English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 284
Total Replies: 230 268
Total Views: 82 391 122
topics: 779
replies: 12 491
views: 4 979 125
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

hilux D4D

replies: 8
views: 1505
27 Feb 2017 @ 15:46:48 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Ek het `n vraag oor die 3L D4D Hilux hand rat (of het ek nou weer verkeerd gekoop).

Wat is die goed se ekonomie... of moet ek eerder sê verbruik?

Is 7-7.3Km/L normaal vir hulle teen so 110Km/h as mens sleep?

My gewese Lexus RX350 se verbruik met sleep was so 4.5-5.5Km/L (dit is vir `n outomatiese petrol model, glad nie te erg nie)

Dit klink net effens hoog vir `n diesel?

Nog iets, wegtrek op lang nat gras?!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 17:30:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7861
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek het die D4D 4x4, vier jaar
gery voor die Fortuner. Brandstof was veel mees as wat jy noem, 9.8 km/L.

As hy auto was het ek hom nou nog gery.

Watter model is hierdie een van jou?





As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 17:31:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7861
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wou by s dit was n Dubbel cab met canopy.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 20:03:39 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Dink die Toy is 'n goeie koop (net nie te seker van hulle gewildheid in die herverdelingsmark nie!). As die trokkie nie 'n 4x4 is nie het hy seker darem 'n diff lock; my Ranger is 4x2 maar het darem 'n diff lock, indien wel behoort wegtrek in lang nat gras nie 'n probleem te wees nie (dink jy bedoel ook met die wa gehaak?). Indien dit nie 'n 4x4 is nie en ook nie 'n difflock het nie mag jy dalk onder sekere omstandighede soos teen 'n opdraande moontlik sukkel.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 21:00:05 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Het self D-4D 4x4 in Kamper, so altyd swaar gelaa.
Sleep kry ek tussen 7-8 km/l in Oos Kaap wat baie beragtig is.
Sonder wa gry ek so 9 km/l.
Namibia/Botswans wat baie platter is kry ek so 10 km/l sonder sleep.
Han ook seker af wat jy sleep.
Ek sleep boswa wat klein en lig is.

Nog iets, wegtrek op lang nat gras?!

Wel, swaar gelaai en met koue enjin, sukkel ek om wek te kom op opdraane.
Nat gras kan ook probleem wees, maar jy behoort "Dif Lock" te he, so ver as at ek weet.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2017 @ 21:03:40 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Neewat ek hoir ook van kliente met 10km/l met d4d... met sleep was ek groot gedeelte af met 3.2 op 8.5km/l... so 7km/l vir d4d met sleep kan wees ja.. hang af wat jy sleep en watter pad, verkeer, hoe jy verbysteek ens

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2017 @ 08:23:45 am
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Neewat ek hoir ook van kliente met 10km/l met d4d... met sleep was ek groot gedeelte af met 3.2 op 8.5km/l... so 7km/l vir d4d met sleep kan wees ja.. hang af wat jy sleep en watter pad, verkeer, hoe jy verbysteek ens

So die sleep teen so 7-7.5Km/L klink reg. Oop pad gee die voertuig darem amper tot 12Km/L.

Ek moet sê dat ek met die sleep so bietjie meer verwag het. Is die 2x4 handrat Raider (sonder diff lock)

Die voertuig sleep baie lekker (veral in 4de). Sleep toestand was nou nie daie vêr nie. (R59) wat redelik besig was, dit het veroorsaak dat mens baie agter trokke geland het en dan moes verby gaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2017 @ 09:50:16 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Ek glo nie dat daar rede is om te kla nie.
Geniet die voertuig en hoop jy het lang probleem vrye rit...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2017 @ 09:59:57 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4256
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years
Jannie soos reeds genoem hang dit seker af watse wa jy sleep en spoed/verkeer wat die syfer kan beinvloed.

Jou syfers is seker omtrent reg @110 wat mens kan verwag as ek reg onthou wat mense oor die algemeen noem.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required