English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 259
Total Replies: 229 951
Total Views: 82 374 479
topics: 104
replies: 3 734
views: 1 210 476
In this section we discuss caravan & camping clubs.

nuweling

replies: 11
views: 14814
05 Nov 2012 @ 07:55:21 am
wilna
New Member
29% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 04 Nov 2012

Hallo almal, ek is nuut op die site en ook nuut met die hele kamp ding, hoewel ek hou v die buitelewe. Ek wil weet waar begin ek om deel te word v n klub en is daar een vir enkelpersone.  Ek is van noordwes provinsie........

 

Sal enige hulp en inligting verwelkom

 

Wilna

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 09:02:50 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

Welcome Wilna.

You are going to get a 'load" of replies as well as invites.

Willem, Willem, Nico, David, Marge, Christa and all the others - why have you not yet welcomed Wilma?

Come on, extract didit and do your normal friendly thing here!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 09:17:56 am
hessie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 598
Joined: 02 May 2012
Experience: 52 years

Hallo Wilna welkom op die forum Ons vriendin is 'n weduwee en sy kamp lekker saam met ons so op haar eie, Jy moet net die forum dophou en dan maar kyk waar hulle saamtrekke reel. Gaan dan saam.

As jy wil stuur vir my jou epos dan kan ek dalk help. Myne is hessiekruis@telkomsa.net

Kampgroete

Jan en Hester

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 09:20:40 am
Neill and MArg
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1424
Joined: 02 Oct 2010
Experience: 44 years

  Hi Wilna, Welcome to the forum. I am answering in English as I am from KZN and my Afrikaans is very weak. The other forum members will translate for you if you ask. Some people do not like joining a club, but we have been very happy with ours. We belong to the Trekkers Club. They are a very informal club where there are no "you have to do" rules. If you want to chill out you can, or on the other hand you can join in when you want to. We go away one weekend a month with the club as well as a couple of times a year with a group of friends. I know Trekkers have a policy of try it out three times and if you like it then you can apply. There are other clubs that are very regimental with marshals etc. We do not like this type of club. So if you try one and don't like it don't judge all clubs to be the same, try another one until you find one you like. Also the forum member get together a couple of time a year (this is not a club) and get to know each other. If you are a forum member you are automatically part of the group, you don't have to wait for an invitation. Unfortunately we have not managed to join the forum members on these camps because of circumstances. I am sure some of the other forum members will welcome you and advise you.

When we joined our club we found the ph no and just phone them and asked if we could camp with them to try it out. They welcomed us with open arms and made  us feel most welcome. We were lucky because the first club we tried suited us.

Goodluck and happy future camping.

Regards MArg

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 10:34:20 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hi Wilna,

Baie welkom hier op dié Forum, hoop jy gaan heerlik saam met ons kuier en kamp.  Skop jou skoenne uit en sit trug en geniet dit hier om die kampvuur.

Val sommer dadelik in by ons Saamtrekke wat geensins 'n Klub is nie, ons kamp en kuier net saam, sommer die naweek by Umoya en dan volgende jaar Feberuarie by Drakensville en Paasnaweek gaan ons Botswana toe, so sorg dat jou paspoort reg is.

Gaan kyk onder die Saamtrekke "Clubs and Rallies" daar sal jy die inligting kry.

Kom sluit dan ook sommer by ons Vriendskap lys aan, as ek reg het is dit onder "Camp Talk"

Handtekening

NS: Onthou die "Boss" is die ou wat net kamp, hy is die eerste ou wat jou welkom geheet het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 11:01:18 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Wilna,

Welkom hier - ek glo nen vertrou dat jy hier sommer 'n klomp vriende sal ontmoet en nog tussen hulle slim gaan word. Ons was almal op 'n tyd nuut en ook "beginners".

Jy het nie gesê waar in NW jy is nie. In die somer, ry ek nogal Sateradae rond in NW (krieket skeidsregter vir Noord-Wes) - meestal Fochville, Potchefstroom en Rustenburg (soms Klerksdorp, Lichtenburg an Mafikeng se kant toe) - as jy my sien, wees vry om te groet en gesels. As gevolg van die verpligtinge, kamp ek meer in die winter, maar tog soms in die somer.

Willie, some of us have found a job we love, but still have to work - can't just sit around with a "lager" Wink watching the forum!

Groete,

DR DRAKE GP that's not a Doctor nor a GP.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 12:20:37 pm
Fanie
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 434
Joined: 27 Jan 2012
Experience: 39 years

Ja baie welkom hier Wilna. Ek verseker jou jy gaan sommer baie inligting en raad op hierdie forum kry en lekker interessante antwoorde op jou vrae. So vrae gerus.

Maar nou is ek sommer lekker nuuskierig ook: vertel bietjie vir ons wat het jy al om mee te kampeer of wat beplan jy om aan te skaf, en onthou of dit nou 'n eenman-tentjie is of 'n groot ou luukse karavaan: die kampeerpret bly een en dieselfde. Daarom kan jy gerus jou planne met ons deel en jy sal verbaas wees hoeveel ander ouens is daar wat net soos jy kamp en ander ouens wat ook al so gekamp het en wat jou sommer die blinkste idees kan gee hoe om nog lekkerder, en heel dikwels nog net so goedkoop te kan kampeer. 

Vroutjie en ek het byvoorbeeld, grys hare en al, begin met 'n lekker goedkoop Game-tent en 'n moeg opblaasmatras, nou het ons darem al 'n 19toet karavaan en glo my ons kamp elke keer net so lekker, of dit nou by Klipdrifdam buite Potch of Koppiesdam naby Parys of in die Tuinroete is: want dit gaan eintlik meer oor die buitelewe as ook die gemak en luuksheid... vir ons altans.

Nou toe vertel mens ek brand van nuuskierigheid.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 12:59:57 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1594
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Welkom Wilna. Soos willem se val net in dadelik by die saamtrekke en onspan. Kan jou wel se botswana is die een was hierdie jaar daar gewees en hy gaan volgende jaar nog beter wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 14:25:20 pm
CHRISTA(Liewe Heksie)
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 173
Joined: 17 Nov 2010
Experience: 51 years

Hi Wilna, WELKOM op hierdie wonderlike plek. Hier gaan jy baie goeie advies kry en lekker maats maak. Ek is van voor 2005 lid van hierdie forum en hoe sal ek se? awesome om hier te wees. Ek gaan later vir jou sommer n lekker lang essay skryf en glo my hulle kan laaaank word.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Nov 2012 @ 16:04:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Van my kant ook 'n groot verwelkoming Wilna.

Vra net. Hier is altyd iemand wat raad kan gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Nov 2012 @ 17:17:17 pm
Neill and MArg
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1424
Joined: 02 Oct 2010
Experience: 44 years

Hi wilna, Just wondering if you have made any progress with your camping inquiry as I don't see any movement on your side. Will you be camping with a tent, motorhome, caravan etc.

Regards MArg

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Nov 2012 @ 07:58:23 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Wilna,

Ek hoor gisteraand dat die CCSA Stella streek se rally verkuif is van Potch dam na Ijaani (naby Orkney).

As jy naby is, kontak gerus vir Walti op 018-468.6912.

Ek sal nie daar wees nie - dis te vêr - ek het die dam oorweeg na Saterdag se krieket omdat dit so 40Km is van my huis af - al sou dit net een aand wees, is ons nog angstig om die veranderings aan die karavaan te benut/toets, mits dit naby is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required