English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 108
Total Replies: 227 348
Total Views: 82 264 995
topics: 10 741
replies: 123 287
views: 38 801 468
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Xenon/HID hoofligte

replies: 9
views: 165
19 Aug 2019 @ 18:36:14 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Het enige van julle al die voertuig se gloeilampe met Xenon lampe vervang?  Ek het dit op 'n stadium met my BMW probeer en ek was so teleurgesteld daarmee dat ek die verkoper- 'n plaaslike Sjinees, verplig het om dit terug te neem.  Die Xenonligte is baie helderder as gloeilampe en jy kan ook enige kleur van amper pers tot "warm white" kry- .  Die problem is egter dat die tipe lig wat die stelsel gee, verskil van 'n gloeilamp met 'n gloeidraad wat die lig afgee.  Jy kan net eenvoudig nie die Xenonlig met 'n hol reflektor gefokus kry nie.  Dit gooi 'n baie wye lig wat die omgewing onmiddelik voor jou voertuig sterk verlig, so sterk trouens dat dit jou amper verblind, maar dit gee nie langafstand beligting nie wat dit dus myns insies gevaarlik maak.  Die enigste manier om dit te foukus, is deur 'n lens soos die geval is met voertuie wat standaard daarme uitkom.  Ek vind dit oneerlik dat die goed verkoop word as plaasvervanger vir gloeilampe.  Hulle noem dit "rebased globes" wat beteken hulle heg die Xenonlampie aan 'n basis soos wat jou voertuig gebruik.

Ek sien daar is nou ook LED hoofligte beskikbaar.  As jy dink aan hoe sterk LED flitse is, klink dit vir my soos die antwoord en ek meen hulle kan wel met 'n paroliese reflektor gefokus word, met ander woorde, ek dink dit sal in voertuie pas wat ontwerp is vir gloeilampe. Het iemand dalk meer kennis hiervan?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 05:58:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13698
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hou maar altyd by die tipe lampe waarmee my voertuig uit kom.  Dis soos jy noem dat ander voertuie nie noodwendig toegerus is om snaakse tipe lampe te kan gebruik nie.

Ek kyk en luister wat die ander sê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 07:01:24 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 125
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ek wonder net of dit regtig so groot verskil maak. M.a.w as jy dit net inskroef wat is die verskil op jou voertuig in terme van beter sien in die nag. Of lyk dit net anders? My swaar het dit op sy Ford Everest gesit en hy se dit werk baie goed i.e. beter as die oorspronklike everest ligte.  Maar ek het nie self die "voor en na" verskil gesien nie.  Ek dink n stel goeie LED spotlights is n beter opsie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 09:32:48 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4914
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Soos baie Ford and Mazda Bt-50 eienaars al gekla het is die ligte nie na wense.

Toyota het natuurlik nou LED hoofligte ens in die Rav4 en die Fortuner wat dit vir my 'n plesier maak..

Wat ek wel kan noem is dat met die BT-50 het ek destyds (en onlangs vir kliente) die Phillips HD extreme gloeilampe ingesit wat helderder skyn en dan het ons ook die ligte fises verstel om optimaal lig te gee en getoets in die aand met voertuie van verskillende hoogtes dat die lig nie pla nie.

Die gloeilampe maak wel verskil, maar het verstellings nodig elkgeval. Ford/Mazda sal jou vertel jou verstellings is reg, wel dan moet niemand in die aand ry nie want jy kan nie ordentlik sien nie.

Sterkte, ek dink LED is nie altyd die oplossing vir karre met gewone lampe nie, alhoewel mens sal moet toets en kyk voor mens seker kan wees.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 10:07:27 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 82
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Ja, ek het al alles probeer en ook gedoen.

 

HID, of Xenon werk net as jy dit ordentlik doen. Jy moet die korrekte lens en weerkaatser kry en dit binne-in jou normale lig inbou. Dis nogal n groot storie.

Om net die gloeilamp te vervang maak groot probleme, veral met H4 gloeilampe. Die gloeilamp se fokuspunt verskil en dit is hoekkom jou lig se weerkaatser nie reg werk nie.

 

LED is ook maar dieselfde, jy kry goedkoop en jy kry ordentlik. Kyk bietjie na Extreme lights. Hulle doen die regte goed.

Het n stel LED's vir die vrou se kar ingesit, en as ek moet eerlik wees, lyk en werk dit baie beter as my Xenon's.

LED is baie maklik want dis net n gloeilamp swap en n krag boksie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Aug 2019 @ 19:46:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dankie Ed en Brommer, dis wat ek graag wou hoor.  Daar is lyk dit my, 'n probleem met meeste LED's in moderne voertuie. Hulle is meestal nie CANBUS versoenbaar nie.  Ek het (nog) nie veel kennis hiervan nie, maar ek meen dit gaan nie op my Kuga werk nie, want hy gaan die laer stroom interpreteer as 'n foutiewe lamp en aanhou kla daaroor.  Ek dink egter daaraan om dit op my vrou se Corolla te gebruik.  Die kar word feitlik nooit in die nag gery nie, so dis ook nie juis nodig nie.  Ek is eintlik maar net nuuskierig oor die tegnologie want dit maak vir my sin.  Tuis is byna al ons ligte reeds LED's met nog 'n paar van die laeverbruik buisliggies.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 07:23:49 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 82
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Have a look here...

https://www.extremelights.co.za/collections/vehicle-lights?page=2

All lights CANBUS compatable, so no issues on modern cars :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Aug 2019 @ 19:21:37 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2304
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Thanks Ed.  Bit expensive don't you think?  Other brands are in die region of R250 pp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug 2019 @ 08:39:05 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 82
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Jip, you get what you pay for.

Buy the cheap stuff and have endless problems.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Aug 2019 @ 18:38:27 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Met moderene voertuie is LED vervanging 'n probleem. Die ECU soek na die regtestroom om te bereken dat die lig brand LED vat nie genoeg stroom en raporteer dan 'n fout op die ECU.  op van die LED ligte het al gsien hulle se dit is nie Ford en Mazda versoenbaar nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required