English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 984
Total Replies: 243 327
Total Views: 82 945 220
topics: 11 229
replies: 132 871
views: 39 170 607
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

karavaan yskas

replies: 1
views: 4383
25 Mar 2004
Anonymous
graag wil ek net weet hoe lank hou die gas en unit van n karavaan yskas.
iemand het ook vir my genoem dat n mens ten minste een keer in 2/3 maande die yskas vir so 2/3 dae moet aansit om te keer dat die gas afsak en die unit beskadig.  steek daar waarheid in of nie.
groete
luanda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2004
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 600
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years
Indien daar geen lek of vog in die sisteem is nie, behoort dit jare te hou. Dit is blykbaar ook 'n redelike duur en unieke proses om die gas aan te vul. My persoonlike opinie is dat jy die yskas op krag gekoppel moet hou en hom voltyds laat werk. Die maandelikse krag verbruik (220V)is absoluut minimaal. Plaas 'n bottel of twee water in die yskas om hitteruiling te laat plaasvind. Sodanig sal jy vroegtydig agterkom indien die yskas nie meer effektief werk nie. Onthou, waterpas is absoluut kritiek vir 'n termo-elektriese eenheid. Indien die yskas nie op krag kan werk nie, kry gerus 'n 'handyman' om vir jou 'n element te koop by die handelaars (220 en/of 12 Volt) en dit met nodige bedrading, teen die 'skoorsteen' vas te sit. Gebruik sommer die ekstra yskas spasie vir 'n paar ekstra koue biere terwyl die rugby seisoen nou aan die gang is!! Indien die termo-elektriese (NIE KOMPRESSOR TIPE NIE)yskas se effektiwiteit wel afneem, is daar legio 'boererate' om dit te verbeter. (Draai op sy kop, plaas onderstebo op 'n bakkie en ry 'n plaaspad ens!!)Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First