Ek lees nou in die koerant dat die N1 by Hanover vandag weer gesluit was as gevolg van betogings. Verlede week was dele by Hermanus en Kimberly gesluit. By Pietermaritzburg het n aantal trokke die N3 versper omdat hulle protes aanteken teen die brandstofprys. Hier op die N2 gooi hulle groot klippe van die oorbrue af op voertuie. Gedurende die naweek is 11 mense doodgeskiet wat van n begrafnis gekom het. Gedurig hoor jy oor die verkeersverslae dat hierdie en daardie roete gesluit is as gevolg van protesoptrede.
Onwillikeurig kom die vraag by my op of ons hoofwee nog veilig is. Ons wil gaan blomme kyk. Moet ons bang wees of nie? Hoe gaan ons weet hier of daar is protesoptredes en jy kan nie verder nie? Jaag ek onnodig spoke op? Help my nugter dink asseblief.
Gister was die R21 hoofweg tussen Pretoria en lughawe gesluit gewees weens klipgooiers....iemand wat ons ken het sy vlug as gevolg daarvan verpas.
Goeie vraag, PietG. Wil Natal toe vir lang naweek maar vorige twee lang naweke was tol hek by Mooirivier versper deur vragmotors wat uitgebrand is deur "inwoners" Het ure gewag om deur te kom na Gauteng. Op die nuus hoor jy gedurig van sulke gebeure. Kan maar net BID
Die lewe in SA is 'n dobbelspel.....of jy nou op die pad, by die huis of winkelsentrum is. Gaan jy weg, bekommer jy jou oor jou huis en sy inhoud. Bly jy by die huis en hulle breek in, gaan hulle jou leed aandoen.
'n Mens moet maar net glo en vertrou dat alles sal goed gaan. Jy kan nie jaar in en jaar uit by die huis sit nie.
En vrydag wil hulle landwyd die paaie toe maak uit protes teen die brandstof prys.
Gister was die R21 hoofweg tussen Pretoria en lughawe gesluit gewees weens klipgooiers....iemand wat ons ken het sy vlug as gevolg daarvan verpas.
Het dit sondag gesien. Waarvoor weet niemand nie..
My feeling is that the country is already in a low level civil war.You have already mentioned all the hot spots but add to that Harmanus,trains burned in CT ,expropriation of land without compensation and listen to what the people say at these meetings,NHI,ESCOM etc .Extremely worrisome and makes me fearfull for the future..I dont feel like a South African citizen at all,just an individual paying taxes with no reciprical benefit ,neither am I proud of this country.
The elections sometime in 2019 just make sure you stay at home when the date is announced.
Thankfull all my children are out of the country
Bushbaby slaan spyker op die kop. ons is reeds in staat van burgeroorloggie.
PietG, ek voel jy moet net die situasie maar dophou en aangaan met jou normale reelings soos 'n mens beplan het. dit help nie om agv ander se optredes jou eie lewe te versuur nie. ja dit maak mens bekommerd en warm onder die boortjie, maar dis seker maar ons lot met soveel kulture binne 'n land wat onregeerbaar geword het.
Piet, dit is maar 'n probleem, ons sit hier in NoorWes kort-kort met sulke gebeurtenisse.
Ons oppad Namibië toe oor 3 weke, en ek sal maar dag voor die tyd paar polisiestasies op die pad prober kontak om te hoor wat waar aangaan (as mens korrekte inligting gaan kry).
Ek weet daar was op Kuruman (waar ons MOET deurry) probleme, en HOOP en bid dat wanneer ons ry, alles reg sal wees.
Dit is maar 'n treurige verloop van sake.
Sterkte vir julle beplande rit, en gaan geniet dit!!!
Groete.
Frans
Ons besluit is ook dat die onveilige situasie ons nie by die huis gaan hou nie. Die hele besigheid het net hand uit begin ruk en dit wil voorkom of niemand n lus of wil het om dit stop te sit nie.
Susan het net een vereiste en dit is dat ons nie oorslaap in n karavaanpark waar ons die enigste karavaan is nie. Of dit haalbaar is moet maar gesien word.
Ongelukkig gaan dit net erger word tot die 2019 verkiesing.
Niemand kan iets daaraan doen nie want almal will stemme werf.
Probleem is Dan is die paaie so stukkend jy sal nie daarop kan ry nie!
Low level civil war is exactly what we already have.
Here in Pietermaritzburg we are having new squatter camps coming up on private land.
Ons het gaan kamp by Swadini en by n poliesie voertuig verby gery wat niks gese het nie ,toe ons voor kom was daar n sloot oor die pad gegrawe 1 meter breed en 1/2 meter diep ons het toe omgedraai en terug gery toe ons by die poelisie motor verby ry het hulle gestaan en lag. nou vra ek jou waar gaan dit nou eindig ong gaan maar wildetuin toe 1 kilo van die hek en hoop vir die beste
Ongelukkig gaan dit net erger word tot die 2019 verkiesing.
Niemand kan iets daaraan doen nie want almal will stemme werf.
Probleem is Dan is die paaie so stukkend jy sal nie daarop kan ry nie!
Halou daar.
Ek stem saam. Die een party skerm vir voortbestaan en die ander om mededingend te wees. Gevolglik WIL niemand iets doen om sy kanse te versleg nie.
As persoon is dit jou enigste uitweg om te bly glo dat jy beskerm sal word deur die Hoër Hand van GOD.
Intussen moet ons nie ophou leef nie. Gaan kamp. Gaan winkel toe. Doen wat jy moet doen. Haleluja
Toe ons hoor van die die dinge hier by Kimberley, toe ry ons vanaf Bloem die Petrusburg Jacobsdal Ritchie pad. Tien kilos nader, die ry-gerief is nie so gaaf soos op die N-roetes nie maar in die toekoms is dit beslis n opsie. Jy kan dit ook aanpak met n wa op jou stert.
Natuurlik is al hierdie dinge ontstellend. Ek dink egter 'n mens moet maar daarmee saamleef en jou nie in 'n staat van wanhoop en sinisme laat verval nie. Sulke dinge gebeur maar oral. In Pakistan is pas dertig mense by 'n stembus vermoor, in selfs Duitsland en Engeland en ander meestal vreedsame Europese lande maak terroriste mense dood en Frankryk se openbare vervoer kom gereeld tot stilstand as gevolg van stakings. Kyk hoeveel kere word skoliere in Amerika doodgeskiet.
Ek dink ons het na die tweede wêreldoorlog ons verbeel dis hemel op aarde en ons kan in vrede leef. Hier onder is dit nog lank nie die Paradys nie en onrus en geweld is maar deel van die mens se natuur en ek dink soos die bevolkings groei, voel mense almeer ingehok en geneig tot geweld. Dink bietjie hoe erg dit was om 'n Jood te wees in Duitsland in die dertiger en veertiger jare. Of 'n Engelsman gedurende die industriële revolusie. Of 'n Fransman gedurende hulle revolusie. Selfs vroeë in ons eie land. En onthou dat al my voorbeelde hierbo van blanke lande is. Ons is dus gladnie sulke engeltjies as wat ons ons soms wil verbeel nie. Die mens het maar net oënskynlik meer beskaafd geword en ons het miskien as gevolg van 'n paar dekades van relatiewe vrede hier aan die suidpunt, die feit begin vergeet. Dit is egter ook in die mens se natuur om optimisties te wees en altyd 'n beter toekoms te verwag. Kom ons hou maar daarby.
Mooi man.
Presies so. 😎😂😂😂😂
:-(
Ek het dit vanaand op die nuus gesien. Die "country" begin stink.
Tot vuurwapens word ingesmokkel by die parlement om selfmoord te pleeg.
Word dit dan beskou as IOD of DOD??
As jy gou-gou jou kop ingeslaan wil kry of n mes in jou brein wil hê moet jy met n fiets tussen Strand en Gordonsbaai gaan ry. Dis skokkend om te sien hoe daar n groot persentasie van ons land se "mense" is wat bloot net barbaars is, doodmaak asof dit n joke is en steel omdat hulle dink dis n human right.
Al weer drama op N3 naby Mooirivier...😡
Alweer drama op N3 by Mooirivier. Lyk my dis nou n gereelde probleem area
Ai tog.........hier is totale anargie in ons land. Lees vandag in die koerant dat die regerende party by monde van n amptelike verklaring gesê het dat die onlangse opstande in Alex hulle verseker by stembus gehelp het. Is dit dan nou hul strategie vorentoe?

Ja as die owerhede ons nou al waarsku om nie na donker op die hoof wee te ry nie, dan vra ek weer of ons nog veilig in hierdie land is of is ons vasgevang in n koue oorlog.
Wanneer gaan die tyd aanbreek dat iemand se kop uithaak en iets onbesonne aanvang? Hoe lank nog voordat genoeg genoeg is. Ek vrees daardie dag.
Dit is regtig kommer wekkend hoe dit gaan. Dit gaan eintlik so erg daar buite dat ons wat nie eers meer nuus kyk nie is steeds ophoogte van sake.
Verkeers mense verkeer nie meer nie..........
Polisie polisieer nie meer nie.................
Eskom Eish net...................
Rand Water dryf net..................
Ons het die mooiste wette, reels en regulasies op die boeke maar ongelukkig is daar maar bitter min wat hulle daaraan steur en nog minder wets toepassers wat dit reg toepas.
Ons het die mooiste wette, reels en regulasies op die boeke maar ongelukkig is daar maar bitter min wat hulle daaraan steur en nog minder wets toepassers wat dit reg toepas.
Dit is tekenend van 'n derde wêreldse outokrasie.
Maak wette dat dit bars, maar het geen vermoë, dit is nou politieke wil, geld en behoorlik opgeleide hulpbronne wie die wette verstaan, om dit toe te pas nie.
Gelyke behandeling voor die reg bestaan nie meer nie en die reg word skeef gedraai om ideologie te vervat.
Honger laat mens nie moor nie, die afwesigheid van morele waarde doen.
Kyk hoeveel wetteloses vee hulle af net aan padreëls. Weereens locus van beheer is buite hom wie nie deur morele waardes gedryf word nie.

Hallelujah......Amen
Net om 'n voorbeeld te noem van rooi robotte. Dekades gelede was ons bang vir boetes ens. Ek ry af in die ou Hamilton str suidwaarts na 22h00. So 2 blokke voor my sien ek die robotte is groen vir ons. Ek tel 3 karre wat kruis terwyl die robot vir hulle rooi is. Geen tekens meer v wetstoepassing nie. Robotte raak nie 'n risiko kruisig in die stede.

Deesdae is ń rooi robot saans die beste plek vir hijacks.
As ek ń fototjie kry, gaan sien ek die staats aanklaer en wys hom die tyd van die insifent.
95% Van die tyd word die boete nietig verklaar of jy betaal ń geringe bedraggie.
Die geringe bedraggie betaalbaar is beter as om jou lewe en ander se lewe te bespaar asook jou voertuig.
Ek het nie ń vuurwapen nie agv my humeur, alhoewel ek ń baie goeie skut is as dit by vuurwapens kom.
Ek kan ook net beaam dat ons ongelukkig sit met situasie wat buite beheer geraak het.
Nou wonder ek wat die "de-merit"sisteem gaan meebring? Gaan dit afgedwing en daadwerklik toegepas kan word?
Ek bly maar by my besluit om sover as moontlik by alle padreëls te volstaan, en het ook lank gelede vir my 'n "Dash-cam" aangeskaf. Jy sien snaakse dinge gebeur!!
Wat nagry aanbetref, ek probeer dit NIE doen nie, en indien ek WEL in aand moet ry, sal ek by rooilig stilhou, maar ek nader hom STADIG om te probeer waarneem of alles pluis is, en SOU daar dalk iemand verdag nader ry, het ek gelukkig 'n voertuig wat redelik vinnig met groot krag KAN wegtrek en versnel!!!
Ek het baie lank gelede al my vuurwapens se lope gebuig en ingehandig omdat ek NIE my regterhand behoorlik kan gebruik om wapen vas te hou en sneller te trek nie. Ry met paar pepersproei kannetjies in kar, en het ook oral tuis op strategiese plekke. Is besig om bietjie na sulke goed wat beter kan werk, te kyk.

Ek kan darem spog met 3x goue weermag balkies as skut.
Dennis, ja, dis goed as mens se liggaam nog hou!!
Ekself was in SAP, en het in die laat 70 tigs tot laat 80 tigs diens gedoen as Reservis, en het onder andere van die ander reserviste opleiding gegee in die hantering van die .38 rewolwers wat destyds gebruik was. Destyds het ons ook begin om die plaaslike polisiestasie te beheer een naweek per maand vanaf Vrydagaand 10 uur tot Sondagaand 10 uur. Slegs EEN permanente SAP lid was op bystaandiens in die kwartiere, sou iets snaaks gebeur het, maar dit het bittermin gebeur waar ons werklik sy hulp nodig gehad het.
Omdat ek nog kontak gehad het met van die plaaslike mynbestuur kon ons die myn se skietbaan gebruik sonder enige huurgeld of kostes. Ons het ook self herlaaiwerk gedoen en ek het die herlaaitoerusting destyds uit my sak aangekoop en later toe ek weg is van die diens, dit geskenk vir verdere gebruik.
Na my ongeluk met die regterhand het dinge vir my baie verander!
Jammer vir kaping van die draad.

Ruk ń vuurwapen uit, en jy is alreeds skuldig, maak nie saak van situasie of omstandighede nie.
Terloops, my 3de het ek ontvang in oom se kontrei.
Ek het my burgermag begin in Orkney se regiment, die Red Romans en die rondtes laat vloei by Modderfontein skietbaan, Potch.
Net gisteraand het ek my vrou gese om vir haar n retoer vliegtuig kaartjie na Natal te boek as ons gaan kamp in Desember. Ander saak as jy nie sleep dan kan jy pad gee. Met n karavaan is dinge moeiliker en stadiger en ek gaan nie die kans vat om my vrou deur daardie war zone te vat.
Sal maar voor af ry, op slaan, alles reg kry en dan haar by die lughawe gaan optel.
R538 tussen Hazyview en Witrivier
Lyk my ons SAPS is baie goeie pad skoonmakers soos te sien op die foto. As hulle hul werk doen sal dit nie so lyk nie.
Lyk my ons SAPS is baie goeie pad skoonmakers soos te sien op die foto. As hulle hul werk doen sal dit nie so lyk nie.
Hulle nuwe 'job description' word gereëld oor die nuus beklemtoon.
Hulle "moniteer die situasie."
Soos ons almal weet beteken dit dat hulle nie betrokke raak nie, maar staan en kyk hoe mense se goed beskadig/verbrand/vernietig word of lewe geneem word.
Dis hoekom hulle altyd so besig is na die tyd, hulle ruim op.
Net gisteraand het ek my vrou gese om vir haar n retoer vliegtuig kaartjie na Natal te boek as ons gaan kamp in Desember. Ander saak as jy nie sleep dan kan jy pad gee. Met n karavaan is dinge moeiliker en stadiger en ek gaan nie die kans vat om my vrou deur daardie war zone te vat.
Sal maar voor af ry, op slaan, alles reg kry en dan haar by die lughawe gaan optel.
Mag ek die vraag vra - Waar is ons vertroue dat ons alles op eie krag probeer doen?
Mag ek die vraag vra - Waar is ons vertroue dat ons alles op eie krag probeer doen?
Ek glo dat God voorsien, beskerm, genees en dat hy sy genade en liefde oor ons uitstort met elke asemteug. God het ons ook genoeg verstand gegee om nie onverantwoordelike besluite en dade te doen. Dit wil sê stap om n vuur en moet nie wel wetend deur dit loop en dan benoud raak.
Op trou dag is jou eed aan God om jou vrou te beskerm. As vrou bang is vir vakansie verkeer, gevare op die pad en ek kan dit gemakliker maak vir haar sal dit my prioriteit wees.
Ek dink as ek een klip in die pad sit sluit hulle my toe
Ons lewe nou maar eenmaal in baie snaakse tye. Niks is meer dieselfde nie want wet en orde bestaan of nie meer nie of word eenvoudig nie toegepas nie.
Selfs die Parlement , n eens gerespekteerde en ordelikke debat huis, is nou n sirkus en onveilig.
Boer skiet 3 betogers...
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/karoo-boer-skiet-glo-drie-betogers/
Ek lees nou op Netwerk 24 dat die N3 by Harrismith weer versper word deur die pad met klippe toe te pak en vragmotors voor te keer,sleutels af te vat en hulle verhoed om verder te ry. Verkeer word kilometers ver opgedam.
Wat gebeur in ons pragtige land? Wie regeer en bestuur hom? Word die wetsgehoorsame burgers nou nie meer beskerm nie? Hoe lank voordat die onvermydelikke gaan gebeur en iemand erens knak........en wat dan? Kyk hoe het Pretoria die week gelyk........onwettig maar die oproermakers het hulle sin gekry.........In Johannesburg word die Polisie aangeval en hulle moet die aftog blaas want hulle is............?magteloos...... Gaan iemand die ligte afsit as alles vernietig is of sal Eskom dit in elk geval self doen?

Dieselfde gedink toe ek daai video gesien het waar polisie in hul panser voertuie klim en wegjaag vir die betogers. As hulle bang is en wegjaag vir betogers.....wie moet hulle dan beheer? Betogers raak al hoe makker want hulle sien daar word niks aan hulle gedoen nie....kom met alles weg. Sou die polisie iets doen, het die betogers soveel regte waarop hulle kan staan. Dis soos hulle by jou huis inbreek....sodra jy teenstand bied is jy in die moeilikheid.
Die polisie moes die aftog blaas want hulle het nie prosedure gevolg nie.
Daar is 'n DRIL vir die beheer van 'n oproerige skare.
Stappe van minimum geweld.
Eerste een is magsvertoon. Ons polisie het die een verloor nog voordat hulle begin het. Want hulle mags vertoon het al 'n knou gekry lank voor die tyd met hulle daaglikse optrede.
Leke, onopgelei, onfiks. (Waars die koevoete van ouds) dan sou dit n ander prentjie gewees het.
By n forum lid gekry.....
Was nog nooit veiling nie!Van die onveiligste paaie ter wereld vir veelvuldige redes!
Wens julle ouens het vandag die ou se storie op Groot FM 90.5 geluister oor almal wat so negatief is oor ons land.
Wat het hulle gese WilSur?