English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 912
topics: 997
replies: 14 123
views: 3 258 751
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Wrangler Bande

replies: 10
views: 270
07 Oct 2020 @ 09:29:21 am
JohannR
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 10 Dec 2014
Experience: 30 years

Het iemand enige ondervinding met Good Year Wrangler AT bande op n Hilux bakkie. Dit word sterk aanbeveel deur n HiQ verskaffer teen redelike pryse. Het n 60000km waarborg ook. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2020 @ 16:24:36 pm
RT
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 20 Aug 2019
Experience: 25 years

hi Johann, die gaan seker n geskil ontlok maar dis my ondervinding met Goodyear Wrangler. Toe ek my Isuzu gekoop was daar n stel op my bakkie, hulle was gladder as seep in die nat so toe ek bande moes vervang het ek vir die Michelins gegaan, nie spuit oor my besluit nie. Ja hulle was duurder maar ek kry goeie kilo's uit hulle uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2020 @ 16:52:37 pm
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 438
Joined: 01 May 2016
Experience: 12 years

i have goodyear wranglers a/t fitted on my colt rodeo for quite some time now and im very happy with them, judging by the wear so far im expecting 80.000 out of them .

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2020 @ 17:25:33 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 870
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek het met Continental en  Michelin beide meer as 100K gedoen so 60000km klink maar min

 

Foto van Conti met 100 000 km op toe ek hom verloor het

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2020 @ 09:31:16 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het Good Year Wrangler All Terrain Adventure bande (met Kevlar side walls) op my Pajero en het nou 20 000Km met hulle gery en dit lyk asof ek so 60 000Km gaan kry. Ek het all twee punctures gahad van n' spyker en n' stuk draad.

Ek het voorheen BF Goodrich A/T op gehaad. Ek is deur drie stelle BF's dus so 300 000Km met hulle gery.

BF's het net een voordeel bo GY Wrangler A/T en dit is side wall puncture resistance. Hulle raas meer, ry harder en klou nie op nat teer nie. As jy baia tyd van die teer aff spandeer bly hulle in my opienie die beste.

In die "DriveOut All Terrain Shootout" kom Good Year Wrangler A/T Adventurer heel bo uit met 97.46% dan is BF Goodrich A/T met 93.07% en dan laaste van die sewe is Continental CrossContact A/T met 85.03%.

So ver sal ek weer die Good Year bande op sit.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2020 @ 10:53:14 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 11 years

Met my vorige kar (Nissan X Trail) het ek die Yokohama's vervang met die Good Year A/T band , dink dit was 2013.  . Het die  X-trail ingeruil in 2017 met die bande.

Die Chev Trailblazer het Scorpio bande op gehad. Het hulle so 'n  jaar  terug vervang met die Good Year A/T bande met Kevlar.  Die scorpio se prys was 2x die Good Year se prys. Het dit by HiQ in Gezina gekoop.  Hulle prys was die beste in vergelyking met Malas, TyreMart (Gezina).

Tot dusver goeie onvervinding met Good Year A/T . Ek vind the Good Year ry bietjie sagter as die vorige bande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2020 @ 13:00:01 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Die GY Wrangler A/T Adventurer het net op side wall penetration tweede teen die BF's gekom. BF = 25/25 en GY = 22.46. Vir die res het GY 25/25 gekry.

GY = R2395 ea. 60 000Km = R3.99/100Km

BF = R4195 ea. 100 000Km = R4.95/100Km 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2020 @ 15:13:55 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Paul, wat 'n interessante vergelyking .... verskillende bande vergelyk met prys per 100 kilometer!

Uitstekend!

Ek kyk na ander bande vir my Touareg ... vergelyk Wranglers, Grabbers en Pirelli met mekaar. Volgens ons plaaslike bande mense reken hulle Grabbers is baie goed - veral omdat dit glo "stiller" is as die ander. (Wand sterkte ook baie goed.., en hopelik beter as die Nexens waarmee die Touareg toegerus was van nuut?) Met die Touareg wat uitstekend is wat isolasie aangetref sal dit seker maar my keuse wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
08 Oct 2020 @ 15:42:16 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Dit klink seeker of ek vir Good Year werk :))

Die myn by Phalaborwa en die steen kool myne om Witbank/Middleburg sit Good Year Wrangler All Terrain Adventurer op hulle werks bakkies. Hulle het gevind BF se tread kom loss.

n' Ander interesante ding is dat die ingevoerde GY Wrangler A/T bande nie die Kevlar logo mag op he nie. Dit is omdat Good Year in daai lande (Duitsland) n' verbod het op enige derde party adverteering op hulle bande. Maar GY se hulle is die selfde as die RSA vervaardigde bande. Kevlar is n' geregstreede handlesmerk van die VSA maatskapy, Dupont.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2020 @ 12:41:58 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Het good year wrangler adventures op die Ranger. Is baie gelukkig met hulle. geen probleme so ver nie. Oorgedra na die nuwe ranger en het nou al 30 000 km gedoen en lyk of daar nog so 40k oor is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 12:42:14 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek het vanoggend n soortgelyk gesprek op die forum begin, ignoreer dit asseblief, nie gesien julle ouens is reeds daarmee besig nie.

Ek het nog nooit (vyf en twinig jaar) minder as 80 duisend op my Good Year Wranglers gekry nie, ook al 90 duisend. MAAR, toe gaan koop ek weer Wranglers met KEFLAR. En vir die eerste keer ooit kry ek nou net 55 duisend kms. Ek kan dit nie glo nie! En vanaf dag een was die bande baksteen-hard. Ai, ek is so teleurgestel. Ek spog al vir jare met Wranglers, elke artikel wat ek van die band lees is positief.

Die Drive Out het dit as die beste band bestempel. Wat sê julle manne, is dit dalk net n slegte besending, of sou julle tevrede wees met 55 duisend? Ek moet baie vinnig nuwe bande koop.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za