Lyk heel interessant. 'n Ou kan lekker sit en visvang so van die bak af!
Dis verseker 'n ding wat van die Aussies af kom. Ek sit sommer net so op die bak daai ding gaan tien teen een oor 'n R1000 kos.
Net soos die "Roof centre consol" wat mens kry. Die "mold" om die goed te maak is lankal klaar betaal maar steeds kos die ding R2600 +.
Dit kom seker agter op Ford klap. Dan kan jy rustig sit en wag vir insleepdiens. Haha grap net!!
Dit sal lekker werk in die bos
Pah! Laaankal verby,
Ons Landy ouens gebruik mos kop....
Ekke sit nie ongemaklik in die son en piekniek hou of visvang nie, en beslis nie naaastenby R300 geldtjies uitgehaal!
Voor iemand dit in produksie wil plaas wil ek net 'n verbetering voorstel. Julle sal 'n ruglening en armruste moet bysit vir die manne wat so bietjie "anti freeze" in hulle koeldrank gooi!
Op 'n ernstiger noot. Hier is dalk 'n geleentheid vir iemand om na 'n maatskappy te gaan wat "molded foam" produkte vervaardig. Met enkele aanpassings kan dit selfs 'n bemarkbare produk wees as jy nie net vir jouself een wil laat maak nie. Dink byvoorbeeld aan 'n maatskappy soos die een wat die Bumbo sitplekke vir babas maak.
Jy kan een maak uit hout vir n' mould en maak een uit fibre
Voor iemand dit in produksie wil plaas wil ek net 'n verbetering voorstel. Julle sal 'n ruglening en armruste moet bysit vir die manne wat so bietjie "anti freeze" in hulle koeldrank gooi!
Op 'n ernstiger noot. Hier is dalk 'n geleentheid vir iemand om na 'n maatskappy te gaan wat "molded foam" produkte vervaardig. Met enkele aanpassings kan dit selfs 'n bemarkbare produk wees as jy nie net vir jouself een wil laat maak nie. Dink byvoorbeeld aan 'n maatskappy soos die een wat die Bumbo sitplekke vir babas maak.
Lyk goed rugleunings en al.
Julle manne kan n plan van ver af sien aankom.
Geen idee waar om dit te koop nie. Dit behoort egter nie moeilik of duur te wees om so iets te maak of laat maak nie.
Die bakkie is mos nie padwaardig as al sy sitplekke nie van veiligheidsgordels voorsien is nie.
Ongeag, dit is mos 'n gevaarlike besigheid daarsonder. 'n Man kan dalk afval na 'n paar doppe, veral as daar oor hobbels gery word!
Daai is nie vir ry nie. Dit is vir papgooiers wat sit en drink (ekskuus, ek bedoel visvang!!).
Ons ouens wat met vlieghengel speel, kan nie te veel sit en drink nie. Daardie vliegie met sy skerp hoek kom heeltemal te vinnig en te naby aan jou oor verby.
Kanneman, met die meeste bakkies wat deesdae Hi-Rider tipes is, is daar dalk tog meriete in veiligheidsgordels. Dit geld selfs vir stilstaande bakkies. 'n Man wat vooroor van sy stoel afval kan dalk 'n paar tande verloor.

Lekker Herman.