English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 798
Total Replies: 239 832
Total Views: 82 811 920
topics: 11 125
replies: 130 699
views: 39 094 548
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

oujaars aande in kampeer terein

replies: 30
views: 7331
08 Jan 2016 @ 15:31:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15083
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek sien dis maar algemeen dat kampeerders op oujaarsaand bietjie "uithaak" op kampeer tereine. Ek geniet dit om almal in n vrolike bui te sien en hulle aand te geniet...het nie probleem met bietjie ekstra lawaai op diè aand nie. Het n kampeerder gesien wat heeltemaal daarteen gekant is en soek absolute stilte vanaf 10pm wat ek voel bietjie onregverdig is....dis mos daai een dag van die jaar waar meeste familie en vriende kuier tot na 12am. Ek praat nie van oorverdowende musiek nie...net n lekker vrolike kuier. Hoe voel julle daaroor?
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 15:41:22 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5684
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Gelukkig is dié oom so half doof en as ek slaap dan slaap ek. 2014 het die manne by waenhuiskrans kom verskoning maak die volgende dag maar ek het hulle skaars gehoor. Agter my was klomp kleurlinge wat kwaai musiek gemaak het met instrumente.
Dis net as dit al saans se harde doef-doef musiek is wanneer ek uithaak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 16:15:22 pm
Anonymous

Gee ook nie om vir daai een aand nie, al wat ek erg verpes, verskoon die woord, is die dem harde klappers wat so lawaai en GEEN doel het nie, dis maar net my opinie.

Wat my ergter meer bekommer, is die vuurpyle wat in woonbuurte geskied word, ek het my grasdak nat gespuit vir in geval, en Saterdag oggend twee stokke in die erf op getelsealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 17:01:33 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek stem saam dat Oujaarsaand die een aand is wat jy dit vir mense gun om hulself te geniet en te kuier tot na twaalf.   Lag en gesels, lekker musiek maak en vrolik wees.  Niks verkeerd daarmee nie.  As ek op 'n stadium kom waar ek wil hê die kampterrein moet tjoepstil wees teen 9 of 10 uur op Oujaarsaand, dan sal ek weet, die tyd het aangebreek om eerder daardie tyd by my huis te bly.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 17:15:15 pm
Anonymous

Ek stem saam dat Oujaarsaand die een aand is wat jy dit vir mense gun om hulself te geniet en te kuier tot na twaalf.   Lag en gesels, lekker musiek maak en vrolik wees.  Niks verkeerd daarmee nie.  As ek op 'n stadium kom waar ek wil hê die kampterrein moet tjoepstil wees teen 9 of 10 uur op Oujaarsaand, dan sal ek weet, die tyd het aangebreek om eerder daardie tyd by my huis te bly.laughing

Freda, ek stem saam met jou siening, maar hoop dat dit nog lank gaan vat voor julle daar kom.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 17:22:23 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek ook Johann.laughing   As ek eerlik moet wees, vir my is dit soms, selfs buite seisoen, baie stil in die kampe.  Toe my kinders nog saamgekamp het, was daar baie meer aktiwiteit, vure wat brand, mense wat gesellig vertoef, as deesdae.   Ek dink, in die hedendaagse lewe is mense net te moeg vir sulke dinge.  Die lewe is te besig en almal wil net RUS as hulle die kans kry.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 20:32:54 pm
Anonymous

Ons gee ook nie om as mense kuier ens nie, ons slaap deur dit.. ... MAAR ek was altyd ook nie gepla deur vuurwerke nie, maar my 2 jarige is erg daaroor.. sy spring met alle krag en mag uit en hardloop vir haar lewe. Sy kom sit en bewe met haar handjies oor haar ore en stres haarself in ander dimensie in.. ek glo ook daars n tyd en plek vir dit, en woonbuurte en karavsanparke is glad nie die plek nie.. nou sien ons na die vuurwerk situasie, raak sy nou so oor donderweer ook...nou hou dit nie net een aand vir ons nie, ne?

 

Kuier is een ding, dit pla my en my kind nie, maar ja, ek glo ook as jy darem bietjie respek kan betoon vir die wat rustig wil wees, sal jy jou kuier rustiger hou

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 20:40:35 pm
HVR
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 14 May 2012
Experience: 31 years
Kan nie dink dat daar parke is wat vuurwerke toelaat nie. Nylon, canvas, droe somer gras meng nie met brandende voorwerpe nie.

Voel wel die sensitiewe samelewing het wel oorboord gegaan dat daar amper geen meer strande is wat vuurwerke of glasie sjampanje oor nuwe jaar toelaat nie. Daar was meer SAPS lede of Gouritz se strand as by die opening van parliament om mense met sjampanje en vuurwerke te keer.

So ver ek weet is dit net Stilbaai met die 2 strande "kompitisie" wat elke kampeerder ten minste een keer moet ervaar.

As vir mense wat kla oor gekuier en joligheid oor Oujaarsaand moet maar liewer hulle windskerms gaan plant in the outehuis se tuin oor Desember.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 21:09:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15083
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Op Ballito se strand het ook honderde mense bymekaar gekom om vuurwerke te aanskou en n champaingne te geniet....was regtig n geseligge atmosfeer....
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2016 @ 23:34:33 pm
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 286
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 32 years

Gee ook nie om vir lekker kuier op oujaarsaand nie maar die vuurwerke het 'n probleem geword.

Ons is al vir 22 jaar die Desember vakansie by ons plekkie in Margate. Die afgelope 5 jaar het die owerhede geen beheer oor die gebruik daarvan. Van voor Kersfees begin dit al en hier van die 29ste is dit elke aand van vroeg tot laat en dan natuurlik oujaarsdagaand begin dit al voor donker en klink dit soos die tweede wereld oorlog tot na twee. Daar word letterlik miljoene rande se vuurwerke afgestuur. Ons hondjies word mal van die lawaai al verdoof ons hulle.

Van verlede jaar af vlug ons vir daai paar dae Underberg se omgewing toe. Salig. Vuurwerke? Hoe spel mens dit.

 

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 07:10:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15370
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ou jaars aand is party aand. En ek dink dit is onredelik om van mense te verwag om stil te wees op so aand. Het dit nog net twee keer ervaar gedurende Desember en beide tye was dit stil in die kamp teen 1 uur die oggend. Daarna het almal lekker laat geslaap die nuwe jaar in.

Dink mens moet maar sterkstaan die tyd van die jaar en eerder die tyd geniet saam met almal.

As ons by die huis is op oujaar gaan ons gewoonlik Middernag Erediens toe. Nogal 'n lekker gevoel om die nuwejaar op so Stil en Saak maak manier te begin.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 07:54:18 am
Anonymous

Ek kry ook so lekker as ek die grassnyer start, of hedgetrimmer 6uur in die oggend en die klomp wat my kind, en dus my rus ook versteur het, bietjie bykom.. dan moet hul mos aanvaar dis daglig en dinge begin gebeur.. 

 

Ironies dat die een ou daar uit sy huis vir my skree vir stilte, wat die hardste partytjies hou en self vuurwerke laat klap het asof dit nou groot pret is.. haha.

 

Klomp studente by kamp ook goeie hoofpyn gehad,dan speel ons lekker bal al vroeg vroeg... 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 08:36:58 am
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1885
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek hoef nie, en kamp gelukkig nie oor Desember nie, en is dus gespaar daarvan om te besluit of ek 'n lawaaierige oujaarsnag gaan verdra of nie.  Ek gun egter my medemens om te besluit watter vorm van oujaarsnag hulle verkies om te gebruik, of dit nou tuis by my huis is en of dit by 'n kampterrein is.

Maar, as die geleentheid by 'n kampterrein is met talle tente of by 'n oord waar daar dikwels talle grasdak strukture is, verwag ek dat bestuur streng reëls sal hê wat die afvuur van vuurwerke verbied met gepaardgaande uitsetting-strawwe sou dit oortree word.

Hier by ons in die Kaap is Desembermaand ook Suidoos-maand en brande woed oral.  Ek dink dit is uiters onsensitief om in hierdie tyd vuurwerke af te vuur op plekke wat nie spesiaal vir die doel ingerig is sodat brande indien dit sou ontstaan, vinnig geblus kan word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 08:44:20 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1023
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Ek is ook nie gekant teen een aand in n jaar waar mense meer joilg is ander dae, solank daar nie gevloek en bakleiery is nie, seker die volgende aand was alles weer normaal.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 08:48:45 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5684
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ek kry ook so lekker as ek die grassnyer start, of hedgetrimmer 6uur in die oggend en die klomp wat my kind, en dus my rus ook versteur het, bietjie bykom.. dan moet hul mos aanvaar dis daglig en dinge begin gebeur.. 

 

Ironies dat die een ou daar uit sy huis vir my skree vir stilte, wat die hardste partytjies hou en self vuurwerke laat klap het asof dit nou groot pret is.. haha.

 

Klomp studente by kamp ook goeie hoofpyn gehad,dan speel ons lekker bal al vroeg vroeg... 



Mooi man, los die gras sny vir 1 januarie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 10:00:42 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Oujaar by VCP was lekker. Almal het lekker gekuier. Oud en jonk saam. Die heel lekkerste was dat die skiet van klappers en vuurwerke verbied was. Daar was lekker musiek vir oud en jonk in die groot lapa en van die oueres het geskoffel tot 1-uur in die oggend. Ja ek dink dit n tyd vir lekker samesyn met familie en vriende. As daar suur pruime was dan was dit beslis in die minderheid en het ongesiens verby gegaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 11:02:24 am
ouvrou
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 28 Dec 2014
Experience: 45 years
Mens kry maar oral sulke suur gaaie maar dit pla ons gladnie. As jy moeg is sal jy deur dit slaap, anders is jy klaar uitgerus dus gaan huistoe en gaan werk jou moeg.
Klappers is en moet totaal verbied word.
Do it now or leave it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 11:27:37 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 545
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

dis natuurlik om die ou jaar uit te gaan en die nuwe te begin met jolyt (binne perke natuurlik). ons was vanaf 27 Des tot 3 Jan in Margate in 'n woonstel........en as daar nou een ding is wat my nou gatvol gemaak het is dit die vuurwerke wat afgeskiet was en ook ongemanierde springkane - starnd is tot oorlopens en totaal oorgeneem.

daar was letterlik miljoene rande se vuurwerke op die strand afgevuur. ek wens die vuurwerke wil in totalitiet verbied word. hulle sê diere se ore is duisendmaal meer sensitief as die mens se gehoor, so ek kan net myself indink hoe dit ons arme honde laat skrik en irriteer as die goed afgeskiet word. dis gebruik is nie eg S Afrikaans  nie en die asiërs en europese lande kan die goed met liefde op plekke indruk waar hulle permanent 'n lig sal laat skyn...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 16:51:19 pm
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 131
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 13 years

Ons was nou oujaar op Hartenbos en twee jaar gelede al wanneer daar vuurwerke was is wanner klok twaalfuur slaan en dan net op strande jy sien dit dan die hel kus vol daarna is dit weer doodstil danksy die Oordbestuurder wat daarvoor sorg.

WEES POSITIEF EN DINGE SAL GEBEUR
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 19:35:00 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4562
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ja n aand sal n ou niks doen nie maar n ou wil darem later rus kry vir jou siel geniet dit wat jy doen maar hou ander in aag
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 20:30:12 pm
Anonymous

Ons gaan ook graag kyk na die georganiseerde vuurwerke vertongs, dit is darem mooi, maar ek bekommer my oor die woonbuurte waar kinders met die goed speel. Daar is al baie lelike gevolge gewees. Te veel ouers se gevoel is net, "die kinders geniet dit, en dit hou hulle besig" 

Soos hulle sê, "bottom line" dit bly tog maar 'n vrolike gebeure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jan 2016 @ 20:37:15 pm
Anonymous

Dis nou wel nie vrolik vir almal nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2016 @ 20:22:00 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5720
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Wat my pla is daai nuwe gier wat so stil is, daai lantern ding, ek is altyd bang daai ding val voor hy uitgebrand is.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 06:42:34 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Ag Nee! wink  Kom nou almal - die kinders geniet die vuurwerke en veral die gekleurde vuurpyle!

Ek kan 'n klomp jare terug onthou toe hulle op Randfontein spesiale vertonings van vuurwerke gehad het op oujaarsaand. 

Hulle het ook by die OK se parkeer terrein destyds in Carletonville bymekaar gekom. Verkeers beamptes het in die dorp rond gery en waar hulle mense met vuurwerke gewaar het, hulle aangemoedig OK toe. Sodoende was dit baie beter beheer. Almal wat belang gestel het, het geweet waar om te gaan kyk en natuurlik was dit verder weg van diere. Ek wens hulle wil daardie gewoonte terug bring. 

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 09:47:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8736
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Alles kan gaan, los net die vuurwerke weg van my en n dronk ou van my GIRL af.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 11:40:16 am
Anonymous

Stem met jou Jin. Vuurwerke en dronk elemente is werklik 'n groot probleem veral as daardie ''Doef, Doef'' musiek uit die motor se kattebak kom met al die motor deure oop ook tot na 3-uur in die oggend.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 12:25:25 pm
Anonymous

Stem met jou Jin. Vuurwerke en dronk elemente is werklik 'n groot probleem veral as daardie ''Doef, Doef'' musiek uit die motor se kattebak kom met al die motor deure oop ook tot na 3-uur in die oggend.

Dennis, geen probleem met doef doef musiek nie, vat net 'n m**rse doef doef klapper en plaas dit in die kattebak, dit sal die laaste doef wees.wink

Net nie regtig nie, al voel mense so.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 12:29:57 pm
Anonymous

[quote] 1012,250115080 [/ quote] Dit het nie vir my gewerk nie omrede ek nie klappers gehad het nie. Die enigste klapper wat ek gehad het het was my hand, sit net met stukkende vingerlaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2016 @ 12:53:51 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Dennis Dennis los die geweld man. sealed Was ou jaar op Stilbaai se strand, Janet wou die vuurwerke sien, dit pla my nou nie as ek dit sien of nie. Wat well pla, is die skade wat die goed aanrig hetsy in die droe veld, lapas en diere wat daarvan will wegkom. Ek stem met van julle hier boo met 'n totale verbod op die goed. Daardie "Chinese lanterns" is ook erg, hulle was die oorsaak van 'n groot veld brand op Stillbaai so 'n paar jaar gelede. Dan kry jy party mense wat rooi flairs op skiet en die wind waai hulle land in of hy word sommer net plat geskiet.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jan 2020 @ 09:14:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15083
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Duisende mense het weer op Ballito se strande saamgedrom. Ek het nog nooit so baie vuurwerke gesien nie....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2020 @ 20:26:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15083
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required