Die Sprite Sport het kronkelvere en skokbrekers. Hoe moet ek te werk gaan om die karavaan so paar mm te lig?
Jaco kan jy foto plaas van die onderkant waar die kronkelveer aan die as koppel
Lig hom met n jack......lol.
Ja Jin wat van n airbag
Ja Jin wat van n airbag ha ha
My Supersport van ongeveer dieselfde tyd het om 'n rede wat ek nie kon vasstel nie, so 15mm laer geloop aan die een kant as aan die ander kant. Ek het 'n "spacer" gemaak en dit tussen die bakkie en die bracket geïnstalleer wat die probleem opgelos het. Dis ook al 'n paar jaar gelede so ek kan nie nader detail verskaf nie want ons het nie meer die karavaan nie. 'n Karavaan werkswinkel of ingenieurswerke behoort te kan help.
Jy kan dalk ook na die moontlikheid kyk om na 14 duim wiele met bakkiebande te skuif. As jy dalk op die oomblik gewone motorbande op het, sal dit 'n aansienlike verskil maak. Daar is al baie hieroor op die Forum geskryf- soek maar bietjie. Selfs as jy op die 13" vellings bakkiebande opsit( as jy tans motorbande het) sal jy bietjie hoogte wen- die bakkiebande is gewoonlik hoër as motorbande. Hulle is 80% profiel terwyl motorbande gewoonlik aansienlik laer- 70% of 60% is. Hulle is ook gewoonlik 195 breed terwyl die bande waarmee die karavaan uitgekom het, 165 is. Dit maak dat die hoogte van die band ook ietwat hoër is. Gaan meet gerus die verskil by 'n bandehandelaar.
Omdat die skokbreker binne die spiraalveer loop, is lugsakke nie 'n moontlikheid nie.
Het maar gesê wat by my opgekom het......het die bewoording gelees soos die letterkunde professor......lol
Gesien in n goeie humour.
Probeer by instansies wat verskeidenheid van spiraalvere verskaf of vervaardig. Moontlik is daar 'n spiraalveer wat langer is en soek ook na 'n langer skokbreker wat by die lengte van die spiraalveer sal pas.
Makliker gese as gedaan, maar voorspoed met die gedagte om die wa se vryhoogte te verbeter.
My Supersport van ongeveer dieselfde tyd het om 'n rede wat ek nie kon vasstel nie, so 15mm laer geloop aan die een kant as aan die ander kant. Ek het 'n "spacer" gemaak en dit tussen die bakkie en die bracket geïnstalleer wat die probleem opgelos het. Dis ook al 'n paar jaar gelede so ek kan nie nader detail verskaf nie want ons het nie meer die karavaan nie. 'n Karavaan werkswinkel of ingenieurswerke behoort te kan help.
Jy kan dalk ook na die moontlikheid kyk om na 14 duim wiele met bakkiebande te skuif. As jy dalk op die oomblik gewone motorbande op het, sal dit 'n aansienlike verskil maak. Daar is al baie hieroor op die Forum geskryf- soek maar bietjie. Selfs as jy op die 13" vellings bakkiebande opsit( as jy tans motorbande het) sal jy bietjie hoogte wen- die bakkiebande is gewoonlik hoër as motorbande. Hulle is 80% profiel terwyl motorbande gewoonlik aansienlik laer- 70% of 60% is. Hulle is ook gewoonlik 195 breed terwyl die bande waarmee die karavaan uitgekom het, 165 is. Dit maak dat die hoogte van die band ook ietwat hoër is. Gaan meet gerus die verskil by 'n bandehandelaar.
Omdat die skokbreker binne die spiraalveer loop, is lugsakke nie 'n moontlikheid nie.
Het in Augustus 165R13 Commercial bande van HiFly asook nuwe rims wat 140PCD 4 gat opgesit. Moes dit vervang het omdat die ander afgesteel is (die karavaan was nie by my huis nie). Het gedink om na 14" rims oor te gaan, maar kry nie 140PCD in 14", net die 14" 114PCD. Het die 165 vergelyk met die 195, dit was effens breer, maar die agent het gese dat die hoer profiel band 'n effek gaan he op die heen en weer beweging van die karavaan.