English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 659
Total Views: 83 242 688
topics: 11 568
replies: 139 143
views: 39 339 562
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

daai 110v aircon

replies: 36
views: 9709
16 Feb 2016 @ 19:04:50 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Vandag die 12v dc - 110v ac 60 hz invertor van Armand gekry 2000w konstant, 4000w max. Nou gaan ek daai aircon inbou.
Moerse dankie Armand!!!

Nou wil ek graag by die boffins hoor hoe ek die moet takel.
Ek het n 105A/h battery ingebou met n C Tech laaier van ek dink 7 amp. Dit werk net my ligte.
n C Tech laair van 25 amp is vrek duur, maar Bush power het n 27 amp laaier teen billike prys, sowat R 1500.

Hoe lank kan die aircon werk (dit trek 440 watt as dit loop) op die battery voordat als tot stilstand kom met die 27 amp laaier.
Vraag, hoe ver kan n battery ontlaai word, tot by 70% ? Dit sal dan beteken 3,5 uur se gebruik as komperssor heeltyd loop. Maar sou dit slegs 75% van tyd met kompressor aan loop, lyk my is laaier groot genoeg??
Hier val ek van die bus af.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 15:27:59 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Is jou aircon 110V compatible? Maak eers seker daarvan anders gaan jy iets blaas.

Daai 2000W inverter trek omtrent 20w, al is die aircon nie aan nie. Is die 440W AC of DC? As dit DC is voor die inverter kyk jy na 36A lading. Jou batterye gaan glad nie lank hou teen daai spoed nie!

I(A) = P(W) / V(V) 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 15:32:21 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Verskoon my brits asb!

 

Another thing, any waveform that is not a true sine wave (ie is a square, or modified square wave) will be less efficient when powering inductive loads - the appliance may use 20% more power than it would if using a pure sine wave. Together with reducing efficiency, this extra power usage may damage, or shorten the life of the appliance, due to overheating. Inductive loads such as fridges or aircon compressors do not like modified sine wave. Some appliances may refuse to start all.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 17:28:10 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die is n 110v aircon, ek het dit ingevoer omrede dit kompak is, en daar min spasie beskikbaar is. Dit se 440 watt by 110v. Geneuk is, ek het nie besef dat dit 60 Hz is nie.
Die invertor is modified sine wave, 110V 60 Hz op die specs se hulle tv, yskas etc. Amerikaans gebou vir hulle RV, bote etc.

Besef dit gaan 36 A trek teen 12 V, maar sal dit slegs gebruik waneer daar 220V beskikbaar is, met n 25A laaier gekoppel aan 105 A/h battery. Of dit is die plan in my agterkop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 22:01:45 pm
Anonymous

Herman, sterkte.. wat ek gaan se gaan jy nie wil hoor nie, en gaan ek net klomp mense kwaad maak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 22:14:03 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Brommer, net die feite, niks anders nie. Beskou dit as n gegewe wat opgelos moet word, met n antwoord wat sinvol maak. Wil nie hoor van allerhande redes hoekom nie, en moes liewers dit of dat nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2016 @ 23:23:19 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

220 v @ 50 hz laaier, om die battery te laai, wat die modified sine wave invertor met krag voorsien om die lugreelaar met 110 v @ 60 hz te voorsien.surprised

Baie lomp, en behalwe vir al die hitte verlies, sal dit waarskynlik werk. Hoe lank wil ek nie voorspel nie. 

Dalk 'n groter laaier sodat die inset na die battery = aan die uitset?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 09:41:32 am
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Herman, ek dink nie jy behoort 'n probleem te hê nie.

Aangesien jy hom net gaan hardloop gaan dit nie makliker wees om 'n 1000W Stepdown transformer the hardloop van 220-110V nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 12:21:58 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dieter, dit was die oorspronklike plan, stepdown 220-110v.
Die volgende inligting gegoogle, nogal heelwat verskillende menings daaroor.
Die probleem kom in by die V/Hz verhouding in. 110/50 =2,2 en dan 110/60= 1,833. Soos ek verstaan gaan motor nie van die verskil hou nie, en sal effe warmer loop.
Die oplossing is glo om n 220-100V stepdown te gebruik om die V/Hz nader te bring. ???
Wat ongelukkig weer pla is glo dat pary plekke 210V is en ander 240V. Dus moet die trasformer gebou word met n paar tappe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2016 @ 13:29:00 pm
Dieter
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 26 years

Wat ongelukkig weer pla is glo dat pary plekke 210V is en ander 240V. Dus moet die trasformer gebou word met n paar tappe.

En dit gaan jou groot probleem wees, tensy die transformer 'n ondentlike regulator in het gaan die spanning baie op en af spring.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2016 @ 18:07:52 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Transformator laat bou, waarmee ek die spanning verstel word afhangende van wat daar op n plek gelewer word. Sal dit maar op die werksbank toets en loer wat die verskil in temperatuur van kompressor is tussen transformer en invertor.
Ek hou duim vas dat als mooi sal werk, dan is ek reg vir Kgalagadi en Kruger in die somer, darem te bitter warm vir n middag slapie in Februarie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2016 @ 20:50:34 pm
Anonymous

Klink my Herman is te diep in om te onttrek. Herman, solank jy ons op hoogte hou ;) sal interssant wees hoe dit vorder.. wat kos die storie al?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2016 @ 21:43:19 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Brommer, kostes nog nie te erg nie, eintlik nogal billik. Moet nou net n 3 rigting skakelaar en voltmeter aanskaf. Kan jou dalk vra, my plan is om volts op 100V kant te meter ipv primere kant, en dan verstelling te maak. Soort van altyd te sien of aircon Volts ok is?
Ja man, ek het n verdoemende trek in my, wil n ding deursien wat begin is. Hierdie is darem nie n groot gedoente nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2016 @ 23:17:35 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek sal 'n "bench test" aanbeveel voor installasie. Het jy al getoets of die invertor die aircon aan die gang kry Herman?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2016 @ 07:24:38 am
Anonymous

Herman, jy kan n AVC voltmetertjie koppel, maar ek dink nie dis noodwendig so groot issue nie. Ek sou ook maar by invertor begin het?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2016 @ 23:17:23 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Vandag als op werksbank gehad. Lyk of daar n fout is erens by invertor blaas 40A fuse sonder dat aircon ingeplugg is ?
Met die transformer op 230v gekoppel, lees dit presies 100v vir die aircon, die fan en kompressor rustig. My metertjies kon nie die FLA ( full load amps) lees nie, maar gutt feel klink als ok.
Volgende dit in Jurgie se venster staan gemaak, met so stuk polystireen?? rondom. Vandag was heel koel, en Jurgie so 27 grade binne, onder afdak. Die temp so halfpad op knoppie gestel, en seker 5 minute later op 23, daarna so elke af en toe aan gekom.

Volgende week gaan ek dit nog so op n warm dag heeldag aanlos, en dan sny ek muur n gat in om permanent in te bou.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2016 @ 08:29:05 am
Anonymous

Herman, Jou fuse is te klein vir n 2000W inverter, sodra jy hom koppel het hy n massiewe inrush stroom om sy kapasitore te laai, jy moet na 100+ Amp fuse kyk?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2016 @ 10:13:15 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie Brommer, ek verstaan. Die handleiding spesifiseer n 100amp fuse, nie gehad nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 09:34:30 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Wil iets vra, gebruik die vrystaande aircon modelle die afgekoelde lug vir die kondensor se afkoel? Indien so gaan ek die eenheid permanent inbou met n vent na buite. Sal baie pt spaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 09:59:37 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die een wat ons in die huis het gebruik kamer temperatuur lug om die kondensor af te koel. Die warm lug word deur die pyp na buite gelei. Die lug wat deur die evaporator afgekoel word blaas direk in die vertrek. Dus twee uitlate.

 So ja, in effek word die afgekoelde lug gebruik om die kondensor af te koel, soos die vertrek kouer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 10:04:22 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dit aircon kom onder in hangkas, so dan exhaust ek net die agterkant na buite. Sny n paar vents in kas sodat dit die lug binne in wa suig om oor kondensor?? te blaas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 10:15:50 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Klink reg vir my. Een inlaat en twee uitlate. Warm lug na buite en koue lug na binne. Jou plan is amper soos wanneer mens die kar se aircon stel dat daar nie vars lug van buite ingetrek word nie. Meer effektief.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 10:40:02 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Herman die muur/venster eenheid wat jy het gebruik die lug van buite om oor die kondensator te waai en af te koel. Trek die lug by die kante in en blaas agter uit. Soos jou plan is gaan die koue lug by die kante intrek en agter uitblaas. So jy gaan 'n gedeelte van jou koue lug verloor. Die koue lug word voor oor die evaporator ingetrek wat dit weer verkoel en terug blaas.

My persoonlike gevoel is dat jou plan gaan werk en die bietjie lug wat jy gaan verloor niks sal wees nie. Los net iets iewers oop dat die lug wat jy gaan verloor opgemaak kan word.

Hoop dit maak sin. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 13:24:30 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie Jan,
Sal onthou om iets oop te los, anders " vacuum pack " dit ons dalk!
Jammer ek het nie vroeer aan die opsie gedink nie, ek het net 20mm gekort en moes buite kragprop uithaal, om gat wydte te kry. Ag nou ja..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 13:59:34 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

So terloops. Die muur/venster eenhede wat ek ken het 'n verstelling sodat vars lug nie ingetrek word nie en net die lug in die vertrek sirkuleer word. As joune dit ook het speel daarmee om te sien wat gee die beste verkoeling.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 15:52:03 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die een het net n hersirkuleer funksie. Sal die dakvent so effe oopmaak vir die lugverlies.
Templates gemaak vir die deurtjie, gaan van die checker plaat gebruik, dan is daar nie n geverf nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2016 @ 18:52:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Soos oupa gese het, " one helliwe job". Als het so maklik gelyk, en nou dat in is en vasgebout is wonder ek self.
Om die brackets te maak, vas te skroef aan aircon, en dan deur vloer vas te bout, kan vergelyk word soos om die vonkproppe van n enjin deur die exhaust te ruil.
Die deurtjie is gemaak met die oorspronklike skarnier meganisme wat die flappie gehad het bokant gas stofie, wat dit sou toemaak. Dit kan dus uitskuif as ek dit oopsluit,en dan is dit nie in die pad van die deur nie.
Transformer is vas, net genoeg spasie gehad langs battery, genoeg vir lugvloei om dit darem.
Als tydelik gekoppel, werk pragtig. Volgende somer kuier ons die warm wereld stukkend.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2016 @ 18:56:01 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dit lyk mooi Herman nou kan die somer kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 16:31:44 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Gister was Kgalagadi warm genoeg om aircon te toets, en werk pragtig. Vandag hier by Augrabies aangekom, en sommer vrekwarm, natuurlik net buite,.....binne lekker koel.

n Maat van my wat in Springbok bly se altyd, hier ry jy n kar sonder n enjin, maat nooit sonder n aircon nie. Nou hier naby Upington sal ek waag om te se dis beter om wa te sleep sonder wiele, solank die aircon net werk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 17:12:27 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Mooi man, dit is lekker om te weet iets werk soos verwag.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 17:18:52 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Mooi man Herman. Dit is nou soos die ou spreekwoord se" aanhouer wen".
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jan 2017 @ 13:51:42 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Herman baie dankie vir die detail met alles wat jy moes doen. Jammer oor die inverter deel.

Ek het ook beplan om 'n 95/110/230V tranformator te gebruik om te kompenseer vir die 50/60Hz maar dit sou spesiaal gedraai moet word.

Kan jy dalk 'n aanduiding gee van die 600VA transformator wat jy laat maak het wat koste aan betref asook wat die invoer belasting en shipping was op jou eenheid. Het nog nooit groot goed oorsee bestel nie.

Ek kon nog nerens in SA met google 'n venster aircon opspoor nie maar danksy die ander draad oor die tente met aircon waar die Carrier naam en model beskryf word sal ek dit dus eerder gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 08:48:45 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Danie,eintlik mag ons nie 110v aircons invoer nie, non SABS. Kon dit regkry deur n vriend wat bote invoer, gemeld dit is vir n Amerikaanse bootkajuit om deur proses te kry. Verskeping in my geval was verniet, het ingepak in sy houer.
Belastings etc was nogal styf, die $100 aircon het by R 3000 gaan draai. Wisselkoers het vreeslik versleg in die tyd. Transformator was,as ek reg onthou hier by R 700 gewees. Die is ook bestel deur n vriend wat weet hoe en by wie.
So die " moral of the story" is, as jy nie die regte pelle het wat kan help om als mooi agtermekaar te sit nie, gaan jy bes moontlik n aircon bestel, en die word gekonfiskeer sodra dit land.

Om elke keer eers die volts te kyk en transformator te stel, gaan iemand eendag vergeet. Die gevolg n uitgebrande kompressor. Sal seker ek wees, oldtimers le en loer vir my.
Maar sou dit gebeur, het ek n ander pel wat n 12v Danfoss kompressor gaan inbou, hy weet dit nog net nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 11:05:35 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Jong dis nou regtig goeie inligting. Ek het nie geweet die SABS is betrokke as mens iets vir jouself invoer nie. Ek het wel plekke gekry via ebay wat na SA sal aflewer maar ek sien meeste wil nie. Ek het nou nie die hoof verspreiders v d Carrier aircons gekontak nie maar iemand wat wel hul produkte hanteer het my nou laat weet mens kan dalk nie meer die klein 7000BTU Carrier venster aircon kry nie. Sal maar bevestig volg week as dinge trug keer na normaal. Die tipe van goed voor invoerbelasting is darem baie goedkoper oorsee as in SA. Selfs na 100% belasting is dit steeds goedkoper as dit nie was vir die 115V probleem en SABS.

Mens hoef die volts darem nie so erg dop te hou nie. As mens eers die volts so het dat dit 20% laer is as 115V as die toevoer 230V is kan die normale +/- van 10% deur die motor gehanteer word.

Ek sien LG het lokaal ook klein venster aircons gehad op hul website maar hul se nou dis nie meer beskikbaar nie. My draagbare raak net te swaar vir my om te dra.

Sal graag meer wil hoor oor waar mens 12V AC kompressors kry. Ek weet mens kry vir yskaste maar hulle is darem heelwat kleiner.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 12:10:04 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Sal eerder met 230volt rotary kompressors wat baie klein en effektief is vervang voor 12volt.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 14:25:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sal eerder met 230volt rotary kompressors wat baie klein en effektief is vervang voor 12volt.   

Jan weet jy dalk van 'n ander maak as die Carrier want dit klink vir my asof die 7000BTU nie meer beskikbaar is nie. Dis volgens 'n ander Carrier agent by wie ek 'n kwotasie aangevra het.

Weet jy dalk watse tipe kompressors in 'n motor gebruik word?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jan 2017 @ 07:20:26 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Danie, die 7000BTU eenhede verkoop nie goed in Suid Afrika nie omdat die prys verskil tussen 7000 en 9000 so klein is. So vêr ek weet is Carrier se eenheid(fiesiese groote) die kleinste op die oomblik en ander invoerders het nie 'n 7000BTU nie. 

Weet nie wat se kompressors in motors gebruik word nie maar hulle benodig 'n afsonderlike aandrywing ( met V-belt)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za