English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 773
Total Replies: 269 496
Total Views: 83 850 792
topics: 12 297
replies: 149 295
views: 39 663 788
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wind weestand

replies: 9
views: 345
17 Feb, 2022 @ 12:04:53 pm
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 206
Joined: 23 Apr, 2014
Experience: 7 years

My karavaan het n pop-up dak. Maar ek hou van n karavaan met n soliede dak.

Is daar regtig so groot verskil in die windweerstand wanneer mens sleep. Daardie soliede dakke het n spits wat die wind weg lei. 

Groete

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb, 2022 @ 17:05:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16815
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Tussen die 2 x Pentas wat ek gesleep het en die Classique en Sensation daarna kan ek eerlik waar se is daar nie veel verskil in normale omstandighede nie.  Die branstof verbruik is dieselfde gewees tussen Penta en Classique toe nog met my Bronze Ranger gesleep.  

Hoofsaaklike rede hoekom ek dit se is omdat ek maar altyd 105km/h op GPS sleep.

Daar is wel 'n verskilwaar daar erg dwars winde is soos in die oos kaap en eenkeer wat ons van Plet af Kaapstad toe gesleep het.  Toe het die wind ons goed terug gehou.

As ek weer 'n wa kan koop, sal dit weer 'n konvensionele karavaan wees.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb, 2022 @ 21:43:01 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4709
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Oor die windweerstand wil ek nie stry nie. Ek was wel onder die indruk dat hoe groter die oppervlakte is wat aan die wind nbloitgestel is, hoe groter sal die weerstand wees. Dalk is te verklaar dat die hoë karavane meer waartbelynd ontwerp is.

Wat ek wel weet, is dat dit baie makliker is om n laeprofiel karavaan onderdak te kry. Geen standaard garage is byvoorbeeld hoog genoeg nie

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb, 2022 @ 21:56:06 pm
Relaxed Camper
Sirius Member
100% Profile Strength
Posts: 20039
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Baie ouens spog dat hul karre so sterk is, hul voel nie eers n karavaan agter hulle nie....so dak hoogte sal seker ook nie verskil maak nie? Hul moet net kort kort in die tru spieels kyk of hulle karavaan nog agter hulle is. 🤔🤣😂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb, 2022 @ 07:20:01 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Tussen die 2 x Pentas wat ek gesleep het en die Classique en Sensation daarna kan ek eerlik waar se is daar nie veel verskil in normale omstandighede nie.  Die branstof verbruik is dieselfde gewees tussen Penta en Classique toe nog met my Bronze Ranger gesleep.  

Hoofsaaklike rede hoekom ek dit se is omdat ek maar altyd 105km/h op GPS sleep.

Daar is wel 'n verskilwaar daar erg dwars winde is soos in die oos kaap en eenkeer wat ons van Plet af Kaapstad toe gesleep het.  Toe het die wind ons goed terug gehou.

As ek weer 'n wa kan koop, sal dit weer 'n konvensionele karavaan wees.

Die explorer was nou wel swaarder in gewig met sy afslaan dak as die classique.

Dus voel ek nie die verskil tans met die hoë dak nie.

Sleepspoed is 110km.

As ek nie konsentreer nie kry die classique rek merke met die Fortuner 2.8......lol.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb, 2022 @ 10:10:27 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1285
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Fred ek stem saam oor die parkering. Die probleem met n volhoogte karavaan se afdak is dat dit nogal n hoë affere word. 

Ek het lank gelede n Jurgens Champion B gesleep. Dit was met n 3 liter Ford Bakkie. Ek onthou spesifiek hoe maklik die karavaan gesleep het, spesifiek nadat ons eers n Gypsy gehad het. Deesdae sleep ons met karre wat hulle "timing" outomaties stel soos toestande dit vra en kom ons nie agter wanneer daar n wind van voor waai nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb, 2022 @ 14:13:17 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

met nuwer wetse voertuie is daar nie meer so groot veskil dat mens dit agterkom nie.  tensy dit 'n 1000 cc turbo is.  ook dalk as jy direk in 'n sterk wind inry.  Die verskil in brandstof verbruik is ook baie minder as 20 jaar terug, elektronika werk hier in ons guns

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Feb, 2022 @ 12:07:39 pm
Jaco
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 206
Joined: 23 Apr, 2014
Experience: 7 years

Baie dankie vir almal se terugvoer. Ek waardeer dit.

Gelukkig het ek nie n probleem om n soliddak karavaan te bere nie. Afdak is hoog genoeg. Wanneer ek weer na n karavaan kyk sal ek die onthou.....

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb, 2022 @ 08:26:53 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3363
Joined: 16 Jan, 2012
Experience: 55 years

Ek het jare gelede 'n Caravette 5 met 'n '75 Merc 240d en my skoonpa 'n Gypsey 3 met '77 Merc 240d, beide sonder turbo gesleep.

Ons het rond gespeel met die kombinasies.

Ops het ons min of meer saam gery wat ons laat glo gewig  maak nie 'n groot verskil nie.

Dit het nie saak gemaak watter een die C5 gesleep het nie, hy het die G3 weg gery op gelyk of af. Dit is wel so dat ons met die G3 meer versigtig was af agv die ekstra gewig. 

Ongelukkig kon ons nie diesel verbruik vergelyk op slegs op, af of gelyk nie, maar die C5 was algeheel ligter.

Ons opsomming was dat wind weerstand wel 'n groter effek gehad as gewig.

Persoonlik  sal ek nooit weer 'n standaard karavaan sleep nie. Gelukkig kan ek binne my Caravette 6 rond beweeg met dak af, al is dit met kop af.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb, 2022 @ 20:12:42 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4709
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Baie lank laas van jou gehoor David!. Hoop jy sal nie weer wegraak nie. Ek is net op hierdie Forum en ek mis mense wat ek hier leer ken het, al het hulle nog nooit gesien nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required