English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 673
topics: 10 936
replies: 127 690
views: 38 956 664
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kragtoevoer by jou staanplek

replies: 34
views: 9960
22 Jun 2016 @ 13:20:22 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dit is seker te verstane dat parke jou beperk tot hoeveel elektrisiteit jy kan gebruik.  Ons ondervind meestal dat, as jy oorlaai, slaan die krag af.  Daarom het ons al geleer om "musical chairs" te speel met elektriese implimente.  Ons gebruik krag vir die ligte, yskas, ketel, mikrogolfoond, warm waaiertjie en Minigeza.  Ons is al so gekonfyt en skree net vir mekaar "Ek sit die ketel/waaier/mikro/geza aan", dan weet die ander een.  Dit word al 'n speletjie van eer dat jy nie die een is wat die krag wil laat "trip" nie.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 13:28:54 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Of 'n ekstra verlenging vanaf kragboks.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 13:32:43 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ons "bestuur" ook ons krag op die wyse.  Dit is veral nodig by woonwaparke wat 10 amp "trip switches" het. Lugreelaar af - ketel aan.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 14:06:30 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ondervind die meeste ouens sit die 10 ampere breaker in. Het al gevind wat 15 ampere is.
Brommer of ander elektrisiteits kenners sal kan bevestig dat as daardie breaker al n paar keer te veel uitgeskop het dan moet hy vervang word. So as jy by n kampplek kom waar die krag TE maklik uitskop, dan is dit die geval en behoort die park dit te vervang.
Ek het by Villa spa laaskeer gekla en hulle het die volgende dag dit vervang met n nuwe 15 ampere.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 14:41:08 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5660
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Gebruik net meer GAS

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 14:47:44 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Gebruik net meer GAS

Ons het juis ons elektriese stofie vervang met 'n gasstoof, vir die rede.  Kook ook baie lekkerder met gas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 14:55:52 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Het gelukkig nog nooit daardie probleem gehad nie. In Desember by Drakensville twee yskaste, lugverkoeler, mikrogolf, ketel en Elmarie se haardroër gebruik. Seker nie alles saam nie maar nooit bekommerd gewees om sekere goed af te skakel nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 19:41:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Darem nog nie n probleem gehad nie...maar gebruik eintlik min krag. Karavaan ligte, yskas, ketel. Bittermin die mikrogolf en induksie cooker
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 20:04:07 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
As uitsluitlik naweekkampers loop ons baie lig met krag gebruik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 20:36:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die ergste krag wat ons altyd gebruik het was die 20l water urn wat ons gebruik het vir baie koffie drink en ook warm water vir skottel goed. Gedurende die aand hom darem afgesit. 

In die winter klein waaier heatertjie tot ons in die bed is en elektriese kombers.

Met die nuwe wa gebruik ons die warm water van die geyser om skottelgoed te was en hy het ook aircon in. So nou sal ons ook seker meer krag as die normale gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 20:54:09 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5660
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ons het ook 'n urn gehad wat altyd warm was (gelukkig is dit een wat net so 900watt is, maar hy staan nou in die Wendy en word net gebruik vir funksies by die huis.

Verder is dit hoofsaaklik net die yskas, mikro word min gebruik.

Laaier, Geyser en dan die lugversorger.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2016 @ 21:44:25 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Meeste kampe behoort vir jpu 15 of 16Amp te kan voorsien. 10Amp is seker maar boskampe of oorde wat dalk "minder" ontwikkeld is.

 

Om 10Amp te trek, is reeds baie, maar nie onmoontlik nie. Om 16Amp te trek, dan moet jy baie krag gebruik teen so 3500W... 

Die tripswitches kan skade kry, en as dit sommer cheapies is, meer gereeld vervang na paar siklusse, maar jy kry goeies in elke industrie wat jy nou wragtag kan trip en tekere gaan, die goed werk soos moet en kos weereens bietjie meer, maar mens verwag nie van kamp om altyd beste in te sit nie. Elektrisien sal ook nie sommer beste insit nie, dalk beste vir x prys..

 

Soos genoem gaan ek binnekort my huis oordoen, bedrading en tripswitches ens, want huidiglik brand al wat n ding is uit en drade is swak toestand ens, en dis normaal volgens die elektriese ouens, maar ek sal oordoen en uitsort aan my kant...

 

Ek dink die plan was nie altyd om langtermyn hoe kraglewering te verskaf nie.. 

 

Ek is seker hoewel elje staanplek dalk n 16A tripswitch sal he, die totale kragverbruik deur oord beperk sal word metn groot tripswitch, wat defnitief nie 300 staanplekke almal 16A sal gee nie

 

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 06:00:12 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek het met my onlangse kampeerdery in die Wildtuin opgemerk dat staanplekke daar almal 10A brekers het en ek persoonlik verwag nie dat hulle meer moet voorsien nie. By Hartenbos is dit ook die geval.  Ons toerusting (lugversorger, batterylaaier, DStv, ketel, elektriese braaipan, mikrogolf, geyser, ysmaker, elektriese kombers, yskas en vrieskas (albei absorpsie tipe wat hitte-elemente gebruik) word nooit almal gelyktydig gebruik nie.  Slegs die ys- en vrieskas trek permanent krag wanneer hulle termostate aanskakel terwyl ons die ander items ook maar beurtelings gebruik.  Vir ons is dit nie moeilik nie en ons waardeer die elektriese geriewe wat ons kan gebruik met 10A voorsiene krag.

Ek is nie 'n voorstaander van 'n tweede kragkabel vanaf die kragboks nie omdat jy vir een staanplek met krag betaal en ook, jy ontneem 'n ander kampeerder van 'n kragpunt. Snaaks genoeg, jy sien dat ouens dit tog dikwels doen.

(Voordat iemand nou die punt opper dat met al dié toerusting is dit nie meer kamp nie, sê ek die volgende : vir my is dit vakansie-kamp in my vakansiehuis en ek maak dit vir my so gerieflik as moontlik. Wanneer ek daarvoor lus het, gaan kamp ek ook op plekke waar daar geen krag is nie en gebruik dan bloot nie die genoemde elektriese toerusting nie).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 06:25:30 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Where the heck is that darn plugbox ???

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 06:51:17 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ge highjack.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 06:54:13 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Gebruik die minimum krag, meeste gas en vuur vir braai.

Hou net die battery op laai.

Kan vir agt dae staan sonder krag met yskas en ligte op battery, geyser en stoof op gas.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 08:32:42 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 27 years

EK het ook al gesien dat party kampers groter breakers insit vir die tyd wat hulle daar kamp.

Gaan maar eerder niks se daaroor nie.sealed

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 08:52:09 am
Anonymous

EK het ook al gesien dat party kampers groter breakers insit vir die tyd wat hulle daar kamp.

Gaan maar eerder niks se daaroor nie.sealed

Dis nie net onwettig nie, maar ook lewens gevaarlik om te karring aan daai krag bokse, al is daai kamper 'n gekwalifiseerde elektrisien met "wiremans license"surprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 09:08:28 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ek het al by baie kampe aangekom, waar ek self die hoof skakelaar moes soek en aanskakel en dan die by die staanplek box ook moes aanskakel voordat ek krag het. Ek voel dit is ook verkeerd dat 'n kamper sy eie krag moet gaan soek en aanskakel.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 09:23:18 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1385
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek het met my onlangse kampeerdery in die Wildtuin opgemerk dat staanplekke daar almal 10A brekers het en ek persoonlik verwag nie dat hulle meer moet voorsien nie. By Hartenbos is dit ook die geval.  Ons toerusting (lugversorger, batterylaaier, DStv, ketel, elektriese braaipan, mikrogolf, geyser, ysmaker, elektriese kombers, yskas en vrieskas (albei absorpsie tipe wat hitte-elemente gebruik) word nooit almal gelyktydig gebruik nie.  Slegs die ys- en vrieskas trek permanent krag wanneer hulle termostate aanskakel terwyl ons die ander items ook maar beurtelings gebruik.  Vir ons is dit nie moeilik nie en ons waardeer die elektriese geriewe wat ons kan gebruik met 10A voorsiene krag.

Ek is nie 'n voorstaander van 'n tweede kragkabel vanaf die kragboks nie omdat jy vir een staanplek met krag betaal en ook, jy ontneem 'n ander kampeerder van 'n kragpunt. Snaaks genoeg, jy sien dat ouens dit tog dikwels doen.

(Voordat iemand nou die punt opper dat met al dié toerusting is dit nie meer kamp nie, sê ek die volgende : vir my is dit vakansie-kamp in my vakansiehuis en ek maak dit vir my so gerieflik as moontlik. Wanneer ek daarvoor lus het, gaan kamp ek ook op plekke waar daar geen krag is nie en gebruik dan bloot nie die genoemde elektriese toerusting nie).



As ek 'n ander ou se kragkabel in my kragpunt kry is wys ek hom eers vriendelik daarop en vra dat hy dit moet verwyder....indien nie snip-snip...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 10:01:55 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

Willie’s bit.

In the early 90’s we had a caravan park in Doonside that we managed for about three years. This was our first park, Potluck Caravan Park. I will not comment on the electrical power supply that was installed by amateurs in this park. I had lots and lots of fun with this one!

The second park, Kelso Valley (Now River Valley) we leased and ran for five years.

We had 50 sites at Kelso Valley, all with 10 (Ten) amp outlets.

In about 1995/6 I investigated the possibility of upgrading the electrical outlets to 15amp, and got the shock (literally) of my life.

To upgrade the 50 sites to 15amp, worked out to over R250 000.00 (Two hundred and fifty THOUSAND rand!) That was in 1995/6.

Can you imagine what it will cost today?

For the record:

1: Every circuit breaker would have to be replaced from 10 to 15amp.

2: The earth leakages in every power box would have to be changed.

3: All the underground wiring from the main DB box to each site would have to be    replaced to carry the extra load.

4: The power cable from the Eskom box in the park to the DB box for the sites would   have to be replaced to carry the load.

5: Now the fun part. The Eskom box on the property would have to be upgraded to carry the extra load.

6: Then, a heavier duty cable would have to be installed by Eskom from their box outside the park to the one in the park.

OR something very much like that!

Put that in your pipe and smoke it. You guessed right. Kelso Valley, now River Valley STILL only has 10amp power on their sites!

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 17:16:31 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Sjoe, that is a lot of money.  Will probably be four times that amount by now.  So, it is not so easy for caravan parks to do upgrades.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2016 @ 17:51:32 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 557
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Dis nie net onwettig nie, maar ook lewens gevaarlik om te karring aan daai krag bokse, al is daai kamper 'n gekwalifiseerde elektrisien met "wiremans license"surprised



Die selfde geld vir jou eie wa. het al velle maal op forums daaroor gelees. Onthou mens se wa beweeg en skommel terwyl jy ry so die kans dat los konneksies onstaan is baie hoog. Eweneens jou huis moet alle konneksies minstens elke 3 jaar nagegaan word.
Draad is koper. Stroom veroorsaak hitte, hitte = uitset en krimp as dit koud word.
dit laat die koneksies los word en dan word dit warmer tot iets die gees gee.


Krag die ding wat jou byt al kan jy hom nie sien nie.
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 06:23:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My uitgangspunt is ook om my vakansie so gemaklik as moontlik te maak as ek dan die tuimel droer moet inlaai om dit reg te kry "so be it". Mens moet dan net in agneem als kan nie gelyk tydig aan wees nie.

Ek glo darem dat ek steeds met die beskikbare 10Amp breker oor die weg sal kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 06:26:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Moet darem ook noem dat plekke soos Bloekompoort sal plan moet maak met hulle brekers. Daar waar ek, 'n maat van my en Chuck gestaan het kon my mede kampeerder nie eers net sy lugversorger aanskakel nie dan trip die skakelaar na sy staanplek toe.

Mens wil darem nie so sukel nie. As gevolg daarvan het hy besluit hy sal ons nie vergesel na die Winter saamtrek toe nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 06:42:30 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Willie,

As the saying goes - "What you know about electricity is SHOCKING" wink

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 08:57:22 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Leon, dit sal interessant wees om te weet watter kapasiteit lugversorger jou vriend in sy wa het wat die krag by Bloekompoort laat uitskop het  -  ek raai dis 'n 12000 BTU.  Vind 'n bietjie vir ons uit asb.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 09:17:08 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

David correction: With regards electricity supply to sites in caravan parks, I was very instrimental in advising the SABS (South African Bureau of Standards) with regards electricity supply to sites in parks. SANS 10142.

First off, the SABS wanted to make the blue plug COMPULSERY. Under no circustances could I allow this to happen. The cost to park owners would be astronomical if told to change to the blue plug by law.

Naturally, there was a lot of other fators involved, safety, water proof and condition etc. of the power boxes.

 

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 09:18:46 am
Anonymous

Moet darem ook noem dat plekke soos Bloekompoort sal plan moet maak met hulle brekers. Daar waar ek, 'n maat van my en Chuck gestaan het kon my mede kampeerder nie eers net sy lugversorger aanskakel nie dan trip die skakelaar na sy staanplek toe.

Mens wil darem nie so sukel nie. As gevolg daarvan het hy besluit hy sal ons nie vergesel na die Winter saamtrek toe nie.

Leon, aan daardie kant wat julle gestaan het is daar 'n probleem met die kragpunte tot en met daar by die Perde saal. Voorheen het ons reg voor die perde saal gestaan en meer as gereeld het die krag getrip.

Daar waar ons gestaan het met die vorige saamtrek, is die krag 100%, seker maar omrede dit naby aan die saal is. Die een klomp wat ook daar gestaan het waar ons gestaan het, het spotlights gebruik en die krag het nie getrip nie. Al wanneer die krag getrip het, was toe my buur kampeerder se seun die krag gaan afsit het agv al die lawaailaughing. Heng die storie moes jy sien toe hy die krag gaan afsit het. Al wat jy in die saal kon sien is sigaret lighters wat aan en af flik.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 09:45:39 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Just pulling your leg, Willie wink

I do appreciate the dangers of electricity, especially when equipment/wiring is not up to standard.

Times are changing. Even earlier, electricity was not a high priority as gas was mainly used and weaker power supply would suffice. As we have become more dependant, some older parks found the financial issue you raised to be a problem.

On the other hand, newer owners also have to consider their return on investment and one cannot blame them for trying a cheaper way, whether it be the right decision, or not.

Hester and I are mainly winter campers (due to cricket).  We are reliant on a heater of sorts and are also inconvenienced if the power keeps tripping. We sometimes need to spread the load by using a second cable from the box just for the heater (often just for own safety sakes).

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 15:38:04 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 492
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years
Ons was omtrent 18 maande gelede by Warmbad en word in die nag deur vuurwerke wakker gemaak.
Dit is toe 'n kragboks wat 'n kortsluiting in het en net sparks maak.
Dit was midweek en niemand het naby gestaan nie.
Wat my verbaas het is dat die elektrisiteit nie ge-trip het nie, nrens nie. Sekuriteit was binne minute daar en het skuim of poeier gespuit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2016 @ 16:12:13 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons was omtrent 18 maande gelede by Warmbad en word in die nag deur vuurwerke wakker gemaak.
Dit is toe 'n kragboks wat 'n kortsluiting in het en net sparks maak.
Dit was midweek en niemand het naby gestaan nie.
Wat my verbaas het is dat die elektrisiteit nie ge-trip het nie, nrens nie. Sekuriteit was binne minute daar en het skuim of poeier gespuit.
maatjie in my dogtertjie se klas se ma is s rukkie terug doodgeskok by haar huis met n verlengkoord.. mens is nie altyd 100% veilig nie

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2016 @ 15:08:17 pm
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years
Ek Het 3000w solar panel with mppt controller 2x 120A/h batterye wat so ver werk as daar krag punt is gebruik ek dit net vir yskas.
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2016 @ 20:21:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Seker 300W?


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2016 @ 06:07:34 am
survivalist
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Mar 2015
Experience: 46 years
Oops ja 300w sorry
Who dares wins
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required