Ek het op 2 F/B blaaie dieselfde vraag gevra en uiteenlopende antwoorde gekry. Hiers hy: almal reken jy moet nie in jou laaste (b.v 5 de) rat sleep nie. Automaties ratkaste uitgesluit want hul werking is nie dieselfde. Nou wat is die nodige afsny gewig om in jou laaste rat te sleep? 'n Mens sleep tog nie 'n venter in 4 de deur die plat karoo nie en noodwendig 'n Exclusive teen Van Reenen's pas op in 5de nie. Ek moes al 2 ratkaste van my GWM dc 2.8 vervang en alwee kere is aan my gese om nie 5 de te gebruik vir sleep nie. Tans is my voertuig 2.5 dc 2014 Triton. Diesel verbruik op 2000km trip was 8,7 km/L @ 100km/h 3000rpm 4 de rat. Sal dit enigsins verbeter as jy 5de rat sleep?
Met my 2.5 liter petrol X-Trail (Bushbaby - kan nie gewig onthou nie) en die daaropvolgende Suzuki Grand Vitara 2.4 liter (Bushbaby en toe Sprite SC - 1340 kg) altyd in hoogste rat waar moontlik gesleep, met die spoedbeheer aan en so tussen 100 - 110 km/u maksimum. Ek het daarvan gehou om by die 3000 opm te hou en geen probleme ooit ondervind nie, ook nie koppelaar probleme nie. Het egter maar ook die brandstof verbruik dopgehou. Altesame so 13 jaar met die 2 voertuie deurgebring.
Nou met die Touareg sleep ek die Sprite SW, spoedbeheer aan en hou weereens by 100 - 110 km/u
My uitgangspunt is - as die voertuig swaar trek in die hoogste rat is die masjien/voertuig nie geskik vir die karavaan nie. Bygesê - jy kan sekerlik 'n groot karavaan gaan trek met 'n VW Kewer as jy bereid is om die arme kar te verkrag, maar, dis nou maar my 2c
My X-Trail - 2lt Dci het ń 6-spoed ratkas en sleep vir veiligheid doeleindes in 5de rat alhoewel ek nog baie plek het om na 6de rat te wissel.
Op geleenthede, sleep ek in 6de rat teen afdraende of op gelyk pad met wind van agter.
Ek sleep ń Penta met ń gewig van:-
- TARE = 1080KG.
- GVM = 1300KG.
Die Penta is gewoonlik erg gelaai asook my voertuig.
Feitlik sien ek ń geringe brandstof verbruik ongeag 5de of 6de en kry dan so +/- 10,2lt/100km = 9,8km/lt teen ń spoed van +/- 110 - 120km/h.
Met aankomende wind teen my en opdraende verskil die syfers na:- 12,4lt/100km = 8km/lt teen ń spoed van 90 - 110 km/h.
My Sprite Swift wat baie ligter was as die Penta het ek waar ek kan die heeltyd in 6de rat gesleep.
Ek is bewus daarvan, van voertuie se ratkaste dit nie kan hanteer nie, NL:
- Mazda BT50 asook GWM.
Met my GWM kon ek nie waag om na 5de te verskuif, want dan het ek agteruit gesleep ipv van voorentoe (LOL).
Dries
met ons nuutste kennis en wetenskap rekenaars en ales wat slim is, besluit ons voertuie oor limp mode hoeveel petrol ens.Nou hoekom sal daai kennis en tegnologie nie ook met die elektronika wat die auto ratkas deur die ECU wat al die ander gedoentes met betrekking tot die masjien en sy verigting hanteer nie die reget besluit neem ten opsigte van watter rat die ratekas in moet wees nie. Daai selfde rekenaar bepaal watter wiel om stadiger te laat draai as jou wa jou voertuig beging rond ruk en wanner jou ABS moet werk jou airbags in botsing moet ontplooi.
So my vraag is vertrou jy nie daai tegnologie nie?
Dis maar net uit watter hoek ek die prentjie sien
Ek het op 2 F/B blaaie dieselfde vraag gevra en uiteenlopende antwoorde gekry. Hiers hy: almal reken jy moet nie in jou laaste (b.v 5 de) rat sleep nie. Automaties ratkaste uitgesluit want hul werking is nie dieselfde. Nou wat is die nodige afsny gewig om in jou laaste rat te sleep? 'n Mens sleep tog nie 'n venter in 4 de deur die plat karoo nie en noodwendig 'n Exclusive teen Van Reenen's pas op in 5de nie. Ek moes al 2 ratkaste van my GWM dc 2.8 vervang en alwee kere is aan my gese om nie 5 de te gebruik vir sleep nie. Tans is my voertuig 2.5 dc 2014 Triton. Diesel verbruik op 2000km trip was 8,7 km/L @ 100km/h 3000rpm 4 de rat. Sal dit enigsins verbeter as jy 5de rat sleep?
Those GWM gearbox,s were prone to failure whether you towed or not,
I currently tow an exclusive with a Triton 3.2 and on long flat straight roads i use 5th, [ never labour the engine ] , inclines or at any hint of labouring i go back into 4th.
i never run the motor under 2000 RPM and very seldom exceed 2600 RPM, keep the motor in that "happy window" and the gearbox will be there aswell.
Fuel consumption when towing with these big turbo diesel motors, well you cant have everything i guess.
Alhoewel Dries verwys na handrat voertuie is dit interessant om te noem dat my BT50 met outo ratkas gereeld oorslaan 6de toe in Drive, maar baie min indien ek die ratkas op "Sport" sit, soos aanbeveel. Ongelukkig gebruik hy dan minstens een liter/100km meer diesel in "sport". Dis die 3.2 en ek sleep 'n Palma.
Ek sou sê die vraag t.o.v. watter rat om in te sleep is net van toepassing op handrat ratkaste. Outomatiese ratkaste besluit self wanneer 'n laer rat gekoppel moet word, en jy is nie by magte om daardie besluit om te keer nie - na 'n laer rat wel, maar nie hoër as wat die rekenaar besluit nie.
Ek stem saam, as jy 'n outo ratkas het, laat hy besluit- hy weet beter as ons mense. Ek is van mening as jy met 'n outokas sleep en hy het 'n keuse waar die revs hoër styg voor dit oorskakel soos die S (Sport) stelling, is dit die beste om daarmee te sleep. Dit is tog logies dat as die masjien hard moet werk, jy die enjin vinniger laat loop voor jy oorskakel. Ek dink daaraan as S vir SLEEP.
Ek sou sê die vraag t.o.v. watter rat om in te sleep is net van toepassing op handrat ratkaste. Outomatiese ratkaste besluit self wanneer 'n laer rat gekoppel moet word, en jy is nie by magte om daardie besluit om te keer nie - na 'n laer rat wel, maar nie hoër as wat die rekenaar besluit nie.
Pieter, wat ek met die ST doen is net voor 'n styging in die pad dan skakel en hom terug na 5de en dan weer terug na "D" hy kan dan verder besluit wat om te doen.
Pieter, wat ek met die ST doen is net voor 'n styging in die pad dan skakel en hom terug na 5de en dan weer terug na "D" hy kan dan verder besluit wat om te doen.
Wilsur, ry jy dalk met 'n diesel? Indien wel, is daar enige empiriese bewyse wat aantoon dat daar enige voordeel aan hierdie aksie gekoppel kan word? Ek vra die vraag na aanleiding van die lae omwentelinge waar diesel engins maksimum wrigkrag lewer. Om na 'n sport funksie oor te skakel en sodoende die omwentelinge sê maar met 750 op te stoot maak nie vir my sin indien die "Drive" funksie alreeds op laer omwentelinge besluit het om maksimum wringkrag, met gevolglike laer brandstof behoeftes maar minder versnellingsvermoë te gebruik nie. Ek vra myself af, is "S" wat vir sport staan vir maksimum sleep vermoë teen die mees ekonomiese omwentelinge, of om vinniger te versnel, ongeag brandstof verbruik?
Deesdae se ratkas ontwerpers het die voordeel dat hulle sogenaamde algoritmes in die stelsel kan inbou, waarvolgens die ratkaste meeste van die tyd wringkrag en brandstof maksimaal kan benut.
Onthou dat D normaalweg vir die beste brandstofverbruik bedoel is terwyl S vir beter werkverrigting met minder ekonomie sorg. Dit is vir winderige persone wat beter versnelling wil hê. Dit maak dus vir my heeltemal sin dat dit ook beter verrigting gee as jy sleep. As jy met handrat ry, laat jy tog ook die toere hoër loop voor jy oorskakel as die kar swaar trek. Is ek reg?
Sjoe, julle ouens raak tegnies!!
My Touareg (180kW en 550 Nm) het nie daardie terugskakeling nodig nie .... teen kwaai opdraendes (en bygesê is daar maar min opdraendes wat 'n Touareg "kwaai" sal noem ---- ekskuus, ek kon die invoeging eenvoudig nie weerstaan nie!😁) skakel die ratkas maar self terug na 7e rat met "Awol" agteraan - ek ry meestal met die spoedbeheer aan. Die enigste tyd wanneer ek wél aan die ratkaskierie sal raak, is met skerp afdraendes, waar ek na "Handrat/ Manual" oorskakel en dan so 'n laer rat sal koppel ... dit maar meer om die spoedvermeerdering in aanmerking te hou. Moet erken dit was maar die enkele kere wat ek dit moes doen. Ratkas hou maar by 1500 -1550 enjin revolusies @ 100 - 110 km/u
Ek moet ook byvoeg dat ek altyd met die spoedbeheer ry tensy daar n rede is om dit nie te dien nie, soos as daar baie draaie is of afdaendes wanneer ek ook soos Nico maak. Ek dink as jy voet op die petrolpedaal ry, sal jou verbruik waarskynlik hoër wees. As jy die blikbrein ten volle toelaat om die besluite te neem, ry jy waarskynlik die ekonomieste.
Alhoewel Dries verwys na handrat voertuie is dit interessant om te noem dat my BT50 met outo ratkas gereeld oorslaan 6de toe in Drive, maar baie min indien ek die ratkas op "Sport" sit, soos aanbeveel. Ongelukkig gebruik hy dan minstens een liter/100km meer diesel in "sport". Dis die 3.2 en ek sleep 'n Palma.
Wilsur, ry jy dalk met 'n diesel? Indien wel, is daar enige empiriese bewyse wat aantoon dat daar enige voordeel aan hierdie aksie gekoppel kan word? Ek vra die vraag na aanleiding van die lae omwentelinge waar diesel engins maksimum wrigkrag lewer. Om na 'n sport funksie oor te skakel en sodoende die omwentelinge sê maar met 750 op te stoot maak nie vir my sin indien die "Drive" funksie alreeds op laer omwentelinge besluit het om maksimum wringkrag, met gevolglike laer brandstof behoeftes maar minder versnellingsvermoë te gebruik nie. Ek vra myself af, is "S" wat vir sport staan vir maksimum sleep vermoë teen die mees ekonomiese omwentelinge, of om vinniger te versnel, ongeag brandstof verbruik?
Deesdae se ratkas ontwerpers het die voordeel dat hulle sogenaamde algoritmes in die stelsel kan inbou, waarvolgens die ratkaste meeste van die tyd wringkrag en brandstof maksimaal kan benut.
Pieter, nee, dit is 'n 4.0L reguit 6 cyl. Petrol.
Ek help net om so effe voor die ratkas terugskakel self terug te skakel. Want ek het gevind dat na 'n lang plat pad skakel die ratkas vir my net te laat terug as hy heeltyd met die spoed beheer loop.
Reg so Wilsur - toegegee - ek het self in die sewentigs vir 'n rukkie met 'n reguit ses 4 liter Ford Ranchero gesleep. Dit was nou wel 'n drie spoed handrat model, maar 'n ou het daar ook maar tweede toe geskakel teen 'n bult voordat jy momentum verloor. Maar petrol was mos spot goedkoop, en verbruik was nooit 'n faktor nie.
Sleep kon hy sleep, en hy was ook nie skaam vir bulte nie, maar om te stop was 'n angswekkende storie met drom remme voor wat om die beurt vir mekaar hande klap waneer daar by tye, af en toe, maar meer af as toe, om die beurt gebriek word. Die Peugeot 404, alhoewel met net 'n 1600 cc engin, was 'n baie veiliger sleep voertuig met sy groot wiele en yslike skyfremme voor.
Terloops, die Valiants van daardie jare het eers ook net met drom remme uitgekom.
Sestig myl per uur was daardie jare 'n baie goeie spoed om op die oop pad te probeer handhaaf - sonder dat iets gesleep word. Dieselfde spoed vandag - 100 kpu, is nou 'n aanvaarde sleep spoed.
"Pieter, nee, dit is 'n 4.0L reguit 6 cyl. Petrol."
Ek dink wat Willem ook nagelaat het is dat sy Territory ook die ST (turbo) weergawe is.
Dankie Hennie 👍
Pieter, Die Ford Territory ST is 'n ander soot speelding (die ST is die een met die turbo) omdat dit die sport model is het hy ook groter wielle 18" en het daarby ook groter skuif remme voor en agter. Hy loop ook soos 'n diesel op lae toere vir die sleep krag Nm.
245kW, 480Nm teen 2000rpm, dit met 'n petrol voertuig wat baie vinniger reageer (respons) as 'n diesel.
Wilsur, ek besef die Territory is in 'n klas van sy eie, en het dit hoegenaamd nie met 'n 52 jarige Ranchero probeer vergelyk nie. Die Ranchero en El Camino bakkies van daardie tyd was baie gewild onder kampeerders, alhoewel hulle onderskydelik Fairmont en Chev Commander meganika gehad het.
Dit was die tyd toe dit nog aanvaarde praktyk was om agter op 'n bakkie te ry.
Kan jy glo, daardie bakkies se outomatiese weergawes het net 'n twee-spoed ratkas gehad.

👍👍
Ek dink mens leer jou eie kar ken.....wanneer hy swaar trek en wanneer nie. Ek sleep meestal in 5de, sal 4de toe gaan as ek voel engin begin swaar trek. 6de kan ek hoor/voel engin werk hard. Kan dit gewoonlik ook sien as mens computer op "instant brandstof verbruik stel....hoe swaarder engin werk hoe hoër brandstof verbruik. Ek het hand rat
Ek moes destyds my eerste 3 liter diesel handrat HiLux se 5e rat laat vervang omdat ek op gelyk paaie in 5e gesleep het, en daardie rat nie gemaak was vir swaar werk nie.
Daarna het ek net in die rat verhouding gesleep wat direk met die engin gekoppel was, d.w.s. 4e rat in daardie ratkas, tensy 'n laer rat natuurlik genoodsaak was..
Daar is meer as net in 4de, 5de en 6de sleep. Om byvoorbeeld 60 in 5de te sleep is baie meer skadelik as 120 in 5de
Net 'n regstelling Pieter: Geen rat gee 'n direkte koppeling nie. Die verhouding tussen die inkomente en uitgaande skagte mag 1:1 wees maar dit beteken geensins 'n direkte koppeling nie. Ek het al voorheen die wanopvatting teegekom. Dit mag 90 jaar gelede dalk die geval gewees het- ek weet nie- maar nie sedert ek minstens 50 jaar gelede met die soort speelgoed deurmekaargeraak het nie. Die krag loop deur minstens een ander skag tussen die die twee skagte. Dit is dus nie 'n ding om te oorweeg nie. Wat saak maak is hoe naby aan die maksimum wringkrag jy sleep. Bestudeer gerus 'n skematiese voorstelling van 'n ratkas of maak een oop. Ek het in my jonger dae verskei ratkaste herbou.
Ek ry NET op revolusies. Die Fortuner V6 WIL gedurig na die hoogste rat oorskakel, hy is sterk genoeg daarvoor. Maar sodra ek sien dat die rev's laer gaan as 2200 dan skakel ek hom oor na n laer rat. Ek hou van 3000 revs teen passe uit, op die op pad loop die V6 gemaklik teen 2500 revs ---- 110km/u.
@Fred .... sien jy het baie ratkaste oorgebou. Ek het wel 'n paar oopgemaak en herstel, maar nie juis "herbou" nie, (beslis nie jou vermoeëns nie!!) ........ behalwe .... die 3 spoed 1949 Citroën wat ek - in jou terme - "herbou" sal noem. Ek het (ek dink) nou nog nagmerries daarvan! Arme (oorlede) Jerry Botha - my buurman destyds - en ek het die "maklike joppie" (soos almal vertel het), in sy garage aangepak. Ek dink ons was uiters gelukkig en bevoorreg dat daardie ratkas, na 2 weke, reggewerk het!!
My repertoire sluit 'n paar Ford en 'n Fiat 125S ratkas in. Toe my Kombi s'n 'n rat gebreek het, het ek besef die een is bo my vermoë aangesien daar 'n paar gespesialiseerde gereedskapstukke benodig was. My Kuga se koppelaar het ook probleme gegee en moes vervang word ('n sogenaamde 'duel clutch'), maar dit was gelukkig onder waarborg. Dit was ook heeltemal bo my vermoë. Die tyd wat jy amper alles met die spreekwoordelike tang en bloudraad kon regmaak, is verby. Maar ek is bly ek het die era beleef want ek het groot plesier en bevrediging in die speel met masjinerie gevind. Met herstel bedoel ek die vervanging van ratte en sincro kegels en ander onderdele. Dit het behels dat die ratkas i'n duisende dele op die garagevloer gelê het en weer aanmekaargesit is, so ek dink dit kwalifiseer as herbou.
Ek het in my jong dae op die plaas 'n Massey Ferguson se ratkas laers vervang, en later die sikronisering op 'n Colt 1100 F. Ek het darem so 'n vae idee hoe die goed werk, maar van outomatiese kaste en DSG weet ek net mooi niks, buiten dat ons altwee besit en hulle baie lekker werk.
Net 'n regstelling Pieter: Geen rat gee 'n direkte koppeling nie. Die verhouding tussen die inkomente en uitgaande skagte mag 1:1 wees maar dit beteken geensins 'n direkte koppeling nie. Ek het al voorheen die wanopvatting teegekom. Dit mag 90 jaar gelede dalk die geval gewees het- ek weet nie- maar nie sedert ek minstens 50 jaar gelede met die soort speelgoed deurmekaargeraak het nie. Die krag loop deur minstens een ander skag tussen die die twee skagte. Dit is dus nie 'n ding om te oorweeg nie. Wat saak maak is hoe naby aan die maksimum wringkrag jy sleep. Bestudeer gerus 'n skematiese voorstelling van 'n ratkas of maak een oop. Ek het in my jonger dae verskei ratkaste herbou.
Fred, kyk gerus na die YouTube video waarvan die URL hier onder verskyn. Dit is hoe ek handrat kaste verstaan, en daar kan duidelik gesien word dat daar 'n direkte koppeling is tussen die krukas en die ewenaar. Ek sê nie dit is in alle gevalle so nie, maar in die paar wat ek oopgemaak het was dit wel so, en my destydse HiLux met 'n 5 spoed kas het 'n direkte koppeling gehad in vierde.
https://www.youtube.com/watch?v=wCu9W9xNwtI
Pieter, ek het pas na die video gekyk. My opinie is dat dit nie juis die punt duideiker maak nie. Die ratkaste waarmee ek gewerk het, het beslis nie 'n direkte koppeling tussen die enjin en dryfas gehad nie, maar ek kan net steun op my eie kennis van vier verskillede ratkase, so ek kan nie met sekerheid sê dat dit nie bestaan nie. As jy sê jou Hilux het wel so 'n direkte koppeling gehad, dan aanvaar ek dit so en dan het ek ook weer iets geleer. Ek het op 'n stadium toe ek nog heel jonk was, met 'n ouer persoon wat baie tegniese kennis van motors gehad het en self alles aan sy voertuie gedoen het, gepraat en jou mening uitgespreek. Dit was in die vroeë sewentigs. Hy het my toe oortuig so-iets bestaan nie en ek het sy mening, saammet my latere eie waarneming as evangelie aanvaar.
Dis in elkgeval lekker om menings te deel met iemand wat duidelik, netsoos ek, nie skaam is om sy hande vol ghries te kry nie.
Hier is nog 'n video wat die werking van die ratkas mooi verduidelik, insluitende "direct drive" waar die krukas en dryfas direk gekoppel is en dus teen dieselfde tempo draai.
Dit klink vir my aof die aanbieder te veel rook. 🤨
https://www.youtube.com/watch?v=vOo3TLgL0kM