Ons het Desember oppad see toe eers by Mahai aangegaan. Dit was ook weer aangenaam om vir Pieter {Brommer} daar raak te kamp.
Toegang tot die oord is heel maklik bereikbaar met n padkaravaan....teerpad met kleinerige potholes {niks ernstigs nie} die laaste 10km voor oord. Die ontspanning is hoofsaaklik om die rustigheid van natuur te geniet en verskillende staproetes aan te durf. Deur staproetes aan te durf kom mens af op asemrowende uitsigte en raak stil van die mooi skepping waardeur mens kan stap. Roetes verskil vanaf n paar minute se roetes tot n vol dag se stap....so die keuse is groot!. n Swembad in kamp terein sou voordelig wees vir warm dae aangesien Cascades se poele soms oorvol kan wees deur dagbesoekers. In die kamp self is nie veel te doen vir kinders nie....net n klimraam. Die personeel was deurgaans vriendelik. Ablusies is aan die ouerige kant, maar deurgaans skoon gewees. Het deurgaans veilig gevoel....mens is binne die Royal Natal park. Winkeltjie is n entjie van kampeer terein af....het darem die basiese benodighede plus paar ekstras soos roomysse ensovoorts. Atmosfeer is deurgans lekker rustig....almal wat daar kampeer is daar vir dieselfde ding en dit is om die rustigheid van natuur te geniet.....geen musiek gehoor of enige laat nag kuiers nie. Die staanplekke is baie groot....baie van die staanplekke kan jy met gemak met 2x karavane op staan. Ek dink mens kry goeie waarde vir mens se geld. Ons het nie buite die kamp gegaan om na omgewing se aantreklikhede te gaan loer nie....net die stap roetes geniet vanaf kamp. Al wat probleem was in kamp was dat daar vreeslik baie kakkerlakke was en dat dagbesoekers en drank n onaangenaamdheid veroorsaak by die gebruik van Cascades.....ek het dit adresseer aan bestuur en hoop dat hulle aandag daaraan sal gee. Ek sal mede kampeerders aanbeveel om hier te kampeer as jy van stap en van natuur hou.
Ek plaas n paar fotos.....
Staanplekke verskil vanaf vol gras tot geen gras. Jy kan staanplekke kies met krag of sonder krag. Dit wil voorkom of die staanplekke met krag heelwat groter is. Sommige staanplekke is so groot...jy kan met groot gerief met 2 karavane daarop staan. Uitsig met die berge in agtergrond is regtig pragtig!
Gemeenskaplike skottelgoed was plek....
Kamp terein is daar onder waar donkergroen bome is....
Cascades is baie naby aan die kamp.....en n maklike stappie....die eerste gedeelte is rolstoel vriendelik.
Baie dankie vir die inligting en pragtige foto's.
Hulle het vreeslik baie bome in die kamp omgesny....blykbaar almal wat hoër was as 50m wat n gevaar inhou vir omval. Op die fotos kan mens mensself voorstel watter pragtige staanplekke dit moes gewees het toe die bome nog daar was....
Baie mooi Geert. Dit lyk of ons op een van jou fotos pronk ;-) Sien my wa staan daarso op sy plekkie.. Ekt seker nie toe al daardie klomp sonpanele uitgehaal nie ;-)
Baie mooi Geert. Dit lyk of ons op een van jou fotos pronk ;-) Sien my wa staan daarso op sy plekkie.. Ekt seker nie toe al daardie klomp sonpanele uitgehaal nie ;-)
Die oorspronklike klomp kan jy nie op foto sien nie....agter die tent. Die ander wat jy plat op gras laat lê het by trekstang het jy eers later uitgehaal.
Pieter {Brommer} het daar "off the grid" gekamp....het via solar panele krag vir homself opgewek.....inverters....batterye
Dit lyk baie mooi sal moet n plan maak daai kant toe
Thanks for the photo's have placed it on the Bucket list
Baie mooi. Sal eendag daar uitkom.
Dankie.
Dankie vir die mooi foto's. Ek dink dit is een van die juweel kampe in ons land. Vriende van ons het jare terug in die winter in die sneew daar gekamp.
Ek sal verseker eendag daar n draai maak. Dankie vir die fotos Geert
Dankie vir die mooi foto's. Ek dink dit is een van die juweel kampe in ons land. Vriende van ons het jare terug in die winter in die sneew daar gekamp.
Sjoe...dit moes soos n sprokies wêreld gelyk het.
Dankie vir puik terugvoer Geert. Voorwaar 'n pragtige omgewing.
Ons het Kersfees by Hlalanati daar naby gekamp en wou eendag gaan kyk maar daar het 'n lang tou voor die park se hek gestaan en toe maar gelos. Mooi kamp.
Ons het Kersfees by Hlalanati daar naby gekamp en wou eendag gaan kyk maar daar het 'n lang tou voor die park se hek gestaan en toe maar gelos. Mooi kamp.
Pieter dit was die 26ste. Gelyk na van die omgewing se mense.
Ek hoor hulle het nóg n klomp bome omgesny by Mahai. Dis jammer.....maar as dit n gevaar raak vir mense, het mens seker nie n keuse nie
Mooi bly mooi dankie Geert
Watter site kan ek bespreek .. BY Mahai
Wil graag koelte he in agter middag.
Groot site en naby ablusie blok.
Nrs sal waardeer word ... baie dankie
Watter site kan ek bespreek .. BY Mahai
Wil graag koelte he in agter middag.
Groot site en naby ablusie blok.
Nrs sal waardeer word ... baie dankie
Hulle werk op 1st come, 1st serve basis. Noudat hulle so baie bome afgesny het, is skaduwee relatief skaars. As jy inkom by park, was die meeste skaduplekke aan die linkerkant by die grensdraad af. Hulle is maar sanderig....die son staanplekke is weer lekker gras
Watter site kan ek bespreek .. BY Mahai
Wil graag koelte he in agter middag.
Groot site en naby ablusie blok.
Nrs sal waardeer word ... baie dankie
Hulle werk op 1st come, 1st serve basis. Noudat hulle so baie bome afgesny het, is skaduwee relatief skaars. As jy inkom by park, was die meeste skaduplekke aan die linkerkant by die grensdraad af. Hulle is maar sanderig....die son staanplekke het weer lekker gras
40-48 meeste skaduwee, maar nie gras nie. Ek het egter gerugte gehoor dat daar nog bome afgesny is....weet nie waar nie
Watter site kan ek bespreek .. BY Mahai
Wil graag koelte he in agter middag.
Groot site en naby ablusie blok.
Nrs sal waardeer word ... baie dankie
Kliek op hierdie link vir besprekings
Baie dankie
Sal bespreking doen op link
Ons gaan Januarie daarheen. Dit is 1st come first serve. So sal maar kyk waar ons staan as ons daar aankom. 13de aan tot Feb.
Het die nuwe jaar vakansies met die kinders op die kommon in die mid 2000-2010 so geniet.
Baie bome is afgesaag en verwyder. Nuwe aanplantings gaan lank vat.
Sjoe....hartseer, maar van daai Dennebome was darem vreelik groot. Watse bome het hulle nou geplant?
tot so 7 Jaar afhangend van wat hulle plant
My broer se skoonsussie kamp al vir etlike jare elke jaar by Mahai. Hierdie jaar is die eerste jaar wat hulle nie meer soontoe gaan nie in 17 jaar. Hulle ken nog die plek vanaf dit nog volop was met bome en vir hulle is dit n hartseer gesig om die plek so te sien.
Vir nuwe gaste behoort dit nie veel te pla nie, want dit bly n mooi plek en hulle ken dit nie anders nie
Nou met die terug keer na level 3 en.....wie weet wat voor of na 15 Jan gaan gebeur het ek Mahai gekontak oor beperkings en accomodasie. Hulle vat geen nuwe bespreekings nie maar as jy een het sal hulle dit toelaat....dit kan ook verander?
Nou met die terug keer na level 3 en.....wie weet wat voor of na 15 Jan gaan gebeur het ek Mahai gekontak oor beperkings en accomodasie. Hulle vat geen nuwe bespreekings nie maar as jy een het sal hulle dit toelaat....dit kan ook verander?
Tipiese houding van n oord wat nie afhanklik is van kampeerders nie....as hulle nie daar is nie, kry hul steeds salarisse...al verskil is, hulle doen niks daarvoor nie.
Oorde met privaat eienaars sit ongelukkig nie in dieselfde boodjie om sulke besluite te maak nie.....