Ons ry Sondag vir 'n weeklange wegbreek na Kruger.
Voorheen het ek die vuurwapens by my seun gelos in sy kluis met die nodige brief as ons vir 'n kort ruk kamp. Nou het hulle uit die dorp getrek.
Vir langer periodes van 'n maand en meer het ek die vuurwapens na 'n handelaar geneem vir bewaring in hul kluis teen 'n nominale maandeliks fooi. Hulle is nie juis lus om vir kort periodes al die papierwerk te doen nie.
Die van julle wat vuurwapens besit, waar bewaar julle dit as dit nie moontlik is om dit saam te neem nie? Veral as mens oorgrens gaan.
Hoor graag!
Interesting .
Lets get some positive feedback here as I think this problem faces a lot of us.
Is hier nie iewers 'n regsgeleerde om lig op die onderwerp te gee nie. Wat is die implikasies as jy jou wapens 'privaat' stoor soos by n familie lid en daar is n diefstal daarvan. Wat is die siening van versekering. Ek dink daar is talle vrae wat antwoorde moet kry tydens enige insident van byvoorbeeld diefstal, moord met gesteelde wapen ens.
Hendrid vat hulle saam die Park seel hulle as jy ingaan by die hekke
Hagar your family member may not be in possession of a your firearm or use it, unless it is under your direct supervision; similarly you must be in control of the keys of the approved lock-up facility, eg the safe, that the firearm is stored in. The only person that may issued a temporary authorisation for the family member to be in possession of your firearm is the Registrar. Wrt insurance I would imagine that the firearm will need to be recorded in the family members' insurance policy as your policy probably only applies to items in your house or in your possession.
Hendrik, as long as the firearm is in an approved and installed safe to which only you have the keys, leave it at home. After all, and I am saying this tongue in cheek, there are quite a few other valuables like the wife's car and the Balvenie 18yr old, that one leaves at home when departing on holiday.
I too am waiting on the more knowledgeable members' to provide their insights.
Regards
Baie moeilike storie.
As jy enige vuurwapen by enige persoon los vir veilige bewaring, MOET jy by die SAPS 'n veilige bewarings permit kry. Die permit is twee vorms.
Die eienaar moet die vorm voltooi, en die tydelike bewaarder van sodanige wapens/s moet 'n goed gekeurde kluis hê.
Daar is regtig baie streng wetgewing rondom vuurwapens.
Die enigste wettige raad wat ek kan gee, is om na die naaste SAPS se vuurwapen beampte (FDO) te gaan en dat hulle jou help, sou jy 'n wapen by iemand los, en jy het kort paaie gevat, en, iets gebeur, is die eienaar sowel as die houer, in groot patats.
Alternatief is om die wapen by wapenhandellaar te berg vir die minimum tyd wat hy aanvaar, maar jy kan dit wel vroer gaan afhaal.
SAPS stoor ook wapens, maar daai pad loop ek nie.
Jammer, maar met vuurwapens, vat ek nie kort paaie nie.
Ons ry Sondag vir 'n weeklange wegbreek na Kruger.
Voorheen het ek die vuurwapens by my seun gelos in sy kluis met die nodige brief as ons vir 'n kort ruk kamp. Nou het hulle uit die dorp getrek.
Vir langer periodes van 'n maand en meer het ek die vuurwapens na 'n handelaar geneem vir bewaring in hul kluis teen 'n nominale maandeliks fooi. Hulle is nie juis lus om vir kort periodes al die papierwerk te doen nie.
Die van julle wat vuurwapens besit, waar bewaar julle dit as dit nie moontlik is om dit saam te neem nie? Veral as mens oorgrens gaan.
Hoor graag!
Baie moeilike storie.
As jy enige vuurwapen by enige persoon los vir veilige bewaring, MOET jy by die SAPS 'n veilige bewarings permit kry. Die permit is twee vorms.
Die eienaar moet die vorm voltooi, en die tydelike bewaarder van sodanige wapens/s moet 'n goed gekeurde kluis hê.
Daar is regtig baie streng wetgewing rondom vuurwapens.
Die enigste wettige raad wat ek kan gee, is om na die naaste SAPS se vuurwapen beampte (FDO) te gaan en dat hulle jou help, sou jy 'n wapen by iemand los, en jy het kort paaie gevat, en, iets gebeur, is die eienaar sowel as die houer, in groot patats.
Alternatief is om die wapen by wapenhandellaar te berg vir die minimum tyd wat hy aanvaar, maar jy kan dit wel vroer gaan afhaal.
SAPS stoor ook wapens, maar daai pad loop ek nie.
Jammer, maar met vuurwapens, vat ek nie kort paaie nie.
Ek stem ten volle saam met Butts. Iemand anders mag nie eens jou ammunisie vir jou hou tensy hy 'n lisensie vir daardie kaliber het nie. My handwapen gaan altyd saam, maar ek verstaan die dilemma as jy by 'n plek kom waar jy dit nie mag inneem nie. Jou grootste risiko is juis as jou voertuig of karavaan langs die pad onklaar raak. By die huis het jy dikwels nog honde, elektriese heinings, alarms en so aan.
Persoonlik glo ek daaraan om die kluis te versteek in 'n spaarkamer se kas wat gesluit word en waarin die huishulp nooit rede het om te kom nie en nie van weet nie. By verre die meeste misdaad insidente bevat 'n element van 'n "inside job". Inbrekers soek gewoonlik na waardevolle elektroniese toerusting en dan in die hoofslaapkamer se kaste vir kluise, juwele, ens. In 'n dorpsopset met 'n alarm wat skree, werk die skelms teen tyd en sal hulle nie tyd kry om by obskure plekke te loop soek vir goed nie. Met jaggewere word die slotte ook uitgehaal en in 'n ander kluis, wat ook versteek is, verberg.
Wanneer goed uit jou eie huis gesteel word, word dit deur huisinhoud versekering gedek. As jy 'n goedkoop kluis tweedehands kan verkry, koop en plaas dit op 'n prominente plek om as "decoy" te dien. Die skobbejakke sal baie tyd spandeer om dit oop te sny of uit te breek, net om later 'n paar nuttelose stukke yster as buit te kry.
Dankie vir almal se insette sover.
Ek gaan van bo reageer.
WJ. Ek is bewus daarvan dat Sanparke die wapens seel maar ek dink nie hulle sal gelukkig wees as ek met my arsenaal by die hek opdaag nie.
Butts. Wish I was the owner of one of the two remaining bottles Balvanie in SA. Rumor has it one is in the hands of Julius On to the topic. I need to find out if it is legal to leave the safe unattended for a long period. What is the difference if they should break open the safe while we are in town or while we are on holiday?
Johann en Chuck. Dit was maar die pad wat ek tot dusver geloop het maar met die seun nie meer hier nie het dit my korttermyn bewaring opgeneuk. Wat die advies van die FDO betref verskil hulle interpretasies in een kantoor. Dankie vir die waarskuwing oor berging by die SAPS.
Somer Kamper. Ek hou van jou idee om 'n "fop" kluis te installeer om hulle besig te hou tot daar reaksie op die alarm is. Dalk moet mens die kluis "booby trap" ook. Ek lei af jy stem saam met Butts dat die wapens by die huis gelos word.
Ek sien al hoe ek begelei word in Kruger met my klein arsenaal in die wa. My persoonlike gids.
Jy raak nou aan 'n ander punt rakende die kluise Herman.
Toe ek aanvanklik aansoek gedoen het om bevoeg verklaar te word om 'n vuurwapen te besit was vir my gese dat my kluis inspekteur sou word. Ek het my bevoegverklaring ontvang sonder dat die kluis ondersoek was. Ook na ons na Nelspruit toe getrek het en ek adresverandering gedoen het. Intussen my bevoegverklaring hernu na 5 jaar en nog steeds is die kluis nie ondersoek nie.
Volgens my voldoen my kluis aan al die vereistes van die wet, (Slot meganisme, dikte van staal, vashegting ens) maar nou wonder ek of ek nie moet aandring op 'n inspeksiesertikaat nie. Wat dink julle?
Ek dink nie dis nodig nie. Jy het die lisensies en dus die papiere. Tensy die wapens spesifieke waarde het weens vorige eienaars, is daar geen rede om dit elders toe te sluit nie.
Ek besef dat daar probleme is om gesteelde wapens te vervang, maar die minste probleme is wanneer dit uit jou eie kluis gesteel word. Ten minste kan jou versekering jou skade relatief vergoed.
Neem jou handwapens saam. Amptelik het jy net een handwapen vir selfverdediging. Die res is dus nie belangrik nie.
groete en geniet KNP
Wanneer dit by wapens kom vat ek geen kanse nie, lewens is op die spel en tronk sake.
Ek het ook 'n nie so fobkluis in my kamer dit is 'n erfstuk wat my skoonpa met sy hande ge maak het. Daarin berre ek alle dokumente soos transport akte van huis en registrasie dokumente van motors ens.
Ek het my wapen kluis op 'n plek waar nie eers die slim inbreker sal soek nie, en die gewapende reaksie eenheid behoort op stadige spoed, binne 5 min by my huis te wees.
Wat ek probeer sê, is, ek het alles binne my vermoe gedoen om my gesin en eiendom te beskerm.
Hendrik, sterkte met jou besluit, luister na jou gewete, en ry veilig.
Los ook n halfjack met strignien in die fopkluis........
Goed die wet is eintlik baie duidelik hier oor. Gaan lees net weer daai boekkie wat jy gestudeer het om die bevoegdheid eksamen te slaag.
Eerstens en dit is die gewone vraag wat jy jou self moet af vra. Daar waar ek my wapen stoor, Het EK tenvolle beheer oor die wapen waar hy op daai stadium is.
Dus as die wapen nie op jou as persoon is nie, mag hy slegs op een ander plek wees die kluis in jou huis wat volgens spesifikasie is.
Stoor reelings kan getref word dit sal ek nou aanraak.
Die wapen mag gestoor word onder die volgende omstandighede.
a. Persoon wat die stoor werk doen moet 'n geldige wapen lisensie hê vir die selfde tipe wapen. Dus as hy lisensie het vir pistool mag hy nie 'n jaggeweer stoor nie.
b. Kluis moet volgens die SAPS se spesifikasies wees.
c. Geen ammunisie mag namens iemand gestoor word nie. NET DIE WAPEN. Dus het jy as stoorder nie die magtiging nou om meer ammunisie by jou te mag dra nie.
d. Beide partye moet 'n SAPS539 invul teken en by die naaste SAPS kantoor indien vir goedkeuring. Indien goed gekeur moet 'n afskrif van die SAPS539 saam met die wapens in die kluis gestoor word. Die langste tydperk wat so SAPS539 geldig is, is 1 jaar waarna dit deur beide partye hernu moet word.
e. Gedurende die stoor tydperk mag die "stoorder" nie die wapens uit daai kluis van hom verwyder nie. Dus as jy terugkom van jou vakansie in die buiteland moet jy die wapens self gaan haal. Die stoorder mag dit nie vervoer en vir jou bring nie. Die magtiging wat hy het is vir die stoor daarvan nie die vervoer daarvan nie.
Dus kortliks gestel 'n brief wat sê Piet Snoeks het magtiging om my wapens te stoor is ONWETTIG. Jy gaan nie net sommer 'n ou boetetjie kry nie en als is verby nie. Jy sal aangkla word, wapen lisensies opgeskort word (In die geval gaan jou wapens SAPS13 stoor toe). Jy gaan hof toe en daar moet jy maar kry wat jou toekom na gelang van jou oortreding.
Pasop mense die wet op hantering en berg van vuurwapens is nie speletjies nie. As daar iets is wat jy nie verstaan in die wet nie is dit niemand anders se verantwoordelikheid nie behalwe jou eie om seker te maak wat dit behels.
Schalk dis eintlik soos jy sê. As hy nie op jou/aanjou vas is nie. Is hy in die kluis by die huis.
Dankie vir jou insette Leon.
Lyk of die meerderheid saamstem dat die wapens by die huis gelos kan word, mits dit in 'n kluis is wat aan die SAPS spesifikasie voldoen.