English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Yskas ventilasie grids

replies: 20
views: 5869
08 Oct 2015 @ 16:46:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek sit so en kyk na die yskas ventilasie grids aan buite kant van karavaan. Dink julle as dit skuins ren of met wind sal water deur die openinge kan gaan binne in die wa....of jaag ek maar net spoke op? Ek glo daar sal verseker heelwat water deurgaan as jy met tuinslang daarop spuit
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 17:17:31 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years
Ek het my gas yskas vervang met 'n elektriese yskas en daarvoor het jy nie die ventilasie gate nodig nie. Ek het myne toegemaak aan die buitekant met perspex.

Jy kan nie glo hoeveel stof word in die karavaan ingelaat nie met die ventilasie gate oop nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 17:23:35 pm
Anonymous

Geert, die reën moet redelik skuins val om daar in te gaan, maar kan tog gebeur sou ek sê. 

Johan, ek het ook gewone huis yskas in gebou, met die wat jy jou vents af geblok het, word dit nie warmer in jou karavaan nie. Dalk gaan ek myne ook af seël vir die stof, sal graag van jou wil hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 17:55:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
My wa kom standaard uit met elektriese yskas en het 2x ventilasie gate...1x bo en 1x onder.
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 17:59:27 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Enige yakas het ventelasie nodiglaughing in die Classique en Exclucive het hulle nog n exsta fan ingbou vir beter ventelasieyell

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 18:02:33 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Geert Ek het dieselfde ventilasie openinge. Stof kom maar in na n tyd en gaan le agter die yskas. Ek maak maar gereeld skoon. Ek het nog nooit gevind dat reen water daar inkom nie. Jy moet net oppas hoe jy die water spuit as jy die karavaan was. Ek glo in die ventilasie openinge sodat dit darem nie te bedompig raak agter die yskas nie. Damp kan ook n probleem wees as jy nie voldoende ventilasie het nie. Onthou dat water in die bakkie bo die motor inloop en ventilasie kan verhoed dat dit te bedompig raak. Dit is maar my siening.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 18:05:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Geert Ek het dieselfde ventilasie openinge. Stof kom maar in na n tyd en gaan le agter die yskas. Ek maak maar gereeld skoon. Ek het nog nooit gevind dat reen water daar inkom nie. Jy moet net oppas hoe jy die water spuit as jy die karavaan was. Ek glo in die ventilasie openinge sodat dit darem nie te bedompig raak agter die yskas nie. Damp kan ook n probleem wees as jy nie voldoende ventilasie het nie. Onthou dat water in die bakkie bo die motor inloop en ventilasie kan verhoed dat dit te bedompig raak. Dit is maar my siening.

Dankie Pieter....dit wat jy s maak baie sin
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 18:22:11 pm
Anonymous

Met was met tuinskang is die grids n probleem.. moenie dink jyt hulle nie nodig nie, die elektriese yskaste moet ook van hitte ontslae raak. Die grids is vir my n groot pyn met water, en so ook die grids vir mikrogolf oond... dit kry tog water in, en om karavaan te was het jy baie geduld en versigtigheid nodig. Die grids is nie so goed soos ditmoet wees nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2015 @ 20:48:19 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het my gas yskas vervang met 'n elektriese yskas en daarvoor het jy nie die ventilasie gate nodig nie. Ek het myne toegemaak aan die buitekant met perspex.

Jy kan nie glo hoeveel stof word in die karavaan ingelaat nie met die ventilasie gate oop nie.

Gaan kyk gerus na die basiese beginsels waarvolgens verkoeling werk. As jou stelling waar was het rekenaars nie waaiers in gehad nie, en het 'n motor se verkoeler ook nie lugvloei benodig nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2015 @ 07:43:55 am
POTYSTER
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Ek het ,toe ek n elektriese yskas ge-installeer het ,ok dieselfde kwelling gehad--maar soos ges is hierbo, om karavaan te was met vents is maar n geduldige ding en mens spuit nie sommer direk op die ventileerders nie maar sommer so rondom hulle--vat maar n lekker groot spons en was so om hulle skoon---wat die stof betref ,veral as daar grondpad gery gaan word ,slide ek maar die vents oop en plaas n stuk issolasie plasties(enige ding)binne tot ek anderkant kom en haal af vir die tydperk wat ek staan en doen dan dieselfde wanneer ek oppak.
POTYSTER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2015 @ 10:00:12 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years
Sal ook nie die vents toe maak nie dit gee darem ń biekie ventelasie
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2015 @ 10:44:35 am
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 62 years
Ditto WJ. Die yskas gaan nie mooi werk as hy nie daai ventalasie kry nie.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2015 @ 14:35:41 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Yip jy jaag spoke op.
Dis so vir n doel.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 15:41:00 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 52 years

See Liefhebber,

Dan moet jy maar dalk jou voertuig se verkoeler ook afblok met perspex. Weet jy hoeveel stof kom daar in die enjinkompatement?

Grap net!

Enige ding wat hitte produseer en 'n verkoelermeganisme het MOET kan afkoel. Jy kan nie dit wil afblok en hoop dis reg nie. Jy gaan baie beslis die werking en lewensduur van daai yskas benadeel.

Jy kan wel 'n filtertipe materiaal soos die wat elektriese grassnyers en kantsnyers gebruik wat goed deurlaatbaar is daar gebruik en dit gereeld skoonmaak sodat dit nie verstop raak van die stof nie. (Bygesê, dis ook nie wenslik nie).wink





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 15:50:40 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 52 years

Wanneer die grid vuil raak, kry die boonste een eerste die beurt. Ek maak die deurtjie oop en sit 'n plastieksak oor die opening en maak die deurtjie weer toe sodat hy die plastieksak vasdruk. Ek vat dan 'n emmertjie met seepwater en was die louvres met 'n verfkwas en spoel hulle af met skoon water en 'n spuitbottel.

'n Ou handoek doen die ding om die water en gemors op te vang as jy die operasie doen terwyl jy kamp.

NS: Tydens die wa gestoor word kan jy maar steeds die platieksakding doen om die stof uit te hou asook om die water uit te hou as jy jou tuinjong vertou om jou wa te was! LOL

Lekker skoonmaak!





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 06:28:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Was eergister by n handelaar waar die werkers besig was om n karavaan te was. Hulle spuit met kraan op daai vents. Ek maak toe die vents oop en wys vir hulle al daai water wat hulle ingespuit het en op vloer l onder yskas...verbasend watse vuil kyk ek gekry het omdat ek dit uitgewys het😠....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 08:18:25 am
Anonymous

Ek sit gewoonlik 'n swart plastiese vuilgoed sak onder op die vloer waar die vents is wanneer ek afspuit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 11:18:56 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Yip jy jaag spoke op.

Vat 'n plasiek sakkie, maak die vent oop sit die sakkie oor die opening en druk dsan die "lovers" weer toe, dit knyp die plastiek in plek en verhoed stof of was water om in te gaan.  Voor jy die yskas aanskakel maak die "lovers" weer oop en verwyder die plastiek sak.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 13:52:47 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het nog altyd die wa gewas en met tuinslang op sproei mode daaroor gespuit. Die bietjie water wat in gegaan het was omtrent droog teen die tyd wat ek 'n lap gekry het, deur oopgemaak het, kassie onder yskas oop het.

Al wat ek onder in daai kassie gesit het was checkers sakke vir vullis drommetjie. Platboom potjie en potjie kos burner. Niks om oor bekommerd te wees as dit paar druppels op kry nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 14:00:45 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 53 years

Ek dink die bekommernis hier is as daar water in gaan kan dit lei na houtvrot - 'n mens moet maar net oordeelkundig was.

Met die oorspronklike of vervangende yskas, hang die effektiwiteit van die yskas af aan die verkoeling van die finne agter en het dus lug nodig - voel maar gerus agter die yskas in die huis. Dis eintlik dwaas om daaraan te peuter deur toe te maak.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 19:15:08 pm
Anonymous

Het self al die louvers gewas en liggies afgespuit met geen water binne. Die louvers is skuins na onder gebuig, derhalwe moet jy die water van onder na bo in hom spuit om water binne te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za