Aangeheg is die vereistes en regulasies as jy die grens will oorgaan op vakansie. Die brief van 30 September 2020 is van SARS "Opening of Ports of Entry for International Movement of Persons and Goods".
Sal nog n ruk wag voor ek die grens na Namibie oorsteek
Dankie.
Ek het so pas van iemand wat na Nossob gaan gehoor dat die grens by Mata Mata NIE oop is nie, ook nie die een by Ariemsvlei nie. NET die Vioolsdrif grens is oop na Namibië. So indien jy vanaf Nossob wou reis na Namibië sal jy al die pad terug na Upington moet ry en dan daarvandaan na Vioolsdrif.
Ons wag ook om te hoor of RSA die grendel status gaan lig, maar ek ...
Die plan is Desember Swakop toe.
En ons gaan einde Oktober vir n midweek berge toe. Ons wil graag die Sani Pas ry en die hoogste kroeg in Afrika besoek. Dit lyk my nie dit gaan gebeur nie.
Ofskoon die laboratoriums sê jou toetsuitslag is binne 48 uur beskikbaar, is daar 'n agterstand weens 'n toeloop. Hulle fokus op toetse van mense wie gehospitaliseer word eerste as prioriteit toetse, die ander val agter in die ry.
Ek was vir hospitalisasie getoets en het my uitslag 56uur later gekry, en dit was prioriteit.
Ek vermoed mens gaan sukkel om aan al die vereistes te voldoen. Veral die tydsverloop van toetse. Geen vliegtuig gaan vir jou wag as jou toetsuitslag nie betyds beskikbaar is nie...........en gaan jy jou geld vir jou vliegkaartjie terugkry as jou toets slegs ure voor jy vlieg aandui jy is positief?
Internasionale reisvereistes verg baie beter koördinering van vereistes om seker te maak dit is haalbaar.
Ek dink ook dit is bietjie waaghalsig om nou oorsee te wil gaan. Baie mense was vir lank, selfs maande, oorsee vasgevang en moes hulle eie verblyf betaal toe die pandemie in Maart inperkings tot gevolg gehad het. Nou is daar 'n nuwe vlaag en dit is goed moontlik dat sulke dinge weer kan gebeur. Maar daar sal mense wees wat oorsee gaan al is dit nie noodsaaklik nie, want soos daar gesê word, al wat ons van die geskiedenis leer, is dat ons niks van die geskiedenis leer nie. Selfs sakemense hoef dink ek, meestal nie oorsee te reis nie. Ons het mos nou geleer dat vergaderings en konferensies heel suksesvol deur internet gedoen kan word. Maar dit gee jou nie reis en verblyfkoste en die geleentheid om oorsee te gaan inkopies doen nie. Enige persoon wat nou gaan en oorsee vasgekeer word, het nie my simpatie nie.
As jy naby buurstate besoek met jou eie vervoer, klink dit vir my redelik veilig want as daar weer inperkings kom, kan jy hopelik vinnig oor die grens terugkom.