English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 830
Total Views: 83 250 578
topics: 11 578
replies: 139 240
views: 39 343 565
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

tref and trap ongeluk

replies: 7
views: 298
04 Feb 2020 @ 11:33:02 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Dit is interesant hoe goed social media vir die regte ding gebruik kan word. Gister oggend is n kind raakgery by n skool in Bedfordview. Die bestuurder het net dood eenvoudig weggery. Het op een van my whatsapp groepe n versoek gekry om die foto met die kar en die kar se registrasie nommer aan te stuur. Die Pic het viral gegaan en ongeveer 12 uur is die kar opgespoor en die man gevang. Ongelukkig weet ek nou nie of die kind okay is nie.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:09:10 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dit gebeur al hoe meer dat mense net wegry na 'n ongeluk. Gelukkig is die persoon gevang en hoop die kind is nie ernstig beseer nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:17:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Deesdae met al die selfoon kameras en geboue se sekuriteits kameras in die omgewing gaan dit moeilik gaan om weg te kom met iets.

Big Brother is watching.  Jy moet maar stop en doen wat reg is.

As mens op sulke ongeruimdhede af kom kan mens twee dinge doen. Net daar en dan betrokke raak en help om 'n situasie uit te klaar.  Of jy kan net jou foon vat en alles rustig afneem.  Erens tusen môre en nêrens gaan jy iemand kan help.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 20:54:50 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Darm is die bliksem gevang.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 21:39:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2192
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

En dan pleit hy dat hy onbewus was dat hy die kind raakgery het. En almal wat dit gesien het,het niks gesien nie want hulle gaan nie in n hof getuig nie. Alles verniet.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 06:50:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja betrokke raak of glad nie wil help nie is seker maar 'n mens se eie keuse.  Al wat jy deesdae moet doen is om dit op sosiale media te plaas.

Dan is jy op 'n indirekte manier betrokke.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 10:03:59 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4742
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Hoop julle laat hom bietjie slap innnie tjoekie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Feb 2020 @ 14:16:05 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Die voertuig bestuurder se verweer sou dan wees " het nie die kind gesien nie" So het 'n persoon een slag oor 'n rooi robot gery en my getref en sy beweer was hy het my nie gesien nie. So dan kan ek verstaan want hy moes dan glad nie die robot gesien het nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za