English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 739
topics: 10 892
replies: 126 451
views: 38 914 702
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Spare Wheel Bracket

replies: 15
views: 276
11 Oct 2019 @ 08:09:54 am
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 06 May 2015

Goeiedag mense ek is opsoek na bietjie hulp. Ek het n Jurgens Expo en ek wil n bracket maak om die spaar onder die karavaan vas te maak. Het jul vir my enige raad of fotos van so n bracket wat gemaak is. Sal hulp waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:04:46 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Maak een soos wat die venter waantjie se spaar onder vas kom.

Dink dis die beste voorbeeld.

Sit net n ketting en slot oor dat hulle hom nie kom afhaal nie.

Stekte.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:37:37 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Die gedagte van 'n spaarwiel onder die karavaan gaan nie so goed af by my nie, net so moeilik soos dit is om die Fortuner se spaarwiel uit te haal, net so moeilik sal dit seker wees om 'n wiel onder die karavaan uit te haal. Onthou, die Fortuner het 'n draai-stang wat die wiel laat sak, hoe gaan dit werk met 'n karavaan? 

As ek regtig nodig het om die spaarwiel uit sy plek voor-in te verwyder, sal ek dit dalk oorweeg om die wiel eenvoudig in 'n sak te sit en binne-in die karavaan te plaas. Of op die Fortuner se dakrak.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:56:21 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2553
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar was op 'n kol 'n affêre op die mark wat deur een van ons gewese lede, ene Benkie,  gemaak is, wat aan die disselboom vasheg waaraan die spaarwiel vasgebout word.  Die swaai dan na die kant om toegang tot die neuskas te gee.  Ek kan nie vinnig 'n foto daarvan opspoor nie, maar kyk gerus na hierdie draad op 4 Januarie 2018- dis soortgelyk.  As die gewig op jou haak reeds groot is, kan die ekstra gewig dalk problematies wees, maar hierdie het vir my soos 'n goeie idee geklink.

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Spaarwiel.htm?forumaction=1&loadcategory=1012&loadpost=250152479&highlight=benkie#ForumsAnchor

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 12:21:44 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1341
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Of kry 'n bakkie gedoente by 'n skrootwerf, of dalk daai rakke wat die taxi/bussies het. Maar ek stem saam met Fred, die alreeds pynlik om bv my Ranger se wiel uit te kry, hou die ding liewers los. Jy wil nie as jy 'n papwiel het langs 'n besige pad met lorries wat teenaan jou verbyjaag nog met so 'n gedoente sit nie, dis reeds erg genoeg om dan die wa te lig en wiele te ruil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:45:59 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek is ook nogal baie lus vir onder die karavaan.. Want daar is baie spasie vir hom...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:16:45 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1918
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Iewers is hier fotos van die een wat Benkie gemaak het op die forum. Ek het paar maande gelede langs n ou gekamp wat vir hom so een gemaak het soos wat Benkie gemaak het. Speedy Exhaust het vir hom gewone uitlaatpype gebuig en hy het toe die res gesweis. Baie netjiese werk en ek moet se praktiese ontwerp. Dit lyk netjies en val goed op die oog.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:39:32 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Woonwa se spaarwiel gaan in die kar. Gebruik die 15-20 kg vir ander goed in die wa.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 17:42:38 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1311
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

← Mine is on the back. See the avatar photo on the left.

Had no problem, but then again, I do have an air-con mounted in the nose cone, so they probably balance each other out.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 18:00:39 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

My Fleetline se spaarwiel is agter onder die wa gemonteer. Die lugreeling is voor in die neuskas en die twee se gewig balanseer mekaar omtrent uit.

Die spaarwiel word deur 'n tipe "butterfly nut" vas gehou. Dit is baiee ongerieflik om die spaarwiel af en uit te kry. Eerstens moet jy onder die wa in kruip en dan moet jy prober om die spaarwiel in plek te hou met een hand terwyl jy nie "nut" los draai. Nodeloos om te sê dat dit 'n onmoontlike oefening is. Die wiel vergruis omtrent jou hand as hy skielik daar los kom.

Om die wiel na die tyd weer terug te sit op sy plek het jy 4 hande nodig en albei persone moet onder die wa in kruip. As dit nie vir die problem met die gewig op die sleepstang was wat ek reeds ondervind nie, sou ek eerder die spaarwiel op die A raam gemonteer het.

Ek het die wa so gekoop.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 18:38:33 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 542
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Ek trek my spaarwiel saam met my bakkie se spaarwiel op. by die oord haal ek hom uit sodat my bakkie se wiel gesluit kan word as ek daar rond ry... Sien nie kaans om onder die lae karevaan in te wikkel om spaar uit tesukkel en dan weer terug te sit nie sal ook nie onser karevaan inklim as hy op 'n jack is nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 21:58:29 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 516
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years

If you log into Latest galleries scrole down to page 293  of 19th september 2015   you ill see 2 photos of the caravan spare wheel brackets I used to make when I still had my bussiness  will give you an idea what they looked like Sold business in 2013

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 07:06:58 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2553
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Thanks Benkie!  To make it easier to get to, here is the link: 

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Spare-Wheel-Bracket.htm?forumaction=1&loadgallery=1560#ForumsAnchor

It is good to hear from you again Keith.  I, and I believe the whole camping community on this Forum,  have missed your practical insights on many subjects around camping.  I guess you have unhitched permanently now?  Clearly your heart is still with camping otherwise you would not have picked up on this thread.  Don't be a stranger.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 07:11:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

If you log into Latest galleries scrole down to page 293  of 19th september 2015   you ill see 2 photos of the caravan spare wheel brackets I used to make when I still had my bussiness  will give you an idea what they looked like Sold business in 2013

Benki se sparewheel bracket 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:35:32 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5110
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek probeer dink aan iets soos die Sahara karavane wat mens die knoppie druk en die motor laat sak die kabel van spaarwiel tot onder.. Alhoewel min plek onder die fleetline vir so iets... Maar ek wil baie graag elkgeval my fleetline nou maar lig met 30-40mm.. Maar of dit verskil sal maak vir die plan weet ek nog nie.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 17:40:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Benki se sparewheel bracket 

My niggie hulle het op hul 1996 Expo die tipe spaarwiel bracket gebruik.  Dit is vir my die beste idee.  Ek sal net n wiel cover ook oortrek

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required