English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 254
Total Replies: 229 884
Total Views: 82 371 440
topics: 10 821
replies: 124 853
views: 38 854 383
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Kleine Bela Gekose Oord

replies: 13
views: 138
17 Sep 2019 @ 12:24:11 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Kyk gerus na die Kleine Bela Facebook met ongelooflike pryse vir die komende drie maande.

Eienaar/bestuur van hierdie oord is die mees aangename mense wat ek ooit teengekom het EN teen hierdie pryse is kampering beslis die oorweging daarvan, werd.

Geniet die laaste kwartaal in 2019 in hierdie rustig en vriendelike Familie Oord.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 13:25:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het reeds by hulle al gekamp net nadat hulle 'n hoekie gehad het in die Weg ry en Sleep tydskrif.

Baie aangename mense.  Oord het twee swembaddens waarvan een warm gemaak word.  Ablusies is heel skaflik.  En die staan plekke waar ons gestaan het was baie groot.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 22:14:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7820
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal nog daar uit kom. Dalk in hul chalets.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 22:24:18 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13726
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sal nog daar uit kom. Dalk in hul chalets.

 

Ons gaan jou mos help tent opslaan!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:57:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dalk 'n oord om te oorweeg vir 'n saamtrek.  Hulle het 'n groot oop braai plek en groot boma in middel vir vuur maak.

Kleine Bela Boma

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 09:57:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

En solank hulle besig is met die ontbossing verkaf hulle die brand hout.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 10:35:52 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4121
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Dalk 'n oord om te oorweeg vir 'n saamtrek.  Hulle het 'n groot oop braai plek en groot boma in middel vir vuur maak.

Kleine Bela Boma

Nice pic from a drone?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:11:29 am
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Het gister na die Oord gaan kyk en was heel beindruk.  Terwyl sommige van die bekende oorde naby hulle leeg was, het hulle 'n hele klomp tevrede kampeerders daar.

Dit is bitter droog in Limpopo, maar hulle probeer darem nog van die gras en tuine nathou. Lyk regtig goed en die ablusieblokke was silwerskoon.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:27:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Is daai groot Boom nog daar soos wat jy by die kamp gedeelte kom van die hek af.  Dis darem 'n prag boom daai.

Weet nie wat se boom dit is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2019 @ 11:30:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die een

Kleine Bela Boom

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 08:00:12 am
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years

Leon, dit is 'n wildevy en soos jy aandui 'n pragtige boom.

Dit het ook 'n pragtige geskiedenis: Oud President Paul Kruger het glo onder daardie boom 'n vergadering gehou met boere-magte om strategie te beplan teen Kakie-magte wat in aantog was. Die boeremag het glo daarna teen die berg uitgeklim en kon die Kakie-mag wat uit die Suide gekom het, suksesvol terugdryf.

Ek kon saam met vriende en familie my 75e verjaardag onder daardie vyeboom vier.  Wat 'n wonderlike gebeurtenis vir my. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 08:04:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13726
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Nog n lekker boom.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 08:08:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14027
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nog n lekker boom.....

Ja ek stem dit is 'n pragtige boom. Mens kan lekker onder hom sit en kuier in 'n groot groep.

Moet net nie vuur maak onder hom nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Sep 2019 @ 10:30:47 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7820
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Leon, dit is 'n wildevy en soos jy aandui 'n pragtige boom.

Dit het ook 'n pragtige geskiedenis: Oud President Paul Kruger het glo onder daardie boom 'n vergadering gehou met boere-magte om strategie te beplan teen Kakie-magte wat in aantog was. Die boeremag het glo daarna teen die berg uitgeklim en kon die Kakie-mag wat uit die Suide gekom het, suksesvol terugdryf.

Ek kon saam met vriende en familie my 75e verjaardag onder daardie vyeboom vier.  Wat 'n wonderlike gebeurtenis vir my. 

Oom Hannes. Wat n voorreg.

Baie geluk.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required