Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21668 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17485 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5917 |
Bostoe | 5421 |
BrianB | 5057 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3203 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2354 |
Lennie | 2188 |
Kanneman | 2139 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1927 |
Swanie | 1844 |
Nico | 1725 |
steamer | 1674 |
Hennie Botha | 1657 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1437 |
George | 1193 |
Louvan | 1155 |
RichardJ | 1082 |
Moon Member | 700 + |
Gerden | 994 |
Chris Centurion | 824 |
JohanMarais | 809 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
snys | 631 |
Benkie | 586 |
Douglas Green | 574 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 446 |
Andre Smit | 414 |
Willie54 | 413 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 367 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 349 |
Oumens | 339 |
RD | 319 |
Izak | 305 |
1Pierre2 | 303 |
Kurper | 300 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 261 |
Gold Member | 100 + |
REAList | 230 |
Hennie1968 | 227 |
Robbie | 225 |
Fienie | 223 |
Joos Pretorius | 193 |
BigG | 181 |
Sebenza Creek Boskamp - Terugvoering
Ons het afgelope nawerk by Sebenza Creek Boskamp gekampeer en hiermee hoe ons die kamp ervaar het.
Die toegangs roete is die laaste 5 kilometer goeie grondpad, dit kan gemaklik met enige sleep kombinasie bereik word. Ons het n Jurgens pad karavaan en kon gerieflik 40km/h op grondpad ry sonder om moontlike skade op te tel. Sebenza Creek is n boskamp, so die hoof ontspanning is om te geniet van die natuur se rustigheid en prag. Die kamp is op n pragtige deel buite Nylstroom tussen die mooi koppies. Daar is n pragtige skoon swembad vir die warmer dae om af te koel. Daar is heerlike wandel paadjies op plaas. Hendrik, een van die eienaars het ons op die roete gevat en klomp interesante vertellinge gedeel oor die natuur lewe daar op hulle plaas. Hermi en Hendrik is baie vriendeike an gasvrye eienaars en het selfs die Saterdag oggend al die kampeerders op die plaas trakteer met n heerlike boere ontbyt onder die afdak langs die swembad. Die ablusies is heerlik ruim en het genoegsame toilets, storte en baddens vir die kamp. Daar was ook genoegsame warm water vir alle kampeerders. Die badkamers was ook silverskoon gehou tydens ons verblyf. Ons het veilig gevoel en was nie nodig vir enige bekommernisse nie. Ons het ys en hout benodig....kon net eienaars WhastApp stuur en dis binne enkele minute by ons staanplek afgelewer. Hulle het staal braaiers voorsien, elke staanplek n asblik, krag is op grieflike afstand en ook n kraan by elke kragpunt. Die staanplekke is nie fisies afgebaken nie, so jy kan basies enige plek staan waar jy wil. Daar is meer as genoeg skaduwee bome op in die kampeer area. Daar is ook n gedeelte vir kampeerders wat verkies om "off the grid" te kampeer. Omdat dit n boskamp is, is die atmosfeer baie rustig en alle kampeerders het lekker van die natuur se stilte geniet. Ek voel ons het puik waarde vir ons geld gekry en kan mede kampeerders wat hou van rustigheid aanbeveel om ook Sebenza Creek te besoek. Ek sal graag in die nabye toekoms weer my tent penne hier wil kom inslaan
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Staanplekke....daar is genoeg skaduwee bome om van te kies
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Geert - sommige van die foto's verskyn op my selfoon slegs as klein icons. Maak dit op joune ook so?
Op my selfoon waarmee ek fotos geneem en nou geplaas het, wys alles reg....maar het nou op my skoot rekenaar gaan loer en sien ook heelwat van die fotos wys nie...net n klein icon soos jy sê. Ek sal dit so raporteer aan admin.
Ns....miskien is dit daai green peppers in laaste ry fotos wat virus veroorsaak....lol
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dankie vir die terugvoer Geert.
Sal graag die ander fotos ook wil sien wat net as 'n ikon op die stadium wys.
Moeg geploeg.
Weet nie hoekom sekere foto's nie wys nie. Is jy op facebook?
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Alles is sigbaar op my selfoon. Die probleem moet dan seker net op sommige selfone voorkom.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek maak gebruik van 'n "desktop" rekenaar.
Die fotos is nou almal sigbaar. Hulle het seker maar net lank gevat om af te laai.
Nogmaals dankie.
Moeg geploeg.
Geert, baie dankie vir jou moeite om altyd sulke baie fotos te deel met n deeglike beskrywing van die plek.
Mag die voorspoed jou verveel!
Ek is bly as jul baat vind by die plasings. Volgende keer moet jy saam kom kampeer
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die selfoon sein is baie swak tot geen, maar in kampeer area is n lekker sterk wifi sein....so daar is geen kommernis tot geen kommunikasie nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ