Ry gisteraand 8.00 huis toe.. poort staan redelik ver terug, draai om en besluit mabopane te ry... lank voor bremer staan dit ook... besluit om maar by bremer uiteindelik maar af te draai en ander paaie te soek, terug te draai en dalk voortrekkerweg te probeer..
Net toe ek kans kry (in stilstaande verkeer) om van highway af te gaan met opramp, skielik kom n merc b klas agter my hoot en verby gejaag en stop voor my.. geen verkeer op afrit nie, so ek verstaan nou die ou nie so mooi met sy issue nie, hoot en probeer om hom ry, hy probeer my nou heeltyd afdruk van pad, en swaai ek toemaar verby en gaan stop voor by robot om weer regs te draai om terug te kom highway toe. Sal die ou oor randsteen probeer klim om my vas te druk, haak toe vas om een of ander rede...
Reverse hy terug, en stamp my van agter op die hoek.. hy reverse weer, en stamp my wragtag weer!
Duidelik sien hy ek gaan nie uitklim nie, en hy jaag toe om my om weg te jaag..? ek ry toe maar agterna om te kyk of ek sy nommerplaat kan kry. Lyk my toe hy sien ek kom aan, maak hy u draai, en ek draai toe ook om.. Net toe ek naby genoeg kom om sy nommerplaat te kry, probeer hy my weer afdruk van pad af.. die keer sien ek nie uitkom kans nie, ek het darem sy nommer en hy wil my nou afdruk en stop weer voor my..
Met die sien ek in verte blou polisie ligte en besluit as dit hijackers is of iemand wat moeilikheid duidelik wil maak, gaan ek deur hom ry en sy kar probeer "disable".. met die tref ek hom agter op sy regter hoek, sy merc draai dwars voor my bakkie en ek stoot voort om deur te breek, dit werk toe en ek jaag verder om polisie te probeer kry..
Het gehoor hoe band nou teen iets skuur, en polisie voertuig ry al verder weg. Gelukkig kom daar n ander polisie bakkie van voor in my rigting en keer hul toe voor. Man, my bakkie lyk sommer sleg voor.. agter nie so seer soos ek vermoed het nie.
Nou hoor ek mos van die hijack metodes en dinge om jou mos nou uit jou kar te kry. Ek dag die merc sou nou staan op brug? Nee, hyt spore gemaak..
Het nommerplaat details aan polisie gegee, maar hulle en versekering reken as dit wel kapers was,sou dit elkgeval n gesteelde kar gewees het, dus dat hul bereidis ommy te stamp en af te wil stoot van pad af. Beide het gese dit was maar beter om hom te trap en weg te kom. Dit kon heel anders uitgedraai het.
Nou sit ek met moerse skade op my bakkie, ongerief, kostes en hele ontwrigting agv sulke snert 8.00 in die aand terwyl mens by huis wil uitkom.
Jislaaik, dis nou darem 'n nare ondervinding. So jammer om te hoor. In so situasie is dit seker moeilik om te besluit wat jou te doen staan. Ten minste het hulle gesien die ou gaan nie sommer net oorgee nie. Ek is bly jy het darem niks oorgekom nie, Brommer, net jammer vir al die skade. En as dit 'n gesteelde kar is, dan kom hulle net weer weg daarmee.
Gister was ek net so kwaad, toe ek uit die supermark kom, sien ek iemand het my Yaris gekrap toe hy uitry. Nou besef ek, erger dinge as dit kan met mens gebeur.
Het met my renault destyds ook oorgekom in prkeer area. Nou stop ek maar altydver van alles en almal.. mens segevoelens hardloop weg op daai oomblik, jy weet nie of jy geskiet kan word, hoe so ou dink hy kan mense net van pad af druk, bleikbaar is dit nou n taktiek, maar nou ja. Net blymy vrou endogtertjie was nie saam nie. So onnodig. En my hele uitgangspunt met die Mazda was juis dat hy nie so gesogde voertuig is nie... of is dit nou n papdronk ou wat nie dink at hy doen nie, en baie dapper is, of ouens uit om moeilikheid te maak? Maar n ouwat merc b class so sou wil verwoes net om n punt te bewys? Daarom reken hulke dit dui eerder na tekens van eenof ander hijack of iets, dalk het hul my misgis vir iemand anders??
Maar ja, dis baie hartseer en moeilike besluit as jy so uitweg moet neem om uit so situasie te kom... mens soek nie skade aanjou voertuig nie, die goed is baie geld, en net die flippen excess is nou reeds bykans R4000. Ag nee ek dink die cops kan maar baie strenger op paaie raak om sulke ouens van pad af te kan kry. Al moet mens nou maar padblokkades ens verduur, dan is dit nou maar so, ongelukkig lyk dit net of die soorte nooit gevang kan word nie
Linker voordeur kan nie meer oopmaak nie. Bumper, fender en flares in hul moer in. Sal maandag totale omvang van skade weet na ondersoeking. Lyk darem nie of fisiese engine komponenye enigsins iets oorgekom het nie.ek kon weer ry en het nie effek op stuur gevoel of ervaar nie.. eintlik net n helse onnodige situasie
Pieter jammer oor die skade maar bly jy is veilig.
Ek ry elke dag die Mabopane snelweg. Lyk my dis tyd dat ons met ons skietgoed begin ry.
Dis deesdae maar n noodsaaklikheid Leon.. in die geval was dit weer van probeer nodige inligting kry wat moontlik kans sou he om te help.. maar as jy begin vasgedruk word, watter wapen kies jy? Skiet ek net voor die wind, sit ek dalk.. ek wil ook nie eers wag dat hul kans het om eerste skoot teskiet voor ek mag nie, baie moeilik..
Die hele ding het my heel nag geskommel oor wat die moontikhede was, en of ek dit kon verhoed of nie.. as jy rustiger raak en oor dit dink, begin jy besef 1ste instink is om uit situasie te kom sonder skade, vlug...
Ongelukkig was daar iets in die pad van vlug. Nou gesels ons so, ek kon nie eers uitmaak hoeveel is in voertuig nie,wie is in voertuig nie? hoe weet jy nie daars 3 of 4 in kar met wapens nie.
Die ander moontlikheid het opgekom dat as ek voortgaan om voertuig as verdedigingswapen te gebruik, dat ek nie myself disable in die proses en daar staan mens met 2 karre, maar dan moet ek nog die res aanpak man alleen? eish...
Gelukkig, en baie gelukkig het ek nie soveel skade dat ek nie verder kon ry en uitkom nie... gedink hy sou nie verder kon ry na die ou op sy wiel en deure nie...maar daai oomblik wat jy besluit dis nou jou kans en jyt net EEN kans, joeg as mens net dink.
En die hele voorafgaande dag was n perfekte dag.. dogtertjie se eerste kleuterskool vertoning gaan kyk, rustige lekker dag verder, rustg terug huis toe gery in aand, die staande verkeer het my nie eers ontstel nie, net rustig alternatiewes gesoek, en BAM! skielik in n stryd...!
Van hoot tot eerste stamp van agter het gevoel soos 30s..ekt weer gaan kykopbrug, maar daars te veel bande merke om uit te maak hoe en wat... sien ook nie enkele glasstuk nie??as dit wel kapers of watookal was, hoop ek maar hul merc het genoeg skade om myne te regverdig.
Bly jy is nie beseer nie Brommer. Moes "scary" gewees het.
Dankie.. dis moeilik om te se wat mens in daai oomblik voel.. ek se vir my vrou dit het gevoel of ek kalm was tydens insident.. asof ek myself in beheer gehad het, of altans so gedink, en of ek probeer beheer kry het, maar by polisie het ek so gebewe dat ek nie kon skryf nie.. n 1 het gelyk soos n "?" Of n "z"... Haha...
Al wat ek weet, dis gevoel waar mens nie wil wees nie. Eks jammer vir my bakkie, maar dankbaar dis "AL"...
Dankie almal. Mens moet maar versigtig wees, mens dink jy hou jouself skoon en veilig en risiko laag, maar lyk my mens kan nooit genoeg doen nie..
Ek reken of dit nou 'n voertuig is wat hulle wil he of nie, as jy op daardie oomblik 'n sagte teiken is, sal hul enige voertuig vat.
Herman, as ek in so situasie moet kom, het ek geen hoop vir myself nie. Mag die Here my genadig wees dat dit nooit gebeur nie. Hopelik stel hul gladnie belang in my Yaris nie!!!
Brommer sterkte, bly jy is veilig.
Dankie almal. nou hoop ek maar net ek kry iemand ordentlik om reg te maak...
Sterkte, ek verstaan nie presies waar dit gebeur nie maar is hier naby my in Daspoort gewees.
Genade Pieter, dank Vader jy het niks oor gekom nie, karre kan vervang word, maar mens se lewe is onvervangbaar.
Jy het die situasie baie goed hanteer, dinge kon maklik heel anders uit gekom het.
Dankie.. mens hoop maar die optrede het n doel gedien...
As dit wel kapers was, het hul n goeie knock gekry, en hoop dat dit iets gehelp het, en dat hul nie sommer net nou besluit om meer, of erger metodes te gebruik nie??
As dit n dronkie was wat fights soek op pad, het hy duidelik ook hopelik n harde les geleer.. wie sal nou weet? Maar ongelukkig op daardie stadium is daar nie n manier wat mens vir hulle moet wag om oorhand te kry nie, of te wag en kyk of hul begin skiet sodat jy dan daarop kan reageer nie.
Ag dit bly maar al heel naweek by mens, in jou brein probeer jy als weer en weer uitspeel en opsom, en my pa vra ook maar of ek nie maar die eerste 2 houe gevat en net anderkant toegery heten hul gelos het, dan het ek bitter min skade gehad. Sou nou nie die ongerief gehad het, sou mybaie minder kos, ens sou dalk minder "traumatiese ervaring" wees.. Maar in die hitte van die oomblik, is dinge anders, jy dink anders, jy beweeg letterlik outomaties, of dit instinktiewe aksies en reaksies was, of watookal....
Die ander kant is seker waar, maarwie se hul wou wegjaag? Dat hul weet ek ry in stiller kant van straat en my daar voor dalk inwag? Volgens hul kennis, wou ek mountainview toe, nie noodwendig weer highway toe nie..
Maar nou ja.. dis nou tot daar en ek moet maar die knock vat ;)
Soos bo gese hoop ek maar dat n ou wat sulke moeilikheid maak deur jou met doel van agter 2 keer kom stamp en probeer afdruk, in vervolg 2 keer sal dink, dat hy nou meer skade gekry het as wat hy op gebargain het, en dat kapers bietjie n goeie knock hulself gekry het.. maar n merc is maar hard, ek kon nou nie tyd neem en hul skade sien nie, maar nou ja.. voordeel is dat etens moet hul daai merc regmaak, of erens moet daai kapers van hom ontslae raak, hys nou goed gemerk
En hier dink ek sulke dinge gebeur net in movies! Sterkte daar.
Sou nou ideaal gewees het as mens n dashcam gehad het! Jislaaik, mens het die goed nooit as dit ideale tool sou wees nie...
Pietet, ek het ook nou oor gedink, my gevoel is, jy het reg op getree.
Jy kan nie in die aand vra of die ou lus het vir gesels nie, dit is bekend dat kapers so op tree, jy stop om na die skade tekyk, en verloor jou voertuig, of dalk jou lewe.
Nee wat ou maat, slaap gerus, koelkoppe soos jy, is manne saam wie in oorlog wil baklei.
Dankie Johann
Ag ja en daars my outbonus ook daarmee heen! Mens moet eintlik by verskillende versekeraars wees, dan as iets gebeur, kry jy nog by ander iets terug!
Dis deesdae maar n noodsaaklikheid Leon.. in die geval was dit weer van probeer nodige inligting kry wat moontlik kans sou he om te help.. maar as jy begin vasgedruk word, watter wapen kies jy? Skiet ek net voor die wind, sit ek dalk.. ek wil ook nie eers wag dat hul kans het om eerste skoot teskiet voor ek mag nie, baie moeilik..
Die hele ding het my heel nag geskommel oor wat die moontikhede was, en of ek dit kon verhoed of nie.. as jy rustiger raak en oor dit dink, begin jy besef 1ste instink is om uit situasie te kom sonder skade, vlug...
Ongelukkig was daar iets in die pad van vlug. Nou gesels ons so, ek kon nie eers uitmaak hoeveel is in voertuig nie,wie is in voertuig nie? hoe weet jy nie daars 3 of 4 in kar met wapens nie.
Die ander moontlikheid het opgekom dat as ek voortgaan om voertuig as verdedigingswapen te gebruik, dat ek nie myself disable in die proses en daar staan mens met 2 karre, maar dan moet ek nog die res aanpak man alleen? eish...
Gelukkig, en baie gelukkig het ek nie soveel skade dat ek nie verder kon ry en uitkom nie... gedink hy sou nie verder kon ry na die ou op sy wiel en deure nie...maar daai oomblik wat jy besluit dis nou jou kans en jyt net EEN kans, joeg as mens net dink.
En die hele voorafgaande dag was n perfekte dag.. dogtertjie se eerste kleuterskool vertoning gaan kyk, rustige lekker dag verder, rustg terug huis toe gery in aand, die staande verkeer het my nie eers ontstel nie, net rustig alternatiewes gesoek, en BAM! skielik in n stryd...!
Van hoot tot eerste stamp van agter het gevoel soos 30s..ekt weer gaan kykopbrug, maar daars te veel bande merke om uit te maak hoe en wat... sien ook nie enkele glasstuk nie??as dit wel kapers of watookal was, hoop ek maar hul merc het genoeg skade om myne te regverdig.
Dit is so waar nie een van ons kan sê wat ons sou doen in daai situasie nie. En skiet moet verseker die laaste uit weg wees. En dan is die kanse om dit te doen ook nie altyd daar nie want dis soos jy tereg sê jy self wil nie gaan SIT na die hele petalje nie.
Jammer om te lees van die voorval - gelukkig is die skade beperk tot die voertuig.
Gister oggend word 'n ou in Carletonville wakker met twee besig om die TV te steel - hy skreeu op hulle, kan nie verduidelik hoekom nie - hy is goed gevoeter, maar kan homself gelukkig ag hy lewe nog!
Ek weet nie, maar klink baie.. ek betaal basies R3850 excess, plus ek verloor outbonus van R8000 volgende jaar, en en en..
Blykbaar gaan hul die hele neus struktuur vervang, nudgebar, side fenders, bumper, side step regs, deure regmaak, bonnet regmaak, ens.. Ekt nie n amptelike bedrag gekry nie, versekering hanteer tans.. ek vermoed dis meer as wat ek dink.. daai mercs is hard...
Maar as mens na situasie kykwas dit n kar wat ek fisies uit die pad gestoot het met massiewe krag.. die panele van kar sal nie hou nie...
Dit was wel al van so aard dat hy amper engine skade gehad het.. gelukkig net net nie.. so ek kan darem ry..
Ekt maar gevra ek soek die beste hersteller, nie die naaste nie, die beste
Jammer om te hoor van wat gebeur het.
Ja jy sal altyd mense kry wat se, jy moes dit gedoen het of dat gedoen het. Ek dink op daardie oomblik het die adrenalien so hard gepomp deur jou are en NIEMAND sal ooit kan verstaan wat op daardie stadium deur jou gedagtes gegaan het nie.
Bly jy is orraait, die nagmerries na die tyd vat n ruk om weg te gaan en jy sal beter voel as die lorrie eers reg gemaak is. Hoop net hulle doen n goeie "job" anders word jy weer de duiwel in van vooraf.
Jare terug....so 132 jaar...het n meisieking met n wit Datsun bakkie agter in my vas gery. (kar was 2 maande oud) Tot vandag toe sorg ek dat geen wit Datsun 1400 agter my ry nie, ek trek af dat hulle verby gaan.....hahahahahaha. simpel ne?
Baie sterkte vir jou en gesin.
Dankie vir die sterkte toewens.. mens dink maar jys ok, maar julle is teg, mens slaap maar moeilik, dink dalk jeer omdat die nagevolge en stres mens nou pla om als weer reg te kry.
Nounet verneem dis sover R63k...................... uhm,sjoe... gaan nou fotos in daglig opdateer, en ook die ou houtjies van agter.. moes hom dalk net in reverse gegooi het op daaityd, minder skade!
Fotos opgedateer...
Geld gewys, is die skade baie groter as wat dit lyk.
Sterkte Pieter, so ding spook jou vir baie lank.
Net die verf werke is oor R12k...