Ons het so lanklaas oor Kersfees gekamp, maar toe ons dit nog gedoen het, het ons altyd spesiale kos op Kersdag gemaak. Ons gunsteling was ontbeende skaapboud en oopgevlekte hoenders op die kole, wat oornag marineer het. Lank en stadig gebraai sodat dit sappig was. Twee groentes, soetpampoen en groenbone en drie slaaie, aartappelslaai, kerriekoring en Beet. Poeding was een of ander tert of koek wat ons gaan koop het. Yskaspasie was maar beperk vir te veel goeters. Later die middag moes ons 'n groot waatlemoen en spanspekke opsny, wat van vroeg die oggend al in 'n bad met yswater gelê het. Dan eet ons bure sommer ook saam.
Johan, onthou Geert se vraag is wat eet ons op Kersdag as ons kamp? Gebakte poedings is heerlik maar 'n bietjie moeilik (en te veel werk) as mens kamp Die probleem wat mens altyd het, is dat jou yskas later ook nie meer plek het vir al die geregte nie. 'n Mens "cater" maar so rondom jou kamptoerusting en geriewe.
'n lekker Rosterie.
2x Heel Skaap nek
2x Hoender
1x Beestong
Druk die rosterie se stang deur die skaap nek se murg geddelte en bind met tou sodat die nekke saam met die stang en motor draai, dieselfde so met die hoender en Beestong. Spesery vooraf. maak koue vuur en smeer deurentyd met 'n mengsel van Jimmy sauce en suurlemoen sap.
Glo my daar bly nie ''Doggy bags'' oor nie.
Poeding is ma se probleem, want ek eet geensins poeding nie.
'n lekker Rosterie.
2x Heel Skaap nek
2x Hoender
1x Beestong
Druk die rosterie se stang deur die skaap nek se murg geddelte en bind met tou sodat die nekke saam met die stang en motor draai, dieselfde so met die hoender en Beestong. Spesery vooraf. maak koue vuur en smeer deurentyd met 'n mengsel van Jimmy sauce en suurlemoen sap.
Glo my daar bly nie ''Doggy bags'' oor nie.
Poeding is ma se probleem, want ek eet geensins poeding nie.
Jin, 'n lekker Karoo lam op die spit
Watter een is jy DK? Tot gister sou ek sê die een links, maar vandag het jy gepraat van jou kleinkind, nou kan dit dalk regs wees?
Ek is baie lief vir beestong, maar het dit nog nooit geëet as dit oor die kole gaar gemaak word nie. Hoe lank vat dit om gaar te word? Selfs in 'n weber sal seker ook werk. Hou meer daarvan warm as in koue skyfies opgesny.
Johan, ek gaan jou blitspatrollie poeding probeer, klink lekker.
Ai, Chuck, hoe laat jy my nou na my liewe Moeder verlang. Elke keer as mens by haar gaan eet het, was dit soos Kersfees. Mamma kon maar kook wat sy wil, almal het alles geëet en geniet! Hierdie jaar is my en Colin se kinders nie hier vir Kersfees, ons maak net koue vleise en slaaie en eet sommer so heeldag soos ons lus het.
Tannie Freda, my kleindogter is nou eers 1jaar en 6 maande oud.
Die bees tong kook jy eers in die pot met water sodat die vel kan los kom, sodoende is hy al basies alreeds half gaar. Dit is hoekom ek noem, gebruik koue kole om verbranding te voorkom. Oor koue kole neem dit so 3/4 uur tot 1uur afhangende van persoon tot persoon.
So, nou sê jy nog steeds nie watter een jy is nie? Ek moet nou raai, die een links? Sommer 'n sexy Oupa hoor!! Maar die hare is nie so min as wat jy maak nie, so ek weet nie regtig.
Het een van julle manne wat kos maak nie 'n wenner potjie resep vir my nie?
Daar is elke jaar 'n potjiefees by die laerskool, en ek het nog 2 jaar oor om die 1ste plek te probeer wen .
Sal waardeer word.
Moet ek 'n ander draad begin, dan ruil ons bietjie potjie resepte. Ek is uit idees uit...
Ons nvrugte koek op kersfees het opgedroog laasjaar met die afsterwe van my Ma. Maar kersete op kamp is alles kos wat dag voordie tyd voorbery is want ek glo op so spesiale dag moet daar nie gewerk word nie. Ons maak gewoonlik slaai en varkboud dag voor die tyd met vrugteslaai en roomys. verder is dit n rustige dag.
Het een van julle manne wat kos maak nie 'n wenner potjie resep vir my nie?
Daar is elke jaar 'n potjiefees by die laerskool, en ek het nog 2 jaar oor om die 1ste plek te probeer wen .
Sal waardeer word.
Moet ek 'n ander draad begin, dan ruil ons bietjie potjie resepte. Ek is uit idees uit...
Ook nie verbaas om dit te hoor nie DK. Jy is mos bietjie geheimsinnig
Dennis,
Ek weet nie so lekker van die afval nie. Ek is nie 'n plaaskind nie....
En ek weet nie veel van eiervrug nie, moet mens dit nie in soutwater oornag week of iets nie?
Wie het nog idees van potjies asb.
Ek is die ene ore.
LCHop, tik die woord "Potjiekos" onder Keyword Search in. Daar kom 'n hele paar drade op met allerhande resepte vir potjies. Ek dink dit is juis DK wat in een van hulle die webtuiste gee waar jy baie resepte kan kry vir potjies. Al die verskillende vleis en pluimvee s'n.
DK, ek ooreet my aan afvalpot en skaapribbetjie maak die lekkerste pot ooit! Dankie, gaan dit probeer.
Freda,
Ek soek 'n pot wat al pryse gewen het. Ek het al die drade gelees en ook myself al mal gegoogle, so ek dink die beste is om by potjie kenners te hoor.
Karen
Ek het ongelukkig nog nooit 'n prys gewen nie, darem ook nog nie kompeteer nie. Ons het eenkeer gekamp saam met vriende en die een aand was daar 'n potjiekoskompetisie vir die kampeerders. Hulle het beoordelaars gehad wat omgegaan het en almal se potjies geproe het en 'n paar pryse gehad. Hennie, ons vriend, het 'n heel vlakvarkboud in 'n pot gedoen en daar wen hy toe 2 pryse daarvoor. "Oorspronklikste potjie" en "Beste potjie". Ek dink dit kon gewees het omdat almal meestal lam of hoender gebruik het en syne was net anders? Dit was baie lekker, eintlik net sag gekook met uie en baie speserye, aartappels en 'n lang sous. Jy het sulke stukke van die boud afgeskeur met 'n vurk. Ons was nie bietjie trots dat ons staanplek 2 pryse gewen het nie.
Ek hoop jy vind die regte resep Karen, toets hom en gaan wen met hom! Laat ons weet.
Ek het ook nooit een gewen nie, want die pot is leeg wanneer die mense daar kom
@Lambchop, ek het nou op 'n paar lekker resepte afgekom, ongelukkig kan ek die nie save en plaas nie omrede dit 'n pdf files is. Om jou te help gaan in by Google en tik in Potjiekos wen resepte en select dan Potjie kos World dan wys hulle al die wen resepte. Jy kliek net op watter pot jy wil maak, bv Hoender, lam ens.
Ek het 'n baie lekker een gesien en ge-print, nl: Boland Lambs Potjie. My volgende kamp gaan ek hom probeer en dit is natuurlik Desember
(As Wilsur eendag so gaaf sal wees en my te verduidelik hoe daardie Skakel episode van hom werk, dan kan mens die goed sommer direk hier plaas. Ek hoop hy hoor my
)
Dankie, ek sal bietjie kyk.
Die geheim sout spesery ''ingredient'' van 'n pot is - ''Maggie Sauce'' met 'n pakkie ''Lamb & Vegetable Soup''. Geen sout nie, slegs die 2 bestandele vir sout.
Ek dink ook 'n potjiekos resep gee mens eintlik net nog idees van wat jy kan byvoeg. Op die ou einde volg jy maar daai moerby resep in jou kop en maak dit soos jy gewoond is maak. Ek kan nie onthou dat ek al by enige iemand potjie geëet het, wat nie lekker was nie. My man het altyd gesê, jy kry nie so iets soos 'n lelike vrou nie, die een is net mooier as die ander. So kry jy seker ook nie 'n slegte potjie nie, die een is net lekkerder as die ander.
Please dont forget about the CP.com recipe book. You can download it from the website.