Will a multiroom for a Gypsey Raven fit onto a Gypsy Sprint?
Meet is omte weet.
Ek dink nie daar is N Gypsey Sprint nie maar wel n Sprite Sprint
‘n Multiroom se naam verduidelik sy aanwending - veelsydig.
Myne kan op sy eie staan soos ‘n los staande tent, alhoewel dit vir ‘n Gypsey gemaak is.
Thank you Kanneman
,n multiroom se een sy pas op die tent se sykant zipper so as jy hulle meet en is reg sal hy pas
Ons Multiroom, wat 'n CI vervaardigde produk is, d.w.s. Gypsey en Sprite woonwaens, pas nie op die ritsluiter van die tent nie, maar wel met plastiek hakies aan die tent of ralley tent se horisontale paal.
Multi verwys juis daarna dat dit onafhanklik van 'n tent met 'n ritsluiter is, en selfs sonder 'n tent opgeslaan kan word, solank as wat daar 'n horisontale paal is wat gesteun word.
Ons het een Desember by Stilbaai gesien hoe 'n paartjie 'n Multiroom as alleenstaande tent gebruik het. Die horisontale paal was met ankertoue staan gemaak.
Soos ek dit verstaan word na die weergawes wat met 'n ritsluiter aan die hoof tent geheg word as 'n Add-a-Room verwys.