Ek raak nou bekommerd, ons het bespreek vir Desember om Kgalagadi toe te gaan. 19 dae waarvan 6 in Botswana is. Dis n geneuk, want waar slaap jy (alles vol bespreek by Sanpark) as jy nie kan oor gaan na die Botswana kant nie.
Ek verstaan nie hoekom die organgspark ook moet geluit wees nie. Hoekom kan n mens nie van SA kant na die Botswana kant en dan weer dieselfde pad terug SA kant toe nie. Die beste is dat Botswana Footprint sit met my geld, maar Botswana Parkeraad will dit nie vat omdat die grense nie oop is nie. Dus, sit ek nou sonder bespreekings vir 6 van die 19 dae en moontlik my geld kwyt.
Piet sterkte ja dis n gemors
Better nuus. Ek het vraggies plek gekry by Nossop en Mata Mata vir die 6 dae wat ons in Botswana sou wees. Weet nou net nie van my geld wat in Botswana vassit nie.
Op n ander draad het iemand genoem van die puik diens wat hulle van Sanpark besteekings ontvang het. Wel, ek dink nou ook die diens is baie goed.
Lekke Piet nou kan jy lekke gaan kamp
Jis ou Piet jy is gelukkig om plek te kon kry in Bots. Desember is ...... warm daar ...... maar die mooiste donderweer en wolke-tonele. Waar in Bots sou julle gaan bly? Ek het van Footprints gebruikgemaak toe Tara nog daar was, n uitstekende agent. Sy het vir vier gesinne vir 'n twee weke toer net R500 boek-gelde gevra. Uitstekende diens, maar sy het nou na Australië toe verhuis.
Ek was seker die een wat van SANparke se uitstekende diens gepraat het.
Piet gooi so foto of 10 asb as ulle daar is ook op my bucket lys