English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 254
Total Replies: 229 884
Total Views: 82 371 423
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 208
Share all those nice recipes with everybody...

kokosneut-olie vir pan braai

replies: 5
views: 937
14 May 2017 @ 10:48:19 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Bietjie goeie raad wat julle gerus kan probeer. My vrou het begin kokosneut-olie gebruik om  ons kos in  te braai. Ek was aan die begin maar bietjie skepties, veral omdat dit n ongewone reuk het as dit begin opwarm. Daar is egter geen waarneembare smaak daarvan in die kos nie en kan ek dit aanbeveel.

Dit kan veral nuttig wees by uitkamp. Ek dink meeste van ons is geneig om op kamp te veel kos te eet wat in olie gebraai is, want dit is mos maklik om die skottel-ding te doen. Na so ruk hiervan begin my organe bietjie te protesteer, wat nie die geval is met kokosneut-olie nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 14:17:58 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek het al 'n paar keer op die koskanale gehoor dat hul aanbeveel dat jy met kokusneutolie braai.   Een van die redes is dat olyfolie nie 'n baie hoë hittegraad kan hanteer nie, terwyl kokusneutolie kan.   Ek het nog nooit na die prys daarvan gekyk nie.  Is dit heelwat duurder, Snys?

Dit is ook baie goed vir die vel.  Dit is hoekom jy dit dikwels in sonbrandmiddels of lyfrome kry.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 14:33:49 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years
Gebruik die kokus olie al baie lank. Dis reukloos en het 'n neutrale smaak en dis by Dischem beskikbaar , ek koop die 1 litre houer ongelukkig kan ek nie die prys onthou nie. In die winter stol dit maar nog steeds maklik gebruikbaar. Ek het ook by Pick en Pay gesien maar hulle is wel duurder. Het baie voordele, google maar en jy sal verbaas wees. Gebruik geen ander olie vir bakdoeleindes meer nie Het ook glad nie die aaklige reuk wat sonneblom of canola het as jy dit verhit Jy kry dit ook in organies
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2017 @ 18:19:17 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Ons het verlede jaar met die kokosneut olie begin braai.   By Dischem is daar twee 1l houers.   Die goedkoper een kos sowat R50 en die duurder "organiese" produk sowat R140.   Ons gebruik die goedkoper een en dit werk vir ons. Suiwer sonneblomolie is goedkoper maar dit hou ons vir daardie diepbraai goeters soos aartappelskyfies of Calamari.  

Ek hou ook daarvan om my braaistukke soos skaapboud met of kokosneut- of olyfolie te smeer.   Dit dit ook met T-bene en biefstukke oor die kole.  

groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 03:47:30 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 400
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Dit is bietjie duur, maar dit bring jou baie verder as gewone olie. n Houer daarvan raak net nie klaar nie. As jy dit met die verbruik van gewone kookolie vergelyk, dink ek nie dit gaan baie duurder wees nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2017 @ 10:36:03 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Kos en koue gaan goed saam...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required