English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 685
Total Replies: 237 514
Total Views: 82 725 277
topics: 11 061
replies: 129 427
views: 39 050 826
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Beste om Karavaan te was.

replies: 32
views: 11722
19 May 2015 @ 15:52:56 pm
JAB
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 05 Nov 2014
Experience: 9 years
Middag!

Ek het onlangs gelees mense stoomwas hul karavane buite... wat is die beste manier om dit te doen of wat is die beste manier om die wa buite te was? Ek het n Swing wat n goeie was nodig het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:04:51 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Sal graag wil hoor wat stoom was of hoëdrukwas op die silicone waarmee die karavaan geseël is het

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:05:36 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek sal dit nie aanbeveel nie. Stoomwas is vir enjins en om taai olie af te was. Dit kan die verf beskadig en ook die isolasie binne die buite en binnelaag. Gebruik 'n tuinslang en spuit die stof af. Was met shampoo en spuit af. Dit is maar my beskeie mening.

Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:07:09 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Ek stem saam Stef. Die twee metodes is nie een goed nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:09:08 pm
Anonymous

Ek sou nooit my karavaan met hoëdruk of stoom was nie, dit gaan nie goed wees vir die some en vents nie, dit is net my opinie.

Wat ek altyd doen is om 'n gewone huis besem met kar shampoe te gebruik. Dit het ek baie jare terug by handellaars gesien.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:18:11 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Ek was my ryhuis met gewone sunlight skotelgoed seep  maar waarin ek glo en dit het ek op my 4x4 episodes geleer om vir politoer  Mister Min Lavinder te gebruik dit verhoed stof en die takke los nie krap merke nie

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:36:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8588
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Spuit die stof en grond af met tuinslang, gebruik dalk net die hoe druk wasser as daar baie modder onder die wa is, nie op die kante nie.
Was die wa met 1 x eetlepel pinegel in 5lt emmer met bietjie lou water om die pinegel op te los en vul met koue water.
Was met sagte doekstof lap.
Spuit met tuinslang af en maak normaal droog met sagte handdoek.
Blink mooi, stof pak nie aan as gestoor word nie.


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 16:50:38 pm
camperfan
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 27 Jul 2014
Experience: 26 years

Also a Pine gel fan.

Africa is not for sissies. Die bosveld is nie speletjies nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 17:31:46 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 14 years
Dankie, 'n Mens is noooooiiittt te oud om te leer nie! Ek sal dit bietjie probeer. Ek hou van die skoon reuk. Wie verkoop Pine Gel?
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 17:41:46 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Meeste seep winkels verkoop pine gel

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 17:42:57 pm
geria
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 52
Joined: 22 May 2014
Experience: 28 years
Ek self sal wegbly van stoom of ho druk spuit. Die huidige standaard sel proses is volgens my onder baie swak en onder verdenking, vandaar al die hout vrot. Al gedink daar sal 'n beter sisteem of patent wees. Nee bly weg van iets wat daardie waterdigting "membraan" sal kan beskadig.
Daar is nie dom vrae nie, net dom antwoorde!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 18:09:38 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ek het nog nooi my karavane met n tuinslang gewas nie gebruik n emmer en spons met sunlight droog ook die spons uit en was daarmee die tuinslang is te veel water en gaan in waar jy dit nie wil he nie, as hy droog is politoet ek die hele van met Diamond guard,( moet ook se ek het n piekenien geleer om dit te doen ,ek se net vir hom die toppie soek die van skoon ek gaan kamp en as ek terug kom die selfde storie voor ek hom bere,yelllaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 19:07:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15072
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek spuit die Wa met 'n tuinslang af. Gebruik ook nou en dan die pine gel te kry by Cleaning warehouse. Maar meeste van die tyd Handy Andy dit maak die wit van die veselglas weer baie mooi skoon en wit.

Ek gebruik daai TEVO borsel waaraan jy die tuinslang koppel, spuit Handy Andy op die Dak en oppervlaktes en was dan met daai TEVO borsel. Dit gaan lekker vinnig en die borsel is sag genoeg dat dit nie eers 'n kar se afwerking krap nie. Spuit die seep weer af en droog af. Die dak maak ek sommer met mop droog wat mens kannie daar sien nie.

Dan die gladde veselglas voorkant en agtekant poleer ek so nou en dan met enige kar polish. Dit laat die skoon wit weer blink en torsop kom dan ook makliker af as jy veral in die skemer of nag gesleep het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2015 @ 21:54:34 pm
Frs1
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 197
Joined: 02 Aug 2011
Experience: 60 years
Spuit met tuinslang liggies en dan emmer met kar shampoo en hand besem, spuit af en laat droog word
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 06:37:22 am
Bernard
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 51
Joined: 18 Feb 2014
Toe ek my aambag geleer het in 1970 was ek n epie by datsun daar het ek gesien hulle gebruik gewone cobra wax op die leer en rubber op die nuwe karre,sunlight liquid droog die rubber uit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 06:44:13 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Kar was seep, maar met tyd, word die wit grys van die diesel rook - dan werk "engine cleaner" en 'n laag politoer.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 06:56:52 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4512
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Stoom op n wa is n no go pine jel of carwas sjampoo
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 07:06:12 am
Theu
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 11 Nov 2014
Experience: 25 years

Ek het gewone kar politoer op die veseglas gedeeltes voor en agter op die Splash gebruik, maar dit maak lelike strepe, selfs na 2 of 3 keer se aansit.

Ek sal bietjie Diamond Guard gaan koop en gebruik soos Willem maak en sien hoe maak dit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 07:11:38 am
ouvrou
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 28 Dec 2014
Experience: 45 years
Kry van die karavaanplek wash&wax gooi in emmer en was met sagte besem en tuinslang. Dierubber word eers met cleangreen gespuit en dit word dan weer mooi skoon daarna as wa skoon is word hy met n sagte las afgevee en is dan weer mooi skoon. Meubel politoer vir binne nadat by eers met warmwater en cleangrean afgevee is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 07:13:02 am
Anonymous

Spuit myne af met tuinslang net om die ergste stof af te kry, dan neem ek 'n emmer met ''Wash 'n Wax'' of skottelgoed opwasmiddel en was met spons en droog af met chamois. Daarna is dit Mr. Min en 'n sagte lappie om die glans uit te bring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 07:28:45 am
JAB
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 05 Nov 2014
Experience: 9 years
Wow, more, dankie vir al die raad.

Sal beslis wegbly van die stoom idee, sal pine gel en wash & wax n kans gee!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 07:33:51 am
Theu
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 89
Joined: 11 Nov 2014
Experience: 25 years

West Rand Pack in Wes Krugersdorp en by die Lifestyle Centre in Randpark Rif verkoop Pine Gel in 5 liter emmers

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 08:05:16 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1436
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek het gewone kar politoer op die veseglas gedeeltes voor en agter op die Splash gebruik, maar dit maak lelike strepe, selfs na 2 of 3 keer se aansit.

Ek sal bietjie Diamond Guard gaan koop en gebruik soos Willem maak en sien hoe maak dit.



Gebruik eerder Maguires (hulle het ene wat die ou was en vuil afhaal, dan 'n ander wat 'n politer is en laastens 'n wax wat alles mooi seel), doen my '95 Fleetline L se veselglas voor en agterkante een maal 'n jaar en na die eerste keer was dit weer "good and clean and fresh...and white!), bietjie elbow ghries om al drei produkte na mekaar te gebruik maar die moeite werd. Ander alternatief is Autoglym. Albei Maguires en Autoglym is duurderig maar die moeite werd, Autoglym het ook ene wat spesifiek vir veselglas bote is maar ek sukkel om dit in Gauteng te kry, sal in Julie in Durban prober. Terloops ek het ook die problem met strepe gehad, selfs met Diamond Guard. Met Maguires of Autoglym is dit iets van die verlede.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2015 @ 08:49:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5679
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Gaan kyk op "fb" vir Klaus-Dieter Henning, Eco Steam Cleaning Service

Hulle het foto's op en maak jou karavaan by die huis skoon as daar genoeg plek is.

Dink dié is die skakel

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2015 @ 12:18:22 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Jo. Danq ve al die rate. Ek was die elegance met sunlight liquid. Het gehoor handy andy is nie goed ve verf nie. Dink ek moet die diamand guard se wash n wax probeer. Dit het nog altyd goed gewerk op die karre. Sal die pinegel ook n go gee.
Neem aan dit werk ve die karre ook ?????
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Aug 2015 @ 18:40:14 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 1995
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ek het by n motorboot winkel in Goodwood n politoer gekry met die naam " Starbrite
Premium Marine Polish with PTEF. Bietjie duur maar nadat ek dit gebruik het het ek besef hoekom dit duur is. Die glasvesel het weer soos nuut gelyk en dit hou baie lank.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2015 @ 11:43:16 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 28 years
Ek gebruik hoedruk spuit op halfsterkte...dan emmer warmwater ,een eetlepel skottelgoedwasmiddel,een eetlepel handy andy en halwe kopie asyn...
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2015 @ 17:37:47 pm
bossies
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 56
Joined: 04 Sep 2015
Experience: 40 years
Ek is nog altyd n sunlight skottelgoed was seep fan ,met mr min politoer vir binne
relatief goeie waarde vi geld ook !
time will tell ! HEAVEN or hell ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2015 @ 15:19:12 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
Bossies ek stem met die sunlight.

Ek gebruik sunlight, vir Liesbet en n hose pipe
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2015 @ 15:56:15 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ok ok ok. Wat van die travel blanket. As hy nou knaend met sunlight of n ander degreaser gewas is. Dan is dit seker Wynns dash se beurt ?????

Sal graag wil hoor.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2015 @ 08:55:15 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
Johan

Ek het myne in die wasmasjien gegooi. (sal dit weer doen)

Vertel bietjie hoe sleep daai Jeep die Elegance en brandstof verbruik.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2015 @ 11:34:26 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5662
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hy mag maar. Ek kan amper n klein karretjie by die robot dice maar mammie sal bo-oor dak klim.
Myne , n 2010 model het nog die V6 merc diesel enjin. 510 nm. @ 1900 rpm. Nuwe diesel is mos fiat V6 Met 570nm.
As ek normale spoed, 90..100 ry met wn , sonder wind kry ek so 6.5 kilos per liter. As ons biekie haastiger is sak dit na 6 kpl.
Lang naweek maand terug het ons erg skuins wind gehad n teen 100 ook net 6 gekry. Laasjaar desember terug van waenhuiskrans was ons swaar gelaai en aan gestoot tot by huis in bloem. 1100 kilos toe was dit net net 6.
Maar hy trek baie goed. Op daai trippie het die oil cooler gegroet en die turbo flap motor. R20000 later.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required