English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 484
Total Replies: 234 555
Total Views: 82 529 903
topics: 10 934
replies: 127 610
views: 38 952 521
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Plugs

replies: 59
views: 6071
page 2 of 2
04 Dec 2016 @ 10:11:23 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Check ook dat jou Live, Neutral en aarde op all jou extension leads en op die woonwa se proppe korek bedraad is met n' toetser (3 pin plug met 3 liggies) wat jy by BWH kan koop. Twee van my extension leads se Live en Neutral was om ge-draai. Check ook dat jou 220V aarde met die minus12V gekoppel is, en met die chassis van die woonwa gekopel is. Myne het n' loss koneksie gehaad waar die 220V aarde in die Hercules 10 in gaan (kettle plug).



Ek het een van daai "rooi driepunt plugs"aan geskaf. R85 verder. Hy is nou permanent in my wn. Ek het laas keer getoets toe Elma klae die wa shock haar. Vind toe uit die "supply" prop van die oord is foutief. Kon nie onthou of dit n los aard draad of n life neutral omgedraaide situasie was nie. Het die eienaar in kennis gestel en hyt dit onmiddelik reg gestel.

Wat ek se is kry een van daardie plugs. Dis goedkoper as n shock of n uitgebrande draad/DB/karavaan.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2016 @ 11:12:23 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Gerda, elektriese krag kan dood maak en aan die brand steek, so my advies vir julle is laat n goeie elektrisien die hele sisteem nagaan en regmaak. Dan kan jule weer met gemoedsrus verder kamp.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2016 @ 15:00:50 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

@ Johan

As die krag opgekoppel is met krag vanaf buite krag voorsiening en al die skakelaars by die plugs is af (by drie punt boksies) hy doen dit nog steeds, is die kragdraad deur geskuur/gebrand na aarde toe. Dan is die earth leakage skakelaar ook ism.. anders sou dit uitgeskop het. Earth leakage is gekoppel met .. life en neutral en moet uitskop as daar iewers n kortsluiting na aarde toe is.

Die aardlek sal eers die krag afsit as die fout na aarde die 20-30 milliampere oorskrei. As daar dus net 'n klein lekstroom deur stof of so iets enige plek in die wa is is dit moontlik dat die lekstroom onder 20milliamp bly maar mens sal steeds die shock gevoel kry as jy aan metaal vat. Ek wil raai dat die kan 90% is dat daar iewers 'n aarddraad af is en mens moet begin by die 2 plekke wat die odds groter is vir so fout en dit is by die blou konneksie op die wa en ook die koord se ander punt wat by die park/huis inprop

@Paul

Ja, ek stem saam met Herman.

Circuit Breakers het n' beperkte aantal trips, dan werk hulle nie meer nie. So ook Aard Lekasie trips.

Alhoewel dit so is kan hierdie items baie trips doen voor daai punt bereik is. Ons kyk na die normale leeftyd van duisende trips voor dit onklaar raak.

Ons op die hoëveld met die swaar weer kry elke jaar baie trips v d aardlek weens weerlig en ek het 'n 40 jaar oue blou Heinemann aardlek wat steeds normaal trip. Die maklikste manier vir 'n elektrisien om die aardlek te toets is deur met sy line tester - daai swart of oranje goed met 'n toetspen aan weerskante v d vonkpropdraad te toets tussen enige lewendige punt op 'n prop en aarde. Hierdie line tester gebruik dan meer as 20 milliamp om die nald te beweeg. Ek weet nie of vandag se line testers dalk ook elektronies is aangesien ek dekades laas na 'n nuwe gekyk het want myne werk nog so goed soos 40 jaar trug. Goed word net nie meer so goed gemaak nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2016 @ 15:22:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Gerda, Ek wil Seeliefhebber se raad baie sterk ondersteun:  Neem die karavaan na 'n elektrisieën toe.  As die probleem nie opgelos word nie, kan dit julle die karavaan of selfs jullel lewens kos.  'n Mens kan net probleme oplos as jy weet wat jy doen, en ek voel julle beweeg op gevaarlike terrein.  Julle gaan nie dit oplos deur korrespondensie nie.  Daar is baie kenners op hierdie Forum, maar sonder om fisies aan die karavaan te werk, is hulle beste advies maar raaiskote.  Die tyd loop uit, so as julle dalk oor die vakansieseisoen die karavaan wil gebruik, moet julle vinnig hulp kry.  Ons wil nie van 'n tragedie lees nie.

Gerda sit my naam by al die ander wat vra dat ieamand wat bekwaam is om alle konneksies na te gaan en seker te maak daar is nie ander konneksies bv onder die wa wat grond of vog kan opgekry het nie. Te veel plekke om op te noem.

Bly julle het die een fout gekry hoekom daar nie krag is nie maar nou het julle steeds 'n baie gevaarlike situasie wat dringend aandag nodig het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2016 @ 21:48:41 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Danie,
Sou jy s daardie rooi driepunt plug is die moeite werd. Ek het met myne al n fout geidentifiseer. maar sal nie sweer by dit nie. Dis maar net ve n gewone ou soos ek n apparaat wat kan werk sonder n multimeter. Dan moet mens hom kan lees ook want die waardes wat jy kwoteer is slegs van toepassing as mens weet waaroor dit gaan.
Dankie in elk geval vir die inset oor die werking van n aard lek skakelaar. Kom ons noem hom maar earthleakage.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2016 @ 22:36:52 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie,
Sou jy s daardie rooi driepunt plug is die moeite werd. Ek het met myne al n fout geidentifiseer. maar sal nie sweer by dit nie. Dis maar net ve n gewone ou soos ek n apparaat wat kan werk sonder n multimeter. Dan moet mens hom kan lees ook want die waardes wat jy kwoteer is slegs van toepassing as mens weet waaroor dit gaan.
Dankie in elk geval vir die inset oor die werking van n aard lek skakelaar. Kom ons noem hom maar earthleakage.

Ek glo daai plugs met die 3 liggies doen vir mens die toetswerk en is 'n goeie aanduiding. Dit toets of die 3 drade op die regte plekke is. Dit toets egter nie of die aardlek op die regte waarde trip nie en mens MOET van tyd tot tyd weet dat dit wel sal trip as dit moet en trip - 1 v d toetse wat in fabrieke vereis word en 'n logboek gehou moet word. Omdat alle aardlekke ook 'n circ breaker/switch het trip die aardlek die circ breaker/switch intern om die krag af te sit. Ek bly in die geval by aardlek/trip want die spelling is korter-hahaha

In kort meet die aardlek die krag wat die DB inkom moet gelyk aan dit wat uitgaan - as dit nie so is het v dit deur 'n lekkasie of deur 'n persoon gegaan en trip dan.

Presies dieselfde konsep word in groot Eskom substasies gebruik. Daar word 'n stelsel gebruik wat op elke stel busbars v d selle volts vergelyk word wat kom in en wat gaan uit in amps. As dit nie dieselfde is nie beteken dit die fout le in die substasie en die hele busbar word gestrip van alles wat daarheen of v d busbar af voer.

Hierdie stelsel sal ook gevind word by elke kragstasie. So mens kan sien hoe dieselfde konsep gebruik word op masiewe kragstelsels tot die kleine in elke huis en woonwa. Op kragstasies en groot substasies moet daar ook gewoonlik iemand uit gaan site toe om fisies te check dat alles veilig is voor alles weer aangesit word.

Baie konsepte in die wereld word gebruik op baie goed suiwer omdat dit 'n goeie idee is - dink maar aan remme.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 09:42:25 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 829
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ja mens moet ook die korekte werking van die aardlekasie so nou en dan toets. Die toetser is duurder en ek leen een by n' elekrisien vriend om dit te check. Die boksie toets ook all die ander koneksies.

Dan een stap verder, ek het n' eenvoudige 220V AC inprop meetertjie gekoop. Ek wag nog vir aflewering. Ek will my eie load shedding doen as die spanning onder 190V gaan. Yskas compresors word beskadig deur sulke lae spannings.

 

http://www.banggood.com/search/dm55-1-lcd-ac-digital-voltage-meter-voltmeter-monitor-backlight.html

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 10:45:01 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Paul ek like daai meter wat jy bestel het. Ek is eintlik verbaas met die volts so laag op sekere plekke dat mens nie meer kompressors in yskaste en LED TV's "verloor" weens die spanning nie.

Gelukkig het meeste aardlekke wel die toets knoppie en dit is voldoende om vas te stel of dit wel sal trip as dit 'n aardfout  sien.

'n Groot blywende probleem wat ons het is dat die neutraal wat aan aarde moet vas wees op die punt van toevoer transformator nie meer daar is weens diefstal vir die koper. Dit maak dat ons orals net die lewendige draad breek soos op ligte en muurproppe maar die neutraal kan deesadae lewendig wees. Vir hierdie probleem kan dit raadsaam wees om iewers op die wa se onderstel 'n 1.5-2.5mm2 groen/geel draad goed vas te sit met 'n lug en ook goed vas aan 'n tenp pen. Die pen kan mens dan in die grond inslaan en nat maak. so maak ons seker die wa met die baie metaal dele is wel gegrond.

Dit maak dat ons die wa aan die aarde koppel maar mens moet ten 1e sorg dat alle aarddrade op kragkoorde en op DB wel in plek is.

Kan ook so groen banana socket gebruik om die aard draad in te plug na mens die tent pen ingeslaan het. Mens kan die draad aan die pen styf vassit met 'n klein jubilee klamp en seker maak dis 'n tentpen wat nie geroes is nie maar redelik nuut is. Die socket word naby die DB aan die kant v d wa vasgesit en 'n draad loop tot op die aardpunt in die DB. Die geriffelde gedeelte draai moes weg van agterkant en kan dan die draad na die tentpen koppel.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 13:44:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Halo
Die Surge plug. se fotos. Ek het drie opgelaai maar net twee het deur gekom. Die missing een is die pluf van die anderkant gesien.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required