Dagsê Nico.
Hoe wil jy hê met wat moet gehelp word.
Nico ry na die naaste postnet toe. Vul die papiere in neem 'n afskrif van jou ID en bewys van adress saam dan behoort jy dit daar te kan doen.
SA Poskantoor
Ek weet van die poskantore doen dit. Maar dis onmoontlik op die oomblik om dit by n poskantoor te doen. Was vanoggend daar en daar staan rye mense wat hulle covid toelaag will ontvang.
Ek moet juis nou n kar lisensie gaan hernu, is julle seker postnet doen dit?
The other option is to register on the Cape Town City's eservice portal
Poskantoor en lisensiekantore is enigste plekke wat hernu sonder om n addisionele hanteringsfooi te vra. Poskantoor is veronderstel om aparte tou te he vir toelae en lisiensiehernuwings want hul word n kommissie per lisensie betaal. Hier in Pta Noord / Montana area word dit so hanteer sonder probleme.
Ek het al gesien dat jy kan hernu by sommige Spar winkels. Volgens berig nog klompie winkels....
https://www.medigro.co.za/renew-your-vehicle-licence-disc-online-in-3-easy-steps/
Groot verskeidenheid van kettingwinkels en privaat instansies wat lisensies hernu maar fooie is belaglik ! Ek het laasjaar al n onderonsie met Spar gehad omdat sy al halfpad met transaksie was sonder om te se daar is n addisionele fooi - geen kennisgewing op hul advertensiebord om dit aan te dui nie - my goed gevat en geloop. Poskantoor maar nog steeds beste - alhoewel hul lang toue mense het vir toelae uitbetalings is dit net buite - binne mag hul net 10 of minder op n slag toelaat en ander toonbanke bly oop vir normale posdienste en lisensie hernuwings. Ek is nie bereid om r150 of meer extra te betaal aan n ander instansie nie.
Ek doen dit maar gewoonlik by die "Drive Through" in PTA middestad. Langste wat ek in my tyd hier in PTA daar gewag het is drie karre voor my.
Gou Gou Tjop Tjop.
Maak net seker jy het die regte papiere by jou dan loop dit vlot.
Ek het al gesien dat jy kan hernu by sommige Spar winkels. Volgens berig nog klompie winkels....
https://www.medigro.co.za/renew-your-vehicle-licence-disc-online-in-3-easy-steps/
Daai link gaan mens so R195 ekstra kos.
Maar wat ek die minste van hou is wat daar op hulle site staan:
"Renewonline may contact or message users with market related material"
Ek het so pas van Select Registrations gebruik gemaak, regtig goeie diens ontvang en my lisensie hernuwings is gister afgelewer, bakkie, karavaan en sleepwa. Hulle fooi is R200 per voertuig met afleweringskoste van R69. Pensioenarisse betaal 'n fooi van R100.
Jy registreer op hulle website en volg die proses - https://selectreg.co.za/ Telefoon nommer is 0120301199
Die fooi is darem hoog. Dit sou my meer as 'n duisend rand ekstra gekos het vir my voertuie. Gelukkig het ek net na die registrasies weer geopen het, en voor die uitbetalings by die poskantore begin het, myne gaan hernu en omtrent 'n uur gewag het.
'n Ding wat my altyd verbaas, is dat mense geneig is om tot op die laaste oomblik te wag om iets te doen, soos om die lisensies te hernu, en dan in lang toue moet staan eerder as om betyds hulle sake te gaan doen.
Ek doen dit maar gewoonlik by die "Drive Through" in PTA middestad. Langste wat ek in my tyd hier in PTA daar gewag het is drie karre voor my.
Gou Gou Tjop Tjop.
Maak net seker jy het die regte papiere by jou dan loop dit vlot.
Leon, kan jy vir my sê waar presies in die PTA middestad is die drive-through, ek sal dit graag wil gebruik as die poskantoor weer n belaglike storie het oor hernuwings