English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 910
topics: 4 499
replies: 30 836
views: 17 441 166
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Word Woonwaparke nou Wit Plakkerskampe?

replies: 13
views: 473
01 Sep 2020 @ 06:04:19 am
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 159
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 70 years

Na inperking was ek uitgehonger vir kamp en het ook met die eerste geleentheid gehak en n Park wat ek baie jare al besoek gaan opsoek. (Naam word vir etiese redes nie genoem)

Dit is opvallend hoeveel permanente inwoners sedert my laaste besoek nou in die park bly.

Ondervind ander kampers ook dieselfde tendens?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 07:18:47 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek kry die indruk dat sommige “permanents” die leefsteil uit keuse aanpak, maar ook dat ander dit doen omdat hulle vir finansiele redes geen ander keuse het nie.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 07:36:41 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek kan nie help om te wonder watter impak die 50% besetting beperking op oord inkomste het waar daar ‘n groot impak op die beskikbaarheid van staanplekke gemaak word deur semi permanente inwoners.

Die feit dat by sommige oorde sulke inwoners se staanplekke benodig word oor langnaweke en binne seisoen met die gevolg dat hulle dan moet pad gee het my laat wonder.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 07:49:24 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Alle simpatie met mense wat deur nood gedruk word om permanent in karavaanparke te bly.  Dit is erg.  Maar ongelukkig verander dit die atmosfeer in sulke kampe so dat dit bietjie onaangenaam raak vir vakansie kampeerders.  Ons het dit ondervind, wel jare gelede, by Witbank, Irene en Kuilsrivier.  Ek weet nie om die tendens omkeerbaar is nie, dalk sal dit eerder ,aar ontwikkel tot sulke kampe uitsluitlik permanente kampe, eintlik dan plakkerskampe, word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 08:55:14 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons moes al by Wagon Wheels, Graaff Reinet en Cradock die kampeerterrein met Eskom konstruksiewerkers deel. 
Dit is heel gaaf deur die dag, maar die ablusie is ‘n uitdaging as die werksdag eers verby is, en naweke is ‘n ander storie! Dan liewer maar die karavaanpark swerwers.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 09:33:07 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek moet weer gaan kamp bietjie of die topic maar sien en waarvoor ek bang was is dat somige oorde hulle pryse baie gelig het wat n jammerte is hou eerder jou prys bilik en baie komp kamp as wat jy jou pryse hoog het en minder kamp mense op jou oord het of mis ek die pot

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 09:39:25 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

'n Mens moet seker maar versigtig wees wanneer 'n mens kommentaar lewer oor hierdie onderwerp.  Daar is talle "lank staan" kampeerders wat beslis nie plakkers is nie.  Hulle verkies bloot hierdie lewensstyl omdat hulle van die kamplewe hou, dikwels wegvlug van slegte weersomstandighede en graag toer na verskillende oorde.

"Lank staan"-kampeerders hou ook finansiële voordele vir oordeienaars in en daarom word dit dikwels verwelkom en aangemoedig.

Kontrakwerkers is na my mening 'n ander storie.  Dit is nie ware kampeerders nie en dit het 'n nadelige invloed op die kamp-atmosfeer van 'n oord. As ek 'n oordeienaar sou wees, sal dit beslis 'n "no go" wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 09:42:21 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4738
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Stem saam Len ja die kontrakteur bring geld in vir die besigheid maar op langer duur negatiewe inpak op die ou wat naweek of vakansie daar wil kamp

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 09:59:48 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink ons weet almal waarvan ons praat. Sommige mense verkies om lank te kampeer omdat hulle dit geniet.  So lank hulle nie hulle plek uitbrei met afdakke van swart plastiek en so meer nie, dat dit ook uiteindelik soos 'n plakkeropset lyk, soos ek al by Tsipise gesien het, is daar geen kritiek teen hulle nie.   Ander word deur omstandighede daartoe gedwing.  Ek glo nie hulle geniet dit nie.  Kampe maak seker geld uit konstruksiewerkers wat vir 'n tyd daar kampeer, maar hulle moet nie verbaas wees as vakansiekampeerders sulke plekke vermy nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 11:51:52 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons het baie vriende wat Lang Kamp en van hulle doen dit al van twee jaar en ander 12jr se lang kamp ondervinding het.

Maart maand was ons by n plek waar so lang kamper Se plek Na n plakker gelyk het, ons het met die opsigter n lang gesprek gehad en dit is dadelik reg gestel.

Dan was ons al by baie gaan kuier met die inperking en daar was dit heel netjies en in order.

By een is die lang kampers eenkant en sien jy hulle amper nie. 

Mooi skoon en netjies, selfs die ablusie onderhou hulle self.

Dink dit hang van die oord af of hy aanbouings en swart sakke toelaat wat my nie daar sal kamp nie. Dit lyk regtig sleg.

My Oupa het altyd gesê, "Om arm te wees is nie n skande nie,... Maar om eenvoudig te wees wel."

Die Lang Kamp staan moet reëls hê. 

Maar n kamp Se ogies blink as hy geld sien.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 12:46:34 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Meeste van die uitdaagings is hier bo reeds genoem.  Ek self wil eendag so as dit die Heer se wil is meeste van my aftree tyd in my karavaan deur bring ek beplan dit so.

Dan het baie mense my innige simpatie as hulle weens die lock down gedwing word om die tipe lewe aan te durf.

Die oorde wat dit dan toelaat sal maar goeie reels en regulasies in plek moet he.  Dis nou om te keer dat die park se vakansie atmosfeer daar onder lei en die oord dan skade lei weens vakansie kampeerders wat die oord minder besoek.

Dit is 'n trade off wat maar net baie goed beheer moet word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 13:30:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos ander reeds genoem het, daar is n groot verskil tussen "wil" permanent kamp en "moet " permanent kamp. Ek wou laasjaar by n oord in Warmbad omgewing bespreek....ek het vooraf toe gaan loer hoe die plek lyk. Daar was toe klomp kampeerders wat toe onder die "moet" afdeling was. Ek weet almal het n plekkie onder die son, maar om haweloses en vakansie gangers op dieselfde oord te laat bly werk nie vir my nie......die een sukkel om n sny brood op sy bord te kry en die ander gooi oorblyfsels van braaivleis in die asblik.....een is daar vir oorlewing en ander vir ontspanning. Oord moet maar kies wat hy wil wees....stuk grond vir haweloses of oord vir ontspanning, maar ek stel nie belang in altwee op een perseel nie. Ek het al fotos gesien hoe daai haweloses fisies die staanplek omploeg en omskep in groente tuine met ou afval metaal en plastiek as heinings. Ek kry hulle jammer en sal hulle help waar nodig, maar ek verkies my wegbreek plekke elders. 

Kontrak werkers is vir my ook n groot NO-GO. Kyk maar waar is oorde soos Fonteine, Rustenburg kloof en dergliks vandag.....lekker geskep uit die kontrakteurs, kampeerders het pad gegee omdat dit onveilig en onaangenaam geword het met hulle. Nou is die kontrak werkers weg......maar die kampeerders ook

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 14:00:20 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 187
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Ek kamp al vir 13 jaar sulke lang tye 3 tot 6 maande maar dit was nog nooit vir my nodig om sulke plakkery aan die gang tesit so ek kan ook nie sien waarom mense dit moet .Ek stem volkome saam geen kontrakteurs want dit is n resep vir groot probleme .Daar moet reëls wees anders staan ek nie op so oord .As mense na my goed kyk sal hulle nie eers sê ek staan so lank .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2020 @ 14:00:45 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ons het meer as twintig jaar gelede 'n paar jaar na mekaar by Fonteine naweke deurgebring wanneer die kinders winterskool by UNISA bygewoon het en dan staatsteater en museums besoek.  Dit was nogal snaaks om van die platteland af te kom om in die stad te kampeer.  Dit was toe 'n baie aangename plek.  Maar mettertyd wou jy nie meer naweke daar wees nie want dit het ontaard tot een groot dronkparty.  Ek dink toe die kontrakteurs daar begin bly het, was dit dus reeds vir kampeerders verlore. 

Ons het toe eenmaal by die Irene kampterrein by Jan Smutshuis gekamp juis om die rede, en dit was ook baie aangenaam.  Toe staan ons 'n paar jaar later weer een aand daar oor oppad met vakansie en wat 'n verskil!  Dit het toe in 'n "moetkamp" ontaard.  Die asblusies was iets vieslik en vuil snotneurkinderjies het kom bedel.  'n Mens kry diesulkes innig jammer, want dis waarskynlik nie hulle keuse nie, maar ek kan kies waar ek wil kamp.

Weet iemand dalk hoe die plek nou lyk?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za