Tent penne, toue, stopblok, spaarwiel, gasbottel en waterbottel, besems en dis al.
Mostly things I need as I get to the camp site and that are not too heavy ..... spare wheel of course, corner stay spanner magafter, electric cable, ground sheet, 2 of those small fold up stools ('n man moet so intussen rus met die uitpak), small portable braai.
No gas bottles ... we don't use gas
Goeiemôre Vriende.
Geert hierboe verwys na 'n vorige draad oor neuskas-gewig. Dit is moontlik die een wat ek ingedien het oor die maksimum gewig wat volgens Jurgens in die Swing se neuskas geplaas kan word, nl 25kg. Net die spaarwiel weeg 21kg. Dan is daar diegene wie 'n lugversorgingseenheid in die kas monteer - dit pla seker nie op die dubbelas waens nie maar ek dink dit is te swaar op ander waens.
Die dun bodemplaat van die neuskas (van die Swing spesifiek) is maar nie te waffers vasgeskroef aan die onderstel nie.
Dit is dus wyse raad om die spaarwiel en ander swaar goeters elders te plaas as in die neuskas.
groete
Johan, in my Swing is die plakkertjie van Jurgens agter die spaarwiel aangebring waarop die beperking oor die gewig aangedui word. Ek het dit eers raakgesien toe ek die spaarwiel uithaal om aan die bodemplaat te werk. Dalk is daar iets soortgelyk in die Jurgens modelle "weggesteek" of in die handleiding gemeld.
As ek voor die neuskas staan is die spaar wiel regs en die
Hou altyd daarvan om te kyk na ń ou se neuskas dit sê vir my watse persoon hy is as alles pynlik netjies is hy ń perfeksionis ens.
My Exclusive het uitgekom met 'n spaarwiel, twee vol gasbottels en die stut-slinger in die neuskas. Ek het die volgende items bygevoeg :-
Die wa se battery kom voor die neuskas, in sy spesiale hokkie op die A-raam.
Bo en behalwe die ander voordele, het ek juis my lugversorger op die stert laat aanbring sodat ek nie pakspasie in die neuskas hoef prys te gee nie. Die neuskas is my "garage" as ons kamp en niemand lol daar nie !
Dis ń ininteresante onderwerp waar is die ouens wie se neuskas soos ń nagosie kassie lyk of is hulle bang om te antwoord
Stef
Nou waar is joune ? (of is jy ook bang)
Wilsur ek's nie bang nie ongelukig kom my ryhuis nie uit met ń neuskas kas nie
Toe ek nog my karavaan gehad het was ek ook een van daai persoone wat elke ding sy plek gehad het alles het iingekinp kon presies sien waar's alles is sonder om te soek kon sukkel nie vat nie
In my neuskas is n 3l v6 en 2 batterye, jy sien
WJ ek kan nie eers van my engine praat nie hy is onder my sit plek is altyd bang daar kom ń piston verby my 😃😃😃
Allerhande los maar ook ligte goed word daarin geprop tot dit vol is. As ons eers opgeslaan het, word die leë sakke vir die tentpenne, tentpale, tentseile en so aan daarin gebêre.
As enige korporaal dit moet inspekteer, hardloop ek 'n paar keer om die kampterrein...... wag, deesdae kan ek die kinders stuur om dit vir my te doen!
Dit lyk uiteindelik so half soos 'n vrou se handsak daar binne.
A-nee-a Johann, daardie spaarwiel kort 'n bietjie politoer !
Stem Len, hy moes die binne kant ligter geverf het dan was dit ook nie so donker nie.
Johann baie netjies. Myne gewoonlik ook volgeprop met alllerhande goed waarvoor ek nie ander plek voor het nie. Ry my eie stainless steel braaier saam en die kom ook daarin in sy eie sak alhoewel ek hom skoonmaak voor ek oppak.
Het juis groter wa gekoop sodat alles 'n plekkie het en niks eers uitgedra of uit kar gelaai moet word nie. As ons stop net stoele uit en awning afgerol en dan kamp ons met 'n kouetjie.
Ek sal ook nie weer foto plaas van neus kas nie my wa se neuskas baie deurmekaar
Dit is darem nie al wat in die neuskas gaan nie, die gasbraaiers se pype en mellets ens, het ek so vas gesit omdat dit verlore raak onder ander goed bv. grondseil ens.
My idee was om die los goed vas te sit, waar dit handig bygekom kan word.
Ek gaan die spaar nou was en waks, Lennie
Die grootste probleem met my wa se neuskas is, dat dit onder tussen die kas en die wa oop is, en klein los goed sal verloor, dis ook rede vir die "tool clips".
Ek het 1.5 meter 12v strook LED ligte in die neus kas vir die donker, werk met gewone bed lamp skakellaar.
Veselglas splinters!!
Johan, die gesukkel in die aande om iets te kry het my gefrustreur. Die led stroke het ek vir my so paar meter by elektriese handellaar gekoop, en sny stukke af soos benodig.
Ek het bokant my vrou se naaldwerk masjiene ook so strook geplak en dit deur 'n transformer gevat, en net onder die rak gesit dit dit nie die oë verblind nie.
Onthou net, die goed is polariteits bewus, maak maar seker wat is positive en negatief.
@ Pieter ek het gelukkig nie soos jy 'n ernstige probleem met veseglas nie, geen reaksie met my liggaam nie.
Tonki het datem n oplossing wat ek gaan moet probeer. Ek sien net probleme kom.. maar verder is daar nog net spaarwiel, gasottel, waterkan, en verder kan ek nie onthou nie.. maar die ding lek water, ai tog, so kan nie veel elektriese toerusting insit nie... ek kan nie glo nuwe karavane kek vandag nog water nie! Elkgeval, wetie wat mens nog in neuskas kan sit nie??
Albert, die pension tyd word nou so lekker benut, ek gaan werk sommer weer sodat ek weer op pension kan gaan, nou kry ek tyd vir dit wat ek graag wil doen en geniet.