English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 304
Total Replies: 250 365
Total Views: 83 152 333
topics: 11 430
replies: 137 635
views: 39 290 727
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Klip in die bos

replies: 37
views: 558
06 Jul 2020 @ 16:33:55 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons braai so baie omdat ons vrouens nie meer kan kook nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 17:02:17 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Jo Jo ek dink jy soek slae, is jy moeg vir die lewe?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 17:28:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17159
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek laail braai kwaai

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 18:36:26 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 210
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 40 years

Partykeer wil ‘n vrou nie kook nie en ‘n braai bly lekker 🥓🥩

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 18:43:18 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 639
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Kan nie met jou saam stem nie.

My vrou kan baie lekker kook en sy doen altyd moeite met dit wat sy voorsit.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 20:54:19 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 395
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Braai once in 2 weeks is good with bean salad and potato bake. My wife and i both cook boring meals with steamed veges every night.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 20:56:32 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons braai so baie omdat ons vrouens nie meer kan kook nie.

Ek stem volkome saam. Dit is ongetwyfeld 'n onomwonde feit, gegewe 'n spesifieke caveat.

In haar kombuis is sy 'n uithaler kok voor haar stoof. Daar kan sy kook. 

Wanneer ons kamp met 'n "less is more" filosofie, is dit 'n ander storie.

Hierdie forum is kampeer spesifiek, dus is die twee fasiliteit kombuis gerei die standaard waarteen ek meet, en geld die begrip "kook" nie noodwendig nie. Kosmaak - ja!

Tussen die twee van ons het ons van die lekkerste geregte met die minimum fasiliteite tydens ons kamp ervarings opgedis, en vroulief her beslis haar rol daarin gespeel. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 06:19:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17159
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

By ons is dit al n standaard....geen wors, tjop, steak of dergliks sien n pan nie, gaan vuur toe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 06:35:11 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 263
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

My vrou het lank gelede die kombuis halfpad afgebrand nadat olie op 'n plaat vergeet is. Van daar af het het die kosmaak oorgeneem, moet se ek geniet dit nog steeds. Probeer enige iets - ek het 'n moewiese klomp resepte boeke en eksperiminteer gereeld. Bella help so hier en daar en sorg vir die skottelgoed.

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 07:44:11 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Wanneer laas is iemand genooi vir 'n onthaal en het hulle iets anders as braaivleis gekry? Is daar iemand wat kan sê hulle ontvang gaste vir ete met 'n behoorlike driegangmaal wat om 'n etenstafel geëet word? Ek praat nie van uitkamp nie- ek praat van normale etes tuis.

Japie, waarom sou enigiemand my probeer aanrand as ek bloot vrae vra?

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 08:30:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wanneer laas is iemand genooi vir 'n onthaal en het hulle iets anders as braaivleis gekry? Is daar iemand wat kan sê hulle ontvang gaste vir ete met 'n behoorlike driegangmaal wat om 'n etenstafel geëet word? Ek praat nie van uitkamp nie- ek praat van normale etes tuis.

Japie, waarom sou enigiemand my probeer aanrand as ek bloot vrae vra?

 

My Ma maak sulke lekker kos, party keer is dit n 4 of 5 Maal op n sondag.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 08:32:03 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 758
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Fred daai stellin kan jou ook 'n COVID 19 Slagoffer maak..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 08:32:36 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

By ons is dit al n standaard....geen wors, tjop, steak of dergliks sien n pan nie, gaan vuur toe

Hier by my ook, is heeldag elke dag by die huis en begin Al vroeg met die vuur.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 09:24:35 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Swanie, watter stelling?  Hoekom?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 10:17:12 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons ken 'n paar vriende wat gereeld om die beurt saam bymekaar kuier en daar word nie gebraai nie. Die vrouens maak al die kos vooraf en kuier almal lekker saam om die tafel. Was die vrouens se idee.

Is nogal 'n aardigheid om te sien hoe haal die vrouens uit en sit net die beste voor. 

Nagereg word deur die gaste gebring. 

As ons familie kuier word daar elke dag gebraai.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 11:01:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16007
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek braai een keer.

Eenkeer in die week want Woensdag is braai dag al braai ek hamburger patties.

Eenkeer op 'n naweek want dis maar net die regte ding om te doen.  Vrydag of Saterdag.

Dalk 'n ROAST in die Weber maak op 'n Sondag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 11:12:14 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis wat ek dink ons volkie mis, Jan.  Braai is maar 'n  nuwerwedse ding.  In die verre verlede is dit waarskynlik maar net gedoen as omstandighede dit moeilik gemaak het om 'n behoorlike ete voor te berei, want die tannies kón kook, selfs op die Groot Trek.  

Toe ek klein was en daar was 'n familiesaamtrek, was die tafel gelaai met soveel boerekos dat jy moedeloos gaan aansit het.  En as jy die hoogvolbord bemeester het, dan is daar nog die nagereg, gewoonlik souskluitjies.  En so vieruur, na die grootmense 'n uiltjie gaan knip het en die kinders probeer het om nie te veel geraas te maak in hulle spel nie, is 'n waatlemoen geslag, en jy het weereens geëet tot jou oë skrefies getrek het.  Ek moet sê vroulief sou nie vir die tannies teruggestaan het nie.

Ek ken mense van ongeveer my ouderdom, waar die vrou baie trots verklaar dat sy nie kan kosmaak nie.  As jy by hulle gaan kuier, moet manlief maar braai.  Pa en die seuns moes blykbaar maar altyd wegneemkos koop of maar braai as hulle honger was. 

En sommige trotse braaiers verstaan ook nie hoe om te braai nie.  Vra vir jou hoe wil jy jou steak hê, sê jy medium-rou dan kry jy dit na 'n halfuur oor 'n louwarmvuur, uitgedroog met nog so 'n bietjie pienk in die middel.  Ek aanvaar almal wat op hierdie Forum is, wéét hoe om te braai, so moet asseblief nie aanstoot neem nie.  Maar weet hulle vrouens almal hoe om te onthaal?  As die antwoord ja is, ook geen rede om aanstoot te neem oor die vraag nie.

Ek weet ek stir, maar die Forum is deesdae bietjie kalm na my sin.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 11:22:05 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 758
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Swanie, watter stelling?  Hoekom?

Ons braai so baie omdat ons vrouens nie meer kan kook nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 11:26:51 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek sit nou en dink wanneer laas het ons in die huis kos gemaak, dis elke aand buite in die lapa.

Gaan weer vis braai vannaand.

Sou dit tog gedoen het as ek kon kamp.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 11:29:54 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Probeer om te braai of te spit elke Sondag. 

Sit a bout of twee hoenders op die spit en dan maak vroulief lekker nagereg ens. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 12:05:12 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

'n Ander aspek van braai wat ek met huiwering hier wil noem, is dat die braai van vleis garsinogene (kankerveroorsakende  stowwe) skep.  Beide die rook en die verhitte vleis self is karsinoginies.  En natuurlik, hoe meer ons hieraan blootgetel word, hoe groter word die waarskynlikheid daarvan.  Daar is baie artikels wat dit bevestig op Internet, oa

https://www.cansa.org.za/files/2017/04/Fact-Sheet-Dangers-Meats-Cooked-at-High-Temperatures-April-2017.pdf.

Maar dan weer, as ons eet, gaan ons dood daarvan, as ons nie eet nie, gaan ons nog  gouer dood, so wat kan ons doen om veilig te bly.  Dit lyk my maar net hoop vir die beste en onsself geniet.  Ons rook ook terwyl ons weet van al die gevare daarvan, so wat sal een ekstra gevaar nou juis saak maak?  Soos die Bybel sê, 'Eet en drink en wees vrolik, want môre gaan jy dood'

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 13:21:38 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 959
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ons braai so baie omdat ons vrouens nie meer kan kook nie

Ek glo dat Fred se stelling met "tong in die kies" gemaak is.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 14:10:11 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Fred, soos jou laaste sin dit is wat ek doen. 

Dokters glo ek lankal nie meer nie. Soos Tim Noakes elke jaar sy siening verander. Toe ek in die laat sewentigs begin Comrades hardloop het is soutpille aan ons uitgedeel. Later was dit gif. Toe het ons te min vloeistof gedrink wat later verander is dat te veel vloeistof gevaarlik is. 

My siening is nog altyd doen alles matig en oefen as jy kan. Myself eet omtrent alles behalwe vet aan vleis want ek kry dit nie afgesluk nie en eiervrug want die het ek nog nooit lekker gevind nie. 

Iets wat soet is wys en nie weg nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 17:44:20 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 639
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Fred, 'n dokter het in die sestigerjare vir my oorlede vader gesê…...met daardie vurk wat jy na jou mond toe bring, is jy besig om jou graf te grawe. My vader se antwoord was.....dokter, kos het my groot gemaak en as dit my moet dood maak, dan moet dit my maar dood maak.

WWie wil in elk geval gesond doodd gaan.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 20:27:39 pm
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 573
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Ek stem saam met Fred, ek sal net stelling bietjie aanpas (met permissie Fred) deur te se dat "hulle kan nie kook nie" na "hulle wil nie kook nie", NIE omdat hulle lui is nie maar omdat hulle mans so LEKKER braai......en hulle het minder resgtaan werkies om te doen.laughing

Ander feit.......die gebruik van aansit Sondag etes is besig om heeltemal te verdwyn. Ek weet nie wanneer laas ons om 'n tafel gesit het as familie, vriende en 'n maaltyd geniet het nie....met poeding ens. Ek dink dit was toe my kinders voorgestel was so 15jaar gelede. Die TV kamer het alles oorgeneem. As jy gebraai het sit almal buite om die vuur of in tv kamer en eet, g'n by eetkamer tafel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 20:55:14 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons het 'n ronde tafel in die eetkamer en een onder die afdak by die braai/buite kook geriewe. Geen rangorde by 'n ronde tafel nie.

Die lekkerste kuier is om 'n ronde tafel waar agt mense gesellig kan verkeer. Almal kan met almal praat, en niemand hoef te skree om gehoor te word nie.

Ek het altoos gewonder waarom raadskamers nie ronde tafels het nie. Seker omdat die "baas" aan die "hoof" van die tafel wil sit.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 20:55:56 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1188
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Expo/Jan die Sondagmiddagete het minder belangrik geraak weens verskeie redes.  Een is seker omdat dit meeste Sondae net Ma en Pa is by die huis.   Nou met Covid het ons drie maande laas saam met enige van die twee kinders se huise om 'n tafel of selfs 'n braaivuurtjie vergader.    Ons het by die lapa vergader sonder die TV en ook in die sitkamer waar die binnebraai is  en ook sonder die TV. 

Sodra die grense oopmaak sou ons graag weer by Kamonande Wildreservaat in die kinders se huis gaan kuier.   Groot Ma en klein ma's hoef nie te kook nie.   Hulle verdien 'n ontspan;   netsoos ons mans ontspan met die vuurtjie wat knetter.

Met al die kinnerlike geloof wat ons kan opkommandeer ry ons om 6 September by Berg&Dal in te klok.  

Groete

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 09:04:48 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

My vroutjie se kos is altyd vrek lekker. Sy kan n pot jungle oats laat proe soos pudding. 👍

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 10:31:50 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink 'n belangrike stukkie van ons kultuur, naamlik die kook- en bakkuns, is besig om verlore te gaan. Ons is besig om soos die Amerikaners, almeer te steun op wegneem-etes en kitskosrestaurante. Dis ook 'n ander ding wat pla- ons restaurante raak ook almeer maar net plekke wat 'n stuk vleis op die vlamme gooi en dit bedien.  Ons raak almeer tevrede daarmee in plaas van 'n bord vol wat ons graag noem, 'boerekos'. Die naaste wat meeste restaurante daaraan kom, is die groot etes wat sommiges op 'n Sondag bedien.  Dit is seker verstaanbaar want baie vrouens werk deesdae en dit sal onredelik wees om van hulle te verwag dat, wanneer hulle vyfuur of selfs nog later, tuiskom, nog 'n volle maaltyd te berei.  Maar kan ons nie maar oor 'n naweek bietjie Ouma en Ma se erfenis probeer voorsit nie? Wat van een Sondag braai en die alternatiewe Sondag 'n behoorlike ete voorberei?  Wat van net iets soos bobotie en geelrys- dis tog ook een van ons tradisionele disse.  Daar is baie kookboeke as ons nie weet hoe om dit te maak nie.  En dan ook, waarom moet Vroulief alleen die kokery behartig?  Manlief kan tog seker ook iets anders as braaivleis en pap (of broodjies en slaai  in die Kaap) maak of hoe?

Soos iemand hierbo genoem het, het ek hierdie draad tong-in-die-kies begin, maar dit is tog ook vir my 'n bietjie treurig dat een van die aspekte waarop ons ons geroem het, so stadig besig is om te verdwyn.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 13:50:10 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Net soos kerse en parafien lampe na gloeilampe en nou na LED ligte, harde kopie koerante en tydskrifte na elekroniese weergawes en binnebrand engins na elektriese weergawes verander het, het mense se maaltyd voorkeure ook verander.

Toe ek klein was het ma alreeds op Vrydag of Saterdag begin om die Sondagmaal voor te berei. Ons het nie braaivleis geken nie, want wie wou dan in die rook staan en vleis gaarmaak as jy baie geld aan 'n hout- of koolstoof met 'n oond spandeer het.

Ek kan onthou toe Cadac in die laat sestigs met hulle skottelskaar die samelewing getref het. Elke tweede kampeer gesin het skielik skottel ontbyt gemaak. Iets wat deesdae selde gesien word, want die skottel het sy populariteit verloor ten gunste van die gegote yster plat ronde plaat wat op drie branders geplaas word, en wat van biefstuk tot garnale ook heerlik kan gaarmaak. Weber het byvoorbeeld 'n kookboek (ook in Afrikaans beskikbaar) wat 320 blasye beslaan op die mark.

Wat ek eintlik maar wil sê, die manier van doen, gewoontes, produktiwiteit, toerusting en energie bronne het naas baie ander aspekte in ons samelewing baie verander vandat ek 'n kleuter was. Ons het elke grieseltjie van 'n slagding verbruik. Hoeveel mense is vandag bereid om skaapkop of afval te eet? 

Vandag dink ek met heimwëe terug aan goeie tye, maar wil nie die ou tyd terug hê nie.

Dit is voorwaar lekker om so nou en dan ou resepte te beproef, met dien verstande dat 'n bekwame persoon agter die potte staan. 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 15:09:38 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jy is natuurlik reg Pieter.  Ek aanvaar nuwe dinge redelik maklik, maar is nogtans soms bietjie nostalgies oor wat verbygegaan het.  Ek stem saam dat braai 'n modegier is wat sekerlik mettertyd ook sal begin vervaag.  Ek braai soms maar ek kan nie sê dis my gunsteling tipe ete nie. 

So 'n dekade of drie-vier dekades gelede was dit potjiekos en almal het daarin gespesialiseer- ook ek- en deesdae hoor jy skaars daarvan. Deesdae as ons kamp, maak ons sommer bredie- dis nou potjiekos in 'n vlekvrye pot op 'n elektriese warmplaat, want dis makliker en die resultaat is maar dieselfde.laughing Ek dink terloops potjiekos is dalk eerder 'n tradisionele ding as braai.  Ek weet dit nie- dis net vir my half logies dat kos vroeër eerder so gaargemaak sou word as om vleis oor 'n vuur te braai.

Ek het terloops nog my regte skottelskaar, die tipe wat van 'n skottelploeg af kom, 'n Cadac skottel asook die swaar vierkantige potysterplaat met vier pote wat ons destyds baie gebruik het.  Ek wonder wat volgende gaan kom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 17:20:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gister aand se vis braai was weer n wenner.

Vannaand maak die Girl kos.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 18:29:20 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Fred, ek vermoed in die voortyd toe trekkers in ossewaens die land deurkruis het en daar gereeld vir die pot geskiet was sou ons nie so gemoedelik aan braaivleis gesmul het nie, vir die eenvoudige rede dat bees, skaap, vark en hoender destyds nie vrylik beskikbaar was en spesifiek vir die maar grootgemaak was nie, en wildsvleis op die kole glad nie so goed afgaan soos wildsvleis in 'n pot nie.

Daardie hoenders op ons plaas wat vrylik rondgeloop het se vleis was amper net so taai en het amper net soos tarentaal gesmaak, want hulle was "wild". As daardie hoenders vandag op Checkers of Picp & Pay se rakke sou beland sou niemand hulle monde daaraan gesit het nie, afgesien van die eise vir tandarts reparasies.

Ek weet nie of jy onthou hoe ons destyds eers ons plaashoeders vir 'n uur of wat moes kook voordat ons dit kon braai nie, anders was dit oneetbaar taai.

Ek het self aan die begin tagtigs op die potjiekos wa gespring en Matie Brink se resepteboek slaafs nagevolg. Huisgenoot se Potjiekosboekie het baie beter resepte gehad.

Ongeag, 'n beesstert potjie, kerriehoender potjie en skaap skenkels potjie met net uie en aartappels bly steeds my gunstelinge. Ek hou nie van potjies met 'n klomp groente in nie. Dit bevoeter net die smaak van ordentlike vleis. Maak liewer die groente apart gaar. Blomkool, pampoen, patas en groenboontjies word in elk geval net opgeneuk in 'n potjiekos pot en smaak individueel baie beter op hulle eie besonderse gaarmaak metodes. Ek wil drie dae later die oorskiet potjie kan warm maak sonder dat daar vreemde geure uitkom.

As ek groente wil eet braai ek liewer sommer 'n stukkie hoender of vis.! 

 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 19:58:36 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2207
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ja daardie plaas hoenders was taai. As jy 'n boudjie in die pot gooi het die vleis so opgetrek dat die onderste deel van die been kaal was. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 07:26:39 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Wat jy sê oor die werfhoenders is heeltemal waar Pieter.  Op die familiesaamtrekke wat ek hierbo noem, was dit altyd een van die vleissorte op die spyskaart.  Maar hulle het baie goed gesmaak.  Daar was so 'n lagie geel vet wat uitgebraai het en hulle het soos HOENDER gesmaak.  Hoendervleis was ook een van die duurder vleise waarskynlik omdat hulle op kleinskaal verbou is en nie op hormone grootgeword het nie.  Ons het gereeld op die dorp waar ons gewoon het, so 'n vyftig dagoud hennetjies in die winter gekoop, hulle grootgemaak en laat eiers lê wat verkoop is, en hulle dan na 18 maade net voor Kersfees lewendig verkoop.  Sodra ons 'n kenniegewing opgesit het dat hoenders te koop is, het hulle binne enkele dae nuwe huise (lees potte) gevind.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 12:56:23 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1554
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Wanneer vriende of die kinders by my kom braai is die ooreenkoms dat elke persoon of familie genomineerde sy eie vleis braai.Vir die doel het ek n groot braaidrom waarop n groot braairooster pas [oop rooster] gemaak en almal kuier rondom die braaiers 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 13:34:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met die krag wat weer af gesit word, is dit lapa toe en groot vuur vir hitte die naweek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2020 @ 15:34:25 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Ek het ook so 'n klompie jare terug 'n ding gehad met 'n werf hoender.  Het al vergeet van jare terug op die plaas en hoe taai so 'n hoender kon wees.  Die Sondag is hy pot toe en die ander groentes ens. ook gaar gemaak.  Toe ons aansit en klaar tafel gebed gedoen het toe is die hoender so taai, elke ou moes maar sy stuk terug sit in die bak, die ete was toe net rys met hoender sous, aartappels en groentes.  Die hoender is toe vir die volgende dag se ete weer pot toe en toe vir 'n tweede keer in die borde beland. Darem so sag dat 'n mens hom kon eet.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za