English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 649
Total Replies: 236 952
Total Views: 82 693 851
topics: 11 040
replies: 129 071
views: 39 034 432
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Word ons verneuk met nuwe karre en bakkies?

replies: 18
views: 424
05 Dec 2019 @ 14:07:04 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 679
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Hierdie graag met julle manne deel : n vriend van my het verlede maand 'n demo-Ford-bakkie (tienspoed) gekoop. Tydens 'n kamp naby Robertson het hy sterk aangedring dat ek die bakkie vir 'n ry vat. Ek wil my nie uitlaat oor die bakkie se performance nie (julle gaan my in elk geval nie glo nie) maar wat vir my wel opgeval het was ...... die bakkie het glad nie vir my gelyk na 'n bakkie met net 1500 km nie. 

Erstens was daai "nuwe reuk" glad nie daar nie. En ...... toe ons terugry het ons toevallig in die son ingery en dis toe dat ek oplet hoe ge-sand-blaas daai voorruit is. Ek het dit aan my vriend uitgewys, en ek kon sien hy was effens ge-worry. Dit lyk soos my eie 200 duisend km voorruit.

Nou : wat dink julle manne?

Hy het blykbaar 'n hengse afslag gekry met die aankoop.

Wat dink ek :  Ek sien so in my geestes-oog 'n paar nuwe Ford-bakkies wat ge-toets-ry word na die Kalahari en wat kort op mekaar se gatte ry.  En dan ge-valet word .... en verkoop word.        

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 14:15:14 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ek dink ons sal verstom wees om te sien wat agente doen om motors meer "presentable" te maak vir die kopersmark. Ek het 'n vriend gehad wat tweedehandse Jeep gekoop het net om uit te vind dat 'n dryfas afgehaal en afgeblok is. Die motor was toe net tweewielaandrywing. Hy het dit na paar maande agter gekom toe motor teruggegee. Hulle verskoning was dat hulle die dryfas in kattebak gesien het toe motor ingeruil is, maar hulle het nie die motor herstel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 14:19:39 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 679
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek kan net met die grootste lof getuig van die Toyota-span in die Strand toe ek my Fortuner gekoop het. Ek het 'n Jeep ingeruil op 'n tweedehandse vierliter. Die kar het uit die staanspoor uitgesny op die slegste oomblikke. Hulle het onsuksesvol vir drie maande lank gesukkel daarmee, terwyl ek 'n ander Fortuner gery het, en my toe uiteindelik 'n TWEE JAAR jonger model gegee sonder dat ek moes opbetaal. En ook 'n ten duurste Fortuner leebaadjie en beursie, net omdat hulle so lank geneem het. 

Volpunte!

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 14:30:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar is maar orals êrens n slang indie gras.

Het dit ondervind met die nuwe koop van die Classique.

Darm het ek dit gou opgetel en hulle maak dit reg.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 14:47:31 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Danie,  Ek het altyd hierdie gesegde vir my kinders geleer.

"Niks in die lewe is verniet nie"  Daar is nie eers 'n ding soos 'n gratis ete of 'n gratis bier nie.  Iewers sal jy iets moet teruggee of 'n gunsie doen inruil vir iets.  Dis hoe die lewe werk.

Iewers is daai mooi leerbaadjie en beursie se prys ingewerk.  Iemand het daarvoor betaal en die kanse is 100% dat dit jy is want dis iewers ingewerk op die prys.

Op nuwe voertuie kan handelaars nie eintlik verneuk nie maar op demo en tweedehandse voertuie dink ek iemand word iewers gevang.  Die voordeel as jy by 'n goeie handelaar koop is dat jy alles onder waarborg kan regmaak sonder om daarvoor te betaal.

Ek persoonlik weet van 'n splinter nuwe voertuig wat op 'n lift beskadig is.  Die handelaar het hom mooi herstel en as 'n demo verkoop.  Ek glo nie dat die nuwe eienaar ingelig is dat die voertuig nie meer ongeluksvry is nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 14:57:28 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2138
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat ek al gesien het is dat die nuwe voertuie word vervoer van Fabriek tot handelaar  met car carriers sleep waens. Deesdae sien ek ook die duurder karre word gewrap in plastiek want dit is algemeen dat die voor vensters chips optel en selfs die bakwerk tel skade op met voertuie wat verby kom en klippies opgooi.

Sou n Handelaar met so iets uitgevang word en dat oud as nuut verkoop sal Ford of wie ook al sy deure met n hengse boete toemaak. So ek dink dit is baie onwaarskynlik. Ek sou wel Ford Suid Afrika daarvan bewus maak (Hoofkantoor) en nie net die handelaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 16:00:08 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6440
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years

Ek het vir die vrou nuwe kar gekoop (demo met 6000km )lang storie kort na n ongeluk vind ons uit 2 vourtuie is  gelas een gemaak uit 2 so kyk maar rond.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 17:13:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

My broer het vir sy dogter n "mooi" demo model karretjie gekoop as studentekar.....nie lank nie toe gee elektriese vensters moeilikheid.....toe hulle neem vir herstelwerk, moes hul hoor dis n gestampte deur gewees. 

My vorige wergewer koop n dubbelkajuit....van nuut af krap die ratte....daai ratkas was 3x uit voor hul n nuwe kar vir hom gee. Ander bakkie word op n veiling verkoop tussen klomp bank terugnames. Manne wat hom koop dink seker dis n repo....al die pad is dit n return wat nog steeds nie reg is nie en ratkas al 3x uit was. Dis hoekom ek so n ruk terug gevra het oor karre by bank terugname veilings met min km op....baie is onder 1000km. Twyfel of kar binne 1000km ge-repo word....om n terugname te doen is nie n week se proses nie.....dit neem tyd voor n regte terugname op n veiling sal kom....dan het hy baie meer km op as daai.  

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 19:50:20 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

It makes you wonder if you buy anything, used, cars or whatever, you should have the dealer sign an affidavit to the effect that it has never been in an accident, the tires have not been switched, it has no hail damage and so on and on and on

The only person you can ever really trust is yourself, even then it's sometimes dodgy.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 06:55:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15013
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit maak mens eintlik die hoerders in.  Niks is SA kan meer vertrou word nie.

Seker maar tekens van die eindtye.  Dit wat reg was is nou verkeerd en dit wat verkeerd was is nou reg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 08:35:07 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1429
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Kyk gerus na party 2de handse handelaars se vloer. Sien gereeld voertuie daar staan wat nog nooit geregistreer was nie.....as daar niks met die ding verkeerd is nie hoekom verkoop die agent dit nie? Dink die antwoord is dat dit waarskynlik in 'n ongeluk was of ander skade het wat kamtig reggemaak was? Dit geld terloops vir alle make....

 

En selfs al het die "demo" slegs 1500km op, dalk was daai 1500km grootliks in die bos en is die voertuig gebruik om te demo hoe goed dit slegte terrein kan hanteer? Daar is baie wat in 1500km kan gebeur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 09:13:29 am
JeffA
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 1 year

There is a place in Pretoria that "fixes" speedometers. Meaning they turn back the mileage. Its close to Steve Biko road. I don't suppose any of the many dealership in the are make use of their services. I mean, that would just be dishonest......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 09:37:34 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Jy moet maar op jou hoede wees dat alles nie pluis is nie wanneer die verkoper nie vir jou die diensrekord van 'n voertuig kan gee nie. Daar moet dan 'n spreekwoordelike slang in die gras wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 09:58:35 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 333
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

As jy n Hilux koop met 250000 kilos op stink hy nog nuut.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 12:38:35 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 291
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

As jy n Hilux koop met 250000 kilos op stink hy nog nuut.

Miskien het jy in iets getrap.  Kyk mooicooltongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2019 @ 15:04:47 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1429
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Miskien het jy in iets getrap.  Kyk mooicooltongue-out

Dalk die cheap plastic.....neem maar lank vir daai reuk om te verdwyn :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2019 @ 16:41:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek self met Ford se "eerlikheid" te doen gehad.. Nee dankie.

Elkgeval, mens moet ook hier let op jou bewoording.. NUWE, beteken, splinter nuut uit die boks. Nie 100km op die klok nie, nie minder as 30km of selfs 5km as dit moet. NUUT. Nie DEMO, of so iets nie, NUUT is NUUT. Niemand anders het die voertuig gery vir 'n dag nie.

So word ons verneuk met demo en lae km voertuie? Hell yeah sou ek sê.. Word ons verneuk met NUWE voertuie? Hell yeah, sou ek ook sê!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 18:08:33 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 266
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Have had one new car in my 66 years as i found new cars too expensive (had about 27 cars and 7 motor cycles). Bought from dealers ònly twice. Found the best way to buy a car is to have an AA check and ask for special checks such as compression tests if in doubt. Have bought one or two duds but relied on my own mechanical knowledge and the AA verification to select cars. Toutch wood my present car a 2003 Subaru Forester has been the best and its on 245000 presently and either goes to the car graveyard or i go first.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2019 @ 19:08:58 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1429
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

There is a place in Pretoria that "fixes" speedometers. Meaning they turn back the mileage. Its close to Steve Biko road. I don't suppose any of the many dealership in the are make use of their services. I mean, that would just be dishonest......

Easy enough to ask any agent of the make to run the VIN through their system to check for service history. The lower mileage will immediately be visible and also if the vehicle had all its services as scheduled

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required