English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 637
Total Replies: 236 790
Total Views: 82 681 284
topics: 586
replies: 3 631
views: 3 329 417
Share all those nice recipes with everybody...

aartappel gebak ontbyt

replies: 0
views: 1492
23 Aug 2016 @ 18:22:57 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
3 groot aartappels skoon gewas en prik dit met n vurk. Sprinkel sout, peper en n bietjie olyf olie en draai toe in foelie en bak in oond of op die vuur tot net gaar
6 eiers
pakkie spek
ui fyn gekap
halwe koppie kaas
kwart koppie melk
sout en peper na smaak
Bak die aartappels in die oond of soos gese op die vuur.
Wanneer gaar maak oop en haal uit die foelie en sny in helfte deurmet n mes
Laat dit afkoel
Braai die spek en laat afkoel en versnipper in klein stukkies
braai die versnipperde ui in die spek vet tot sag
haal uit die pan en sit een kant.
Nadat die aartappel af gekoel het skep die aartappel vleis uit diie dop maar los n randjie langs die skil
Druk die aartappel fyn en meng die kaas, spek, uie, melk sout en peper saam in n meng bak
Skep die mengsel in die aartappel en maak n holtetjie in die middel van die aartappel
N mens kan die aartappel gemeng n klein bietjie heor langs ddie kant maak sodat daar n lekker holte is.
Breek n eier in elke holte sprinkel knippie sout en peper oor.
Plaas in die oond en bak vir ongeveer 20 minute tot eires gestol en lekker gar is
Haal uit en geniet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required