrieseteit vooruit betaal het nie. So ek is daar weg sonder om vir elektieseteid te betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za