English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 940
topics: 250
replies: 3 855
views: 97 214
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Wire tying tool

replies: 34
views: 442
09 Jun 2020 @ 10:45:38 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek het al hoeveel keer gedink daar moet iets wees wat n' draad clamp kan maak wat werk. Kyk hier:

https://www.youtube.com/watch?v=mRc7ZDRcgrQ&feature=youtu.be

https://www.youtube.com/watch?v=E3WouuPBEL4&feature=youtu.be

Die eerste een lyk die beste vir my.

Ek wonder net waar mens so ding kan koop in SA? of laat maak?

Die stainless staal draad het ek heelwat van vir wire locking op my vliegtuig. Ek koop dit by Republic Aircraft Parts.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 12:06:24 pm
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 42 years

Jare gelede so iets by Leeubrug tuinwinkel in Pretoria gekoop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 12:35:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Baie oulike produk.  Ek het een met 'n ander ontwerp by ons plaaslike kooperasie gekoop, seker twintig jaar gelede. Dit is effens meer ingewikkeld om te gebruik en gee nie so 'n netjiese resultaat nie maar ek dink dit kan die draad stywer trek, trouens tot dit breek.  Dis duidelik 'n plaaslik vervaardigde eenheid wat gemaak is vir harde werk maar ek weet n ie of dit nog beskikbaar is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:00:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Probeer miskien Impi wire? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:06:18 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

interesant

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:33:30 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Probeer miskien Impi wire? 

Ja Geert, ek het gedink jy gaan n' opsie he'. Tussen jou en Leon kan n' probleem nie lank aanhou nie laughing

Ek het by Tshikwalo in Denokeng gesien die werkers gebruik ook n' draad clamp tool om n' stukkende water pyp se lass te clamp. Die tool het die draad baia vinig en netjies en maklik om die PVC pyp lass gedraai. Maar nie so smart soos hierdie een nie maar ek dink meer duursaam....Africa proof..

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:47:19 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hier is n' video om jou eie een te maak sonder speciale tools of draai banke.

https://www.youtube.com/watch?v=5w1_9IkeRmQ&feature=youtu.be

Serious Amerikanse aksent.

My water pype in my tuin gaan nie weer n' jubele clamp kry nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 15:03:53 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Fred ons moet blykbaar dieselfde produk he. Ek het myne seker 35 jaar gelede ook by die kooperasie gekoop. Dit is n Vetsak produk en werk nog al die jare perfek. Verskeie manne wat met draad werk wou hom al by my koop maar hy is ongelukkig nie te koop nie. Soos jy se as jy nie versigtig met hom werk nie breek jy die draad. Sy voordeel is ook dat jy omtrent enige dikte draad met hom kan werk.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 15:47:20 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dit klink beslis soos die een wat ek het.  Die ding is so sterk gemaak dat hy moeilik gebreek sal kan word.  Ek het hom nie veel meer nodig nie, maar ek sal hom nie wegmaak nie- ek hou van puik gereedskap en hierdie is een.  Dis 'n werklike Suid-Afrikaanse boer-maak-'n -plan item.  Die Amerikaanse een is regtig oulik en gee 'n baie mooi resultaat maar dit lyk eerder na 'n 'diy' item as 'n ernstige plaaswerktuig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 16:16:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was altyd n ou wat by verskeie skoue, buitelug skoue ingesluit, van hierdie tipe tange demonstreer het en verkoop het. As ek my nie misgis was hy ook op die Zwartkops skou gewees.  So ver ek weet het hy nie n winkel nie....verkoop net op skoue. Sal kyk of ek daai details kan google

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 17:44:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert ekhet die ou verlede jaar daar by Zwartkops skou gesien. Sy "gadget" was meer vir draadspan en vasmaak om "droppers" bedoel en nie soseer om pype te las nie. Miskien is ek verkeerd en praat ons nie van dieselfde uitstaller nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 08:41:37 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Daar moet iets wees want daai draadjies wat artappel sakkies toe maak is baie netjies gedraai. (dis nou as dit nie `n masjien is)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 15:22:14 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het al hoeveel keer gedink daar moet iets wees wat n' draad clamp kan maak wat werk. Kyk hier:

https://www.youtube.com/watch?v=mRc7ZDRcgrQ&feature=youtu.be

https://www.youtube.com/watch?v=E3WouuPBEL4&feature=youtu.be

Die eerste een lyk die beste vir my.

Ek wonder net waar mens so ding kan koop in SA? of laat maak?

Die stainless staal draad het ek heelwat van vir wire locking op my vliegtuig. Ek koop dit by Republic Aircraft Parts.

Die eerste een stem ek saam is 'n CHAPPERIGE TOOL.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 15:57:08 pm
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 42 years

Daar was altyd n ou wat by verskeie skoue, buitelug skoue ingesluit, van hierdie tipe tange demonstreer het en verkoop het. As ek my nie misgis was hy ook op die Zwartkops skou gewees.  So ver ek weet het hy nie n winkel nie....verkoop net op skoue. Sal kyk of ek daai details kan google

Het hom eenkeer by NAMPO gesien ja, syne WERK!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 21:11:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Het hom eenkeer by NAMPO gesien ja, syne WERK!

Hier is die ou se kontak besonderhede wat dit op NAMPO verkoop het

Magi-Clamp

 

https://magi-clamp.com/hints-tips/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 10:12:26 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Baie oulike ontwerp vir dunner draad.  As ek die ingewikkeldhede van fotos hier plaas onder die knie kon kry, sou ek 'n foto plaas van die apparaat waarvan ons hierbo gepraat het.  Ek het pas gaan kyk, en dit is sowaar nie 'n Suid-Afrikaanse ontwerp nie, maar kom van Frankryk af onder die naam 'Span-Fix"  Dit word blykbaar nie meer gemaak nie want ek vind niks op internet nie.  Die apparaatjie is so robuust gemaak dat dit waarskynlik selfs baie dik bloudraad sak kan hanteer en dus geskik sou wees ook vir groot deursnee pype.  Op 'n plas waar daar van besproeiing gebruikgemaak word, kan dit beslis 'n klomp geld aan klampe spaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 10:47:15 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hier is die ou se kontak besonderhede wat dit op NAMPO verkoop het

Magi-Clamp

 

https://magi-clamp.com/hints-tips/

Dit is die een wat by Tshikwalo gebruik was. Die jumbo een. Wat my pla is dat die draad maklik breek as jy net bietjie te styf draai. Die punt by die basis waar die draai begin breek af.

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 11:22:47 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Fred ek het nou gou op myne gaan kyk. Daar is n "sticker" op maar na al die harde werk is niks meer leesbaar op hom nie. Dit het 2 rooi kante en dan die ysters en hake wat van goeie staal gemaak is want selfs hier in die seelug roes dit nie. Myne word steeds baie hier in die kompleks gebruik waar ons gereeld die ou staalpype nou vervang met die nuwerwetse "plastiese" pype. Hulle kom haal gereeld Oupa Piet se clampmaker daarvoor. Ek het aangeneem dit is n Vetsak maak omdat ek hom destyds by die kooperasie gekoop het. Moontlik kom hy van dieselfde oorspring as joune. Ek sou graag ook n foto hier wou plaas maar my verstandjie het nie so ver ontwikkel om fotos hier te plaas nie. Ek het lankal ophou probeer en aanvaar dat ek te ongeleerd is daarvoor.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 11:29:52 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja Piet, dit klink beslis soos myne.  Die vierkantige skag is rooi en die deel waarmee dit gedraai  word, is gechroom.  Ek het het 'n foto op my rekenaar maar na ek vanoggend geworstel het om dit geplaas te kry, het ek maar opgegee.  Ek het dit al in die verlede reggekry, maar dit lyk my die metode is verander.  Hoekom moet dit so ingewikkeld wees?  Ek is goed onderlig met rekenaars maar hierdie een kry my onder.  Ek sien net die moontlikheid om die foto te plaas onder 'n nuwe onderwerp, wat bietjie lastig sal wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 11:43:56 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek is seeker gelukig.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 12:20:04 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Wat werk vir my:

Adding the photo to my gallery:

-Right click with the mouse where you want to add the photo

-you get two options

"Link"

"Image"

Left click on "Image"

A pane opens called "Insert/edit image"

Click on the little camera picture on the right in the "source" field

"File Manager" opens up with all your galleries on show. Navigate to the gallery you want to add a photo to.

Just under the "File Manager" pane name, top left, there is an upload button (symbol). Click on it and the "Base upload" pane opens.

Select the green block called "Add file(s)".

Windows file explorer opens and you select the JPEG file you want to upload.

The new photo you selected will now appear in the list. You can add more files, one by one.

When you are done adding all your files click the black button called "Start upload".

When upload is complete click "Return to files list".

Look for your newly uploaded photo and click on it.

This will take you back to the "Insert/edit image" pane. Click Ok.

Daasy.

 

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 12:34:18 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Paul, Die deel verstaan ek.  Die deel wat ek nie kan regkry nie, is hoe om 'n nuwe 'gallery' te skep sonder om 'n nuwe draad daarmee te begin.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 12:44:00 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Fred, net regs van die upload knoppie is daar n' "New Folder" knoppie. Dan kan jy n' nuwe gallery/folder skep....of verstaan ek verkeerd? Miskien is ek nie genoeg georganiseerd met my uploads nie.

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 13:10:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Paul, Ek sien net 'n 'upload' knoppie op hierdie venster waar ek nou is, dis genoem 'insert/edit image'  Is dit waarvan jy praat?  Ek sien niks by 'Galleries' nie.  As ek op die genoemde een druk, kom ek op 'n plek uit waar ek net prentjies uit my 'galleries' kan laai, maar nie 'n plek om 'n nuwe gallerie te begin nie.  Ek kan ook nie van hier af na my files op die rekenaar gaan om die foto daar te gaan haal nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 14:59:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Paul.

Plaas die een van my wat ek jou gestuur het, dalk lyk die ander soos wat ek het.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 16:13:13 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Jin ek kom nou by jou uit.

Paul, Ek sien net 'n 'upload' knoppie op hierdie venster waar ek nou is, dis genoem 'insert/edit image'  Is dit waarvan jy praat?  Ek sien niks by 'Galleries' nie.  As ek op die genoemde een druk, kom ek op 'n plek uit waar ek net prentjies uit my 'galleries' kan laai, maar nie 'n plek om 'n nuwe gallerie te begin nie.  Ek kan ook nie van hier af na my files op die rekenaar gaan om die foto daar te gaan haal nie.

Op die 'insert/edit image' source feld aan die regterkant is daar n' vergroot glas op n' folder icon. Lyk soos n' kamera. As jy op hom click kom jy by file manager uit. Soos hier onder met die new folder opsie:

Watter browser gebruik jy. Google Chrome werk die beste?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 16:17:09 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

As jy n' slide show will he moet jy op die blokkie bookant die dialoog venster klick. "Add a new gallery (optional). Daar is n' video tutorial heel bo lings op die forum page. "How to upload phot...."

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 16:25:59 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Paul.

Plaas die een van my wat ek jou gestuur het, dalk lyk die ander soos wat ek het.

 

Dit klink sleg!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 16:42:56 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ja dit is presies soos myne op jou foto. Die nuwes kan baie meer modern en gerieflik wees maar ek ken myne se werking en verstaan hom.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 18:03:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dankie, nou het ek dit,(ek dink)  Maklik as jy eers weet hoe.  Myne lyk soos 'n ander weergawe van dieselfde fabriek af as Chuck Norris s'n, heel moontlik 'n later model.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 18:34:50 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek is bly Fred...nou kan ons ook sien hoe lyk jou goed.laughing

Blik emmer maar julle tools lyk industrial.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2020 @ 22:17:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit klink sleg!

Dit is n 1975 model.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2020 @ 08:13:07 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Myne is dan beslis 'n latere model.  Ek het dit êrens in die tagtiger jare gekoop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Oct 2020 @ 20:02:06 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

daar behoort baie te wees  die mense wat aartappel sakke bind gebruik ook dalk so tipe tool

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 12:06:10 pm
Jaada
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 11 Jun 2014
Experience: 59 years

Hi, Gebruik die magic-clamp een, kleintjie, werk goed MAAR onthou net vir 0,5mm tot 2,5mm draad!

Myne by die Kragdag uitstalling gekoop.

Groete

 

Kamp groete
Kobus & Ada
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za