Ons het verlede week vanaf Karoo Water gereis met ons Romany. Die pad was plek - plek maar sleg. Die twee swart spacers het altwee stukkies afgebreek. Sal dit wees dat die spanning van die Yellow Blade nie reg was nie of kon dit n ander probleem wees? Ek sal graag die kenners se mening wil hoor! Baie dankie. Maurits
Soe Maurits jy het my. Swart Spacers op yellowblade?????? Stukkies afgebreek????????
Ek is nie nou lekker met jou nie. Kan jy meer verduidelik of dalk 'n foto plaas van die probleem.
Maurits ek het op die "Yellow blade safety pin" draad terugvoer gegee.
Dalk is dit van enige waarde.
Maurits ek het op die "Yellow blade safety pin" draad terugvoer gegee.
Dalk is dit van enige waarde.
Click op hierdie L I N K om na daai draad te gaan
Maurits jy moet maar meer info gee as dit wat ek gesê nie is wat jy bedoel het nie.
Leon dink dis die twee friction pads, myne het die selfde gedoen vanaf Oos Londen terug Kemptom Park toe. Nuwes in gesit en reg getorque. Weet nou nog nie of dit oud was of was hulle verkeerd getorque vanaf die begin nie. Was nou al n paar maal weer uit met die karavaan en geen problem nie.
Okay great.
Waar het jy die nuwe friction pads gekry om te vervang Peet. Dis maar vir kennis name vir die forum?
By Comet in Boksburg gekoop. Kan nie onthou wat ek betaal het nie maar dis nie duur nie. Somer twee spaar gekoop en in die caravan gebere vir "incase"
Ek reken, hoe meer spanning jou yellow blade het hoe beter sal hy sy werk doen. Klink of daardie (spacers) baie bloot gestel aan die son was en dan wel sal begin disentegreer. Daardie spacers is gewoonlik van n Vesconite tipe materiaal gemaak en verweer minder as staal.
Dan ook moet jy glad nie daardie spacers met n smeer middel behandel want dit kan ook veroorsaak dat die spacer sal breek.
Ek glo nie die son het soveel te doen met die friction plates nie. Was my tweede maal wat ek myne gebruik het. Was vir n week in Natal en omtrent twee maande later toe is ons af Oos London toe. Myne word in die garage gebere as hy nie gebruik word nie.
Jy moet hom maar 34nm of iets torque. Dink dis meer die tipe material wat gebruik word en hoe oud dit is. Die ander nou seker n jaar op en n klomp duisend km gesleep en geen problem weer gahad nie.
Dag se Peet het jy die Yellow Blade met n torgue wrench gedoen en indien wel hoeveel Nm.