ek is op soek na n addon of multiroom op my 2003 Jurgens Palma met grys en blou tent asb
Welkom out maat. Ek hoop jy word n regular hier by ons.
Welkom hier! Hierdie advertensie is laasweek geplaas....weet nie of dit nog beskikbaar is nie, sien dit verkoop soos soetkoek
Welkom hoop jy kom reg
Welkom en geniet die groep
Welkom hier by ons. Ek hoop van harte die ad wat Geert vir jou gewys het is nog beskikbaar want dis duidelik die kleur Add-A-room wat jy soek.
Dan is daar ook 'n onderwerp wat handel oor Universal Multiroom of Add-A-Rooms. Gaan kyk daar dalk is dit ook 'n oplossing.

Click op onderstaande link om na die draad te gaan waarna Leon verwys
Welkom hier! Hierdie advertensie is laasweek geplaas....weet nie of dit nog beskikbaar is nie, sien dit verkoop soos soetkoek
Hulle is klaar verkoop.
Welkom op die forum.
Welkom en geniet. Hier tussen die ou manne word jy gou "kampwys".
MORE JULLE ALMAL EK HOU VAN JULLE GEES OP DIE FORUM,EK HET TOE MAAR NUWE EEN BY CARNIVAL CARAVANS GEKRY,HET NOG N NUWE EEN ,MOET SE DAWIE EN SY SPAN HET MY DADELIK GEHELP EN EK KON DIE REGTE 1 KOOP BY HULLE.
BIETJIE DUUR MAAR EK SIEN DIT AS N BELEGGING ..
ONS KAMP BAIE EN GAAN NIE GOU OPHOU NIE
MOOI DAG AAN JULLE EN DANKIE VIR RAAD
Dis chapperig Wynie dat jy reggekom het.
Darem nie nodig jy vir ons skreeu nie. (Hoof letters tik) Ons het jou gehoor....
Op die ou einde is 'n nuwe produk seker maar die beste as jy hom nog lank vorentoe gaan gebruik.
Bly jy reg gekom
MORE JULLE ALMAL EK HOU VAN JULLE GEES OP DIE FORUM,EK HET TOE MAAR NUWE EEN BY CARNIVAL CARAVANS GEKRY,HET NOG N NUWE EEN ,MOET SE DAWIE EN SY SPAN HET MY DADELIK GEHELP EN EK KON DIE REGTE 1 KOOP BY HULLE.
BIETJIE DUUR MAAR EK SIEN DIT AS N BELEGGING ..
ONS KAMP BAIE EN GAAN NIE GOU OPHOU NIE
MOOI DAG AAN JULLE EN DANKIE VIR RAAD
So hulle is al oop. Hoe lyk die winkel....goeie verskeidenheid? Watse verskaffers se waens hou hulle aan....soos ek op die fotos kon sien was dit net Jurgens gewees?
Welkom hier Wynie; ek loop seker die risiko om as 'n moan gat uitgekryt te word deur die ander bendelede hier, maar om slegs in HOOFLETTERS te skryf innie die internet wêreld beteken jy skreeu :) Kleinletters beteken jy gesels net rustig :)
Welkom. Jy gaan sien hoe geniet jy elke dag se geklets op die forums.
More julle ek sal dit in gedagte hou die "skree".
Ek het als oor foon gedoen so kan nie se watse waens staan daar nie.
Maar dink hulle sal kan help ,hulle is darm mense wat terugbel en opvolg iets wat ek nie gewoond is aan nie .
lekker dag en veilig kamp
groete
Wynie