English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 484
Total Replies: 234 553
Total Views: 82 529 656
topics: 4 424
replies: 29 915
views: 17 368 986
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 455
replies: 302
views: 17 256 161
topics: 3
replies: 10
views: 6 186
Anchors Caravan Park
KwaZulu-Natal, Hibberdene
7
Total Ratings: 7
7   
0
Rated: 12 Jan 2018
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

camp at anchors

replies: 7
views: 3207
18 Nov 2012 @ 21:20:42 pm
Leandra
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 22 Oct 2012

Hallo al julle kampeerders - Ek en my man het 'n klein karavaanpark (Anchors Karavaanpark) www.campatanchors.co.za begin op die Suidkus in Hibberdene - binne in die die ou Rondalia oord  (Anchors Aweigh) - en is baie opgewonde daaroor - Desember sal die eerste "grand opening" wees -  

Ons is self kampeerders - maar nadat ek al hierdie onderwerpe gelees het, glo ek  kan ek eerlike raad van julle vra - wat is vir julle belangrik in 'n karavaanpark - hoekom gaan jy terug na 'n spesifieke karavaanpark toe - wat moet ons bied, wat moet ons ekstra doen - om dit vir julle spesiaal te maak?

Baie dankie

Groete

Leandra van Wyk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2012 @ 07:24:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek so vinnig bietjie terug voer kan gee:

Gelyke staanplekke, nie te naby aan mekaar nie.  (Ek wil darem met my vrou gesels sonder dat die buurman se vrou my antwoord). Beskikbaarheid van vuilgoed dromme en water krane. (Gereelde leeg maak van dromme). In my opinie los staande braaiers.(Die mees gepasde braai posisie vir een ou is dalk die agterkant van my karavaan). Oop toegangs roetes na staanplekke. (Wil nie my karavaan krap deur takke net om op staanplek te kom nie). Skoon ablusie geriewe.(Hulle kan oud wees maar skoon en droog nie water wat die wêreld vol lê nie). Goeie sekuriteit sal maak dat ek rustig slaap by jou oord.

Laastens bilke prys vir dit wat ek daar kry. Ek weet van die oorde aan die Natal se kus se tariewe laas toe ek geskakel het was R625 per nag. (Nodeloos om te sê ek het hulle 'n mis gegee) 

Ek staan Des 2012 by Plettenberg baai vir minder as 'n derde van die bedrag genoem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2012 @ 07:33:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jammer ek het vergeet om te noem, deeglike oord reëls wat daad werklik af gedwing word. Meeste mense gaan kamp om te rus luidrugtigheid na n sekere tyd in die aand bv moet beperk word. (Vir my hoe vroër hoe beter veral in die bosveld)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2012 @ 11:36:07 am
Leandra
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 22 Oct 2012

Baie dankie vir die terugvoer Leon - ongelukkig is die braaiplekke nou klaar gebou - maar die res sal ek beslis in gedagte hou - die staanplekke is darem lekker groot en die ablusieblok is splinternuut en pragtig geteel - ons sal beslis probeer om dit mooi droog te hou.  Ons prys is R80 nou oor Desember per persoon (minimum van 4 persone)  dus R320 wat ek glo dan nou nie te sleg is nie - en baie dankie - ons sal daai reels beslis in gedagte hou!!  As julle aan nog enige iets kan dink - asseblief - ons is oop vir enige iets

 

Baie dankie

 

Geniet Plettenbergbaai!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2012 @ 11:41:13 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1611
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Leandra ek glo jy het die eerste 2 staanplekke vir des 2013 klaar uit gehuur sal jou 14 des laat weet as ek terug is in SA

Groete

Nico & Claudet Prinsloo

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2012 @ 15:36:13 pm
Leandra
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 22 Oct 2012

Hallo Nico

Ek het nou net vir jou 'n e-mail gestuur

Baie dankie - ja ek het vir jou 2 staanplekke uitgehou vir Desember 2013 - Januarie 2014

Groete

 

Leandra

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2012 @ 16:03:19 pm
Johan
Silver Member
29% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 17 Feb 2012

Hi ,

Nou net gaan kyk na julle website. Lyk so lekker. Sal julle defnitief probeer erens. Ek dink die belangrikste goed is al gese. Ek was eenkeer by n karavaanpark , in hoogseisoen , waar hulle 24 uur/7 n persoon aan diens gehad het om net die ablusie geriewe skoon te maak. Dit was heerlik ! Gelyke staanplek is NB . En dan die algemene netheid tel baie , nie lang gras in Desember nie ens. Vriendelike diens. Is daar iets wat julle kan doen aan die modder as dit baie reen ? n Ordentlike winkel met pryse nie te duur nie , baie mense doen dit nie en ek het al gesien hoe dit mense trek en watter omset mense het met n goeie winkel wat al die nodighede het. Jy kan omtrent dieselfde , en meer maak uit die winkel as met die staanplekke. Swembad skoon , ALTYD , geen verskonings en daar het jy dit.

 

Groete en Sterkte.

Johan Lamprecht

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2012 @ 17:15:03 pm
Leandra
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 22 Oct 2012

Hallo Johan

Baie dankie vir daai terugvoer  - ek waardeer dit baie - en ons sien uit daarna dat julle vir ons kom kuier - sal jou hou by daai een.

 

Groete

 

Leandra

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required