English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 039
Total Views: 82 377 739
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 437
Share all those nice recipes with everybody...

kook jy of Braai jy ?

replies: 28
views: 770
07 Sep 2017 @ 10:42:00 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1746
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Na Geert se handige handleiding oor potjies het dit my aan die volgende laat dink. Wie braai of kook meer by n  kamp. Ek hou natuurlik van my kamp vuur maar is regtig nie gaande oor braai. Ek rook myself gewoontlik uit en ek  stink soos n veld brand. So n gee my n potjie of potte dan is ek in my element.

Vleis op n vuur is natuurlik vrek lekker maar raak ook soms afgesaag. Agter die potte is daar horde eksperimente en soveel meer kan gedoen word. Gewoontlik word die potte vir die vroue gelos en manne vat die maklike uitweg om die vleis op die vuur te gooi.  

Sal graag wil sien hoe weeg die potte manne en die braai manne teen mekaar op en wie hou meer van braai of kook. Sal ook graag wil hoor watter dames kampers hou meer van braai.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 11:21:14 am
gert swigelaar
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 16 Sep 2015
Experience: 6 years
Ons kamp een keer n maand saam n klomp vriende van die Rustenburg omgewing.
Gewoonlik braai ons die Vrydag aand (die volgende oggend maak ons gewwonlik ontbyt met gister aand se vleis wat oorgebly het). Ons maak dan gewoonlik n potjie die Saterdag Aand. Ek dink ook dit kan darem vreeslik vervelig raak. Ek het juis so twee dae terug op die "kos drade" terug gegaan, en daar is nogal goeie idees wat n ou kan saamslaan op die volgende kamp...
kamplewe is n "jack" op ys en n lekker braai!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 12:02:16 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Ons werk maaltye uit en verpak die vleis in porsies om eentonigheid uit te skakel. Indien die weer nie saamspeel nie verander ons die maaltye soos die weer voorspel. Ons braai is omtrent dubbel die kook hoeveelhede maaltye, want ons braai behels lam, hoender, vark, wors en steak, in verskillende kombinasies. Die steak is gewoonweg op sy eie. Die kook is gewoonlik hoender, lam en bees wat elk op sy eie resep gedoen word...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 13:08:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Oor kort naweke kamp doen ons meestal maar die braai ding. Sal nou en dan 'n pot bou.

Met lang vakansies wissel dit gewoonlik af. ja ons braai baie maar van die braai is so effe anders deur Varkboud/Skaap boud/heel hoender in die weber te sit. Verder wissel ons dit af met groot pasteie in die weber of selfs pasta geregte.

Laaste braaiertjie wat ek aangeskaf het maak dat ek pizzas, aartappel geregte en dies meer kan maak sonder om die groot weber saam te piekel.

Ons doen alles braai kook bak en brou net soos ons lus het.

O ja dan maak die elektriese drukkoker 'n beesstert darem lieflik sag in 'n rekord tyd.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 14:04:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
As ek kamp...is daar elke aand n vuurtjie...al is daar net n vienna om warm te maak😆
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:21:49 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek stem

Braai raak vervelig! Behalwe as daar nou n klomp girls in bikinis dit doen(lekker droom)

Potjie en brood pot ....... Daars soveel om mee te speel!

Maar n vuurtjie moet daar wees!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:24:05 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

PS

My vuurtjie se koffiepot hang nou teen ons muur met blomme in............

Verdomde vrou👹👹👹👹

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:38:47 pm
Kaalvoetreisiger
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 12 Feb 2016
Experience: 57 years
Op 'n keer moes my man op kort kennisgewing vir werk terugvlieg van die wildtuin. Toe leer ek maar vuur maak en braai die eerste aand. Die tweede aand net braaibroodjie gemaak. Heerlik! Die volgende aand pampoenkoekies gemaak in die braaipan vir elke kampkind wat naby was en wie se ouers toestemming gegee het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 15:39:26 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

PS

My vuurtjie se koffiepot hang nou teen ons muur met blomme in............

Verdomde vrou👹👹👹👹

Grumpy, is jy alweer besig met die m@#rmeter?   Ek het jou gesê wat sy aan jou gaan doen!wink

Bak oor, toe my ma so my ouderdom was, kon ek nooit verstaan hoekom sy gesê het sy kan nie meer so baie braaivleis eet nie.   Ek kon dan elke aand braaivleis eet!!   Nou verstaan ek wat sy bedoel het.   Ons braai omtrent een keer elke 4-5 dae as ons kamp, maar die ander dae maak ons kookkos, meestal sommer op die gasstoof, in die weber of 'n potjie op die vuur.   

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 17:49:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Wie het vroeër op hierdie TV braaiers kos gaar gemaak?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 18:24:52 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Kan ek maar 'n klip in die hoenderhok gooi?  Kan mense wat gedurig braai, enige ander kos maak?  Ons braai so nou en dan, tuis en op toer, maar beslis nie gereeld nie.  Ekself is lief vir potjie maak omdat dit binne my vermoë is en vroulief maak die grênd kos- bietjie minder grênd as ons op toer is. My houding oor kos is dat enigiets lekker is as jy honger is.  Toe ons drie dogters nog saamgetoer het, het elkeen van ons elke vyf dae beurt gekry om kos te maak en tussen die klomp van ons het ons gewoonlik 'n wye spyskaart gehad.  Onder andere eenmaal, toe die kinders nog op laerskool was, hanburger patties van uitgedrukte boerewors omdat een van hulle hamburgers wou maak en daar nie patties was nie.

Een van die dinge omtrent braai is dat vleis wat skroei, wat 'n mens in gedagte moet hou,  karsinogenies (kankerveroorsakend) is, so 'n mens moet maar nugter bly as jy braai en versigtig wees.  Dis NIE die rede waarom ons min braai nie, eerder omdat ek gewoonlik bietjie lui is om vuur aan te steek.  'n Gebraaide skaaptjoppie of 'n skaarserigelaughing (rare) steak is darem lekker, daaroor kan ek nie stry nie..

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 18:30:36 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Sal braai en gaarmaak op kole totdat die ouetehuis my kom haal.
Daar sal dit seker gekookte vleis, so effe vaal met min sout op, gekookte aartappels, papperrige pampoen en witrys met n loperige sous wees.
Nou le die aartappel in foelie, met baie botter in, butternut of soetpatat ook met botter in foelie, langs die kole. Rustige flinderboudjie op die rooster. Lekker slaai daarby, brood in kampoondjie gemaak, ook met kole.
Potjie met dumplings op die Malagas houskoolstofie, as dit tyd raak vir n stukkie vetterige borsstuk.
Von sal n bruinrys, of n pepersous vir n steak op die stoof doen. Of n pasta gereg as die weer sleg is, maak myself n gemene spaggboll.
Maar verkieslik moet die rook trek waneer ons kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 19:42:33 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Braai meeste van tyd maar maak ook kook kos terwyl ons kamp en ook potjie met vars plaas brood of saam bamatiese rys
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 22:22:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Oor kort naweke kamp doen ons meestal maar die braai ding. Sal nou en dan 'n pot bou.

Met lang vakansies wissel dit gewoonlik af. ja ons braai baie maar van die braai is so effe anders deur Varkboud/Skaap boud/heel hoender in die weber te sit. Verder wissel ons dit af met groot pasteie in die weber of selfs pasta geregte.

Laaste braaiertjie wat ek aangeskaf het maak dat ek pizzas, aartappel geregte en dies meer kan maak sonder om die groot weber saam te piekel.

Ons doen alles braai kook bak en brou net soos ons lus het.

O ja dan maak die elektriese drukkoker 'n beesstert darem lieflik sag in 'n rekord tyd.


Leon...wil jy nie weer n foto van jou nuwe braaier plaas nie....dink ek het hom laas gemis op die ander draad
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2017 @ 22:23:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Leon...wil jy nie weer n foto van jou nuwe braaier plaas nie....dink ek het hom laas gemis op die ander draad

Het jy al pizza op hom gaargemaak?
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 08:51:47 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
ons beplan die naweek en dit wissel van braai, potjie met bykosse van verskillende aard. Stokbrood, roosterkoek of blikkie brood ook lekker aftrek.
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 09:19:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
ons beplan die naweek en dit wissel van braai, potjie met bykosse van verskillende aard. Stokbrood, roosterkoek of blikkie brood ook lekker aftrek.

Hoe maak mens blikkie brood?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 11:28:15 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ons wissel maar af... maar vandat ons kids het kyk my doen ons maar baie die rondloop en uiteet ding en eet dan kleiner by die kamp... lang kampe neem ons maar n pot of 2 en klein stofie saam.. ons sal nie elke aand braai of kook nie, ons us geneig om dan minder te eet.. ontbyt is gewoonlik n belangrike en groot storie elke oggend... ELKE oggend


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 12:47:29 pm
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
Jy vat maar net gewone groente blikkies en sit die deeg daarin dan pak jy kole om die blik nie te naby nie en hy word gaar soos in n pan of pot
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 13:03:56 pm
Anonymous

Oor die algemeen is ons nie braai mense nie. Persoonlik vermy ek om braaivleis te eet. Ek sal eerder iets lig eet soos byvoorbeeld ''snacks'' voor die tyd of net 'n slaai.

Ek braai graag as ek moet, maar eet dit nie sommer nie, ek eet eerder die bykosse soos byvoorbeeld 'n slaai of 'n rolletjie.

'n Lekker bord boere kos of pasta is vir my baie beter.

Oor die algemeen eet ons 'n matige ''brunch'' as ons kamp en so peusel, peusel deur die dag en saans moontlik net 'n ligte ete.

Ons gunsteling ligte ete is 'n pizza of sweet chillie pilchards saam met kaas, mayonaise en gesondheids brood, Rooibos koring Rye brood.

Gewoonlik by die huis, eet ons die laaste punt so bo beskryf as ''n maaltyd ook saans by die huis.

Ongelukkig is ek in 'n gesondheids posisie dat verkeerde kosse of te veel kos vermy moet word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 13:57:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13763
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Jy vat maar net gewone groente blikkies en sit die deeg daarin dan pak jy kole om die blik nie te naby nie en hy word gaar soos in n pan of pot

Dankie...gaan hom bietjie probeer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 14:03:58 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Maak 'n pizza met jou n03 pot.

As jy 'n stand vir jou pot het draai die deksel van die pot om en plaas op stand(met kole onder die deksel)sit jou deeg op die deksel plaas al die goedies op die deeg. Draai dan jou pot om(pote na bo) en plaas op deksel om oond te vorm.

Blykbaar werk die noggal mooi. Sal nie weet nie, het dit nog nie probeer nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 14:15:06 pm
Anonymous

Maak 'n pizza met jou n03 pot.

As jy 'n stand vir jou pot het draai die deksel van die pot om en plaas op stand(met kole onder die deksel)sit jou deeg op die deksel plaas al die goedies op die deeg. Draai dan jou pot om(pote na bo) en plaas op deksel om oond te vorm.

Blykbaar werk die noggal mooi. Sal nie weet nie, het dit nog nie probeer nie.

Dankie Fred, dit maak sin. Ek gaan dit probeer en glo hy sal na die ware Jakob smaak.

Ons maak dit gewoonlik in die kamp stofie, maar ek dink as mens bietjie die braai atmosfeer wil hê, sal hierdie metode idiaal wees.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 19:52:11 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Oor die algemeen is ons nie braai mense nie. Persoonlik vermy ek om braaivleis te eet. Ek sal eerder iets lig eet soos byvoorbeeld ''snacks'' voor die tyd of net 'n slaai.

Ek braai graag as ek moet, maar eet dit nie sommer nie, ek eet eerder die bykosse soos byvoorbeeld 'n slaai of 'n rolletjie.

'n Lekker bord boere kos of pasta is vir my baie beter.

Oor die algemeen eet ons 'n matige ''brunch'' as ons kamp en so peusel, peusel deur die dag en saans moontlik net 'n ligte ete.

Ons gunsteling ligte ete is 'n pizza of sweet chillie pilchards saam met kaas, mayonaise en gesondheids brood, Rooibos koring Rye brood.

Gewoonlik by die huis, eet ons die laaste punt so bo beskryf as ''n maaltyd ook saans by die huis.

Ongelukkig is ek in 'n gesondheids posisie dat verkeerde kosse of te veel kos vermy moet word.

See liefhebber se draad, "Hoe hou jy van jou steak?"

No: 2, veral op gas met swart peper korrels en woestersous.
Die bees moet nog "mooooo" tetwyl ek eet.
My vrou hou van charcoal. Die bure se hond trek sy neus op as hy dit sien.
Ken jouself
 
Is dit dieselfde DK?laughing
The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2017 @ 20:04:11 pm
Anonymous

See liefhebber se draad, "Hoe hou jy van jou steak?"

No: 2, veral op gas met swart peper korrels en woestersous.
Die bees moet nog "mooooo" tetwyl ek eet.
My vrou hou van charcoal. Die bure se hond trek sy neus op as hy dit sien.
Ken jouself
 
Is dit dieselfde DK?laughing
Sal nie weet nie, my mond het gekwyl toe ek ń antwoord gee.
Seker "eendag" sal ek probeer die verskil oordeel, maar huidiglik is dit eers iets van die verlede????
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2018 @ 17:49:27 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Verskeidenheid is die spyse van die lewe (vatiety is the spice of life)

Ek maak net die vleissoorte op die vuur gaar wat ek nie beter kan doen op 'n ander manier nie. Loin chops, hoendervlerkies en wors is vir my op hul lekkerste oor die kole. Al die ander kan beter in 'n pan of op 'n gas Weber gedoen word.

Ek weet daar is 'n paar ouens wat met my sal wil verskil, maar gaan gesels gerus met die voorste kokke. Hulle verpes dit om vleis oor 'n oop vuur gaar te maak. Ek vermoed hulle renons het te make met hittebeheer, wat soveel makliker is oor gas.

Ek moet darem self erken, as jy eers jou Falkirk of AGA stoof op die plaas leer ken het het jy presies geweet waar 'n pot moet staan om te kook, te prut of net warm moet bly. Lekkerste kos ooit van daardie houtstoof ge-eet. 

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2018 @ 16:01:26 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1525
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Ek sal saam met Herman braai tot die ouetehuis kom. Dan sal ek nog manier vind om te braai.
As ons kamp, braai ons, nou en dan 'n potjie en nou en dan maklike kookgereg vir kleindogter wat haar spesiale versoek is.
Vir variëtyd braai ek vir my vrou 'n samon langs die vleis.
Ten spyte van die hedendaagse vispryse het ek groot geword op vleis, want vis word geëet deur arm mense wie by die see bly.

Ons hou dit eenvoudig met minste moeite vir almal.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2018 @ 19:23:42 pm
Andrew
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 22 Apr 2007
Experience: 29 years

When on holiday one has the time to cook and I like cooking over the fire.

As I have gotten older I find that I simply cannot consume as much protein as I used to. It is very seldom that I will braai more than one type of meat at a sitting. We prefer to have a chicken braai, or lamb braai or wors braai etc. I do not like to confuse my pallet with a multitude of protein, besides warmed up braai meat for me is the pits, eat it once cooked. The only exception is a 40mm rump steak, we always buy them big enough that the medium rare leftovers become the basis for thinly slices beef and tomato sandwiches for lunch the next day.  

We will also cook our curries, stews, potjies, pot roasts, breads, braai broodtjies, jacketed potatoes and roast vegetables over the coals. Coals are merely a heat source, a large potjie with coals on the lid becomes an oven.

So althought we cook a lot on coals we will not necessarily braai often.

However I must confess that since getting my Weber Q that I seldom light a fire (will when we have guests) as the Q is simply the most convenient outdoor cooking implement I have ever bought, it has also caused us to braai more due to the convenience.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2018 @ 06:40:41 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6406
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Dit wissel ook van braai na pot, maar eet baie uit by restorante

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required