English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 602
Total Replies: 253 746
Total Views: 83 280 147
topics: 600
replies: 3 874
views: 3 352 627
Share all those nice recipes with everybody...

kaasrys

replies: 4
views: 2862
10 Sep 2016 @ 16:32:45 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Ek is maar net mal oor kaas. Gooi tot gerasperde kaas oor my warm krummelpap.
Hier is nou n lekker kaasrys veral saam met die braai.
Ek glo julle sal daarvan hou
1 koppie rys afhangend hoeveel jy wil maak
1 koppie melk
1 teelepel rys sperserye ek gebruik die in die pakkies wat goedkoper is. Gweursout
1 koppie of meer gerasperde kaas
Verhit die oond so 160g C
kook die rys tot net sag en gooi die water af dreineer maar goed.
Gooi terug in die pot.
Voeg nou die rys geursel spesery en melk by en roer lekker deur tot alles goed gemeng is.
kook nou die rys met die melk totdat dit droog gekook is, ek hou dit maar goed dop en roer maar gereeld die rys en pasop dat dit nie aan brand nie. So ek roer maar gereeld en sodra die melk op gekook is haal af van die stoof
Vat n oondbak wat nie te groot is nie en sprei met cook en sprei. skep die rys onder in die bak en strooi kaas oor. Sit nog n laag rys bo oor die kaas en strooi weer kaas oor.
Maak die lae en sodra al die rys op is strooi nog kaas oor en bak in die oond vir so ongeveer n half uur tot kaas bo lekker bruin is.
Haal uit en sny in skywe en sit voor met n lekker stuk braai vleis
Geniet

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2016 @ 17:14:19 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Hierdie klink na n wenner.
Geursel is dan seker "spice for rice"
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2016 @ 17:15:31 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Kaas en appelkoos konfyt op krummelpap......lekkerrrrrr
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2016 @ 18:40:55 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, ek kom agter jy hou van kaas want omtrent al jou resepte bevat kaas.  Ek moet eerlik wees, ek het nog nooit rys met kaas geëet nie.  Jy is amper soos Hilda, van Sewende Laan, met snaakse kombinasies.laughing  Maar dit is baie interessant.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2016 @ 20:29:58 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Oom Koos ja die geursel is spice for rice.
Colin Freda julle kan dit gerus probeer baie lekker Ek vat nie n te groot bak nie want dit gee jou so drie na vier lae en dan is dit lekker dik ek eet smmer amper die hele bak op.
Ja dit is lekker om kombinasies te probeer soos ek gese hetmy hond is dei toetser gee eers vir haar en as sy daarvan hou dan weet ek nou kan ek dit proe en eet. Sy sal gou wys nee ek like nie die kombinasie nie hahhahah
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za