Gegroet!!
Ek weeg Gypsey Raven (1999 model) se neusgewig. Skaal gooi wit vlaggie (ver oor 120kg).
Ek't vermoed die neusgewig is verdag toe ek nou die dag die neuswiel wou optel en ek niks kon uitrig nie.
Ek weeg met badkamerskaal en wielbokkie (stewig op die grond met dik plank tussen skaal en bokkie, reg onder die hak).
Vandag pak ek alles uit voorkant van karavaan (spaarwiel ingesluit). Al wat oorbly is tente onder regterkantste sitplekke, en die battery (en paar ligte goedjies in die kassies bo die venster).
Yskas is leeg, stoele en soortgelyk onder die eilandbed (agter die as).
Gooi skaal steeds oor 120kg, maar bie minder as met die eerste weegslag.
Hoe op aarde kan dit waar wees? Ek kan steeds nie die neus optel op my eie nie, so die skaal blyk reg te wees.
Enige raad? idees, gedagtes? is dit normaal? Beteken dit net ek moet swaar goed agter die as laai, onder die eilandbed, om dit te balanseer?
By voorbaat dank!!
Ek glo selfs Tarzan sal nie ‘n karavaan voor kan optel nie. ...
Ek glo selfs Tarzan sal nie ‘n karavaan voor kan optel nie. ...
Hierdie Tarzan kan - as dit 90kg of minder weeg.
Jy moet hierdie gevaarte voel - kan nie die neuswiel gelig kry nie. voel of die agterste steadies afgedraai is ..!!
Self tel die explorer voor op dan weet ek die gewig is 80kg.
Nou met 9 x af ribbes gaan dit n tydjie neem🙄
Self tel die explorer voor op dan weet ek die gewig is 80kg.
Nou met 9 x af ribbes gaan dit n tydjie neem🙄
jis - dis waar ek ook is (die 80kg, nie die af ribbes nie). maar hierdie kalant sit my ore aan.
is my suspisie rondom die pak van die karavaan om die neusgewig reg te kry in die regte rigting?
Jin. jy moet vir die GIRL sê om jou volgende keer nie so hard te druk nie.☺
My Fleetline , 2011 model, se neusgewig is ook vêr oor die 125kg. Ek het alles al uit gepak, net die aircon en gasbottel in die neuskas en nogsteeds meer as 125kg. Die spaarwiel is agter onder die wa en tafels en stoele ens. onder die eilandbed agter in die wa. Tente het ek uit die wa gehaal. Ek het nou maar vrede daarmee gemaak. Weet dit is nie wettig nie, maar ek kan niks daaraan doen nie.
My buurman het 'n Rascal wat standard is en ook nie tente in die was nie en hy sit met dieselfde gerrwigs problem...meer as 125kg.
My 1987 Gypsey 3 het ek op getel. Moet sê, hy was swaarder as 'n Spite Sport. Het eenkeer 'n vriend van my gehelp om sy jockey wiel wat uit geval het weer terug te sit. Was gewoond aan die Gypsey 3 se gewig en toe ek die Sprite optel, toe sslaan ek sy agterkant teen die grond.
Dis waar ek ook aan gewoond is - Sprite Sprint gehad wat net so 200kg ligter is as die Raven. Dus was ek reg vir die optel en toe gebeur daar niks ....
As jy aircon voor in het, gas bottel vol, water in die kan, tent pale soos in n fleetline het jy proper gewig op jou neus.
Wat is die beste manier om jou neus gewig te meet. ?
As jy aircon voor in het, gas bottel vol, water in die kan, tent pale soos in n fleetline het jy proper gewig op jou neus.
Wat is die beste manier om jou neus gewig te meet. ?
selfs sonder al daardie items is dit steeds *^%# swaar...
ek het op my eie prakseer met badkamerskaal en driepoot. Sien nog nie die nut van 'n neuswiel met ingeboude skaal nie (nog nie ...). As ek die neus wel opgetel kan kry dan sal ek self op die skaal klim met karavaan in hand.
weet van geen ander manier nie ...
Noseload was up for sale in January - don't know if they are still trading.
"...Hi All. We are selling the business due to time constraints. If interested please inbox me."
As ek so lees wil dit amper voorkom of dit n ontwerp probleem is van vervaardiger. Ek sal self nie veel meer gewig voor wil laai nie. Op die trekhaak van n kar is n maksimum gewig wat nie vreeslik hoog is nie.
jis - dis waar ek ook is (die 80kg, nie die af ribbes nie). maar hierdie kalant sit my ore aan.
is my suspisie rondom die pak van die karavaan om die neusgewig reg te kry in die regte rigting?
This weight problem comes with the Jurgens /Ci caravans. It was something that was just plainly ignored by the manufacturer a long with the registering of the caravan weight.
I would not try to compensate by packing the things in the caravan in such away to make the nose weight lighter.
My sugestion is live with the nose weight as is but do pack the heavy stuff in the middle above the axle. The nose weight of your van is already a problem just do not add to it.
I for one would only pack the tent in the middle of floor as this is what your remove first when you arrive at the campsite. Leave the space in cubboards and bunks for the light stuff.
Lyk na mog 1 v d bubbles by Jurgens. Die groot probleem soos genoem is die wet wat aandui die maksimum is 100kg op die bal. Ja min waens sal so lig wees.
Soos genoem wil mens nie die maksimum v d sleep stang oor skrei nie. Dalk moet mens begin deur die gewig leeg te meet en een keer so te pak dat dit binne perke is.
Dis sal 'n bul van 'n skaal moet weer om mens se eie gewig en nog oor die 120 te kan weeg as jy met die a raam in jou hand staan.
Die bal gewig kan mens neem as in die omgewing van skaal lesing by jockey gedeel deur 1.13 om bal gewig te kry as die jockeywiel vorentoe staan as dit geweeg word. Dis op die Alko pot yster haak.
Louis ek is seker jy sal vind as jou battery, tente en gasbottel verwyder word dan is jy onder die 100kg. Ons het mos gehoor dat waens deur Jurgens geweeg is sonder hierdie 3 items wat alreeds 50kg verteenwoordig.
Jin. jy moet vir die GIRL sê om jou volgende keer nie so hard te druk nie.☺
My Fleetline , 2011 model, se neusgewig is ook vêr oor die 125kg. Ek het alles al uit gepak, net die aircon en gasbottel in die neuskas en nogsteeds meer as 125kg. Die spaarwiel is agter onder die wa en tafels en stoele ens. onder die eilandbed agter in die wa. Tente het ek uit die wa gehaal. Ek het nou maar vrede daarmee gemaak. Weet dit is nie wettig nie, maar ek kan niks daaraan doen nie.
My buurman het 'n Rascal wat standard is en ook nie tente in die was nie en hy sit met dieselfde gerrwigs problem...meer as 125kg.
My 1987 Gypsey 3 het ek op getel. Moet sê, hy was swaarder as 'n Spite Sport. Het eenkeer 'n vriend van my gehelp om sy jockey wiel wat uit geval het weer terug te sit. Was gewoond aan die Gypsey 3 se gewig en toe ek die Sprite optel, toe sslaan ek sy agterkant teen die grond.
Sy het my oor die koffie tafel gestamp nadat my kos gedokter is. 😈☠️👹
Ek dink die Raven is een wat se as verder agtertoe gesit het wat fie neus gewig opjaag.
dankie aan lamal vir die terugvoer.
So dan is ek amptelik in my glory in - sal moet sleepwa hak agter vir die losgoed wat nie in the Tucson gaan pas nie,veral as Sus en Boyfriend saam kom kamp.
Moet sê, ek is nou teen die planke met my sleepkombinasie. Gaan lig sleep maar wat maak ek met die proviand ?
Ek dink die Raven is een wat se as verder agtertoe gesit het wat fie neus gewig opjaag.
die Raven lyk nogals heel gebalanseerd ...
met die eilandbed wil dit my neig na "gooi alles onder die bed, los neuskas oop (ook onder die dinette se bankies)" en die res moet in die kar ...
Wat was Gypsey se plan met hul skewe syfers?
Dit is maar jou besluit. Pak soos jy goed dinken waneer y sleep toets maar eers die kombinasie en maak seker stabiliteit is reg voor jy na normale sleep spoed oorgaan.
Druk hom in die rooi.
Net 'n stukkie raad: MOET NOOIT DIE DISSELBOOM PROBEER OPTEL NIE- al kan jy ook. 'n Mede kampeerder het eenmaal by die Eiland vir my gesê hy het altyd sommer die disselboom self gelig om tyd te spaar. Toe skeur hy die ligamente van beide sy knieë- maande se probleme en sy knieë was steeds nie reg nie. Dis net nie die moeite werd om te probeer sterk wees nie. Dit kans is ook groot dat jy jou rug kan beskadig en dis nog erger.
Fred jy gee baie goeie raad. Daai beserings kan nou miskien net 'n paar dae se seer wees maar later kan dit maande wees vir die geringste swaar optel. Ek het steeds die letsels van 'n 20L verfblik optel as 21 jarige met 'n denne kersboom in. Dis duidelik sigbaar op x-strale.
Net 'n stukkie raad: MOET NOOIT DIE DISSELBOOM PROBEER OPTEL NIE- al kan jy ook. 'n Mede kampeerder het eenmaal by die Eiland vir my gesê hy het altyd sommer die disselboom self gelig om tyd te spaar. Toe skeur hy die ligamente van beide sy knieë- maande se probleme en sy knieë was steeds nie reg nie. Dis net nie die moeite werd om te probeer sterk wees nie. Dit kans is ook groot dat jy jou rug kan beskadig en dis nog erger.
En nie te praat van n moontlike lies breuk nie. Dit het my oorgekom a.g.v. enjins optel.
Dan
Nie n goeie ding om te kompenseer deur nou alles agter te pak nie. Gewigte gaan nou voor as te veel wees en agter as te veel wees en dit gaan slegs die wa onstabiel maak. Pak dan oor die as net-net agter die as.
Sê soos Leon ... leef saam met 120kg. neus gewig. Of maak jou eie patent met n U-vorm bo.aan aan n pyp gesweis. Onderpunt op die badkamerskaal. Bo.punt by die hak. Meet dan die gewig. Mens moet net onthou dis soort van n eenkeer gebruik .. dan lê die patent in die stoorkamer.
ek is beslis vir die 'moenie optel nie' - dis hoekom daar neuswiel is. maar 80-10kg is 'opligbaar' om te toets of die karavaan darem is soos die planne wys.
Die Raven se tarra is 750kg (geen ander data op die plaatjie nie, lisensie wys BVM as 910kg) so ek het in elk geval nie veel gewig om mee te speel nie - ek laai beslis minder as 160 kg.
MAAR
ek het nie die tent en gasbottel en spaarwiel hierby ingereken nie (aanvaar dis deel van tarra) ...!!!
dus:
- neuskas leeg (net spaarwiel)
- tente onder eilandbed
- enige ander ligte items onder die twee dinette bankies
- vrieskas by voetenend van eilandbed (reg oor as)
- klere en ander groceries in die kaste (wat ook oor die as is, en agter in die wa)
nuwe uitdaging voor die volgende kamp !!
Het dieselfde gehad met Gypsey Caravette 5. Alles uitgehaal en hy het meer as 150kg geweeg.
Daarmee saam geleef. Nooit my Swing probeer weeg nie.
Het altyd gedag dis weer n Toyota Ford ding.....myne weeg minder as joune😁😁😁😁😁
LOL : "Het altyd gedag dis weer n Toyota Ford ding.....myne weeg minder as joune ..."
ek is eintlik m*erig nou siende dat dit iets is waarvoor ek sou moes uitkyk met die aankoop - ignorance is bliss
ek het darem my eilandbed waarna Ma gesoek het ...
my neus is swaarder as joune :-)
Net 'n stukkie raad: MOET NOOIT DIE DISSELBOOM PROBEER OPTEL NIE- al kan jy ook. 'n Mede kampeerder het eenmaal by die Eiland vir my gesê hy het altyd sommer die disselboom self gelig om tyd te spaar. Toe skeur hy die ligamente van beide sy knieë- maande se probleme en sy knieë was steeds nie reg nie. Dis net nie die moeite werd om te probeer sterk wees nie. Dit kans is ook groot dat jy jou rug kan beskadig en dis nog erger.
Ek hoor dit nou elke dag.
Aanvaar dit jy word oud en kan nie meer dit doen nie.
Wees rustig.
Ja die oud word is nie vir sissies nie.
Die brein sê jy kan die ding nog optel maar die lyk gaan nie altyd saam werk nie..............
en dan is dit te laat die skade reeds gedoen.
Dis eienaardig dat daar kleiner waens is waar die neus gewig oor die 100kg is. Die Scenic is 'n redelike middelslag wa met GVM van 1300kg en leeg sonder battery, tente, gasbottel met net 'n Sealy binneveer dubbelbed matras in trek die skaal op 84kg op die bal.
Dit beteken daar is wel Jurgens CI produkte wat wel aanvaarbaar gebalanseers is. Mens moet maar net let op wat jy waar laai. Ek weeg nie meer die bal nie maar is net baie meer versigtig met wat kom waar.
Die noodwiel is gelukkig iets wat mens dadelik 20kg kan skuif uit die neuskas nader na die as toe met die nodige onder die wiel om swart merke te voorkom. My stort sit oor die as effens voor die as so ek gebruik daai spasie deesdae vir swarder los goed soos domkrag, tente ens wat nie kan skuif nie.
Die battery van 20kg is nie prakties om altyd te skuif nie maar kan dalk 'n handige gewigsverskuiwing wees as die neus swaar raak.
My neus is dit ligter as joune
My 1996 Expo kon ek die neus net-net lig.
My 2015 Fleetline breek die jockey wiel basies. En dis terwyl hy amper leeg is... Ek sal die NOOIT opgetel kry om eers 'n skaal onder hom in te kry nie en eks seker die skaal sal breek...........
Ek kry ook nie anige ander off-road karavaan (leeg) by my opgetel nie. Inteendeel dink ek hulle weeg selfs meer.....
Die laaste ruk karavane splinternuut leeg vanaf die fabrieke ontvang en dan kan ek dit steeds nie optel nie. So neusgewig is issue...
@Danie-SLK: dankie vir insigte met die pak.
dis net so mors van plek in die neuskas: mooi plek vir wiel en battery en gas en nou moet dit basies leeg wees as jy sleep. Beslis nie my idee van slim ontwerp nie!!!
#moerig ... :-)
Ek het vanmiddag my Swing sin geweeg uit nuuskierigheid. Ook n skok gekry.....badkamer skaal kan net tot 140 weeg....gewig het oor dit gegaan....kan ongelukkig nie sê hoeveel nie. Wat my nou bekommer is wat is die gewig wat my kar se towball kan hanteer?
Probleem is mens pak goed in kaste. Laat dit nie op die as op die vloer le nie. Als netjies gepak maak dinge lekker. Nou lol die gewig...
Geert jy is seker OK met die bakkie maar dink hoeveel mense sal bv 'n Swing sleep met 'n ligter voertuig of selfs plat kar en die sleep stang se maks ver oorskrei. Sou ek bv 'n paar sakke hout, battery, gasbottel en spaarwiel in neuskas sit oorskrei ek dalk die sleep stang se 140kg maar dit sal teen die regulasies wees.
@Louis. Om binne die GVM te kom het ek al my goed geweeg voor ek terug gepak het. Ook ekstra dik penne van 10mm verwyder. Ook net 1 v elke dikte en lengte spaar tentpale gepak. Goed op ander plekke gepak ens.
Probleem is mens pak goed in kaste. Laat dit nie op die as op die vloer le nie. Als netjies gepak maak dinge lekker. Nou lol die gewig...
Ja Pieter ek stem heeltemal saam met jou. Dis maar amper al wat mens kan doen weens Jurgens CI se boo-boo. Ons weet mos iewers in die fyn skrif word genoem dat die Tare is ook met lee gasbottel, sonder battery en en en
Dis waarom ek air bags in my bladvere laat sit het. Werk soos n bom. Daai stert sak nie n milimeter nie. Ek het nog nie probeer om die Fleetline se nose wheel op te tel nie. Maar ek glo ek sal my konklotis skeur as ek dit traai doen.
Op Swing is basies al jou pakplek tussen die as en trekhaak......nosecone met spaarwiel, tent penne, waterbottel, kragkabel, jack in. Onder eiland bed is hooftent met sykante, braaier, grondseil, silverseil klein tafels. Bo-op bed is ons plastiek tafel en aan weerskante van bed is ons lova stoele. Aan kop ent van bed is ons klere en hangkaste. By binne wasbak is alle toilet ware en handdoeke. Pale kas met alle pale en staanligte is daarin gebêre. Plastiese stoel staan op grond by voete ent van eiland bed. Dan is daar nog klener items wat nie genoem is nie....beddegoed ens. So as mens al hierdie items se gewig bymekaar tel, gaan mens op n skrikwekkende totaal kom......en dit word alles voor die as gebêre. Ek het al op n tyd swaarder items agter gebêre, maar dan voel dit of die Swing begin swing
Die neus gewig kan by sekere karavane werklik 'n probleem wees. En mens sal maar deur 'n pak en weeg oefening moet gaan. Ek het nog nooit myself bekommer oor my karavane se neus gewig nie, bloot vir die feit ek baie min daar omtrent kon doen.
Wat ek wel geweet het is dat dit altyd redelik swaar was en toe ek eenslag deur 'n ander voertuig van agter gestamp is het ek eerder die sleep bal vervang want 'n kraak in daai item kon lelike gevolge hê sou hy breek tydens sleep.
Ek dink dat die neus gewig van die Classique effe swaarder was as die van die Pentas wat ek gesleep het. Tans is die Maia baie mooi gebalanseer as daar nbasies niks in die neus kas is nie. Ek kan die wa met die mover rond skuif met die jockey wiel opgelig. Wat ek dan tans in die neus berg is spaar wiel, tuinslang, gas bottel en rally se dak en palle.
dankie vir die lewendige debat!!
Ek neem berusting by die feit dat ek nie alleen hierdie deurgaan nie en die raad rondom pak (@Danie-SLK en ander) word verwelkom.
@Leon: raai wat doen ek Vrydag :-)
@Relaxed Camper. jip - my skaal het getilt eerste keer se weeg. Dis waar hierdie thread begin het - kon nie glo wat ek sien nie. Ek skat dit was beslis rondom 200kg so met die oorslaan van die skaal verby die 120kg merk (nuwer skale doen nie meer 150kg max nie :-| )
ek neem ook kennis van die raad rondom pak om neus ligter te kry en dan probleme te skep met die algehele balans van die karavaan. Plan is om agter (onder eilandbed) te pak tot neus die skaal net so by 80kg trek en dan die res op die vloer en by die as soos ander ook reeds aangedui het. Die res gaan kar toe !
verd*mde fynskrif ...
Lekker sweet pak en weeg die naweek. Onthou net.......... as jy die wa so pak om die neus gewig te kry op ongeveer 80 kg kan jy eindig met 'n gewig van kom ons sê 120 kg agter en dit kan lei tot onstabiliteit gedurende die sleep.
My raad is
So het jy maar eintlik die gewig verspreiding in jou wa optimaal benut. As mens nie 'n Tipper het as sleep voertuig nie sou ek die tent in die middel van die vloer plaas want dit is neutral tussen voor en agter.
Pasop vir te veel gewig agter die as .................. Jy wil nie graag 'n "Fishtail" senario beleef nie.
Sterkte met die pak en dra oefening. Maak sommer van die geleenthied gebruik om items wat jy vir twee kampe nie gebruik het nie uit te haal.
Hi, Leon
Dankie vir die goeie raad.
Ek kan net 160kg inlaai, wat ek nou weet die battery, gasbottel en tente INSLUIT.
en daar gaan heelwat 'maybe I will need this' items by die huis bly :-)
Groete!
Nie een van my woonwaens se neus gewig was onder 120Kg nie. Gypsey Raven D (1997), Jurgens Penta (2012) en Jurgens Exclusive (2015).
Ek het op een trip my Raven gapak met swaar goed heel agter op die vloer (buite boord engine ens.). Die neus gewig was toe so 110Kg. Na 100Km het gestop en die engine en ander goed voorentoe geskuif. Die woonwa was uiters onstabiel (fish tale).
Maak vreede daarme en moet nie probeer ligter maak deur swaar goed agter te pak nie. Pak bo op die as of net voor die as.
Ek vervoer ook my tent, ys machine en 12V yskas agter in die Pajero. Ek pak ook niks op die vloer nie. Ek will gemaklik in die woonwa kan rondloop as ons langs die pad stop. Alles in kaste.
Dankie, Paul!!
my planne vir Vrydag se pak-proeflopie lyk al na iets ...
Ek voel die manne wat 100KG max gewig op sleephak spesifseer het die plot verloor. As jy n wa soos exclusive sleep met 100KG op hak gaan jy hom een of ander tyd omgooi. Al die jare wat ons waens gebou het was die rule of thumb 10% van GVM op sleephak. Kyk daai ou jurgens waens het nooit geswaai nie en hulle was tot 300KG op die hak. Dis my seining en dwing dit op niemand af nie.
Ek voel die manne wat 100KG max gewig op sleephak spesifseer het die plot verloor. As jy n wa soos exclusive sleep met 100KG op hak gaan jy hom een of ander tyd omgooi. Al die jare wat ons waens gebou het was die rule of thumb 10% van GVM op sleephak. Kyk daai ou jurgens waens het nooit geswaai nie en hulle was tot 300KG op die hak. Dis my seining en dwing dit op niemand af nie.
Ek dink die 100kg is wet, so dus is ek gesnoeker. en ek wil die sleephak nie uitstres nie :-)
maar as ek jou 10% GVM toepas dan moet ek so 90kg trek op die hak en ek gaan dit beslis net met slim pak regkry (en die neuskas moet leegmaak :-|)
Ek glo nie een van ons kan gesien word as advies gee want dit geskied nie in 'n professionele hoedanigheid en word dus eerder gesien as 'n opinie.
Elke ou doen dus soos wat hulle vind vir hulle werk. Kyk maar hoeveel voertuie sleep Exclusives waar die Tare van die voertuig minder is as die GVM.
Hier is 'n artikel deur een van ons sleepstang vervaardigers.
Ek glo nie een van ons kan gesien word as advies gee want dit geskied nie in 'n professionele hoedanigheid en word dus eerder gesien as 'n opinie.
Elke ou doen dus soos wat hulle vind vir hulle werk. Kyk maar hoeveel voertuie sleep Exclusives waar die Tare van die voertuig minder is as die GVM.
Hier is 'n artikel deur een van ons sleepstang vervaardigers.
Volgens artikel is daar lyk my heelwat mense wat die toets dop.
Ek het nog nooit iemand gesien wie se towbar afgebreek het weens oormatige afwaartse gewig van karavaan se sleephaak nie. Sal interesant wees om te weet wat sal die gewig moet wees om skade aan te rig. Skade sal seker meer voorkom waar n kar deur n dip of iets dergliks ry wat basies n afwaartse impak stamp op towbar veroorsaak.
@Danie-SLK: ek skat die doel van die forum is om raad te gee en ondervinding te deel. Dis baie duidelik in die gesprek dat daar heelwat ondervinding is wat gedeel kan word (en gedeel is) wat op een of ander feit gebaseer is (of net slegte / goeie ondervinding) !!
So elke nou en dan kan koue feite weer alles in lyn trek, so jou groen blokkie is tydig geplaas :-)
My opinie: die riglyne vir neusgewig is om een van die veranderlikes wat 'n groot impak op die sleepdinamika het te beskryf en dus 'n algemene 'konstante' in te bring waarom alle ander dinge ontwikkel (of dit nou is sleepstang se dragewig of hoe jy jou 'van pak).
wat het ek uit hierdie debat / gesprek geleer:
- dis nie net ek wat sukkel hiermee nie
- beslis word neusgewig nie gemeet en bestuur soos bv. banddruk nie (en dit hoort so bestuur te word)
- ek moet vrede maak met iets rondom 80-95kg vir die Raven
- pak swaar goed (tent ingesluit!!) op/voor die as
- balanseer met gewig agter die as maar mik vir swaarder voor in die karavaan as agter om stabilitiet te verseker
- Gypsey se GVM is net die dop, so selfs spaarwiel en gasbottel en tent is deel van die somme wat gemaak moet word (en die neuskas is net vir die mooi - dalk kan net spaarwiel daar ry)
Ek's reg vir die groot uitpak / weeg / inpak / balanseer oefening danksy opinies en feite :-)
Louis,
Ek het self 'n 1999 Raven en die neusgewig is ook maar swaar. Wat ek wel kan byvoeg is dat my kinders het 'n Rapier gehad, wat presies dieselfde bakwerk het, en hulle neusgewig was nog swaarder. Hulle het met 'n Ford Kuga gesleep en die gat het lekker gaan le.
Ek sleep gelukkig met 'n DC, so het nie eintlik daai probleem nie. Ek probeer ook egter al my swaarder goeters net voor die dubbelbed sit. My tent gaan wel onder die dubbelbed.
Geert ek hoor presies wat jy noem dat niemand se sleepstange afbreek nie. Leon het so ruk terug verwys na sy dogter wat stil gestaan het toe stamp 'n voertuig haar van agter af maar die assuransie het na die bande gekyk en hulle het nogal gesukkel met die eis.
Ek dink nie mens moet op grond van ander se ondervinding besluite neem veral as dit teen die wet is. Mens kan elke dag oor 'n straat stap sonder om te kyk en te glo dit is veilig want die voertuie sal rem. Een dag is dalk 1 dag te veel.
Ons weer hoeveel eise v d hand gewys word waar hulle kan. So ek sal baie versigtig wees as mens die wet oortree en die assesor besluit dalk om die gewig op die bal te toets om te bepaal of die kombinasie wel binne die wet was. Laat ons maar net versigtig wees ook vir hierdie gewig en nie net die Tare vs GVM en GCM.
Laat ek dadelik noem ek is ook oor die 100kg maar glad nie so vrek baie nie maar ek poog egter om nie te veel te oorskrei nie en allermins nie die statiese syfer soos op die sleepstang genoem.
Leon ek hoop ek het reg onthou. Help maar reg as my verwysing nie in die kol is nie.